English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 516
Total Replies: 252 659
Total Views: 83 242 687
topics: 11 568
replies: 139 143
views: 39 339 562
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Krugerwildtuin 2021

replies: 50
views: 602
17 Jul 2020 @ 15:57:44 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek vertrou maar dat die Covid-19 situasie teen Mei 2021 sodanig sal wees dat ons eerstens al toegelaat sal word om binnelands te reis en te gaan vakansie hou. En tweedens hoop ek dat die omstandighede van só 'n aard sal wees dat ek die vrymoedigheid sal hê om dit wel te doen, synde ek in die hoë risiko ouderdomsgroep val en boonop ook nog 'n Tipe 2 diabeet is.

Nietemin, ek het besluit om "positive thinking" toe te pas - inderwaarheid beskou ek myself eerder as 'n realis wat baie keer uitgemaak word as iemand wat neig om die negatiewe raak te sien. Maar ek het nou my "positive thinking cap" op my kop. Daarom het ek vir my plek tydens volgende jaar se Mei/Junie gryskoptyd in die wildtuin bespreek. Inderwaarheid nog slegs vir Mei aangesien Junie se besprekings eers op 22 Julie oopmaak.

Is daar nog forumlede wat ek moontlik in Mei en Junie volgende jaar in die wildtuin kan raakkamp. Ek weet o.a. dat Lennie (Len Loader) se eerste aand en my laaste aand in Tsendze ooreenstem en dat ons dalk dan 'n goue koue of 'n glasie Bolandse nektar kan klink

Ek is onder andere vir 9 aande in Tsendze bespreek. Maar ek kan my eie alie skop omdat ek eers vanoggend daaraan gedink het om my gunsteling-staanplek in Tsendze by Mopani-ontvangs aan te vra. Pleks ek het dit die dag gedoen toe ek my bespreking gemaak het want nou kan ek nie meer No 26 vir daardie tydperk bekom nie. Ek moet nou maar tevrede wees met No 29. Maar aag, ek het steeds 'n bespreking in my gunsteling-kamp in die Krugerwildtuin (sou Covid-19 ons toelaat).

Ek wil 'n ander vraag vra wat op my voorgenome verblyf by Tsendze van toepassing is, maar sal dit later onder 'n ander draad plaas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 16:19:06 pm
Pieter-B
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 29 Apr 2019
Experience: 20 years

Chris ons het ook Aug/Sept' 20 aangeskuif na Mei' 21. Hou ook duimvas dat dit moontlik sal wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 17:07:43 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Chris, jy dink jy is optimisties?, ons het geduurende lockdown vir Aug en Sept 2020 bespreek en betaal. Dit lyk nie meer so nie! Vir Tsendze dink ek weer No. 3!! en No, 5 & 6 is die beste. Ons het al in 5 & 6 & 14 & 27 & 28 gestaan. Nog nooit in Tsendze met die 747 nie. Hy sal nie daai skerp draaie kan vat nie. Net 28 & 29 sal moontelik werk vir ons 747. Try vir No. 3..... Roger en Elane beveel hom ook aan.

Die hoogte punt van my optimiste is dat ek ook vir November 2020 bespreek het maar nie betaal het nie. Ek gaan ook nie. Ons kan niks beplan en na uit sien nie!!

Soos die getalle COVID toeneem skryf ek dit maar....al twee...op my maag en wag vir af veeg.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 17:24:15 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Chris, jy dink jy is optimisties?, ons het geduurende lockdown vir Aug en Sept 2020 bespreek en betaal. Dit lyk nie meer so nie! Vir Tsendze dink ek weer No. 3!! en No, 5 & 6 is die beste. Ons het al in 5 & 6 & 14 & 27 & 28 gestaan. Nog nooit in Tsendze met die 747 nie. Hy sal nie daai skerp draaie kan vat nie. Net 28 & 29 sal moontelik werk vir ons 747. Try vir No. 3..... Roger en Elane beveel hom ook aan.

Die hoogte punt van my optimiste is dat ek ook vir November 2020 bespreek het maar nie betaal het nie. Ek gaan ook nie. Ons kan niks beplan en na uit sien nie!!

Soos die getalle COVID toeneem skryf ek dit maar....al twee...op my maag en wag vir af veeg.

