English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 933
topics: 997
replies: 14 123
views: 3 258 800
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Kry battery so gou skade?

replies: 24
views: 452
21 Jun 2020 @ 16:28:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Soos op die ander draad genoem, het ek so 2 weke terug my kar se ligte aan vergeet en battery het heeltemaal leeg geloop. Die battery is omtrent 11 maande oud. As ek nou my kar vir 2 dae nie start nie, het battery nie krag om te start nie. Dit het nou begin nadat die battery heeltemaal leeggeloop het. Is dit normaal dat n battery so maklik ingee, of is daar miskien iets anders wat fout kan wees? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2020 @ 16:46:06 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Geert hulle maak dit nie meer soos van tevore nie en die wintertyd speel ook n rol maar dit behoort nie so vinnig te gebeur nie. Daar behoort n waarborg op te wees vat dit terug na waar jy dit gekoop het laat hulle dit toets en vervang. Ek het net voor laas winter ook n nuwe battery in die bakkie gesit en nou dat dit koud is word hy ook pap. Daar is ook nog n waarborg op en ek is oppad met hom waar ek dit gekoop het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2020 @ 17:18:56 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Batterye is baie onvoorspelbaar veral in die winter.  n Normale battery dink ek het net n 6 mnde waarborg.  Bestes dalk n jaar.

Kyk as jy regkom by handeaar anders sit hom op n baie slim laaier. Ek dink die kanse is goed dat jy hom so sal red.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2020 @ 17:33:32 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1855
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Batterye is baie onvoorspelbaar veral in die winter.  n Normale battery dink ek het net n 6 mnde waarborg.  Bestes dalk n jaar.

Kyk as jy regkom by handeaar anders sit hom op n baie slim laaier. Ek dink die kanse is goed dat jy hom so sal red.

Stem saam met Leon.

Neem terug en laat toets. As daar 'niks' fout is nie, sit hom op 'n baie slim laaier vir ten minste 24uur.

Dalk ook die voertuig se alternator uitset toets.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2020 @ 19:46:19 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Waar slaap die voertuig nou dat dit so koud is.

Indie hy buite slaap, maak die enjin Kap oop en gooi n dik honde kombers oor, maak die enjin Kap toe.

Gooi onder die enjin op die grond bokse wat jy plat getrap het.

Of n Duk rubber mat.

Die koue Neil n battery vinnig op.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2020 @ 19:59:59 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Geert het jy al n lang ent gery nadat die battery pap geloop het. Miskien het ek dit gemis. Andersins maak net seker jou battery is propvol gelaai om mee te begin.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2020 @ 23:29:28 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

As die battery heeltemal dolleeg geloop het het hy ‘n knou weg en gaan hy jou in elk geval op ‘n baie ontydige tydstip in die steek laat. Jy gaan in elk geval binnekort ‘n nuwe een moet koop. As dit ek was koop ek dit nou, net vir gemoedsrus.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 07:32:01 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1487
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Also check if the 'Tracker / Alarm' is not drawing too much power.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 08:03:06 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 187
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

Geert sit n kragtige laaier op hom, ek het ook dieselfde probleem gehad, het hom na n onderdele plek geneem, hulle het hom vir n nag en dag op n groot laaier gesit ,toe is hy reg .Dit is so 2 jaar gelede ,en ek gebruik nou nog die battery .Hoop jy is ook so gelukkig .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 08:09:39 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dankie vir almal se goeie raad. Ek dink ek gaan begin om na die handelaar te gaan waar ek hom gekoop het.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 08:54:48 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Geert het jy al n lang ent gery nadat die battery pap geloop het. Miskien het ek dit gemis. Andersins maak net seker jou battery is propvol gelaai om mee te begin.

Dit klink bekend. Het die naweek `n ander battery moes koop (R1743).

Die battery het sy knak gekry met lock down. Baie kort distansies en min gery.

