English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 532
Total Replies: 252 829
Total Views: 83 250 545
topics: 11 578
replies: 139 239
views: 39 343 546
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kruger Maart 2020

replies: 27
views: 723
20 Mar 2020 @ 11:39:45 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Terug van 'n lekker week kamp in Skukuza van 7 tot 13 Maart.

Die kamp was baie stil. Ek wonder of ons op enige tyd meer as 20 woonwaens was. Oor die algemeen lyk die kampterrein onnet met lang gras en baie bome wat 'n snoei nodig het. Moes baie takke sny om die wa op die staanplek te kry. Die ou ablusie naby die swembad was skoongehou. Al die masjiene in die wasgoedkamer is verwyder vir herstel al vir 'n geruime tyd volgens die een skoonmaker.

Wat die veld betref kan ek net se dit is absoluut wonderlik om dit so te sien. Die gras het herstel en alles is groen en ryg. Natuurlik maak dit wildbesigtiging moeilik en fotos neem nog moeiliker. Die damme wat ons besoek het het ook mooi herstel na ons laaste besoek. Van hulle vol en ander amper vol. 

Die diere is almal mooi blink en vet. Nie groot getalle buffels gekry nie maar wel baie rooibokke. Ek dink die diere gaan 'n maklike winter he.

Ek begin maar met die groot vyf.

Wie sien die renosters hierbo?

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 11:57:13 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Nie 100% seker nie. Dalk Kleinjagarend. (Ayres' Eagle) 

 

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 12:02:53 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 12:08:35 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1304
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Jy mag dalk reg wees met jou raaiskoot t.o.v. kleinjagarend. Maar vir my lyk dit eerder na 'n jong (juvenile) breëkoparend as ek kyk na die kleur van die pote en die vere agter op die kop. Maar dit is net 'n raaiskoot.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 12:11:19 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Die twee manne het mekaar aangevat. Net stof. Kort daarna weer vrede. Nogal lank gewag voor hulle ver genoeg van die pad beweeg het vir ons om verby te ry. Ek dink hulle was aspris.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 12:19:22 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ons opset. Baie eenvoudig.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 12:22:01 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Jy mag dalk reg wees met jou raaiskoot t.o.v. kleinjagarend. Maar vir my lyk dit eerder na 'n jong (juvenile) breëkoparend as ek kyk na die kleur van die pote en die vere agter op die kop. Maar dit is net 'n raaiskoot.

Sukkel met die ID van roofvoels. Ja, nou twyvel ek oor my raaiskoot.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 12:25:49 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Baie dankie vir die fotos dis nou regtig uit die boek uit.   Julle was regtig geseënd om so ‘n groot verskeidenheid te kon sien.  
Die buffel is ‘n bul van ‘n buffel  en die Bateleur is pragtig, my favorite 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 12:57:09 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Help asb ‘n bietjie!   Wat is die naam van die uitkykplek naby Letaba nou weer?   Lake Panic het ook heelwat water, dis wonderlik en die luiperd wat in daardie area is sal die besoekers na die water “verwelkom”

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 12:59:31 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2031
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Baie dankie vir pragtige fotos HM  -  net die regte lusmakertjie vir ons besoek einde volgende maand !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 13:28:57 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1304
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Help asb ‘n bietjie!   Wat is die naam van die uitkykplek naby Letaba nou weer?   Lake Panic het ook heelwat water, dis wonderlik en die luiperd wat in daardie area is sal die besoekers na die water “verwelkom”

As jy met die S62 (noord van die Letabarivier) ry tot op sy eindpunt, kom jy by die Longwe Uitkykpunt - oor die Engelhardtdam. Maar met die tweede afdraai (vanaf die S62) na die dam, kry jy ook die Matambeni- voëlskuiling. Ek weet nie of jy na een van dié twee verwys nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 13:49:33 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

As jy met die S62 (noord van die Letabarivier) ry tot op sy eindpunt, kom jy by die Longwe Uitkykpunt - oor die Engelhardtdam. Maar met die tweede afdraai (vanaf die S62) na die dam, kry jy ook die Matambeni- voëlskuiling. Ek weet nie of jy na een van dié twee verwys nie.

Dankie Chris dis die skuiling by die Engelhard dam waaraan ek gedink het

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 13:51:31 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Help asb ‘n bietjie!   Wat is die naam van die uitkykplek naby Letaba nou weer?   Lake Panic het ook heelwat water, dis wonderlik en die luiperd wat in daardie area is sal die besoekers na die water “verwelkom”

As jy verwys na die dam op my tweede laaste foto dit is die Mlondozi Dam, naby Laer Sabie.

Ok, ek sien jy is geholpe.

