https://arrivealive.co.za/Towing-Of-Vehicles
Sien ook Towing Academy se uiteensetting.
EB Code Drivers Licence A braked trailer or caravan, with a maximum GVM of 3500 kg
An un-braked trailer, or caravan, with a maximum GVM of 750 kg If the trailer or caravan is braked, you can tow with the maximum allowable tare weight of the towing vehicle.
Note: Some vehicle manufacturers may specify a lower or higher towing capacity.
Hier is weer eens wat die wet sê ivm gewigs verhouding tussen sleepvoertuig, en gesleepte vooertuie, jy mag bv karavaan plus sleepwaentjie sleep.
Ek plaas hierdie, want ek sien daar is steeds onsekerheid oor wat se gewig jy mag sleep en of mag jy karavaan en sleepwa sleep.
Hi Johann,
Het jy al opgemerk hoeveel Citi Golfs, en soortgelyk, sleep sleepwaens.
Ek maak my nou ook skuldig met die Slipstream en kan nog nie beluit of ek die moeite moet doen om die GVM (tans 750kg) af te bring na 600kg nie (Sonic se Tarra is 1215kg). Die probleem is, doen ek dit, kan dit vir iemand na my steeds 100kg te veel wees en 500kg GVM kan dalk te laag wees.
Die enigste nadeel wat ek met die GVM het, is rem vermoë as dit tot maksimum gelaai sou wees. Daar is absoluut geen tekens van swakker stabiliteit nie en kan glad nie vergelyk met die van die Caravette, wat hoër GVM het nie.
Ek verstaan jou dilema David, want behalwe vir oor gewig laai, sit ons met 'n wet ivm GCM ens.
Tare is empty load of vehicle
GVM max permissable weight of vehicle when loaded
GCM max permissable load of any combination of road train
Dus
Veronderstel
Sleep voertuig A het 'n Tare van 1500kg
GVM van 2000kg
GCM van 4000kg
Payload van voertuig A is dus 500kg, en volgens wet mag jy nie 'n karavaan met meer as 1500kg GVM sleep nie.
GCM word bereken op GVM van sleep voertuig plus GVM van karavaan, wat nie die tare van voertuig "A" mag oorskry nie.
Nou sleep jy 'n karavaan met GVM van 1500kg plus jou sleep voertuig se GVM van 2000kg, dus het jy nog 500kg "spaar" , dit mag jy in 'n sleep waentjie met'n GVM van 500kg, agter jou karavaan sleep.
Ek weet nie of ek jou voorbeeld reg verstaan nie, maar stem nie saam nie.
As die sleepvoertuigh se Tarra 1500kg is mag jy nie 'n karavaan van meer as 1500kg se gvm sleep nie - dus kan jy 500kg in die sleep voertuig pak - dis dan binne die sleep voertuig se GVM van 2000kg. Jy mag nie daardie 500kg (of verdere 500kg) dan skuif karavaan toe of sleepwa toe nie (al is GCM 4000kg), want dan oorskry die sleepgoed agter se GVM die voertuig se tarra.
Dus kan jy slegs soos volg hê:
1) Sleepvoertuig 1500kg (Tarra)
2) Payload 500Kg
3) Sleepvoertuig is dan 2000kg (GVM)
a) Karavaan 1200kg (voorbeeld van Tarra)
b) Karavaan payload 300kg
c) Karavaan totaal 1500kg GVM - mag nie 1 oorskry nie
Totaal is dan 3+c 3500kg binne die GCM van 4000kg
Let wel op dat die beskikbare gewig van 500kg tussen 3500kg en 4000kg kan nêrens gebruik word nie, ander oorskry jy erens anders. Al manier om die 500kg te kan gebruik, is om groter Tarra op 'n ander sleepvoertuig te kry (en dan somme van voor af te doen om binne GCM te bly).
