English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 764
Total Views: 83 246 386
topics: 11 573
replies: 139 197
views: 39 341 468
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kwaggapark

replies: 2
views: 3605
04 Oct 2004
Johan
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 270
Joined: 18 Apr 2007
Was enigiemand by die plek in die laaste tyd? Ek soek so 'n bietjie meer inligting, aangesien ons graag daar wil gaan kamp.
Groete,
Johan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2004
Nico
Titanium Member
81% Profile Strength
Posts: 626
Joined: 01 Jul 2005
Experience: 47 years
Ek neem aan jy verwys na die Nasionale Bergkwagga park. Soos Nasionale parke maak, is die staanplekke nie mooi afgebaken nie en ouens is nogal lief om motors onder koeltebome te trek wat jou dan 'n kampplek ontneem. Ek was paar jaar laas daar, maar toe was die pad soontoe (iets soos elf Km gruis) iets afgrysliks en het dit soos 100 Km gevoel. Dit is egter 'n baie mooi plek - ek was net so twee nagte daar. Dalk weet ander ouens beter. Laat weet net of dit wel die park is waarna jy verwys (naby Cradock).
Nico Pietersen
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2004
Anonymous
Was daar vir die langnaweek in September. Die oord is baie "basic". As jy hou van visvang op die rivier of 'n jetski of boot het, sal die oord jou bietjie meer bied.

Ander geriewe sluit in put-put, kouewaterswembad, speelsaal (pool & games) en 'n speelpark.

Daar is ongelukking net een ablusieblok en met tye was die toeloop van mense te veel om vir konstante warm water te sorg. Die ablusiegeriewe kan as redelik beskou word, maar hulle kan gerus die plek meer gereeld skoongemaak het. (Die mammas het gekla van "ou" water wat op die vloer opgedam het.)

Wanneer jy bespreek sal ek voorstel jy vra vir 'n staanplek naby die ablusieblok, maar nie reg teenaan nie.

Groete

Casper
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za