English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 764
Total Views: 83 246 398
topics: 11 573
replies: 139 197
views: 39 341 470
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kruger Wildtuin

replies: 4
views: 3140
18 Jul 2004
Anonymous
Ons het die afgelope vakansie in die Kruger Wildtuin gekampeer.  Ons het dit baie geniet, maar sekere dinge het my opgeval. 

1. Daar was minder besoekers as twee jaar gelede.
2. Daar was veel minder wild te siene.
3. Steeds word gesê: "fully booked" wanneer daar om kampeer-akkommodasie navraag gedoen word.  Skukuza, waar ons gekampeer het, was glad nie vol nie. Ek het ook navraag gedoen oor verblyf in Safaritente in Skukuza. 'n Paar dae het sommige tente leeggestaan sonder inwoners.

Ek verneem graag van ander se ervarings in dié verband.

Groetnis
Jan Fourie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2004
Anonymous
Jan,
Ek het nou nie antwoorde op jou vrae nie, maar ons was 2002 Desember ook in die Wildtuin en het nie naastenby die troppe wild gesien soos van ouds nie.
Sover dit die besprekings aangaan, bespreek ek ook ten minste 11 maande vooruit om te verseker dat ons plek kry. Ons is reeds aan die einde van die jaar soontoe oppad.
Ons gaan vir die eerste keer in Krokodilbrug kamp en ook vir die eerste keer in Maroela.
Vriende se inligting is dat hierdie kampe nog voel soos die ou Wildtuin wat ek as kind geken het.
Miskien kan iemand meer inligting hieroor verskaf.

Groete
Antoinette
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2004
Anonymous
Jan, ek was die eerste week in Januarie 2004 vir drie dae in die wildtuin en het in Skukuza gestaan. Eerstens het ek slegs twee maande voor die tyd bespreek (almal het seker gedink dit gaan te warm wees) maar daar was met aankoms baie staanplekke oop. Ek was gelukkig om die groot vyf almal voor 12:00 te sien en was eintlik verveeld die res van die tyd. Wat ek waargeneem het is dat daar nie so baie rooibokke, ape en bobbejane tenwoordig was soos in die verlede nie, maar dat ek bv die twee grootste koedoebulle in my lewe gesien het. (en ek kom op heelwat jagplase) Dan het ek ook baie ander wild gesien wat ek nog nie voorheen in die wildtuin raakgeloop het nie.

groete
Pierre
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2004
Anonymous
Ek het so pas teruggekeer na 'n week se kamp in Shingwedzi.  Ons kamp al die afgelope 4 jaar in Shingwedzi.  Gedurende die jaar besoek ons die kruger park gem 4 maal en kamp dan gewoonlik in Letaba, Satara, Balule of Marula.

My ondervinding is dat daar net soveel besoekers gedurende die vakansie was as vorige jare.  Gedurende die vakansietye is dit hoofsaaklik plaaslike besoekers en buite seisoen word meer buitelanders opgemerk.

Ten spyte van die baie reen die afgelope jaar het ek nou meer diere gesien as verlede jaar. Daar is bv verlede week vir die eerste maal in jare 'n swartwitpens in die omgewing van Letaba opgemerk

Die besetting van die karavaanplekke word bepaal deur die hoeveelheid persone wat die ablusie gebruik en nie deur die hoeveelheid karavane in die park nie Die indruk kan dus maklik geskep word dat daar baie staanplek oop is.

Ek is van mening dat toergroepe blokbesprekins op die hutte doen - dit betaal en dan nie alles gebruik nie - My ondervinding is om die kampe self te bel en te hoor vir kanselasies.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2004
Anonymous
Hello Jan,

Ek wil dieselfde se, ons wou graag in die wildtuin oorbly, maar sommer vroeg vroeg is daar vir ons gese "fully booked", maar ek is nie spyt nie, want het toe 'n wonderlike plek gekry om te kamp in Hazyview.  Die staanplekke is ook nou nie wat wonders nie, moet op grond staan, en die ape pla nogal by Pretoruiskop.  Die wild was min het maar 5 olifante gesien, 2 sables, bobbejane, rooibokke en koedoes en darem seekoeie by Lower Sabie.  Ons is in by Phabeni hek, Pretoruis kop toe, Lower Sabie, Tshokwane en toe Skukuza toe, weer uit by Phabeni - wil regtig met jou saam stem.  Was laas jaar by Orpen in en uit by Phalaborwa en het baie meer te siene gekry as hierdie jaar (selfde tyd).

Willemien
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za