English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 039
Total Views: 82 377 643
topics: 10 825
replies: 124 925
views: 38 857 221
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kragdag 2015

replies: 40
views: 9383
02 Jun 2015 @ 21:20:58 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

 Sien hulle hou weer ń Kragdag 26 tot 27 Junie  naby Klein fontfontein

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 07:22:35 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Die kragdag gaan nie oor wie die sterkste of wie die grootste vragmotor kan rond sleep

Dit gaan oor waar ons so baie skryf alles hoe ons krag kan bespaar  alle krag gadgets daar is ń paar mense wat met baie slim idees voorendag kom  dis iets wat ek defnetief gaan by woon

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 07:48:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Chameleon. Klink interesant! Waar is Kleinfontein?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 08:20:06 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

As jy met die n4 ry die afdraai pad Rayton toe voor die toll hek draai jy regs oor die snelweg dan sit Klein fontein aan jou regter kant dis waar die wit afrikaaner ń bestaan proebeer voer ry vir by hulle dan sal jy die borde kry vir die Kragdag.

Kan hulle ook Google kragdag .com

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 08:44:39 am
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 26 years

Baie intresant dankie sal dalk oog wys

"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 09:37:22 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Om eerlik te wees, ekt lekker worsbroodjies daar gaan eet, maar daar is basies paar sonpanele wat uitgestal word, paar windlaaiers, paar ouens wat LED ligte verkoop, een jaar het ek so vinnig na die selfverdedigsdemonstrasie gekyk... ja ok, die kragdag ding is goeie bewusmaking, maar ek kan ongelukkig nie weer gaan nie, ek dink ekbraai net so lekker by die huis.. ;)

 

My punt is, as jy energiedoeltreffend wil wees, gaan jy op een of ander manier iets inboet, of jou luukshede, of jou geld..

 

Dis vir my asof die expis en die skoue net jaarliks vir paar mense n oplewing in spandering veroorsaak?? Ek ondersteun enoge ou wat iets ordentlik en effektief bou, maar ai, die omie met sy hout windmeultjie en paar draadjies in n coil gespin?? Ai man.. dis vir my regtig te hartseer om na dit te kyk.. ek sal eerder die omie n werkie wou gee wat hy kan gebruik om iets werklik te bereik, maar jong, hardekwas en knorrig as jy hom wil help en iets leer, want hoe kan n laaitie hom nou iets leer?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 12:53:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die probleem wat ek het is dat ek begin van die jaar baie geld gespandeer het om al my 50w downlighters....ek het baie...te vervang met 4w led's...alle ander ligte ook met led's....swembadpomp met 3 ure per dag te verminder. Met dit en al die beurtkrag het my maandelikse rekening nog nie gesak nie...dan wonder mens of dit al die moeite en geld werd was?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 13:05:18 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Geert

Eishkom, het al my ligte lank terug vervang met daai energy saver ligte en op die geyser en swembad timers op gesit (die swembad het een gehad maar was stukkend) en ja ons het ook geen besparing gesien nie ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 13:17:03 pm
Anonymous

Geert, ek het ook al my down lights met die 4w LED down lights vervang, en is tans besig om ook al die "energy safers" ook te vervang. My swembad se pomp verminder na 1 uur per dag.(net in die winter) Die gieser het ek ook vervang met solar gieser, aanvanglik het my krag (in rande) verminder, maar met die stygings is dit nie meer so nie.

Ek het gaan kyk na solar elektrisiteit, maar dit sou my R85 000.00+ kos, op my ouderdom beten dit, ek gaan nie die vrugte daarvan pluk nie, maar my dogter wel.

Die geld in die bank se rente is vir my meer werd as die besparing op elektrisiteit. Nog 5 maande dan gaan ek finaal op pension, vir my het die solar dus te duur uit gewerk.