Paul - ons was maar 3 keer in Tsendze, elke keer vir 7 aande. Die eerste keer was ons op No 13 - waarvan ons baie gehou het. Die laaste twee keer was beide op No 26 en na die eerste keer heeltemal "hooked-on" geword. Ek hou van die staanplekke teen die agterste draad. Ek het na No 3 gekyk en ek stem saam - dit lyk na 'n lekker plot. Maar om hom te kry is amper so goed jy soek wors in 'n hondehok. Volgens Rodger kamp die een ou sommer vir 'n maand daar.

No 13 was nogal lekker privaat, maar 26 is teen die agterste draad met geen bome tussen jou n die draad nie. Al lekker na die ou grootvoete gekyk as hulle so net anderkant die heining wei. So ook die seekoeie. En moenie die mamba in die appelblaar bokant ons karavaan vergeet nie. En dit is baie naby die een ablusieblok.

Jy praat van Rodger en Elinah - twee sout-van-die-aarde mense daardie. Jy moet dat Elinah jou vertel van die jaarlikse nudiste-saamtrek in Tsendze - wanneer die hele kamp vir hulle uitgeboek word. Sy en Rodger moet maar noodwendig diens verrig. Jy wil jou agterent skeur as sy in detail vertel wat hulle moet aanskou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 17:45:57 pm
Bushbaby
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 190
Joined: 21 Jun 2017
Experience: 35 years

Hi Chris we h ave booked for 2021 from 9 May Punda,Shingwedzi ,Letaba,and Satara so far and once booking opens for June on the 22nd of this month we will most probably add Skukuza.So far we have not included Tsendze.

I just hope I have the year correct and it wont become 2022.Both my wife and I are well into our seventies and have to be more then careful when it comes to  this virus.As I have indicated in previous postings if we dont find and administer a vaccine my feeling is that 2022 could be reality.

I tuned into Sky News today (big mistake) the UK does 500 000 tests   a day and they are preparing for a second wave all  you can do, is contain the virus,take appropriate action in that hot stop and move on to the next, but no cure at this stage.

Maybe I sound a bit negative ,but at our age you dont get a second chance

I keep on hoping that a vaccine is found soon so life can return to some normality as being imprisoned in your own home is getting to me.

PS:cry I missed stocking up on wine and beer

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 17:50:03 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Reg so Chris. Dit is n' wonderlike kamp. Een ding...soos Rodger altyd se....."jy moet hard werk om die diere te sien".... maar die natuur is onverbeterlik. Ons noem dit die Serengetie.

"Jy praat van Rodger en Elinah - twee sout-van-die-aarde mense daardie. Jy moet dat Elinah jou vertel van die jaarlikse nudiste-saamtrek in Tsendze - wanneer die hele kamp vir hulle uitgeboek word. Sy en Rodger moet maar noodwendig diens verrig. Jy wil jou agterent skeur as sy in detail vertel wat hulle moet aanskou."

Ja hulle is. Gewoonlik as ons daar is is net Rodger aan diens, of anders om. Ek sal haar vra. Geniet dit Chris. Dit is n' juweel plek.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 18:06:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Einde April in Letaba en begin Mei in Lower Sabie 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 18:44:15 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1206
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

2021   :   Ons kan ook nie wag vir ons kuier in KNP nie.  Ons kuier vanaf 2 Mei een aand in Maroela en dan 3 tot 12 Mei in Satara en vanaf 13 tot 16 Mei in Pretoriuskop.

Ons hoop (nog steeds) om ook hierdie 2020 in B&D te kuier vanaf 6 tot 10 Sep, Skukuza vanaf 11 tot 15 Sep en Maroela vanaf 16 tot 19 Sep.     Ons byt vas met die hoop dat ons Wildcard gebruik kan word -  so nie verloor ons die voordeel.  

Al die kuiers is ten volle betaal met 'n krediet van R1200 agv die Julie 2020 kuier wat geskuif is na Mei 2021 en dus 'n pensioenaris afslag gekry het.   

Interressant dat die derde kwartaal nie veel pensioenaris afslae in KNP bied nie.   Wonder of dit weens die Europa somer vakansie is wat gewoonlik in Augustus en September plaasvind?

Ons wil die afslag krediet gebruik om ons Wildcard te hernu in November - so nie doen ons dit weer op swart Vrydag.

Ons beplan ons kuiers so dat die dag wat ons uitklok ons naby 'n hek is om sodoende vinniger aan die ry te kom huistoe. 

