English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 445
Total Replies: 251 959
Total Views: 83 204 420
topics: 11 524
replies: 138 732
views: 39 321 029
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kultuur Verandering of Generasie Verandering????

replies: 16
views: 272
19 Feb 2020 @ 10:05:03 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek kom in die laaste paar jaar agter dat daar 'n groot kultuur verandering plaasvind in Suid Afrika.   Mense maak hulle monde gou oop en gee hulle opinie sonder om te skroom want dis hoe hulle voel en dis reg om sy standpunt te noem.  Dinge word reguit aangevat sonder om die gevoel van ander mense in ag te neem.  20 jaar terug sou min mense hulle gevoel op die media uitblaker want dan is jy teen die stroom.  Deesdae sê elke ou wat hy wil en hoe hy wil op FB, Twitter, forums en ander media.  Dis asof die mense in Suid Afrika wakker geskrik het en vergeet het om soms skaam te wees oor iets wat genoem word.  Baie mense (veral die ouer generasie) wat skaam is om 'n spade 'n spade te noem word as 'n tweegesig en skeinheilig gebrandmerk deur die massa wat hulle stem gehoor wil hê.  Agteraf sal hierdie mense wel hulle sê sê as die regte gehoor daar is.  Die man wat opstaan vir homself word as 'n boelie of nar uitgewys.

As 'n voorbeeld.  Kosie was altyd 'n pleaser by die werk en in die vriende kring.  Hy ken almal of het 'n kontakte oral in Suid Afrika en oor die wereld.  Sy vrou het altyd moeg geword as ek in die dorp stap en elke tweede ou groet.  Iemand wat 'n ekstra tree sal gee en eerder sal stilbly om die vrede te bewaar.    Soos die jare aangaan (of het dit met ouderdom te doen?) het hy egter besef in 'n veranderinde Suid Afrika moet hy ook verander om sy stem te laat hoor.   Hy vat 'n probleem vierkantig aan en sorteer dinge direk openlik uit en plaas baie keer gevoellens eenkant toe al maak dit iemand seer.  Hierie tendens sien ons daagliks in die dag tot dag lewe, in die kerk, by die werk, in politiek, in huisgesinne, vriendekringe en so kan ons aangaan.

Is Kosie verkeerd of is ons as 'n nasie of eerder generasie nou waar Eerste Landse lande 30 jaar terug al was?  'n Ware Leier staan op vir homself en in wat hy glo.   Die draadsitters of mense sonder opinies sal hom volg.

Het dit te doen met "Respek of gebrek aan Respek? "

Het die verandering gekom agv pa's wat afwesig is of nie meer leieding in 'n huisgesin gee nie?

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 11:20:50 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years
Ek dink jy kan in hedendaagse gesprekke of debatte op FB, Twitter en ander forums die woorde "boelie en Nar" vervang met rassis.
Dit is waarom ek totentaal en al wegbly van Twitter en polities gedrewe onderwerpe op FB.
Hier sal ek nog die vingers biki lat gaan want dis n meer veilige en my dam se eende tipe platform.
Ja, partykeer sal ek draadsit, en partykeer dwars inklim, maar as dit gebeur moet jy maar jou vingers vuiste maak want iemand gaan jou bykom van erens af.
Partykeer moet jy maar tong in die kies tik en hoop jy kry nie n backhand nie.
Die grootste gevaar op enige forum, hetsy FB, Twitter, hier is die "Margaret wys haar muis aan die verkeere skare"  geval en dan pak die trop jou, die kliks op daai platform en jy is verby.
As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 12:36:47 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Om Zack se vraag te beantwoord sou ek sê  dit is generasie verandering. Elke generasie ontwikkel in veranderende stadium wat inpas by die tydgleuf waarin hulle leef.  Ons ouer garde leef met opvoeding en in omstandighede waarin ons groot geword het en waarin ons  ons loopbane deurleef het tot waar ons nou afgetree is.  Ons glo dit was die "regte" manier om ons uit te leef.

