English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 673
Total Replies: 221 306
Total Views: 81 981 194
topics: 10 563
replies: 120 386
views: 38 687 291
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kruger Wildtuin se stupid beoekers

replies: 21
views: 452
06 Jun 2019 @ 08:13:06 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 452
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Manne as daar nou een ding is wat hierdie boerseun se  @#$%  dik maak dan is dit mewse wat diere voer in wildtuine. Ek kan nnie verstaan waarom mense so pateties kan wees nie. Nie lank gelede nie het Wildbewaring bobbejane VOOR die mense by Kapppunt doodgeskiet om vir die mense te wys wat gebeur as jy diere voer en hulle lastig begin raak. Ons het al baie gepraat oor die poepolle wat by Letaba die diere aan die anderkant van die draad voer. Jy kry eenvoudig in elke gemeenskap een of twee vetgat idiote met n bier in die hand wat oop=bek lag wanneer diere aan die anderkant baklei vir n stukkie kos wat oorgegooi is. En aan die einde van die dag is dit tiperend van die algemene anargie in ons land en onbkewaamheid van bestuur.

Hierdie berig vanoggend in die Burger. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2019 @ 08:55:37 am
Expo / Jan
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 524
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

ek stem saam. die mense weet nie hulle onderteken die doodsfonnis van die diere nie. dit is 'n euwel wat uitgeroei moet word.  in dieselfde asem kan mens ook rommelstrooiing in die park noem. ook iets wat my walg!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2019 @ 09:42:32 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5506
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

ek stem saam. die mense weet nie hulle onderteken die doodsfonnis van die diere nie. dit is 'n euwel wat uitgeroei moet word.  in dieselfde asem kan mens ook rommelstrooiing in die park noem. ook iets wat my walg!

 

Halo mater,

Bly om weer jou stem te  "hoor".

Het julle weer n wentjie  gekoop

 

Sorry om jou draad te kaap dansan.

Beide hierdie euwels plus nog n klompie ander maak enige mens moerig.

Selfde het destyds met die klein kariba bobbejane gebeur. Hele trop moes uitgeroei word. 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2019 @ 10:19:07 am
Big5Spotter
Moon Member
77% Profile Strength
Posts: 991
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years

Stem 100% saam dis net n klein hoeveelheid mense wat dit doen,dit maak my net so moerig, op die ou einde word die diere geskiet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2019 @ 10:25:12 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12425
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Sjoe....dis erg. 

Hoe kom die Hyenas in die kamp in....is daar nie voorsorg maatreels getref dat diere nie by kampe kan inkom nie? Van die kampe gebruik daai ronde pype en ander weer elektriese draad wat gespan is oor teer oppervlak by ingangs hek.

Maar dit bly maar n probleem....die gevoerdery

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2019 @ 10:49:49 am
Expo / Jan
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 524
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Hallo Uncle Jeep, nee ek het nog my Expo. Het net bietjie lae profiel gehandhaaf weens die feit dat ek nie werk gehad het nie, maar danksy ons Vader het ek so twee weke gelede 'n tweede kans gekry en begin werk by Delmas Nissan. 

Jammer vir die kaping van die draad. ek Moes net Oom Jeep dagsê.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2019 @ 10:50:59 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 452
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Hulle moet die mense wat diere voer aan die ANDERKANT van die draad laat kamp.

Ons ouens wat al vir jare "anderkant die draad" kamp met leeus en olifante en allerlei diere wat snags deur ons kampe loop en aan alles snuffel weet nou-al dat jy NIKS eetbaar buite los nie, nie eens 'n kookpot nie. Ons het al leeus gehad wat teenaan ons tent lê in die nag, en olifante wat by jou kom ruik-ruik vir 'n sappige lemoen. En jy gooi NIKS in die veld weg nie. Ons het al ge-ervaar hoe 'n jakkals n droë bos in geheel opeet omdat ons simpel was en skottelgoed-water daaroor uitgegooi het. In North gate het ons gesien hoe bobbejane 'n pop-up op 'n kar se seil uitmekaar skeur omdat daar iets binne-in was wat lekker geruik het.

Hierdie foto by Xacanaxa geneem van 'n olifant wat lemoene in ons kar geruik het en kom inloer het.   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2019 @ 10:59:08 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5506
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Hallo Uncle Jeep, nee ek het nog my Expo. Het net bietjie lae profiel gehandhaaf weens die feit dat ek nie werk gehad het nie, maar danksy ons Vader het ek so twee weke gelede 'n tweede kans gekry en begin werk by Delmas Nissan. 

