English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 059
Total Views: 82 378 385
topics: 10 825
replies: 124 935
views: 38 857 537
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Landrover

replies: 14
views: 282
10 Sep 2019 @ 17:53:33 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek sien Landrover bring 'n nuwe Defender uit na die ou een, wat eintlik Landrover se naam gemaak het, onlangs beïndig is.  Die nuwe voertuig is heel aantreklik maar lyk vir my maar baie na aan 'n Discovery of Range Rover.  Kopers gaan ook die keuse hê van 'n diesel of 'n hibride weergawe.  Interessant dat hy ook, soos verskeie ander ernstige 4X4 voertuie, ook 'n AWD stelsel het.  Soos ek dit sien, verskil die stelsels nie veel van die wat in die SUV's soos die Kuga gebruik word nie- hulle is seker net heelwat meer robuust.  Dit lyk my die tradisionele 4X4 net sy sluitnawe is besig om van die toneel te verdwyn, wat verstaanbaar is want die AWD doen net soveel meer.

https://businesstech.co.za/news/motoring/339821/a-first-look-at-land-rovers-new-defender/

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 20:14:03 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dis seker maar 'n wending om te gaan vir AWD. 4X4 het egter steeds sy plek as jy ernstig in die veld ry. Ek wonder of jy al gekyk het na die videos wat AWD getoets is op verskillende fabrikate en slegs die Suberu perfek reageer deur torsie te ver plaas na die wiele wat nie gly nie.

Daar is groot verskille in elkeen se werking. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 21:48:26 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Wat sê hulle omtrent sy olie verbruik. 🤔

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
11 Sep 2019 @ 06:13:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die AWD het verseker sy voordele en die tegnologie wat saam met dit kom vir beter padhou vermoë.  Die ratkas moet dan maar voorsiening maak in meer aantal ratte waarvan die eertste paar kompenseer vir die verlore lae bestek van 'n oordra ratkas.

Ford se nuutste Ranger het 10 ratte en dit in hoë en lae bestek. Alhoewel almal nie noodwendig in lae bestek gebruik word nie.

My opinie is dat die soft 4x4's met AWD baie vêr kom maar daar sal altyd plek wees vir daai Oordra Ratkas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 07:25:49 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Daar word verwys na 'n "twin speed gearbox" wat ek dink is waarskynlik die hoë en laerstrek oordraratkas wat beskryf word as outomaties.  Die Defender was altyd een van die "regte" 4X4 voertuie so ek meen hierdie een is bedoel om in dieselfde klas te bly.  Dit sal in elkgeval interessant wees om te sien hoe dit op die pad gaan doen, veral die feit dat dit as 'n hibride weergawe beskikbaar sal wees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 07:37:14 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

LINK

Toets op 5 voertuie met AWD. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 07:48:21 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek sien die artikel verwys wel na die "Centre diff" wat gebruik word so daar is altyd dryf oorkruis tussen 'n voorwiel en agterwiel en dan word hierdie eenheid gebruik om die ander 2 wiele in te bring. Dit klink vir my asof dit wel beter werk om 4x4 kapasiteit te hê as gewone AWD. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 08:20:56 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het na die video gaan kyk Danie, en ek is nie so seker ek aanvaar dit nie.  Die bande op vier voertuie gly soveel dat die voertuig nie vorentoe kan beweeg nie maar die Subaru maak dit wel.  Dit lyk vir my eerder na 'n verskil in bande.  Hulle wys nêrens die onderskeie voertuie se bande nie. Daar is ook 'n ander video wat wys hoe drie Subaru's getoets word teenoor 'n paar ander AWD voertuie.  Dit lyk vir my meer na 'n reklame foefie vir Subaru as 'n eerlike toets van vermoeëns. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 08:52:45 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek gaan nou dit weer sê soos met baie ander besprekings....

AWD van enige vervaardiger verskil ook maar van die ander, en dus kan mens nie net aanneem 'n AWD voertuig is goed nie.... Ja hy ewer dalk krag na al 4 wiele maar dit beteken nie die programmering van die stelsels is dieselfde en volmaak nie - net soos enige ander produk op die mark van verskillende vervaardigers..

Daar is 'n massiewe verskil tussen baie soos bv SASOL diesel VS BP diesel, Ford Ranger vs Toyota Hilux en en en...