Miskien kan die slim elektrisiens my somme uitwerk, R85K nou teen plus minus 500.00 eenhede per maand net aan elektriesiteit. Ek betaal so rapsie oor R1.00 per eenheid. (R500 gee my 480 eenhede)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 14:30:40 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 31 years

Die wat gaan en iets goeds raakloop. Plaas dit maar hier vir die wat nie kan gaan nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 14:43:10 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years
Dankie, sal dit n mis gee.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 17:49:19 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Dit bly altyd interresant om al die voor en nadele van alternatiewe krag teen mekaar op te weeg. In rand waarde is die redenasie wat my betref korrek dat ons ouer garde dit nie meer in ons leeftyd ekonomies kan doen nie. Al besliste voordeel sal wees dat as die netwerk totaal in duie stort sal jy jou gerief behou. Werk nou maar self jou somme uit en wat vir jou die belangrikste is.Ek het matriek nog met parafien lampe geskryf en het met n parafien yskas grootgeword....ek glo ek sal regkom,maar ek weet nie van die jonger garde nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 19:47:17 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Neewat Piet, ek dink die ouer bene bewe deesdae vinniger in die koue... bom! Ok, net om die jonger gatde gou te verdedig, ons vry lekker in die donker, verwag n goeie bevolkingsontploffing in die nabye toekoms, hehe!

 

Dink nie dit gaan oor jonger of ouer nie.. meeste jong mense is oop vir alternatiewe idees, ouer mense bly meestal konserwatief.. ek dink jonger mense pas makliker aan op die stadium...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 19:56:59 pm
Anonymous

Pieter, jy is op din ys wat smeltlaughing, trek maar net jou been hare, ons ou toppies is BAIE taaier as jullelaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2015 @ 20:54:56 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Darem nie bedoel om die jongeres aan te vat nie. Wou net se die oueres sal oorleef sonder elektrisiteit en dat op ons ouderdom ons nie meer ekonomies sal kan oorskakel na alternatiewe krag nie. Brommer jy gee my darem n idee om my warm te hou teen die koue........maar die ou tannie , ai man ek weetie!!!!!!!! maar n man kan try!!!!!!!
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 06:50:39 am
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 26 years

ek het ook by my n paar krag sny opsies uitgevoer vir my pa se woonstel n Gas Geayser en stoof in gesit, volgende plan is om ook my geyser en stoof met gas te vervang

"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 06:58:55 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Hehe, ek stem wel uit ekonomiese oogpunt dit net werk na 8 tot 10 jaar.. maar, ekt so bietjie veranderinge gedoen, nie net om my kragrekening af te kry nie, maar om dan dit wat nodig is om sonstelsel te gebruik, goedkoper te maak.. ek is nou op R400pm kragrekening, wat my sonstelsel huidiglik na R95k to bring, wat steeds baie is, maar beter as oorspronklike R150k.. daar is wel nog verbeteringe wat ek wel kan doen, maar alles kos maar geld, maar dit maak ook onderhoud in toekoms makliker en goedkoper... ekt tans al 6 x 250W panele gekoop, en  het ook al 6 batterye vir noodkrag, maar sonpanele gaan eers weer werk sodra al ons dakke klaar is.. ek sal nog 4 sonpanele benodig, dan is ek van grid af 90% van die tyd


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 08:02:37 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is nie 'n groot kenner van die sonpaneel stelsel nie, maar wonder hoe ekonomies dit regtig op die ou einde gaan wees. Hoeveel jare gaan dit neem om die son paneel  stelsel vergelykbaar met eskom elektrisiteits voorsiening te dek. As ons praat van R95K...is dit omtrent 14-15 jaar. Intussen glo ek dat die sonpaneel stelsel maintenance gaan kos....kan nie glo dat die stelsel ononderbroke sonder probleme vir so 'n lang tydperk sal werk nie. Dink maar net aan die batterye wat vervang moet word.....daai batterye kos der duisende rande. Deesdae se arbeid is ook nie goedkoop nie....sou jy kontrakteur moet kry om maintenace op stelsel te doen. Hoeveel kos versekering op die stelsel?

Dis hoe ek die storie sien....ek mag verkeerd wees 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 09:42:50 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Het jy verhogings in krag ook in ag geneem? Dit gaan nie vir my oor geld spaar nie, dit gaan oor ek het kragvoorsiening vir myself.. as dit gaan oor die uiterse minimum te kan gebruik, dan het ek n R30k stelsel ingesit..

 

Ek gebruik batterye met 12 tot 15 jaar diens verwagting.. as dit gaan oor geld spaar, dan sit jy net meer sonpanele op, met kleiner batterybank, dan spaar jy krag, maar ek soek staankrag in reen ook, ek sal net vasbrand met 5 dae reen, dan voeg stelsel outomaties eskom by om my te help...

