English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 402
Total Replies: 232 464
Total Views: 82 431 535
topics: 10 886
replies: 126 329
views: 38 907 987
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Leeu byt man dood

replies: 9
views: 332
20 Aug 2019 @ 15:13:36 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 530
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

'n Leeu het 'n man vanmiddag in 'n wildskamp by Mahala View Lion Game Lodgenaby Dinokeng dood gebyt.

Volgens die media berig was die man reeds dood by paramedici se aankoms. Twee leeus was reeds op daardie stadium vankant gemaak. Daar was 'n derde leeu in die nabyheid wat verhoed het dat die paramedici nader kon beweeg. Die is glo ook later vankant gemaak.

Dit steek my altyd dwars in die krop dat die wildedier vankant gemaak moet word as hy in sy natuurlike habitat is en die mens is die oortreder.

Sulke dinge maak my sommer siek.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 15:18:17 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8198
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het dit ook met 13h00 nuus op radio gehoor. 

AL maak jy hom hoe met die hand groot, eendag praat sy hormone en jy kry seer of dood. 

Uit die bos in die Graf. 

Los die natuur. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 15:27:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14159
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Maak my ook die hel in Chris. Ek het nog nie die storie gehoor nie....maar hoekom 3x leeus skiet? Was dit n span poging? 😡😡😡😡

Daar is kampe wat adverteer in Dinokeng dat jy daar kan slaap sonder grensdrade.....maar hulle sit wel en beskerm hulself met groot kaliber jaggewere....hoe braaf is dit??????

Onlangse besoek aan DeRust in Dinokeng....daar is nie eers grensdrade nie....leeus,  olifante, enigiets kan net daar inloop en iemand seermaak.....wie se skuld gaan dit wees? Oplossing sal ook seker wees om die geweer uit te haal......😡

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 15:29:38 pm
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 268
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Hartseer storie.

As jy weet dat jy in 'n wild en -bewarings omgewing is moet jy as mens met goeie verstand nie in plekke beweeg waar dit nie vir jou uiters veilig is nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 15:56:09 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6417
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

As die roofdier eers mensvleis geeet het skiet hulle hom want hy sal die mense aanval wat hy sien.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 17:16:11 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 184
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 46 years

Stem heelhartig met Hannes saam, daarom is ons as mens geseen met verstand om te kan dink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 18:03:27 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14495
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As die roofdier eers mensvleis geeet het skiet hulle hom want hy sal die mense aanval wat hy sien.

Dit is n groot waarheid Willem.  Ek het dit al jare terug by my Oupa geleer.  So dis uit en uit die mens se skuld dat dit gebeur.  Heel eerste moes die Leeus nie eers daar gewees het nie. Mens het hul natuurlik soontoe gebring.

Netso waar is 'n hond (troetel dier) wat 'n mens of kind byt.  Dit is nou maar net so dat hy dit weer gaan doen.  In my pa en oupa se tyd is die hond daarna

  1. Polisie gegee of
  2. As wag hond gebruik
  3. of van kant gemaak

Want as troetel dier kan hy nie meer gebruik word nie.  Veral nie met kinders in die omgewing nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 18:04:42 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14495
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is weereens jammer dat diere onder mense moet ly.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 05:54:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14159
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Blykbaar nie binne die Big5 reservaat self gebeur nie, maar op n privaat plaas buite reservaat waar eienaar "mak" leeus aanhou. "Canned lions"

Leeus is maar n wilde dier en omdat hulle hier nou begin normaal optree, word hulle geskiet? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 06:13:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14495
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is so Geert.  Ek het nie die detail van die plek nie. Ek vermoed dis aan die ooste kant van Dinokeng Reservaat nader aan die Kwamhlanga pad.  Ek was al daar in daai omgewing en het die Leeus per toeval gesien.

As dit die selfde plek is, is my opinie selfde as toe ek hulle gesien het.  Wat soek hulle daar ...................................... vir die mense se vermaak natuurlik.

Wat se vermaak is daar nou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required