 

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 13:58:05 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

As jy verwys na die dam op my tweede laaste foto dit is die Mlondozi Dam, naby Laer Sabie.

Ok, ek sien jy is geholpe.

 

 

 Ja Henrick ek verwys na jou tweede laaste foto  en dit lyk vir  my ek was te lanklaas daar gewees heeltemal rigting bedinges    

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 14:03:32 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Dit is hoe dit daar gelyk het verlede jaar September.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 14:53:08 pm
Warren G
Silver Member
59% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 31 Jan 2017
Experience: 10 years

Hi HM. We were camping in Skukuza at the end of February, and yes, the bush wash a beautiful healthy lush green! Really enjoyed seeing it green. My wife and I decided to stay an extra night, so we went to reception to pay. The lady there immediately said (before checking the computer) “camping is fully booked”. I said she must be joking, because we had been camping, and it wasn’t even 25% full. Then she checked, and of course there was lots of camping space. But it makes one wonder what goes on, and why they say stuff that’s simply wrong. Maybe they try to push people to spend more money and use a rondawel? I don’t know, but it’s very irritating...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 20:03:48 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 492
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Thanks for sharing.

My initial thought (as a newbie birder) was as per Chris a juvenile Martial Eagle.

I also considered a pale morph Wahlber's Eagle but it has baggy leggings which I don't see.

Ayers has yellow eyes, your pic is not clear to me....

In November I chatted to the Skukuza campsite supervisor and shared the positives of the camp and pointed out, which he agreed with, is that low branches should be removed as I could not get into a number of potential sites with a standard caravan. We also discussed how they would recover the sand from the sites that had been washed away by the cloud burst. Lots of sand on the tar road.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 20:09:32 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Baie dankie vir die nuus en pragtige foto's. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 20:22:46 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Having looked carefully at my original pic again I agree with you and Chris. Was overcast and not favorable for clear shots. Distance was also a factor. Thanks for your input Richard.

It would appear that the Campsite Manager still has to get around to getting the trees cut and recovering the sand. Maybe one day.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2020 @ 11:47:56 am
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 429
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

Hm thanks for sharing your photos. Look forward to Kruger for the second visit in about 60 years.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 14:10:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sjoe....alweer besondere pragtige fotos...soos gewoonlik. Daai koedoe in jou 3de plasing is darem mooi. Ons het laasjaar besonders baie koedoes gesien in KNP, maar nie naastenby so mooi soos daai bul nie. Dankie vir die deel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 16:22:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die twee manne het mekaar aangevat. Net stof. Kort daarna weer vrede. Nogal lank gewag voor hulle ver genoeg van die pad beweeg het vir ons om verby te ry. Ek dink hulle was aspris.

Waar het julle die wilde honde gesien?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 18:48:58 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Ek sien die renoster by die eerste foto  en die olifant lyk sommer omgekrap    Sien nou eers dat die hamerkop aan die linkerkant 'n vissie in sy bek het     'N hamerkop is altyd geneig om na sy spieëlbeeld in die water te kyk, nogal opvallend. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 22:59:39 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Waar het julle die wilde honde gesien?

Ons was bevoorreg om op twee geleenthede wildehonde te kry.

Die eerste pak het ons op die Phabeni-Skukuza gekry. Nie 'n foto geplaas nie.

Die tweede pak was 12 honde waarvan my foto net 'n paar wys. Die het ons gekry op die grondpad wat links uit die Laer Sabie-Skukuza pad draai. So 5 km in. Die pad kom uit naby Steven-Hamilton Memorial.

Het nie my kaart byderhand om die roete nommers te gee nie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 23:07:18 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek sien die renoster by die eerste foto  en die olifant lyk sommer omgekrap    Sien nou eers dat die hamerkop aan die linkerkant 'n vissie in sy bek het     'N hamerkop is altyd geneig om na sy spieëlbeeld in die water te kyk, nogal opvallend. 

Ja. Die ma renoster het haar kleintjie beskerm. Die ollie het maar pad gegee. Ook gelukkig om twee keer renosters te kry. 

Net regs van die tweede renoster foto was die wildhonde warvan ek nie 'n foto geplaas het nie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2020 @ 07:03:11 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons opset. Baie eenvoudig.

 

Dit is hoe dit daar gelyk het verlede jaar September.

Wow.....GROOT verskil! Watse dam is dit?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2020 @ 11:43:42 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

[quote]1012,250186328[/quote]

Wow.....GROOT verskil! Watse dam is dit?

Mlondozi Dam, naby Laer Sabie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2020 @ 17:35:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Mlondozi Dam, naby Laer Sabie.

Dankie HM. Ons was daar laasjaar hierdie tyd....hy was toe al redelik leeg.....maar jou September foto is skrikwekkend. Bly dit lyk nou weer beter.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za