 

As jy uit geldspaar oogpunt kyk, het jy basies net minimum battery nodig vir ligte, die res moet jy dan loop op sontyd, yskas, geyser, wasmasjien, skottelgoedwasser ens, dan gaan jy baie krag spaar en is betaaltyd binne 5 tot 7 jaar...

 

Vir my is R95k beter as R150k.. ek neem net versekering op panele uit wat aan weer en wind uitgelewer word, nie die hele stelsel nie.. 

 

Vir sommige is dit soos om n merc te koop, hoekom koop jy so duur voertuig en nie n klein goedkoop stadskarretjie nie? Alles kan nie net om ekonomies gaan nie, dit moet ook gaan oor betroubaarheid en gemak vir jouself..

 

My sonstel gaan reeds groter wees as wat ek benodig, maar ek begroot reeds vir addisionele kinders indien hulle kom, so 1 of 2 hopelik, en dan vir uitbreiding sou dit wees


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 09:58:05 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Maontrnance sal basies batterye wees, maar inverters kan ook breek, laaiers ook, ag selfs sonpanele kan iets oorkom... baie manne koop 3.2d fords waar hulle met die 2.2 kon regkom... en wat nog van die wildtrak? Als gaan darem nie net oor die geld nie, vir die wat kan, mooi, die wat nie kan nie, vasbyt, hopelik is daar iets in die pyplyne wat gaan help, en die wat iets tussen in soek, daar is ook opsies, ek spaar en beplan al n rukkie aan die storie, en koop kort kort ietsie vir die stelsel by, dan voel jy nie die onmiddelike koste so kwaai nie


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 09:59:38 am
Anonymous

@ Geert, dis ook hoe ek uit gewerk het, maar my uitkyk is: Ek is verby sestig, so as die stel eendag vir my ekonomies gaan vrugte werp, is ek 80, dan worrie ek nie meer nielaughingsealed

As die goed 10 jaar vroeer beskikbaar was, was dit heel ander saak.

Daar is egter nou 'n nuwe stelsel wat glo die helfte gaan kos, en ook baie kleiner panele is, ek gaan dus maar wag en kyk.

 

@ Pieter, jy is nog baie jonk, as ek in jou skoene was, sou ek beslis voluit vir sonkrag gegaan het, jy gaan vorentoe die goeie vrugte pluk van wat jy nou saai. Jy los 'n kleiner karbon voetdruk as ek. Ek ondersteun jou 100%

Dus, as ek dink aan die rente verdien in goeie beleging, vs besparing op krag, is die sekuriteit in die bank, nou vir my 'n beter opsie. Ek hoop maar net dit byt my nie eendag in die haakskeen nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 10:42:04 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Johann soos jy dit stel is ons ouens bokant 60 is dit nie meer ekonomies  nie dis daarom ek maar net daarna kyk  het ook al teveel geld spandeer op goed wat ek nie rerig nodig  gehad het nie

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 15:51:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Johann. Ek glo die pryse gaan nog baie daal...as ek hoor hoeveel die pryse oorsee gedaal het op solar sisteme....sal maar nog bietjie wag. Is ook bang as jy nou koop sit jy oor 5 jaar met "outdated" tegnologie...dis nie iets wat jy in junkmail sommer net kan verkoop en upgrade nie...dis instalasie. Soos jy noem gaan tegnologie reeds vooruit....kleiner panele

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 17:13:52 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Toe dag ek Kragdag is een dag sonder LOADSHEDDING! 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 17:26:52 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Johann. Ek glo die pryse gaan nog baie daal...as ek hoor hoeveel die pryse oorsee gedaal het op solar sisteme....sal maar nog bietjie wag. Is ook bang as jy nou koop sit jy oor 5 jaar met "outdated" tegnologie...dis nie iets wat jy in junkmail sommer net kan verkoop en upgrade nie...dis instalasie. Soos jy noem gaan tegnologie reeds vooruit....kleiner panele

haha, ja en oor 5 jaar sit jy nogsteeds in dieselfde geval.. dit bly soos karre en enigiets anders in die lewe, as jy bekommerd is jou tegnologie is outdated oor 5 jaar dink ek nie mens moet uitkyk vir alternatiewe kragvoorsiening nie.. ek bedoel my mening goed, maar dit maak nie son as jy tegnologie gebruik as verskoning om te wag nie.. die ouer panele word goedkoper, gaan kyk wat kos die nuutste tegnologie panele? Baie geld.. hulle raak goedkoper want aluminium rame word nou dunner, kwaliteit neenm af...