Groete en ons hou duimvas dat al ons medekampers se wiele kan rol

Die regering moet nou bykom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 18:58:31 pm
pieterc
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 89
Joined: 10 Mar 2015

14 tot 21 Mei 2021 in Skukuza en hopelik iewers in September / Oktober 2021 nog n week in Kruger iewers.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 20:14:52 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Geen besprekings gemaak nie. 

Sodra Kruger oop is, sal ons by enige kamp waar daar plek is in die suide, gaan kamp. Die wa moet net van die bokkies af en gepak word.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 20:19:01 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Hi Chris we h ave booked for 2021 from 9 May Punda,Shingwedzi ,Letaba,and Satara so far and once booking opens for June on the 22nd of this month we will most probably add Skukuza.So far we have not included Tsendze.

I just hope I have the year correct and it wont become 2022.Both my wife and I are well into our seventies and have to be more then careful when it comes to  this virus.As I have indicated in previous postings if we dont find and administer a vaccine my feeling is that 2022 could be reality.

I tuned into Sky News today (big mistake) the UK does 500 000 tests   a day and they are preparing for a second wave all  you can do, is contain the virus,take appropriate action in that hot stop and move on to the next, but no cure at this stage.

Maybe I sound a bit negative ,but at our age you dont get a second chance

I keep on hoping that a vaccine is found soon so life can return to some normality as being imprisoned in your own home is getting to me.

PS:cry I missed stocking up on wine and beer

 

Bushbaby - What,s your exact dates in the respective camps. We are departing Punda on the day you arive there (9 May).Then we are in Shingwedzi for the next 6 nights - in other words, departing on 15 May. From there to Satara from 24 May for the next 6 nights.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 21:15:44 pm
Ander Oom se Kind
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 136
Joined: 11 Aug 2014
Experience: 35 years

Hi Chris ons het ook Mei 2021 bespreek. Hoop maar dit sal gebeur, gaan julle Eiland toe daarna.

Ek moet niks.

Fuelly
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2020 @ 21:39:41 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Eddie - help my nou reg. Is dit Eddie van Annatjie - my amperse bure by Eiland van 2019? Dis nog moeilik om te sê of ons Eiland toe gaan na die wildtuin. Ons wou graag vanjaar vir ons kinders in Roemenië gaan kuier het, maar nodeloos om te sê dat dit deur die mat geval het danksy Covid-19. Dus - as ons volgende jaar internasionaal kan reis, sal ons waarskynlik eerder vir die kinders gaan kuier i.p.v. Eiland toe gaan.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 05:06:34 am
Ander Oom se Kind
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 136
Joined: 11 Aug 2014
Experience: 35 years

Dis die eindste Eddie, groetnis.

Ek moet niks.

Fuelly
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 07:42:09 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ons het bespreek vir vanaf  14 Mei tot 1 Junie. Punda, Shingwedzi en Balule. Hou maar duim vas. 
Ons het ook  ‘n  bespreking by Lower Sabie vroeg in November. Dit begin om twyfelagtig te lyk. Die wa raak ‘n wit olifant..☹️

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 08:56:12 am
Boslaaitie
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 22 Mar 2017
Experience: 31 years

Goeie more

Ons moes self ons mei 2020 skuif na mei 2021. Het darm amper dieselfde plekke gekry. Kon net nie balule kry nie maar in sy plek vir maroela waar ons n0g n00it van tevore was nie so ons kla nie te veel nie. So ons trip begin op die 24ste mei met maroela vir 3 nagte dan 1 sable hide en eindig met 3 shingwedzi voor ons eiland toe gaan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 09:14:08 am
Bushbaby
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 190
Joined: 21 Jun 2017
Experience: 35 years

Good morning Chris .

We plan to spent time at Tshipise prior to entering the Pafuri gate. We love Tshipise and became "short time" swaeltjies last year ,lovely people ,enjoyed it with street braai etc.

From Pafuri we will proceed to Punda Maria crossing the Luvuvhu river bridge which I think is most serene spot in the whole of the park and we always take same  time out to absorb its beauty .

Our itinerary:

Punda Maria  Arrive 9 May depart 13 May

Shingwedzi      Arrive 13 May depart 18 May

Letaba               Arrive 18 May depart 23 May

Satara        Arrive 23 May depart 31 May .

Skukuza      Arrive 31 May duration still to be booked.

Looking forward to seeing you again at Shingwedzi and Satara.