Jammer vir die kaping van die draad. ek Moes net Oom Jeep dagsê.

Pragtig. Voorspoed vir julle. 

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2019 @ 21:50:57 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1259
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Die onnosele lae IK ongeskoolde dwase besef nie dat weerlose kinders is die makliker teiken as daar n roofdier deur glip. 

Baie ernstige draad. Dit is nie net die diere se doodsvonnis maar ons kinders ook wat nie n lewensgevaarlike situasie kan identifiseer.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2019 @ 03:41:13 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12425
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek stem 100% saam dat dit die verkeerde ding is om te doen deur diere te voer. Maar aan die ander kant is daar seker meer as 99.9% onskuldige mense wat ook in die kamp bly en voel dat n plek soos Sanparks moet sorg dat hul heinings in n goeie toestand is en dat diere nie so maklik onderdeur kan kruip of ander maniere toegang verkry nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2019 @ 04:45:56 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 764
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Soos met  meeste van ons wette moet die owergede net stronger optree. As mense weet dat hulle van die KNP verban sal word as hulle diere voer sal hulle dit nie doen nie...

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2019 @ 10:09:19 am
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1259
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek stem 100% saam dat dit die verkeerde ding is om te doen deur diere te voer. Maar aan die ander kant is daar seker meer as 99.9% onskuldige mense wat ook in die kamp bly en voel dat n plek soos Sanparks moet sorg dat hul heinings in n goeie toestand is en dat diere nie so maklik onderdeur kan kruip of ander maniere toegang verkry nie. 

Ek stem Geert. Net nog n bewys hoe ons park agter uit gaan.

Wat jy daar se is seker die belangrikste. Dit is n no brainer dat kamp drade daagliks na gegaan moet word. Ek wonder wat sal die uitkoms wees as San Parke ook ge ondersoek word soortgelyk as met die staats kaping en sy doen en late.

My vermoede is daar gaan veel meer aan as wat ons eintlik wil weet en alles behalwe toegewyde bewarings strategie om die park en sy wild se toekoms te verseker. Dalk net nog n plek om n selarisse te kry met baie min wat trots is met wat hul doen en hoekom hulle dit doen..

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2019 @ 12:21:21 pm
Cabs
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 258
Joined: 03 Jul 2013
Experience: 6 years

N idioot sal maar altyn een bly!

This is me, I am who I am!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2019 @ 12:27:41 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1613
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

"Klip in die bos en tong in die kies"

Verstaan my baie mooi. Ek is 100% teen die voer van wilde diere in bewaringsgebiede, maar is ons almal nie maar tot 'n mate skuldig aan so iets nie. Is die "onskuldige bird feeder" by ons huise nie maar presies dieselfde nie. Daardie wilde voëltjie is deur sy ma geleer om van die veld af te leef. Nou maak ons hom so gewoond aan die "bird feeder" dat hy gaan vrek as ons sou ophou om hom te voer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2019 @ 15:13:08 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

"Klip in die bos en tong in die kies"

Verstaan my baie mooi. Ek is 100% teen die voer van wilde diere in bewaringsgebiede, maar is ons almal nie maar tot 'n mate skuldig aan so iets nie. Is die "onskuldige bird feeder" by ons huise nie maar presies dieselfde nie. Daardie wilde voëltjie is deur sy ma geleer om van die veld af te leef. Nou maak ons hom so gewoond aan die "bird feeder" dat hy gaan vrek as ons sou ophou om hom te voer.

Net so my sentiment ook. Meer nog vir 'n voël in 'n hok. Die voëls hoort in die natuur. Sommer ook daar waar mnr oulike pappegaai vandaan kom.

Uiteraard sluit dit goed soos duiwe uit wat 'domesticated' geraak het oor jare.

Ook mijn vrouw maak haarself skuldig deur saad vir die Eiland voëls voor ons tent te gooi.

Ek het mooi verduidelik, as hulle so naby die tent eet, sketery hy op my tent as hy opvlieg. Kyk maar wanneer 'n voël eet. Net na hy begin vlieg los hy 'n bom. Die spreeus is geneig om hom te los net voor hy wegvlieg.

Ek is gekant teen voer van enige wilde diere, voëls en ander ingesluit.

Hy hoort in die natuur en moet daar kan oorleef.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 20:07:13 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7098
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek stem 100% saam dat dit die verkeerde ding is om te doen deur diere te voer. Maar aan die ander kant is daar seker meer as 99.9% onskuldige mense wat ook in die kamp bly en voel dat n plek soos Sanparks moet sorg dat hul heinings in n goeie toestand is en dat diere nie so maklik onderdeur kan kruip of ander maniere toegang verkry nie. 