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 17:33:38 pm
Anonymous

Pieter, ek praat onder korreksie, maar in Parrow is hulle besig met panele wat nie met silikon werk nie, maar koper en iets anders. Die ontwikellaar reken dat dit soveel as helfte van die prys en groote gaan verbeter.

Ek sal kyk of ek weer daai web blaai kan kry, en daarna verwys hier.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 17:55:53 pm
Anonymous

Kom ons kyk of ek reg kom met tegnologie, ek gaan die skakel na die solar web tuiste probeer pasta hiersolaughing

http://www.solarpowerstore.co.za/articles/types-of-solar-panels.html

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 18:11:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Dankie Johann....dis baie interesant

This technology is an incredible breakthrough for the solar industry, as the ultra-thin CIGS panels take up around half the space that PV panels take up, and will cost about a quarter of the price. {Dit sal dit meer toeganklik maak vir meer mense}

Ek het laas met 'n dosent by Wits gepraat en hy het genoem van 'n deurbraak wat hulle studente besig mee is rakende solar krag....wonder of dit dieselfde is?
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 18:17:37 pm
Anonymous

Geert, hierdie tegnologie is deur Proff Alberts en sy span daar (Wits) ontwerp, ek weet nie hoekom dit in Parrow gebou gaan word nie, hulle gee nie redes nie, dalk die skoner lug? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 19:12:37 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Goedkoop arbeid... thin film bestaan al n rukkie, maar defnitief nie goedkoper nie.. dis nie die solar panels wat so duur is nie.. die sonpanele is nie die duurste op my projek nie, dis die batterye, rame en arbeid... die sonpanele is nie duur nie, dis hoekom ek se jy kan baie goedkoper regkom as jy nie die batterye gebruik nie, net minimum


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 19:50:57 pm
Anonymous

Pieter, as ek mag vra, wat het jy betaal, en wat het jy daarvoor gekry?

Wat ek probeer uitvind is;

Ek gebruik ongeveer 500 eenhede per maand, teen die heersende elektr. prys is dit so R500.00 per maand.

Dit gee my, sonder inflasie 15 jaar voor dit "lonend" sou word.

R85 000 in 'n goeie belegging gee vir my 8.5% + per jaar, maw so R600.00 per maand, wat ook weer groei soos jy rente terug ploeg.

Ons weet krag gaan meer as 8.5% pj op.

Ek probeer dus eindlik om bv jou ondervinding te steel, om te sien of ek nie tog maar moet oë toe knyp en laat in stalleer nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 20:25:46 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Johann, my stelsel is vir gemaklikheid, nie om geld te spaar nie, dit gaan hopelik wel in die toekoms iets beteken.. is dit lonend om n 4x4 kar te koop? Dis vir leisure  en gerief.. as jy wil geld spaar, koop net die sonpanele, en gebruik n grid tie inverter om die sonkrag te gebruik wanneer daar son is.. dan spaar jy geld..

 

As jy wel net vir load shedding wil voorsien, is dit generator, of battery back up.. as jy ligte soek, is die goedkoopste daai energy saver camping lights wat hul eie battery backup in het.. sodra jy geriefliker wil raak en jou huis ligte laat brand, gaan jy begin betaal.. sodra jy wil TV kyk, mikrogolf loop, ketels, of yskaste, betaal jy baie meer.. maar jy het net batterye.. hulle stoor wel krag vir latere gebruik..

 

 

 

Om krag te spaar en lonend te wees, moet  jy jou dinge so probeer bewerk dat jy eerder jou energie verbruik gedurende son ure doen, as jy kan..

 

Jy kan bv, sonpanele installeer wat jou yskas en wasmasjien in die dag bedryf, en bv stofsuier, rekenaar ens.. sodra son sak, gebruik jy outomaties eskom, mits dit daar is, dus is jou keuse of jy krag wil spaar, of krag wil he op aanvraag..

 

Jy kan dus n klein stelsel insit wat batterye betref net ten minste vir ligte en bv TV of iets anders wat ookal belangrik is..