Until then lets stay safe smile

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 09:47:25 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Good morning Chris .

We plan to spent time at Tshipise prior to entering the Pafuri gate. We love Tshipise and became "short time" swaeltjies last year ,lovely people ,enjoyed it with street braai etc.

From Pafuri we will proceed to Punda Maria crossing the Luvuvhu river bridge which I think is most serene spot in the whole of the park and we always take same  time out to absorb its beauty .

Our itinerary:

Punda Maria  Arrive 9 May depart 13 May

Shingwedzi      Arrive 13 May depart 18 May

Letaba               Arrive 18 May depart 23 May

Satara        Arrive 23 May depart 31 May .

Skukuza      Arrive 31 May duration still to be booked.

Looking forward to seeing you again at Shingwedzi and Satara.

Until then lets stay safe smile

 

 

 

 

👍👍I'll surely make a point of it to come and say "Hi" when our camping paths meet in Shingwedzi and Satara. Let's hope all our camping plans will realize next May.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 10:10:15 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ons byt vas met die hoop dat ons Wildcard gebruik kan word -  so nie verloor ons die voordeel.

Die reeling soos ek verstaan word jou Wildcard se tydperk weer vir n' jaar verleng van die dag wat jy hom weer gebruik. Maar dit moet voor Maart volgende jaar wees?

Ek gaan niks verder in SANPark bespreek totdat daar duidelikheid is nie. Dit vat baia mooite om te kry wat ons will he en dan gebeur dit nie. Ek gaan nie weer die teleurstelings herhaal nie.

COVID!!!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 10:26:46 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons reis plan 2021

24 April - 27 April  Punda

27 April - 29 April Maroela

29 April - 2 Mei Satara

2 Mei. - 4 Mei Laer Sabie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 10:30:43 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9750
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Lekker om so jou Kamp te kan beplan en dan te sit en wag dat die tyd moet aanbreek.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 11:04:01 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Lekker om so jou Kamp te kan beplan en dan te sit en wag dat die tyd moet aanbreek.

 

Ja Jin, en dan die teleustelling as dit nie gebeur nie....keer op keer...nee!!!

COVID!!!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 12:27:37 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ons reis plan 2021

24 April - 27 April  Punda

27 April - 29 April Maroela

29 April - 2 Mei Satara

2 Mei. - 4 Mei Laer Sabie

Jy sien kans vir 'n ver trek van Punda af tot Maroela. Vir my persoonlik is dit bietjie ver vir kampverwisseling. Maar nou ja, elke ou soen sy vrou op sy manier. Ek poog om nie 125 km te oorskry wanneer ek van kamp verwissel nie, omdat ek nie vinniger as 30 kph in die wildtuin ry nie - veral as ek sleep.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 12:39:08 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ja Jin, en dan die teleustelling as dit nie gebeur nie....keer op keer...nee!!!

COVID!!!

Paul - ek bly maar hoopvol dat my 9 aande gedurende Oktober in Karoo Nasionale Park gaan realiseer asook my 2 aande in Mokala en 9 aande in die wildtuin gedurende November. Beide is uitgestelde besoeke. En as dit weer moet uitgestel word, dan moet dit maar gebeur. 

En ek gaan beslis eerskomende Woensdag nog poog om 6 addisionele nagte in Onder-Sabie en moontlik nog 6 of 7 nagte in hetsy Krokodilbrug of Berg-&-Dal te bekom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 12:47:09 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek is verstom om te sien hoeveel mense op die forum sal in Kruger wees oor Mei en Junie.

Kan amper 'n saamtrek hou.laughing

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 12:49:24 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Chris, jy weet seeker dat as jy vir die heele November in Kruger bly is dit half prys. My bespreeking is maar net R4850 vir 30 dae.

Ek glo waneer ons ons piek bereik het sal die beperkings minder word. Dit lyk asof Wes Kaap daar is en nou is dit Gauteng se beurt. Daar kan ook n' tweede piek wees.