By geen Kamp is daar n dubbele heining nie. 

Die buite een moet 5m weg wees met elektrisiteit. 

Binne een moet onder wegstaan draad na buite gelektrifiseer wees. 

Byde moet 18 Lyn en jakkelsdraad mee gespan wees. 

Nie soos by krokedilbrug nie. 

Die kennis in parke en veiligheid laat veel te wense.. 

Voer van Diere Sal nie stop tot n voorbeeld gemaak is en almal kennis dra. 

So persoon moet beboet word en dadelik die KNP be let word vir n aanval jare. 

Dit word agter sy naam en nommer op stelsel aan gebring. 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 10:58:16 am
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1259
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Grensdrade moet elektrifisering hê en in zones verdeeld wat sou iets daar pla sal n alarm jou bewus maak van dit met presiese posisie van moontlike betreding gepaard met n  kamera stelsel wat beweging optel en sprei ligte aktiveer op daardie plek plus n wag wat dit monitor. 

So kan lewens gespaar word en ook die veiligheid van besoekers opgradeer.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 11:07:59 am
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1259
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Grensdrade moet elektrifisering hê en in zones verdeeld wat sou iets daar pla sal n alarm jou bewus maak van dit met presiese posisie van moontlike betreding gepaard met n  kamera stelsel wat beweging optel en sprei ligte aktiveer op daardie plek plus n wag wat dit monitor. Dit sal ook natuurlik so goed werk as wat dit gemonitor en beman word.

So kan lewens gespaar word en ook die veiligheid van besoekers opgradeer. 

Wat van die uitkyk punte waar jy uit jou motor klim. Hoekom word dit toegelaat of is daar bewaarders. Ek het nog nooit een. 

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 11:28:27 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 452
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

By Letaba kom die nag-ape elke aand kuier. Hulle is al so gewoond aan kos kry dat hulle al presies weet waar om te kyk, die eerste plek waarheen hulle gaan is na die opwas-bakke, want baie kere is daar nog n oorskiet-kossie in die bakke. n Man moet die HELE tyd jou kant bring en seker maak dat jy nie geleenthede skep vir hulle nie. Maar wat help dit as jy jou kant bring en die mense direk langs jou kos UITSIT vir die apies? Mens het nie die hele tyd lus om te baklei nie, jy is tog met vakansie.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 12:39:07 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2077
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Mense wat die diere voer doen dit baiemaal om hulle kinders te vermaak.  Op die manier kweek hulle weer nuwe idiote wat dieselfde gaan doen- Ma en Pa het dit dan gedoen en hulle weet sekerlik beter!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 12:41:59 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12848
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

By geen Kamp is daar n dubbele heining nie. 

Die buite een moet 5m weg wees met elektrisiteit. 

Binne een moet onder wegstaan draad na buite gelektrifiseer wees. 

Byde moet 18 Lyn en jakkelsdraad mee gespan wees. 

Nie soos by krokedilbrug nie. 

Die kennis in parke en veiligheid laat veel te wense.. 

Voer van Diere Sal nie stop tot n voorbeeld gemaak is en almal kennis dra. 

So persoon moet beboet word en dadelik die KNP be let word vir n aanval jare. 

Dit word agter sy naam en nommer op stelsel aan gebring. 

 

 

 

Ek stem volkome saam met die uitgangs punt.

  • Voer van diere                      Verban vir 5 jaar uit KNP
  • Klim uit motor in bewarings gebied                     Verban vir 2 jaar
  • Vuilgoed rond strooi             Verban vir 3 jaar   
  • Snelheid oorskry                    Verban vir 2 jaar       

Hulle moet sommer goed pakslae kry.      

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 21:32:49 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12425
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek stem volkome saam met die uitgangs punt.

  • Voer van diere                      Verban vir 5 jaar uit KNP
  • Klim uit motor in bewarings gebied                     Verban vir 2 jaar
  • Vuilgoed rond strooi             Verban vir 3 jaar   
  • Snelheid oorskry                    Verban vir 2 jaar       

Hulle moet sommer goed pakslae kry.      

Moet tye nog langer maak. Dis eronies....ek was seker nou al 6x in Dinokeng gewees en self drive roetes gevolg en nog nooit n renoster gesien nie. Nou lees ek van n ou wat daar deur gejaag het en renoster dood gery het. Hoekom kry jaagduiwels baie keer dit op hul pad? In KNP ook al met luiperde gehad.....ons ry 6dae agtermekaar om luiperd te soek en hierdie jaagduiwel ry sommer een dood!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First