Ons kinders, nou al ook volwassenes met gesinne en in loopbane, het in 'n latere, veranderde tydgleuf ontwikkel en hulleself daarin begin uitleef.  Hulle glo dit is die "regte" manier om hulle lewe uit te leef.

Ons kleinkinders leef weer in 'n nog latere, huidige tydgleuf en leef hulle lewe daarvolgens uit  -  hulle reken ook dis die regte manier van leef.

My gevolgtrekking :

  • Elke geslag dink sy geslag (generasie) is die beter generasie. (Ons kinders dink ons is outyds en ons dink ons kinders is arroant en onrespekvol)
  • Ek dink weer daar is nie 'n reg of verkeerd nie, maar ek sou tog sê dat elke geslag behoort tog takvol en met sensitiwiteit standpunte te maak veral op onsigbare platforms waaroor ons deesdae beskik.  Dikwels sê mense op 'n sosiale platform iets wat hy/sy NOOIT persoonlik aan iemand wat voor hom/haar staan, sou gesê het nie  -  en dikwels is dit waar die knoop lê.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 12:52:23 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4455
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Dit laat my aan die grappie dink.

I asked my daughter to give me the phone book.

She laughed at me, called me a dinosaur and gave me her iPhone.

So the spider is dead, the iPhone is broken and my daughter is furious!

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 13:01:16 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

.....of die grappie:

My son called me an old man today.

We both laughed and laughed!!!

....and then I changed the Wi-Fi password!!

wink

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 13:02:55 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3428
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek is nie so seker dat die stelling oor die ouer garde waar is nie.  Ek dink meeste Afrikaanssprekendes het nog altyd hulle sê van aangesig tot aangesig gesê.  Een van my swart kollegas toe ek nog gewerk het, en ook 'n goeie vriend, het eenmaal vir my gesê hy hou daarvan om met Afrikaanssprekendes te werk want hulle sê wat hulle bedoel, so jy weet waar jy met hulle staan.  Ek bedoel geen belediging teenoor ander taal sprekendes nie, hoor, ek praat maar net van die taalgroep waarvan ek deel is en wat ek dus die beste ken.

Daar was sekerlik nog altyd en sal ook vorentoe wees, mense wat maar skaam is om 'n mening te lug, maar ek dink nie dis tipies nie.  Ek dink wel mense, moontlik van die skaam soort, kruip soms agter anonimiteit weg om te sê wat hulle nie sou waag om van aangesig tot aangesig te sê nie.  Ek wonder soms waarom gebruik sommige lede op hierdie forum skuilname. Een lid wat nie meer op die Forum is nie en wat toevallig nou in 'n ander draad genoem is, het agter 'n skuilnaam dinge gesê wat my regtig kwaad gemaak het maar hy was 'n skim- ek het nie geweet vir wie ek kwaad word nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 13:48:27 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Fred, as jy nie omgee nie, kan jy 'n bietjie meer spesifiek wees oor my stelling oor ouer garde waarmee jy nie saamstem nie, asseblief.

Ek het slegs van ouer garde, ons kinders en ons kleikinders as drie opvolgende geslagte gepraat.  Die stelling wat ek probeer maak het is dat elkeen van hierdie generasies het 'n ander tydsgleuf beleef waarin hulle opgegroei, geleef en gewerk het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 13:54:19 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Fred---- jy is reg met die Afrikaans / Engelse stelling.  Ek is Afrikaans en my vrou Engels.  In my ouerhuis was ons ruimte gegun om jou gevoel en verstrasies te noem en dan gesamelik 'n oplossing te kry.  Almal groot en klein se insette is aangehoor as jy iets wou noem.  Met my vrou se Engelse familie is dit anders.  Niemand sal direk met haar ouers hulle gevoel reguit sê nie.  Daar word altyd lank samesprekings tussen die kinders gehou voordat hulle dit bespreek met die ouers.   