Die opervlakte onder die "Infectious" kromme is die selfde in beide gevale. So die totaale infeksies, met of sonder teenkamping, bly die selfde.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 13:56:09 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Paul - ek is in November net vir 9 nagte in vaste akkommodasie (3 nagte elk in Mopani, Shingwedzi en Bateleur). Ons sou in Mei gegaan het voordat ons in Jul/Aug vir my dogter-hulle in Roemenië sou gaan kuier. En toe val beide voorgenome kuiers deur die Covid-mat. Die wildtuin-besoek is voorlopig uitgestel tot November en Roemenië sal nie gebeur voor Jul/Aug 2021 nie - afhangende wat die wêreld-Covidsituasie gaan wees. Gelukkig was die kinders darem hier by ons oor die afgelope Kerstyd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 15:51:27 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9750
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jy sien kans vir 'n ver trek van Punda af tot Maroela. Vir my persoonlik is dit bietjie ver vir kampverwisseling. Maar nou ja, elke ou soen sy vrou op sy manier. Ek poog om nie 125 km te oorskry wanneer ek van kamp verwissel nie, omdat ek nie vinniger as 30 kph in die wildtuin ry nie - veral as ek sleep.

 

Paul ken die kort paaie.....lol.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 15:55:55 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9750
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek het n drie maande toer saam André de Villiers, weet nie wanneer presies gaan dit wees met datums wat kan verander.

Daarna KNP toe.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 16:00:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Chris, jy weet seeker dat as jy vir die heele November in Kruger bly is dit half prys. My bespreeking is maar net R4850 vir 30 dae.

Ek glo waneer ons ons piek bereik het sal die beperkings minder word. Dit lyk asof Wes Kaap daar is en nou is dit Gauteng se beurt. Daar kan ook n' tweede piek wees.

Die opervlakte onder die "Infectious" kromme is die selfde in beide gevale. So die totaale infeksies, met of sonder teenkamping, bly die selfde.

Kan mens daai 30 dae opdeel in verskillende kampe?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 16:02:45 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Kan mens daai 30 dae opdeel in verskillende kampe?

Sover my kennis strek - ja. Maar o hene, dis warm daai tyd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 16:08:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sover my kennis strek - ja. Maar o hene, dis warm daai tyd.

Sover ek weet is Februarie ook halfprys in KNP

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 16:46:32 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Geert, ja jy kan. Jy moet in dieselfde Nationaale parke bly. Ook O. Sabie en Croc Brug is uit gesluit. Maar Skukuza is ook goed vir die Sabie River traffic jam meander...leopard lane!!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 18:23:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert, ja jy kan. Jy moet in dieselfde Nationaale parke bly. Ook O. Sabie en Croc Brug is uit gesluit. Maar Skukuza is ook goed vir die Sabie River traffic jam meander...leopard lane!!

Ons het die laaste 3 jaar die meeste van ons luiperd sightings by Krokodil brug en Berg en Dal omgewing gehad

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 19:43:59 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ons het al 3 keer op een rit langs die Sabie Rivier van Skukuza - O.Sabie Leuperd gesien.

Hierdie beperkings raak vir my te veel!

COVID!!!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 20:24:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons het al 3 keer op een rit langs die Sabie Rivier van Skukuza - O.Sabie Leuperd gesien.

Hierdie beperkings raak vir my te veel!

COVID!!!

Miskien gaan issoleer by Phalaborwa 😉

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 20:51:05 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Miskien gaan issoleer by Phalaborwa 😉

Ja jy ... Jin!

Hoop om julle te ontmoet....in a diferent world?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 09:12:52 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Jy sien kans vir 'n ver trek van Punda af tot Maroela. Vir my persoonlik is dit bietjie ver vir kampverwisseling. Maar nou ja, elke ou soen sy vrou op sy manier. Ek poog om nie 125 km te oorskry wanneer ek van kamp verwissel nie, omdat ek nie vinniger as 30 kph in die wildtuin ry nie - veral as ek sleep.

 

Chris, jy is reg en dankie dat jy dit genoem het. Dit is net oor die 300km en het nie mooi beplan nie en sal gladnie iewers kan kan stop en wild besigtig nie. Dink nie regtig dit is doenbaar nie. Sal bespreking verander en Letaba insluit. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 09:31:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons reis plan 2021