Herman, die Verkeers manne kyk na die VIN plaaitjies se data. Daarom is dit belangrik dat ons VIN plaaitjies reg gemaak word. Die VIN plaaitjie se inligting is op E-Natis, en hulle kyk net na die skyfie om te sien of jou lisensie op datum is.
As hulle my af trek, gaan hulle die VIN plaatjie vergelyk met E-Natis (dan kan ek net 'n ander plaatjie op sit en my dom hou as hulle die verskil agter kom)?
David, jou voorbeeld is baie mooi uit een gesit.
Maar onthou dat kode EB die 3500kg beperk net op die Sleep voertuig, plus additioneel die gesleepte voertuig.
Soos in WilSur se Ford en Exclusive se geval, sy kombinasie is meer as 3500kg, maar hy is wettig want nie een van die voertuie oorskry die beperking nie, solank sy karavaan se GVM minder of gelyk is aan die Ford se Tarra.
Jy kan nie die ekstra 500 kg (in die voorbeeld) in die Ford laai nie, tensy daar wel spaar kapasiteit in die Ford is, nadat hy gelaai is.
Gelaai bedoel alle insittendes plus bagasie en brandstof meer as 10liter.
Hi Johann,
Het jy al opgemerk hoeveel Citi Golfs, en soortgelyk, sleep sleepwaens.
Ek maak my nou ook skuldig met die Slipstream en kan nog nie beluit of ek die moeite moet doen om die GVM (tans 750kg) af te bring na 600kg nie (Sonic se Tarra is 1215kg). Die probleem is, doen ek dit, kan dit vir iemand na my steeds 100kg te veel wees en 500kg GVM kan dalk te laag wees.
Die enigste nadeel wat ek met die GVM het, is rem vermoë as dit tot maksimum gelaai sou wees. Daar is absoluut geen tekens van swakker stabiliteit nie en kan glad nie vergelyk met die van die Caravette, wat hoër GVM het nie.
David, jou Sonic se Tarra is mos meer as die Slipstream se GVM, jy is dus wettig, solank jy nie die slipstream oorlaai nie.
Die slipstream is nie meer as 750kg nie, dus het dit, sover ek weet, nie inloop remme nodig nie.
Sonic se Tara is 1215kg - Slipstream GVM is 750kg (Tarra 250kg) maar het nie inloop rem nie, dus is maksimum 607,5kg. Ek twyfel of ek soveel sal laai nie (daar is in elk geval nie so plek nie) - 600kg behoort oorgenoeg te wees en kan iemand na my dan terug verander na 750kg as hulle wil.
Ek weet nie wat die oorspronklike GVM van Slipstream was nie. Eerste papiere wat ek gesien het wys dit as herbou.
Ek het nou 'n unieke 2015 Jurgens Slipstream mk2 (kenmerke steeds op wa) en volgens Natis, 'n gebruikte "2015 Scorpion" (nie eers 'n kode 3 nie) - deur die toets met Polisie klaring en Microdot identifikasie. Om eerlik te wees, dink ek dit was 'n gekook spul om die Jurgens terug te kry op die pad na lisensies nie hernu was nie, maar papierwerk is darem nou in orde.
Ek verstaan dit so.
Die plaatjie is soos wat die fabrikaat aan gee - die wet is 'n ander aspek - dis nie te sê die plaatjie staan 5500kg dat jy die volle 5500kg kan gebruik nie - in jou geval beperk die Tarra van 2000kg die sleepgewig na GVM 2000kg.
Die waantjie het nie inloop remme nodig nie.
Die ander opsie is om die karavaan se GVM (in-my-geval, aste van 3,000kg) op te stoot na 3,000kg en dan ekstra remme wat saam met die voertuig werk op te sit on steeds in die wet te wees.
AMENDMENT OF THE NATIONAL ROAD TRAFFIC REGULATIONS
This is a pdf document that you can save on your PC.
