English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 238
Total Replies: 248 939
Total Views: 83 116 171
topics: 11 388
replies: 136 647
views: 39 268 721
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kruger wildtuin fees

replies: 10
views: 273
25 Apr 2020 @ 23:45:31 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek persoonlik dink dat as jy die tuin gaan besoek na hierdie lock down gaan jy n besonderse fees van game sightings hê. 

Veral die skaars soorte het ook seker nou al pad se kant toe beweeg met die wat daar so min verkeer is.

As jy kan en jy het die tyd gaan n besoek beslis die moeite werd wees direk na die lock down.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2020 @ 06:33:25 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1048
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Gaan nog 

lank wees voor jy oor provinsiale grense mag ty

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2020 @ 06:52:20 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 573
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Ek stem. Dit sou nou eintlik die beste gewees het om nou daar te kon wees met die tyd dat daar geen besoekers is nie. dink net, geen mense, karre en buitelanders nie. kon net great gewees het.....salig! laughing

het gisteraan op kyknet nuus gesien hoe die wildehonne in die pad staan. min dat mens daai geleentheid kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2020 @ 07:39:06 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ook al n paar videos gesien waar die leeus en wildehonde baljaar op Skukuza se golf bane.  As mens kyk op Sanparks se website het baie mense reeds hul Junie vakansie gekanseleer. Ek het nog n bespreking vir middel Junie, maar glo nie dit gaan realiseer nie😭

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2020 @ 07:53:22 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ook al n paar videos gesien waar die leeus en wildehonde baljaar op Skukuza se golf bane.  As mens kyk op Sanparks se website het baie mense reeds hul Junie vakansie gekanseleer. Ek het nog n bespreking vir middel Junie, maar glo nie dit gaan realiseer nie😭

Maar aan die ander kant....steur die diere in KNP hul werklik so aan mense? Daaglikse besigtiging wys hoe leeus en ander diere rustig in die pad lê en slaap sonder dat die 100de mense wat daar verbykom hulle steur. Al gehad dat n leeupaar 3 meter van ons kar gepaar het en toe net daar gaan slaap het....karre moet draaie om hul ry om verby te kom. Wil vir my voorkom of die jagluiperde soms die bietjie aandag van die publiek geniet. Diere in KNP kom nie vir my baie menssku voor nie. Boksoorte by privaat oorde en wildsplase sal seker nou meer inkom en die groen gras van staanplekke kom eet

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2020 @ 08:26:48 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9417
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dink net daai tente wat by kampe opgeslaan is wat die heeltyd toe staan en lekker bak, hoe vol sand vlooie gaan hulle nie wees nie.

Darm is die wa se wiele indie lug onder die afdak en is ons elke dag in na die yskas vir n koue.

Afdak is so gebou dat hy ook gewas kan word as dit moet.

Hy trek so bietjie stof.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 09:50:31 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ja dis n gemors met inperking maar ons moet vasbyt

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 10:28:50 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9417
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Als kry nou kans om te herstel indie natuur. Tot die lug is skoner van al die voertuig gasse.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 18:11:45 pm
pieterc
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 71
Joined: 10 Mar 2015

Ook al n paar videos gesien waar die leeus en wildehonde baljaar op Skukuza se golf bane.  As mens kyk op Sanparks se website het baie mense reeds hul Junie vakansie gekanseleer. Ek het nog n bespreking vir middel Junie, maar glo nie dit gaan realiseer nie😭

Ek het ook verlede week ons week van Mei na Junie geskuif maar twyfel ook maar of dit gaan realiseer. Ons sal die bespreking maar so maand vir maand aanskuif en dan maar tot 2021 probeer aanskuif, wil nie in die winter of somer daar kamp nie.

Sien baie uit na n stil vakansie in die gewoonlik besige Suide. Ons het tans n bespreking vir Skukuza maar wonder of ek dit nie Laer Sabie toe moet skuif nie, daar was nog baie staanplek toe ek laas gekyk het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 19:47:41 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2009
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek het ons Mei/Junie bespreking verskuif na Aug/Sept en as dit nie uitwerk nie, is ek reg om dit verder uit te skuif na Okt/Nov.

Een ding is seker, ek WIL hierdie jaar Wildtuin toe gaan !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 20:10:47 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het ons Mei/Junie bespreking verskuif na Aug/Sept en as dit nie uitwerk nie, is ek reg om dit verder uit te skuif na Okt/Nov.

Een ding is seker, ek WIL hierdie jaar Wildtuin toe gaan !

Ek voel ook dat ek hulle mòèt besoek ten minste 1x per jaar. My bespreking is middel Junie. Ek sien waar ons laasjaar moes fight vir plek gedurende Junie vakansie is daar reeds hordes staanplekke oop regoor hele wildtuin....natuurlik oor skoolvakansie wat heel moontlik gekanseleer gaan word, maar dink levels in lockdown gaan ook nog moontlik nie daai tyd toelaat om daar te kuier nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za