24 April - 27 April  Punda

27 April - 29 April Maroela

29 April - 2 Mei Satara

2 Mei. - 4 Mei Laer Sabie

Ek sal net my datums weer nagaan.....maar lyk of ons mekaar moontlik gaan raakkamp by Satara of Lower Sabie 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 10:01:25 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het vir my 'n lysie opgestel van kampe wat ek vanaf 'n spesifieke kamp kan bereik indien ek binne my 125 km beperking wil bly. Soos reeds genoem, oorskry ek nie sommer 'n spoed van 30 kph in die wildtuin nie - daar's net té veel wat mens maklik mis, veral as jy lief is om ook voëls te kyk. Maar met die karavaan ry ek selfs nog stadiger, want as jy eers verby iets gery het, kan jy nie maklik weer terugstoot nie. As 'n voorbeeld kan ek noem van 'n geval in 2017 toe ons die dag vertrek vanaf Tsendze na Eiland Spa. Skaars buite Tsendze, vang ek uit die hoek van my oog 'n beweging langs die pad. Toe ek terugkyk, sien ek dit is n rooikat teenaan die pad, maar nou agter ons - Ralie het dit nie eens gesien nie. Toe ek wou terugstoot met die wa, is daar 'n voertuig agter my - wat nie eens die rooikat sien nie. Toe hy wegtrek om by my verby te kom, hardloop die kat ook weg. Het ek stadiger gery, sou ek aarskynlik nie verby die kat gery het nie. Dit was vir my 'n teleurstelling dit maar slegs my tweede rooikat in die wildtuin was. Ek kan nog ander voorbeelde ook verskaf.

Gevolglik ry ek stadig met die wa, want ek wil ook nog wild besigtig. Ek het menige kere gesien dat ouens met waens ry dat dit klap om by hulle volgende kamp te kom, want ek reken by meeste kampeerders in die wildtuin is dit 'n bekende feit dat hoe vroeër jy in 'n kamp aankom, hoe beter is jou kanse vir 'n lekkerder kampplek. En omdat ek verkies om stadig te ry, maar ook so vroeg moontlik by my volgende kamp wil kom, beperk ek my afstand.

Ons het verlede jaar tydens ons 39 aande besoek aan die wildtuin inderwaarheid eers in Punda begin "kuier". Maar omdat ons by Phalaborwa-hek ingegaan het, het ek die eerste nag in Letaba oornag en die tweede aand in Shingwedzi. Daarvandaan het ons toe Punda toe gery waar ons vir 8 nagte gestaan het. Terug Shingwedzi toe vir 10 aande, 7 aande elk in Tsendze, Letaba en Satara - en die laaste 5 aande in Maroela.

Volgende jaar (sou Covid ons toelaat) wil ek graag by Pafuri-hek ingaan. Ons bespreking is tans as volg:

3 - 9 Mei - Punda Maria

9 - 15 Mei - Shingwedzi

15 - 24 Mei - Tsendze

24 - 30 Mei - Satara

30 Mei - 1 Junie - Onder-Sabie, maar ek hoop om eerskomende Woensdag suksesvol te wees om nog 'n verdere 6 nagte in Onder-Sabie te bekom.

Die afstande tussen hierdie kampe val almal binne my eie beperking van 125 km.

Soms sien ek aanbevelings dat mense eerder by Phalaborwa moet ingaan en dan ry tot in Punda ten einde Punda Maria-hek te vermy om sodoende nie via Thohoyandou te ry nie. In my opinie is dit gekheid om so 'n lang afstand in die park te ry - en dit nog met 'n wa. Ek het ook al aanbevelings gesien dat mense, op pad Satara toe, wat nie Orpenhek wil gebruik nie omdat hulle nie deur Bosbokrand of die skrikwekkende pad via die Strydom-tonnel wil ry nie, by Malelane-hek moet ingaan. Vir my persoonlik is dit malligheid. Ek gaan wildtuin toe om in alle opsigte rustig te gaan wees. Daarom slaap ek ook 'n minimum van 4 keer oor tussen die Boland en die wildtuin. Maar nou ja - elkeen doen soos dit vir hom lekker is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 11:13:57 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Jan, die ander probleem as jy so ver ry is dat waneer jy by jou kamp aankom is die beste staanplekke reeds geneem.

Geniet dit.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 12:07:49 pm
Bushbaby
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 190
Joined: 21 Jun 2017
Experience: 35 years

Just a question on the WILD card and its renewal.My card expired on the 13 May 2020 and as I had cancelled our trip to the park I did not renew it.

I believe there are some specials re the renewal can someone give me the details?

Thanks

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 14:02:05 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ek sal net my datums weer nagaan.....maar lyk of ons mekaar moontlik gaan raakkamp by Satara of Lower Sabie 

Geert, sal lekker wees as ons iewers mekaar raakkamp.

Het my planne aangepas maar sal nog steeds dieselfde datums by Satara en Onder Sabie kamp.