AWD is net goed as dit regtig goed gaan werk, en ja, bande gaan ook 'n groot rol speel sowel as die pampoen agter die stuurwiel..... 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 10:08:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Daar word verwys na 'n "twin speed gearbox" wat ek dink is waarskynlik die hoë en laerstrek oordraratkas wat beskryf word as outomaties.  Die Defender was altyd een van die "regte" 4X4 voertuie so ek meen hierdie een is bedoel om in dieselfde klas te bly.  Dit sal in elkgeval interessant wees om te sien hoe dit op die pad gaan doen, veral die feit dat dit as 'n hibride weergawe beskikbaar sal wees.

Daar is verseker 'n mark vir die AWD voertuie.  Of die van hulle wat alles, het regtig die ou kenserwatiewe 4x4 Low en High Range sal vervang ................... sal ons maar sien en tyd sal die storie vertel.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 10:50:36 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek het na die video gaan kyk Danie, en ek is nie so seker ek aanvaar dit nie.  Die bande op vier voertuie gly soveel dat die voertuig nie vorentoe kan beweeg nie maar die Subaru maak dit wel.  Dit lyk vir my eerder na 'n verskil in bande.  Hulle wys nêrens die onderskeie voertuie se bande nie. Daar is ook 'n ander video wat wys hoe drie Subaru's getoets word teenoor 'n paar ander AWD voertuie.  Dit lyk vir my meer na 'n reklame foefie vir Subaru as 'n eerlike toets van vermoeëns. 

Fred dalk het jy 'n punt beet. Ek sou half wil glo dis 'n onafhanklike organisasie met 'n reputasie. Veral in die VSA sal daar gou hofsake wees as daar valse aantygings gemaak word.

Ek dink soos Pieter genoem het het dit baie te doen met die insette na die brein wat beheer hoe elke wiel se aandrywing moet "inskop". Mens kan sien die "wenner" se aandrywing dryf en los om wel aan te hou met beweeg. Ek dink dis wat die verskil maak eerder as net die tipe bande.

So ook glo ek die videos oor die stabiliteits beheer wat oor jare gedoen is op verskillende voertuie deur 'n sweedse instansie.

Nie elke persoon is in die posisie om soortgelyke toetse te doen nie.

Ek glo die laaste deel v d sin op die Landrover maak 'n baie groot verskil asook die "permanent all-wheel-drive" wat dan nie op meeste AWD van toepassing is nie. Soos ek dit verstaan werk die meeste AWD permanent op die een stel wiele en word die 2e as ingebruik indien nodig. Ons sal nooit weet hoe die ingewikkelde goed werk nie soos die tegnolologie verander.

"All models feature permanent all-wheel drive and a twin-speed automatic gearbox, centre differential, and optional active locking rear differential."

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 11:56:07 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ja Danie- die Kuga werk so. Jy kan 'n inligtingskerm oproep wat toon hy trek weg met alvier wiele en dan word die agterwiele geleidelik uitgeskakel sodat hy net met die voorwiele trek.  Hy trek dus meestal net met die voorwiele.  As hy moeilik trek, met ander woorde as jy die pedaal diep intrap, word krag ook weer na alvier wiele versprei, soos wat gebeur as jy bv in sand ry of 'n steil opdraende uitry.  As jy bietjie rof om 'n draai gaan, kom een agterwiel ook weer in traksie. 

Ek het bietjie gaan oplees en dit blyk Subaru se stelsel is inderdaad 'n permanente AWD, met ander woorde, die krag gaan altyd na alvier wiele.  Ek lees ook Subaru se stelsel word as beter as Audi s'n wat dieselfde as VW,  Ford, Land Rover  en Volvo s'n,  die Sweedse Haldex stelsel, beskou word.  So miskien is die videos wel betroubaar.  Maar ek wil dit nie graag glo nie.frown

 

Dis ook interessant dat die AWD stelsel ontwikkel is vir sy goeie padhouvermoë en nie vir swak paaie nie, maar die aanwending daarvan vir swak paaie het heel logies gevolg.  Netsoos Viagra ontwikkel is vir hartprobleme en toe vind dit 'n baie goeie aanwending elders.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 17:12:56 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Net soos die voertuie verander so verander die grappe.

Ek sien nou net hierdie grap:

A new Defender came off the production line without a oil leak. It was sent back to have one installed.cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 17:49:57 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dit klink soos ons watervoorsiening op Pietersburg.  Dis so gereeld af om een of ander rede, dat as dit vir twee dae aanhou loop, begin ons wonder wat nou weer verkeerdgeloop het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 13:01:09 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Net soos die voertuie verander so verander die grappe.

Ek sien nou net hierdie grap:

A new Defender came off the production line without a oil leak. It was sent back to have one installed.cool

Nou ja toe die boere hier in Afrika sal altyd aan iets nuut dink.

laughinglaughinglaughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required