Lennie  ---Ek dink toegang tot die media en media platvorms het dinge baie deurmekaar kom krap.  Dis maklik vir 'n kind van 15 om deel van byvoorbeeld 'n forum te word en deel te neem sonder dat iemand iets verkeerd sal agerkom.  As ek myself kan vat as 'n voorbeeld doen ek dinge baie andes as 10 jaar terug.   Ek het ook verander soos tyd aangaan soms goed soms minder goed.  Ek glo in direk wees soms tot 'n groot nadeel vir myself en ander maar ek glo nog steeds daaraan.  Ek noem 'n ding op sy naam al trap ek op tone.  Die voordeel is almal weet waar jy staan.  Daar is niks agteraf gekonkel of agteraf gesê of geskinder nie.   Baie keer is ek besig om 'n brief te antwoord wat miskien te reguit is.  As ek hom deurlees dan is alles 100% hoe ek voel maar as ek dit vir die 5 keer oorlees dan verander ek dit al bedoel ek nog steeds wat ek eerste geskryf het.  Gaan dit oor respek?  Ja en Nee.   Die JA is want ander mense lees dit ook en ander is meer sensitief of minder direk.   Die Nee want 'n @@p bly 'n @@P en iemand moet dit vir hom sê.  Ek hou daarvan as reguit vir my op my foute of tekortkominge uitwys.  Ek aanvaar ek was die aap in die verhaal en verander indien nodig. Dis hoe ek groei en mense soos ek groei.

Ek dink baie Suid Afrikaners kort 'n beter selfbeeld wat hom beter gaan voorberei as daar konfik ontstaan want nie alle konflik is negatief nie.   Die woord "respek" is in baie gevalle 'n verskoning en uitkomkans waar mense wegkruip agter om nie die waarheid te wil aanvaar nie.  Uit konflik onstaan nuwe denke en oplossings wat nie daar sal gewees het nie as ons almal net ja en amen sou sê.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 14:07:19 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3428
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Lennie, Ek het eintlik op Zack se insel gereageer.  Ek bedoel die geneigdheid om te sê wat jy bedoel wat ek meen Zack sê ouer mense nie juis gedoen het nie terwyl mense dit vandag geredelik doen.  Twintig jaar gelede was daar bloot nie sosiale media nie- jy kon wel 'n brief aan 'n koerant skryf maar dit sover jy kon gaan.  Ek besef Zack wil dit eerder toeskryf aan die beskikbaarheid van sosiale media vandag maar ek dink weer mense was maar nog altyd geneigd om hulle sê te sê, die maniere om dit te doen is nou net meer.  En die vaal outjies wat voorheen hulle monde toe gehou het, kan nou ook aan die gesprek deelneem omdat niemand weet wie hulle is nie.

Ek stem met jou saam dat verskillende geslagte amper verskillende kulture het, versoorsaak deur die omgewing waarin hulle leef, maar nie noodwendig dat elke geslag dink hulle is die beste nie.  Ek dink die ou mensdom is maar so goed of sleg as wat hy nog altyd was.  Ons pas maar net ons geaardhede aan by ons omgewings maar ons basiese karakters bly maar dieselfde.  Wat ek nie glo nie, is dat vorige geslagte so hoog heilig en sondeloos was en sulke vaste beginsels gehad het waarvolgens hulle geleef het.  Dit is bloot net die vorige geslagte se skynheiligheid en opvolgende geslagte se goedgelowigheid wat sulke sienings tot gevolg het. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 16:05:40 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wat duidelik is dat sommige mense in my opininie raak lakser om te werk. Die tekort aan performance om deel van n lewens vatbare orginasasie te wees en word deur Unies beskerm. So die gravy train word gery.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 16:50:40 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2179
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ons moet nie die gebruik van die sosiale media in die moderne samelewing onderskat nie. Dit het al tot vele ongelukkighede en onsmaaklikhede gelei. Met die ou plaaslyne (twee kortes en n lange) was daar maar altyd die een huishouding wat altyd ingeluister het en die kontrei se nuus versprei het. Dit was daardie geslag se "twitter en facebook ens". Vandag is daar skaars nog landlyne oor die land in gebruik. Nou is alles op "facebook...twitter" ensovoorts vir almal om oor te skinder en nie net die tannie op die plaaslyn nie. Dit was daardie jare n probleem op die plaaslyne en die probleem het nou een groot "plaaslyn" geword met die nuwe tegnologie. Almal val nou almal aan en elkeen se standpunt verskil. Soms tot voordeel en soms tot nadeel. Vra maar vir tannie Zille en oom Trump hoe laat val jy politieke partye daarmee!!!!!!!!!!!!!