Het Chris se raad gevolg en gaan nou vroeër by Punda wees en sluit nou Shingwedzi en Letaba in oppad na Maroela, Satara en Onder Sabie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 14:15:17 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Just a question on the WILD card and its renewal.My card expired on the 13 May 2020 and as I had cancelled our trip to the park I did not renew it.

I believe there are some specials re the renewal can someone give me the details?

Thanks

From SANParks web site:

Yes, the extension of all Local memberships will be equivalent to the number of days a client lost from the commencement of the National Lockdown. The extension of memberships will be effected from the day of enquiry.
What about the extension of international memberships?
International clients may send an email to wildcard@sanparks.org for assistance.
For more information contact the Wild Card Call Centre on 0861 4694 53 or email wildcard@sanparks.org

What does that mean?

It looks like they changed their extension rules.

This is what was on offer in May 2020.

"Yes, we will extend your membership for a year from the date of your next visit which should be no later than March 2021."

yell

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 17:46:17 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Just a question on the WILD card and its renewal.My card expired on the 13 May 2020 and as I had cancelled our trip to the park I did not renew it.

I believe there are some specials re the renewal can someone give me the details?

Thanks

My card also expired in May. On entering at Phabeni on 10 June I tried my luck regarding the extension to no avail. Had to pay the full renewal price.

I always renew my card at the gate on my first visit after it has expired.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 18:38:57 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

My card also expired in May. On entering at Phabeni on 10 June I tried my luck regarding the extension to no avail. Had to pay the full renewal price.

I always renew my card at the gate on my first visit after it has expired.

That is not fair. You could not go from 25 March until day-drives were allowed, from 2 June. I still can not go until Prov Boundaries are opened and my card expires end Aug 2020. Nee man!! My paid contract with them was for one years UNLIMITED access to the parks as was depicted in their brochure at the time of purchase.

I am sure they have consulted their legal department and an "Act of God, Pandemic" nullifies any contract.

Dit is Swak!

COVID!!!

 

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 18:57:16 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Nou verstaan ek hulle stelling. "effected from the day of enquiry" As ek op 25 Maart n' bespreeking gehaad het en nie as gevolg van wat oit all (COVID) nie kon gaan nie sal hulle my tydperk verleng met die oorblywende tyd wat ek nog oor het op my Wild Kaart. Soos in my geval 25 Maart tot 25 Aug,  153 dae? As ek na 25 Aug gaan (kan gaan!!!) dan moet ek ten volle hernu vir n' jaar. PORK!

COVID!!!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 21:59:32 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ons gaan elke jaar in Mei vir 'n maand Wildtuin toe, maar 2019 se besoek moes gekanselleer word omdat my vrou 'n nood-rugoperasie moes ondergaan en nie betyds  sou kon herstel nie.  Ons skuif toe die besoek uit na Mei 2020 en word toe gekeer deur Covid.  Skuif toe ons besoek na middel Augustus 2020 wat ook plat val as gevolg van die verlengde Covid inperking.  Ook toe maar weer uitgeskuif na Mei 2021.

Ons sal vir Chris B op 23/5 in Tsendze sien and Harry (Bushbaby), we will see you in Letaba during the exactly same booking as ours (18/5 - 23/5) !

Ons plan is om by Orpen in te gaan vir 3 nagte by Maroela en dan 5 nagte elk Balule, Letaba, Tsendze, Shingwedzi en Punda.  Dan draai ons om en ry rustig suid om by Malelane-hek 'n paar dae later uit te gaan.  Oppad Malelane toe sal ons by minstens drie kampe oorslaap sonder om die wa af te haak.  Ons het op hierdie "omdraai-rit" besluit omdat ons graag by vriende in Nelspruit wil gaan kuier.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 22:44:26 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Haai Oom Lennie, maar ek is nou verby hierdie COVID ding. Ek gaan nou Vertoee aan teken!! Om my het al menigde mense siek geword enparty omgekom...ek ?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2020 @ 08:10:16 am
Bushbaby
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 190
Joined: 21 Jun 2017
Experience: 35 years

Good morning Lennie ,lets hope it works out for next year and we are back to normality.

Looking forward to meeting you in person  at Letaba,this time.

As always stay safe and lets keep on hoping.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2020 @ 10:34:40 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

I hope all the plans and bookings take place. I have made a note of the ones in the south. Would like to pop in on one of our day drives just to say hello.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za