Nou dat ek daaraan dink, dalk al voor dit. (ek het agtergekom en vermoed die glow plugs is klaar. omdat die glow plugs nou amper dadelik af gaan)

 

Ek het die battery so 2x keer moes laai en dit het nie gewerk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 08:57:32 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Oor die waarborg op batterye: Ek het twee motor batterye twee jaar gelede by Battery Centre gekoop en volgens die fakture, is die waarborg 24 maande.  Dieselfde fakture dui 'n waarborgtyd van ses maande vir motorfietsbatterye aan.

Ek is geneigd om met Piet saam te stem dat die rede vir jou probleem dalk is dat jy net kort afstande ry as gevolg van die inperking.  'n Paar kilometer is nodig om die lading wat met die aansit onttrek is, terug te sit.  Dit is nie voldoende as jy tien kilometer ry maar driemaal op die rit moet stop en weer aansit nie.   Ek het beide ons voertuie op slim laaiers wat ek net afhaal as een van die voertuie gebruik word.  Selfs 'n duur slim  laaier kos waarskynlik minder as 'n nuwe battery en jy het in elkgeval net 'n klein laaier, selfs 4 amp, nodig as die doel is om dit battery net deurentyd op standaard te hou.  Ek vind Danie SKL se laaiers wat ek 'n ruk gelede vir R150 stuk by hom gekoop het, heeltemal bevredigend, ook as dit vir tot vier maande 'n voertuig se battery wat tuis bly as ons met vakansie is, in stand hou.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 12:29:06 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 872
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

met my laaste battery was dit gou  Hulle het die nuwe toetser op gestit en lesings gekry wat se toestand 78%  charge 52%  Maar die volgende dag staan hy weer.

Het toe na battery plek gegaan wat die ouskool toeser het daai met die knop wat jy draai en die het daelik die battry dood getrek.

Nuwe gekoop met 2 jaar waarborg en whala

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 17:22:51 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

As die battery heeltemal dolleeg geloop het het hy ‘n knou weg en gaan hy jou in elk geval op ‘n baie ontydige tydstip in die steek laat. Jy gaan in elk geval binnekort ‘n nuwe een moet koop. As dit ek was koop ek dit nou, net vir gemoedsrus.

Net so Pieter. Met n' 0% ontlaai van n' lood suur high cycle battery sulphate die battery se plaate. Die kristalle vorm op die plaate en kan met n' de-sulphater weer gedeeltelik opgelos word maar dit vat maande en dan is hy nooit weer 100% nie.

Beste is, verineweer die gewaarborgde battery (meeste is 2 jaar) en gee hom terug.

Danie-SLK waar is jy?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 17:28:25 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Het dieselfde probleem met my seun se Fiesta gehad gedurende lockdown. Battery het so pap geword dat die kar met die sleutel moes oopsluit.

Het die battery op my slim charger gesit totdat hy gewys het hy is vol. Dit was n maand terug. Lyk of alles nog reg is met die battery. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 20:17:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek was toe by Midas gewees. Ek het hulle vertel hoe battery heeltemaal leeg geloop het en vandaar nie meer normaal funksioneer nie. Hulle het toetser op battery gesit.....hy het vol gewys, maar daal seker sodra sleutel gedraai word. Sonder enige vrae het hulle aangebied om battery te vervang met n nuwe een. Dis lekker om met so n maatskappy besigheid te doen.....sal hulle in die toekoms onthou......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 20:58:20 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Bly vir jou part Geert want n nuwe battery is nie meer goedkoop nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 23:14:10 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Net so Pieter. Met n' 0% ontlaai van n' lood suur high cycle battery sulphate die battery se plaate. Die kristalle vorm op die plaate en kan met n' de-sulphater weer gedeeltelik opgelos word maar dit vat maande en dan is hy nooit weer 100% nie.

Beste is, verineweer die gewaarborgde battery (meeste is 2 jaar) en gee hom terug.