Hierdie punt het ek al aan die begin gemaak, asof dit maar ignoreer was... maar ok, soos genoem, die eerste post op die bladsy is korrek johann
Tegnologie verander soos jy ouer word
Daar is nou wetig elektriese rem stelsels op die mark.
Axle KMDB’s new fully mechanical disc braked
Werklike kopkrapper hierdie.
Ek dink om veilig te wees, is die oplossing om 'n kleiner karavaan te koop wat ver onder jou sleep voertuig se toelaatbare spesifikasies is.
Sonic se Tara is 1215kg - Slipstream GVM is 750kg (Tarra 250kg) maar het nie inloop rem nie, dus is maksimum 607,5kg. Ek twyfel of ek soveel sal laai nie (daar is in elk geval nie so plek nie) - 600kg behoort oorgenoeg te wees en kan iemand na my dan terug verander na 750kg as hulle wil.
Ek weet nie wat die oorspronklike GVM van Slipstream was nie. Eerste papiere wat ek gesien het wys dit as herbou.
Ek het nou 'n unieke 2015 Jurgens Slipstream mk2 (kenmerke steeds op wa) en volgens Natis, 'n gebruikte "2015 Scorpion" (nie eers 'n kode 3 nie) - deur die toets met Polisie klaring en Microdot identifikasie. Om eerlik te wees, dink ek dit was 'n gekook spul om die Jurgens terug te kry op die pad na lisensies nie hernu was nie, maar papierwerk is darem nou in orde.
David, ek dink ek mis iewers iets.
Die Sonic se Tare is 1215kg
Die Slipstream se GVM is 750kg. Nie inloop remme nodig nie, dus mag jy dit sleep.
Op die Sonic se VIN plaaitjie moet jy kyk wat is die GCM, die verskil tussen GCM minus GVM van die Sonic, is wat jy mag sleep.
Werklike kopkrapper hierdie.
Ek dink om veilig te wees, is die oplossing om 'n kleiner karavaan te koop wat ver onder jou sleep voertuig se toelaatbare spesifikasies is.
Mits jy hom nie ook oorlaai nie
Môre al die Sleepmaters,
Ek het maar die afgelope maand myself van hierdie besprekings weerhou want die Plaaspassat en die Surfertjie jel mooi as my en Leon se somme reg is.
Surfertjie = Tarra - 895
= GVM - 1150
Tippertjie = Tarra - 1851
= GVM - 2820
= GCM - 5550
Dis alles so afgeskryf van die plaatjies af en ook korrek op my lisensie skyfies.
Aste en bande is ook vêr bo die gewigte.
Het ek probleme???
Wat my egter bekommer.
Ek het die naweek vir my kinders 'n waentjie by Makro gekoop en binne in die deksels van al die nuwe waentjies is nou 'n swart en geel driehoek geplak wat die voorgenome eienaar waarsku dat die sleepvoertuig se Tarra 2 x meer moet wees as die GVM van die waentjies.
GVM van waentjies is 750kg wat beteken die sleepvoertuig se Tarra moet meer as 1500kg wees.
Dis verseker 'n uitdaging van feitlik enige 1600cc en minder sedan voertuig, want selfs hulle Quasqai se Tarra is 1450 wat indirek beteken hulle mag nie die waentjie sleep nie of hulle moet verseker dat hy minder as 700kg trap op 'n weegbrug.
Is ek reg of verkeerd hierdie keer???
Gelukkig nou met SUV het ons aangeleer om so min as moontlik te pak. Met die bakkie het die hele huis en garage saam gaan kamp
André kyk hierna.
Thanks Willem,
Dis hoekom Prokerowers Tersiêr opgelei moet word om die drek te skryf en te vertolk.
Dan moet ons dit toepas en Konstabel Abel dit afdwing.
Resep vir 'n gemors.
Smaak my ek sal maar moet maak soos die Boerboel as sy poef aangejaag het. As jy by die weegbrug kom draai jy jou kop so eenkant en maak of jy van niks weet nie. Sweer by al die gode die ding was nie oorlaai toe jy weggetrek het nie en hou jou diep nederig.
