English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 709
Total Views: 82 537 632
topics: 10 936
replies: 127 690
views: 38 956 648
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Lankstaan Hengeloorde vir Senior Burgers

replies: 7
views: 251
15 Oct 2019 @ 09:42:39 am
GertP
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 03 Oct 2019

More Almal.Ek opsoek na lankstaan oorde waar ek kan hengel.Varswater papgooi en spesie hengel en so ook strand hengel.Ek en my vrou tree oor sowat 17 maande af en wil solank beplan.Sou bly wees as julle my met lyste ens. kan help.My mail adres is ;gert.weyers@sibanyestillwater.com;

Dankie

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 09:59:40 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

So ons is naby aanmekaar wat lang verlof aanbetref.

Bly ook naby mekaar.

Wat hengel aan betref is dit nou nie my sterk punt nie.

Dalk kan een jou help.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 10:00:07 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Welkom hier op die forum.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 10:21:19 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

As dit julle tipe van plek is kan julle Swakopmund probeer. Heerlike kamp by Alte Brucke en lekker naby aan die viswaters-plekke. Na my mening ook veiliger as visvang-plekke langs ons kus. 

Ek moet erken dat ek nie die kusgebied van Natal ken nie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 11:55:27 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2766
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Natal en meeste van ons strande is al uitgevis.

Enige campe langs die strand sal jou 'n buite kans gee om jou passie uittevoer.

Richardsbaai en noord daarvan is beter. Mabibi is nie geskik vir pad karavane nie, tot op met Kosibaai.

Oos Kaap het baie mooier strande: Yellow Sands, van Staadens en dan die om Mosselbaai is ook baie populer.

In die Kaap is Buffalo Bay, Cape Aghulas, Ysterfontein en Strandfontein. Sonder geriewe kan jy langs die Weskus op toer tot by Hondeklipbaai en dan weer Macdougal Bay en Alexander Bay, wat weer redelike geriewe het.

Buite ons grense is Mosambique en Namibia goed, maar ook met hul eie probleme van swak toegangspaaie, indien jy nie 4X4 voertuig het nie en uitgerus om daai tipe plek te bemeester.

Angola is ook baie goed, veral die Kunene Rivier Mond, Noord daarvan is die vis ook baie onbenut...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 20:09:14 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1626
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

More Almal.Ek opsoek na lankstaan oorde waar ek kan hengel.Varswater papgooi en spesie hengel en so ook strand hengel.Ek en my vrou tree oor sowat 17 maande af en wil solank beplan.Sou bly wees as julle my met lyste ens. kan help.My mail adres is ;gert.weyers@sibanyestillwater.com;

Dankie

 

Welkom op die forum, Gert.

Ek stel voor jy vat 'n kaart en kyk waar binnelandse damme is waar jy dalk sou wou visvang. Gebruik dan Dr Google en Google maps om inligting te kry oor kampplek en kostes by so 'n dam, indien enige.

Dan doen jy dieselfde met kusoorde waar jy kan hengel.

Jy gaan nie sommer langbly tariewe geadverteer sien nie. Jy sal die oorde moet kontak.

As jy wil weet naastenby waar, is dit makliker. Dan kan jy behoorlik beplan. Dan kan jy ook www.Flippentilla.com gaan besoek waar baie inligting beskikbaar is, oa langbly geleenthede en soms tariewe.

Sterkte. Die vooraf beplanning van jou volgende drie jaar se aktiwiteit is net so opwindend as die gedagte om vry te wees.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 06:45:34 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As jy die regte aas aansit, behoort dit nie nodig te wees om sò lank te staan nie. 😜

 

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 21:27:17 pm
Badger
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 195
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

I hope you find your dream.     And I do like Geert's sense of  humor.

Enjoy your retirement.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required