English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 330
Total Replies: 204 972
Total Views: 80 957 894
topics: 4 048
replies: 28 014
views: 17 129 391
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 395
replies: 10
views: 1 710

Leeupoort Holiday Resort

replies: 10
views: 742
14 Jan 2018 @ 15:02:23 pm
Annelize
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 08 Dec 2010
Dagse almal ek wil graag Leeupoort vakansie dorp in Limpopo onder al die kampeerders en die algemene buitelug mense se aandag bring. Ons het 'n juweel van 'n vakansie dorp wat regtig onder bemark of geadverteer is. Die karavaanpark is pragtig met wild wat tussen die woonwaens en tente deur loop en wy. Hier is daagliks vars groente en vrugte by die hek beskikbaar asook vuurmaakhout. Ons het ook 'n winkel vir die allerdaagse benodighede soos brood, melk, koeldrank, roomys en die koerant. Moenie die alkoholiese verversings vergeet nie. Leeupoort is op die pad na Thabazimbi ongeveer 70km en ongeveer 65km van Thabazimbi af en so 110km van Brits.
Die dorp self het ongeveer 700 inwoners oud en jonk. Huise is te koop tussen R500 000 en R1 miljoen +. Erwe is vanaf R200 000 tot wat jy ookal bereid is om te betaal in Leeupoort. Die eiendomsbelasting is R370 per maand en geen verdere heffings is betaalbaar nie. Water en krag is normale tariewe en die dorp val onder Thabazimbi stadsraad.
Hier is ook heelwat huise te huur vir naweke en vakansies. Vir meer inligting skakel my gerus.
Annelize 082 8625 149 en epos annelize.gates3@gmail.com.

Bos groete
Annelize Gates
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2018 @ 20:17:06 pm
Kamp is Koning
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 75
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 20 years
Hi Annelize.
Dankie dat jy my weer aan Leeupoort en die karavaan park herinder ons is baie lief vir die bosveld maar het al van julle vergeet.
Ek sal jou kontak vir n bespreeking.
Groete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2018 @ 10:39:58 am
Mostert
Gold Member
40% Profile Strength
Posts: 128
Joined: 14 Nov 2008
Ek weet van die karavaanpark maar was onder die indruk die instandhouding was nie baie goed nie..........wat is daar - swembaddes?.
Baie gehoor van die huisies te huur daar en hoe lekker dit is daar maar sou meer oor die kampgeriewe wou weet.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2018 @ 11:24:37 am
Annelize
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 08 Dec 2010
Ek weet van die karavaanpark maar was onder die indruk die instandhouding was nie baie goed nie..........wat is daar - swembaddes?.
Baie gehoor van die huisies te huur daar en hoe lekker dit is daar maar sou meer oor die kampgeriewe wou weet.
Hello die kampgeriewe is basies met jou braai en kragpunt en ablusieblok. Wat die swembaddens aanbetref is daar een by die karavaanpark en 'n kinder swembad die ander een is by die restaurant.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2018 @ 11:27:36 am
Annelize
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 08 Dec 2010
Hi Annelize.
Dankie dat jy my weer aan Leeupoort en die karavaan park herinder ons is baie lief vir die bosveld maar het al van julle vergeet.
Ek sal jou kontak vir n bespreeking.
Groete.


Hello sies kannie glo jy het vergeet nie.
Besprekings kan gedoen word by Dawid Krause 078 836 9149.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2018 @ 12:40:23 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3471
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Ek sien geen fotos van die kampterrein en fasiliteite op die webtuiste nie. Plaas vir ons 'n klompie fotos hier asseblief Annelize.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2018 @ 11:34:42 am
Janneman
Silver Member
33% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 25 May 2013
Sover my kennis strek het daar 'n groot informele nedersetting oorkant Leeupoort ontstaan en het die veiligheidsituasie baie verswak. Daar was 'n paar maande terug inwoners wat vermoor is by hul huis. Daar is heelwat eiendomme by Leeupoort te koop maar min kopers. Maak maar eers seker wat die huidige situasie is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2018 @ 19:57:37 pm
Von Stade Family
New Member
59% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 20 Jan 2018
My skoonouers besit ñ huis op die vakansiedorp. Die moord waarna verwys word was al ñ paar jaar terug. Dit was ñ groep wat tussen brits & thabazimbi plaasaanvalle & roowe gepleeg is. Hulle is gevang en dien swaar tronkstraf uit. Na die insident is daar toegangsbeheer toegepas met elektroniese hekke & wagte. Die drade word gepatrolleer, geen ernstige voorvalle daarna nie. Die nedersetting oorkant die pad is die rebotie stam wat al baie jare daar woon. Hulle het almal nou RDP huise gekry en meeste werk in die huise & tuine van die leeupoort inwoners.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2018 @ 15:36:02 pm
Janneman
Silver Member
33% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 25 May 2013
Ek is bly om te hoor dat dit nou veiliger by Leeupoort is. Het kennisse wat daar woon wat sukkel om hul eiendomme te verkoop. Wannneer ek daar verby ry lyk die karavaanpark verlate maar dit kan dalk vorentoe verbeter.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2018 @ 20:40:10 pm
Annelize
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 08 Dec 2010
Leeupoort is uniek in die opsig dat almal wat hier woon hier wil woon. Die sekuriteit is puik. Hier word nie ingebreek nie, hier word nie voertuie gesteel nie en hier word nie mense vermoor nie. Dit was 1 insident wat plaas gevind het. Soos die kringloop met alle wesens is daar 'n tyd vir kom en 'n tyd vir gaan. Die dorp het baie permanente inwoners en dan het jy die mense wat kan bekostig om 'n vakansie woning te besit en hulle verhuur dan ook die eiendom uit vir naweek en vakansie gangers. Omdat dit meer ouer mense is wat permanente inwoners is is dit omstandighede wat veroorsaak dat hier heelwat eiendomme in die mark kom. Die man of vrou word siek en die stad is ver van dokters of een sterf en die ander eggenoot wil of kannie alleen hier agter bly nie.
Soos op die forum genoem kort die karavaan park aandag en ons sal graag wil sien dat dit opgradeer word in die toekoms en die eienaar is al genader oor die aangeleentheid. Daar is 'n ronde swembad wat groen lyk maar dit is die minerale water dit is nie slyk of vuil nie. Die swembad by die restaurant vra 'n R10 toegangs fooi per persoon en dit is 'n pragtige boomryke area.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 11:17:01 am
LEEN
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 8 years

WAS NAWEEK IN N VAKANSIEHUIS DIREK VANAF LEEUPOORT GEHUUR @ LAER TARIEWE AS VAKANSIE AGENTE - WAS PERFEK AS JY VAN BOSVELD HOU EN DIERE OP JOU AGTER EN VOORSTOEP WIL HE EN SOMMER OOK IN JOU BEDDINGS.   LOOP WAAR JY WIL WEES EN RUS WAAR JY WIL EN WANNEER JY WIL.  KAMPTERREIN IS BIETJIE MEER VIR DIE OU WAT HOU VAN BASIESE DINGE.  PAUL JONKER VAN WEGBREEK HET SELF N PAAR PLEKKE TE HUUR DAAR - ONDERSTEUN HOM GERUS HY KEN DIE INS AND OUTS.  GEEN OOMBLIK ONVEILIG GEVOEL OG GESLAAP NIE.    

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First