Middag julle.
Ek werk 1 keer per week in Brits en het nou al n paar keer verby die ingang van Lazy Owl Retreat gery. Nou n bietjie gaan kyk op hulle web tuiste Lyk vreeslik netjies, lyk nie of daar veel is om te doen behalwe kamp en n swembad nie. Lyk my dis meer vir as jy "regtig wil rus" tipe plek. Lyk of hulle nou en dan iemand reel om daar te kom sing. Sien hulle laat net karavaan en motorhomes toe, geen tente.
Soos genoem die fotos lyk pynlik netjies.
Was enige lede al hier en kan iemand ons meer vertel van die plek?
Ook nou op hul website gaan loer....lyk netjies. Ek sien hulle noem dat hul kampeer sites gemeenskaplike braai geriewe het....wonder of jy met eie braai op jou staanplek mag staan?