Danie-SLK waar is jy?

Ek werk mos nou so nie meer tyd om veel hier te kom nie. Ek kry net koud Paul :(

@ Fred - bly om te hoor jou laaiers doen die eenvoudige ding om jou battery vol te hou.

Soos Steamer - John ookal genoem het die CHEAP LAAIER is geld goed aangewend.

@ Geert - bly dat jy sulke goeie diens gekry het. Mens onthou dit.

Ek het weereens 'n dooie 7Ah battery weer 'n lewe gegee. So paar maande terug wou dit nie laai nie en het die laaier maar permanent opgesit om krag aan 4 kameras te voordien. Nou kan ek die laaier afsit en dit hou tot so 5 ure lank.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 08:19:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Oor die waarborg op batterye: Ek het twee motor batterye twee jaar gelede by Battery Centre gekoop en volgens die fakture, is die waarborg 24 maande.  Dieselfde fakture dui 'n waarborgtyd van ses maande vir motorfietsbatterye aan.

Ek is geneigd om met Piet saam te stem dat die rede vir jou probleem dalk is dat jy net kort afstande ry as gevolg van die inperking.  'n Paar kilometer is nodig om die lading wat met die aansit onttrek is, terug te sit.  Dit is nie voldoende as jy tien kilometer ry maar driemaal op die rit moet stop en weer aansit nie.   Ek het beide ons voertuie op slim laaiers wat ek net afhaal as een van die voertuie gebruik word.  Selfs 'n duur slim  laaier kos waarskynlik minder as 'n nuwe battery en jy het in elkgeval net 'n klein laaier, selfs 4 amp, nodig as die doel is om dit battery net deurentyd op standaard te hou.  Ek vind Danie SKL se laaiers wat ek 'n ruk gelede vir R150 stuk by hom gekoop het, heeltemal bevredigend, ook as dit vir tot vier maande 'n voertuig se battery wat tuis bly as ons met vakansie is, in stand hou.

Daar het julle die waarborg tyd.  Wys net wanneer laas het ek 'n battery moes koop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 09:28:17 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Bly jy het reggekom Geert. Dit is die beste om die battery te vervang.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 13:55:53 pm
FritzF
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 31 May 2018
Experience: 60 years

Gewone motor batterye hou nie van baie pap word nie.  "Deep Cycle" batterye wat normaalweg in karavane ens gebruik word kan weer baie laer gaan en is nog steeds goed.  As 'n battery baie laag gaan, sit eerder op laaier vir ten minste 24 uur.  Meeste batterye het tussen 12 en 24 maande waarborg.  Ons UPS by die werk vat trok grootte batterye en toe ons laas moes vervang het toe vervang met batterye wat 10 jaar waarborg het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 16:54:01 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Mooi so Geert en daar slaan jy die "jackpot" nog voor die casinos oopmaak.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 06:50:30 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ja.....ek is seker gelukkig, maar aan die anderkant om R1800 vir n battery te betaal en hy is kapoet na 1x leeg loop klink vir my nie normaal nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 08:20:50 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1487
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Because the Cruiser is so expensive to run, we really only use it for camping and the odd picnic.

I installed 2 X 12v "Cig Lighter" sockets with rubber cover seals onto the bull bar for the intelligent charger to plug in and leave in. ( one is for the deep cycle battery, so I alternate every dew days).

This saves having to open & close the bonnet every time we want to use her.

I have in line fuses for in case.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 08:31:17 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 996
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Because the Cruiser is so expensive to run, we really only use it for camping and the odd picnic.

I installed 2 X 12v "Cig Lighter" sockets with rubber cover seals onto the bull bar for the intelligent charger to plug in and leave in. ( one is for the deep cycle battery, so I alternate every dew days).

This saves having to open & close the bonnet every time we want to use her.

I have in line fuses for in case.

Very good idea.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za