English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 004
Total Replies: 259 235
Total Views: 83 467 168
topics: 11 850
replies: 143 191
views: 39 461 799
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Lang naweek Kamp ervaring

replies: 5
views: 349
08 Aug 2020 @ 12:42:35 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10328
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Gee bietjie vir ons terugvoer oor jul kamp ervaring die lang naweek.

Daar het in elke provinsie seker 💯 of meer gaan kamp.

1. Verkeer op jul roete.

2. Enige padblokades. En wat het daar gebeur.

3. Aankoms by kamp.

4. Ablusie en algemeen.

5. Ander geriewe.

6. Jul positiwe en negatiwe insig.

Dink dit sal die wat wil gaan kamp en onseker is meer tevredenheid gee.

 

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2020 @ 13:57:34 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 623
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 53 years

Also interested to hear...

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2020 @ 21:32:57 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 199
Joined: 26 May 2017
Experience: 4 years

Vrydag gaan rondry. Baie verkeer. Padblokkade by weegbrug voor Poptchefstroom:  beamptes vriendelik en professioneel, vra lisensie en vat koors. Niks oor hoekom jy op die pad is nie. (N12 vanaf Johannesburg)

Van Potch af Viljoenskroon toe: Skandinavia Drift oor. Pad is mooi, geen probleem om van NW tot Vrystaat te ry nie. Voor Viljoenskroon draai ons links op R59 Vredeford pad.  Die pad is onder konstruksie, so sal nie hier sleep nie.  Moes om Vredeford ry, want als rondom die dorp het gebrand.  

Vredefort tot by Parys is die pad mooi en ons het baie karavane en sleepwaens gesien.

Geen probleem om oor Vaalrivier te kom in Parys nie.  Terug in NW en dan weer terug in Gauteng (R500).  

Skoon dikbek van jaloesie oor almal wat duidelik gaan kamp.  Hopelik is ons September ook weer op die pad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2020 @ 06:12:56 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18030
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Willemsrus toe gery Vrydag. Nie een polisie op pad gesien nie. Papierwerk en koors meet by oord neem maar ekstra tyd tydens inboek. Basies al wat verander in badkamer is dat daar nou n bottel sanitizer is by deur. Voel veilig....veral omdat Willemsrus se staanplekke ver uitmekaar is en jy nie naby kontak is met ander nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2020 @ 07:38:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16482
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ons het die naweek wat verby is gekamp by Country Park naby Krugerdorp.  Dit is nie 'n oord nie. Dis meer 'n oornag kamp plek met baie min te doen vir kinders.

Die ablusies is oud maar is baie skoon en netjies.  Toegang beheer by hek is deur middel van 'n hek kode en om die kamp is ordentlike elektriese heining.

Daar is wel 'n wildskamp waar deur jy kan gaan stap met blesbokke en rooibokke.  Die plekkie sal my verseker weer sien veral gesien in die goeie gasvryheid en die tariewe wat gehef word.  Dit is ook net 33km van my huis af.

Ons het lekker laat aande om die vuur gesit en so 14 sakke hout omgekuier.

Het ook die geleentheid gehad om met Oom Flip en Tannie Tilla kennis te maak.  Sout van die aarde mense daai.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2020 @ 08:35:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16482
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Kamp opset die naweek

Ons uitsig van die staanplek af.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za