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 21:38:08 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

By gese Piet. Ons is n woedende nasie van alle ras en kleur.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 22:37:25 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Zack, jy vra 'n vraag in jou aanvanklike vraag in die opskrif van hierdie draad, naamlik het kultuur verandering plaasgevind of is dit 'n generasie verandering ?

Ek lei af jy glo dit is 'n kultuur verandering wat plaasgevind het, maar wat is kultuur ? Na my mening is kultuur jou geestelike denke wat jy van moederskoot af aangeleer het en jy kan daarmee voortleef of daarvan afwyk. Verskillende bevolkingsgroepe het natuurlik verskillende kultuur-begrippe.  Miskien kom die kulture van verskillede bevolksgroepe  nou meer duideliker na vore omdat dit voor 1994 minder bekend was.

Ek is weer van mening die verskil in optrede van mense deesdae is 'n generasie verandering, die verskillende geslagte (ons, ons kinders en ons kleinkinders) word veroorsaak deur die omstandighede en ontwikkeling waarbinne elkeen in sy/haar tydgleuf leef. Deesdae is allerhande tegnologiese middele tot jou bekikking om inligting te bekom en jou mening uit te spreek.

Ons kom eintlik tot dieselfde gevolgtrekking dat deesdae  gesprekvoering in Suid-Afrika netsoos in die res van die wêreld, op 'n toaal ander manier en trant gevoer word as 'n dekade of twee gelede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 22:47:04 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die enigste konstante faktor in ons bestaan is verandering. Die enigste konstante faktor t.o.v. verandering is uiteraard verandering.

Voor 94 het die voorheen agtergeblewenes gereeld gevra vir "transparency" - openlikheid. Nou is dit aan die orde van die dag.

Ons, die blanke Suid Afrikaners het ons aan tradisie, respek, senioriteit, ouderdom, geloofsleiers en wat nog gesteur en dit in stilte gedoen. Die ergste was "wat sal die mense sê?"

Van die kansel af was apartheid geregverdig.

Ewe skielik, net na 94, het baie mense die vorige bedeling bevraagteken. Hoe kan 'n oortuiging die een Sondag uit die Bybel regverdig word, en dan skielik voor om verskoning gevra word?  Hoe kan jy leiers vertrou wat hulle agterente na die wind draai?

En ewe skielik is mense minder diskreet. Noem hulle 'n ding by sy naam. Loop kerke leeg, en word leierskap bevraagteken. 

Ek verstom my aan my kleinkinders. Op 4 jarige ouderdom het my kleinseun sy eie iPad gehad, en op ses sy eie iPhone gekry. In graad R op 5 kon hy al lees en skryf. Gebrekkig ja, maar hy kon. Ek het op sewe met 'n griffel en 'n lei geleer skryf, en dit was 'n gemors. Ek stel hom bloot aan 'n kettie en 'n windbuks, en hy wil weet of ons dalk 'n voëltjie gaan seermaak. Hy dring daarop aan dat sy pa by stopstrate sal stop.

Kyk maar net na die voorgestelde seksonderrig van die regering. Dit laat my dink aan die Pa wat vir Jannie sê "ou seun, ons moet 'n bietjie oor seks gesels". Sy antwoord, "Goed so Pa, wat wil Pa graag weet?"