Uittreksel van artikel wat ek op google af gekom het.
Volgens wet mag jou sleepwa of woonwa se BVM nie die tarra van jou sleepvoer- tuig oorskry nie.
Volgens die pad ordenansie is die maks: 85% van die voertuig se BVM, maar 80% word aanbeveel wat dan verskil tussen 15% en 20% maak.
Dennis, ek soek daai pad ordenasie, ek weet daar is wetgewing wat sleep verhouding bepetk.
Woonwa se bvm mag nie sleep voertuig se tarra oorskry nie, al het dit inloop remme.
Die beperking val net weg indien jy vakuum, of elektriese remme het op die woonwa.
Elektriese remme is nou wettig in SA.

Wat is die link ?
Het dit gehad maar vanoggend kon ek dit nie kry nie.
Hi Johann,
Streng gesproke is jy reg, maar dan moet my kar Tarra hê van1500 KG . - Sonder remme kan ek net 50% van die Sonic se 1215kg sleep (dws 607kg).
Maar 'n ander gedagte - "Does Bulldust baffle brains?".
Wat sal nou gebeur as ek 'n agfeskryfde hak opsit (om goedkoop te kry) wat net lyk asof ek remme op die wa het? Ek twyfel of enige blou lig brigade fisies onder sal klim om te kyk.
Hierdie is net die "amendments" tot die regulasies. Maak hom oop en gaan kyk na bladsy 18. Dit is die aanpassings op Regulasie 151 wat handel oor sleep van voertuie. Soos ek dit lees mag n voertuig nie n sleepwa sleep as die BVM van die sleepwa meer is as die Tara van die voertuig nie waar die sleepwa nie toegerus is met diens/inloop remme en n handrem nie.
Dus is die Tara van die Sleepvoertuig slegs tersprake as die s/wa nie remme en n handrem het nie.
Verder geld reel wat sê n S/wa bo 750kg moet inloop/diens remme en n hand rem hê. Dus is die Tara reel eintlik vantoepassing op klein voertuie wat se Tara kleiner is as 750kg. Want in so geval al is die trailer se BVM kleiner as 750kg as jy hom metn mini wil sleep en die mini se Tara is maar 500kg moet die trailer ook inloop/diens remme hê.
So ek glo dit is duidelik gestel. Daars is nog info oor helfte van die Tara maar n mens het die hele regulasie nodig om dit uiteen te sit
https://arrivealive.co.za/Towing-Of-Vehicles
Sien ook Towing Academy se uiteensetting.
EB Code Drivers Licence A braked trailer or caravan, with a maximum GVM of 3500 kg
An un-braked trailer, or caravan, with a maximum GVM of 750 kg If the trailer or caravan is braked, you can tow with the maximum allowable tare weight of the towing vehicle.
Note: Some vehicle manufacturers may specify a lower or higher towing capacity.
Die arriveallive attachment praat grotendeels oor een voertuig n ander sleep in tye van nood. Noem wel dat n voertuig twee sleepwaens mag sleep. Geen info oor gewigte nie.
Towing accanemy se inset is hulle verklaring van die wet en nie die wet self nie. Nie nood wendig reg in vergeleke met die amendments wat Willem geplaas het nie..
Ek het hom weer gaan lees. Die s/wa is onder 750kg maar mag nie helfte van voertuig se tara oorskry as dit nie toegerus is met iets wat hom stilstande/handrem kan hou nie. (Nuwe venters het mos kettingtjie en ystertjie wat in wiel rim haak.)
Sleepwa onder 750kg, mag helfte van voertuig se Tara oorskry maar wel onder die Tara van voertuig mits dit toegerus is met handrem van soorte en inloop remme.