Die vraag wat ek vra, het dinge ten goede verander? Die dinausaurus wat blykbaar uitgesterf het weens sy onvermoë om by veranderende omstandighede aan te pas laat my wonder oor my geslag.

En dan onthou ek weer wat Ma my kleintyd geleer het - "My seun, sit 'n wag voor jou mond.", en dan doen ek dit nie, want ek het ook verander.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 07:28:19 am

Lennie jy het my oortuig.  Goeie brief.  Ek stem saam met alles wat jy uitwys.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 07:46:10 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die laaste sin in Lennie se inset hierbo slaan die spyker op sy kop.

Talle onderwerpe wat ‘n paar jaar gelede nog taboe was in “ordentlike” geselskap word deesdae vir die ogies van al wat kan lees en oortjies wat gespits word van hoek tot kant uitgepluis. Praat nie eens van die onderwerpe wat op YouTube tot in die fynste detail deurgetrap word nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:01:02 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Die enigste konstante faktor in ons bestaan is verandering. Die enigste konstante faktor t.o.v. verandering is uiteraard verandering.

Voor 94 het die voorheen agtergeblewenes gereeld gevra vir "transparency" - openlikheid. Nou is dit aan die orde van die dag.

Ons, die blanke Suid Afrikaners het ons aan tradisie, respek, senioriteit, ouderdom, geloofsleiers en wat nog gesteur en dit in stilte gedoen. Die ergste was "wat sal die mense sê?"

Van die kansel af was apartheid geregverdig.

Ewe skielik, net na 94, het baie mense die vorige bedeling bevraagteken. Hoe kan 'n oortuiging die een Sondag uit die Bybel regverdig word, en dan skielik voor om verskoning gevra word?  Hoe kan jy leiers vertrou wat hulle agterente na die wind draai?

En ewe skielik is mense minder diskreet. Noem hulle 'n ding by sy naam. Loop kerke leeg, en word leierskap bevraagteken. 

Ek verstom my aan my kleinkinders. Op 4 jarige ouderdom het my kleinseun sy eie iPad gehad, en op ses sy eie iPhone gekry. In graad R op 5 kon hy al lees en skryf. Gebrekkig ja, maar hy kon. Ek het op sewe met 'n griffel en 'n lei geleer skryf, en dit was 'n gemors. Ek stel hom bloot aan 'n kettie en 'n windbuks, en hy wil weet of ons dalk 'n voëltjie gaan seermaak. Hy dring daarop aan dat sy pa by stopstrate sal stop.

Kyk maar net na die voorgestelde seksonderrig van die regering. Dit laat my dink aan die Pa wat vir Jannie sê "ou seun, ons moet 'n bietjie oor seks gesels". Sy antwoord, "Goed so Pa, wat wil Pa graag weet?"

Die vraag wat ek vra, het dinge ten goede verander? Die dinausaurus wat blykbaar uitgesterf het weens sy onvermoë om by veranderende omstandighede aan te pas laat my wonder oor my geslag.

En dan onthou ek weer wat Ma my kleintyd geleer het - "My seun, sit 'n wag voor jou mond.", en dan doen ek dit nie, want ek het ook verander.

Pieter dis waarom daar baie mense oud en jonk kerke verlaat en steeds verlaat.   Dis hartseer en sou nie gebeur het as kerke in die eerste plek op die Bybel gefokus het nie.  Dieselfde het in die army gebeur voor opse.  Die kapelaan het ons amper gebreinspoel om te glo dit wat ons doen in lyn is met ons geloof en of nasie trots.  Reg of verkeerd maak nie nou meer saak nie.  Net so in die sameliwing is ons rond gelei aan ons neuse deur politieke partye, misleidende advertensies en  nog baie goed soos kinder opvoeding en kinder regte.  Alles het oornag verander en die man op straat het alleen gestaan sonder ondersteuning met slegs nuwe wette en waardes waaraan hy nie aldag mee saamgestem het nie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za