Nou ja baie duidelik is die Tara reel is slegs vantoepassing op sleepvoertuie waarvan hulle Tara kleiner is as 750kg. Dus geld die GCM - GVM = SLEEPVERMOë vir ons met groot sleepsels agter ons.
Dankie Leon, in paragraaf iii, is dit duidelik dat jy die tarra mag ooskry op sekere voorwardes, daaraan voldoen ons woonwaens bo750kg.
"Comme ci comme ca"!
Dit bly steeds 'n goeie reel dat die woonwa se totale gewig nie die tarra van die voertuig oorskry nie, al het die woonwa inloop remme.
Ek is bekommerd dat inloopremme (overrun brakes) geag word dieselfde te wees as "Service Brakes" . Dit is foutief.
Diensremme of te wel 'service brakes' is 'n behoorlike remstelsel wat binne die sleepvoertuig geaktiveer word. As die sleepwa die voertuig se tarra oorkry dan moet daar diensremme wees. Gelyk aan of minder as die tarra maar meer as 750kg dan mag daar of inloopremme of diensremme wees. Kyk Reg 151.
Ek stem Theo. Maar dit lyk of die mense dit wil interpreteer dat dit net van toepassing is op sleepwaens onder 750kg.
Hulle moet spesefiek Regulasie 151 (1) (b) (ii) lees, of is ek verkeerd.
(b) the gross vehicle mass of such trailer exceeds 750 kilograms but does not exceed 3 500
kilograms and the gross vehicle mass -
(ii) exceeds the tare of the drawing vehicle, unless the trailer is equipped with a parking
brake and a service brake;
Hendrik, korrek. Die gemiddelde sleper besef ook nie dat diensremme vereis 'n ombouing en/of modifikasie aan die sleepvoertuig want nie een van die karre of bakkies wat ons gebruik, het diensrem koppelings as standaard nie. 'n Diensrem stelsel beteken dat die as (te) van die woonwa verander moet word om so 'n remstelsel aan te bring EN dat die sleepvoertuig die vereiste modifikasies moet kry.
Die ander kwessie is die treinslepers. Dis nou die mense wat 'n sleepwa agter die karavaan aanhak. Sodra die gesamentlike BVM van die twee meer dan die tarra gewig van die sleepvoertuig is, dan moet 'n diensrem stelsel aangebring word. Party ouens dink dat hulle net 'n inlooprem op die ventertjie moet aanbring.
Ek interpreteer dat die wetgewer se bedoeling is om die rem vermoë te verseker. Die kraglewering is nie die kwessie nie.
groete uit 'n effe nat Centurion.

Butts ek sê nie jy is verkeerd nie, ek vertolk die inloop rem en diens rem net anders. Die inloop rem is dit wat op ons karavane is en diens rem is dit wat op groter voertuie/sleepwas is wat met lug werk. Daar is n geel pyp (vir diens rem) en rooi lug pyp (vir noodrem).
Beide die tipe remme word in die regulasie saam gevoeg deur die / teken. Wat beteken inlooprem by die wat dit moet hê soos karavane en diensrem vir die wat dan met lug werk. Beide volgens die regulasie moet ook n handrem van soorte hê.
So die diens rem is nie adisioneel tot die inloop rem nie maar die handrem wel.
Dis hoe ek dit lees en vertolk want daar is nie 'n (en) tussen die twee rem name nie maar wel / wat volgens my "een of die ander" beteken.
Hoe vertolk jy Regulasie 151 (1) (b) (ii) wat ek hierbo geplaas het Leon?
Daar word net verwys na 'n parkeerrem en 'n diensrem, indien die massa van die sleepwa tussen 750kg en 3500kg is, en die massa van die sleepwa oorskry die tarra van die voertuig.
Daar is geen "een of ander" nie.
???
(Regulation 151(1) substituted by regulation 42 of Government Notice R1341 of 2003)
(2) The service brake of a trailer shall be capable of being operated by the driver of the drawing vehicle while such trailer and drawing vehicle are in motion.