 

Ek glo baie mense wil skielik hul hele huis op sonkrag sit... hoekom?? As jy net voorsiening maak vir die 3 tot 4 ure load shedding, dan kan jy regkom..  ek sal inligting bietjie beter formuleer later, maar jy hoef nie R85,000 vir stelsel te betaal nie.. mens kan met R30,000 al BAIE doen..

Ek gaan bietjie mooi fotos neem van my setup as hy nou klaar is.. ek verdeel kleiner laste soos TV en klankstel met eie pure sine inverter, yskas en wasmasjien, skottelgoedwasser kry groot modified sine wave, goedkoper, ligte kry eie modified sine wave op hul lyn, en my geysertjie kry sommer n goedkoop growwe inverter.. so spandeer ek basies baie minder as om n pure sine  8kw inverter sisteem te koop...

 

Die panele is maar R3000 per 240 tot 250W paneel.. 6 van hulle gee rofweg dus 1200W per son uur gemiddeld, en as ek nou 8 tot 10 het is dit maklik 10kwh per dag wat ek kan gebruik, wat huidiglik naby my verbruik is.. soms sal  jy meer kry as ander tye, so ek werk op gemiddeld.. 

 

Nou soms is ons nie daar nie, dan kan die panele batterye lekker charge vir backup in die nag tye.. en as dit mos nou koeler is, werk goed soos yskaste mos minder.. dis basies dalk rekenaar en paar ligte en na dit slaap ons, so batterye help my nag en reen tyd. Dis nie om daai R400pm te spaar nie, dis om my krag te gee sodat ek my kommunikasie en gerieflikheid behou.. as ek nog meer effektief raak in die toekoms, gaan my batterye lanfer hou en hoef ek nie baie later aan te hou nie.. 

 

Baoe mense het deesdae n yskas en n vol vrieskas... dit kos jou.. ekt 1 normale yskas, 25liter geyser, minimale ligte, en gebruik als minimaal.. dit kom nou al so 2 tot 3 jaar, ekt eers te klein gegaan en moes ketels kook vir badwater in winter, so het gerief opgestoot en geyser vergroot na 25liter waar ons nou tevrede is..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 20:33:07 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Vir 500 eemhede kos panele rofweg R35k, maar jou grid tie inverter is ook n kosye afhangende wat jy kan kry.. maar dit sal jou net help as jy meeste van jou krag in die dag verbruik.. hoekom nie bv net 200 eenhede se sonkrag bysit nie, of selfs net 100 eenhedeer maand, dit sal jou help, maar as jy paar batterye bysit het jy bietjie krag vir load shedding tye.. eskom kan beurtkrag toepas, en jy kan ook..

 

Generator is wel goedkoopste backup, maar sonkrag en windkrag is basies baie goedkoper oor 6 jaar.. ad shedding kan weer verdwyn, dan beteken generator niks.. sonpanele sal aanhou werk, ok, dis die plan


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 20:49:07 pm
Anonymous

Ja nee, jy het jou huiswerk goed gedoen. Dankie dit help baie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 21:02:18 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Joeg, jammer vir die tikfoute, maar ek glo jy kon als lees.. 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 21:04:59 pm
Anonymous

Ek kry die idee, dankie Pieter, ek waardeer al jou moeite.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2015 @ 23:33:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Brommer. Jy het nou baie mooi verduidelik en maak vir my sin....ek het my siening nou verander ten opsigte van sonpanele. Dankie vir jou terugvoering...waardeer
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2015 @ 07:37:23 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Pieter, as ek mag vra, wat het jy betaal, en wat het jy daarvoor gekry?

Wat ek probeer uitvind is;

Ek gebruik ongeveer 500 eenhede per maand, teen die heersende elektr. prys is dit so R500.00 per maand.

Dit gee my, sonder inflasie 15 jaar voor dit "lonend" sou word.

R85 000 in 'n goeie belegging gee vir my 8.5% + per jaar, maw so R600.00 per maand, wat ook weer groei soos jy rente terug ploeg.

Ons weet krag gaan meer as 8.5% pj op.

Ek probeer dus eindlik om bv jou ondervinding te steel, om te sien of ek nie tog maar moet oë toe knyp en laat in stalleer nie.

johann, waar kry jy 8.5% as ek mag vra so toevallig, jammer vir die draadkaping, ek kry tans net 6% op n redelike bedrag, wat skaars werklik inflasie demp.. ek weet so ruk terug was rentekoerse lekker by 12%, maar nou weet ek nie meer of geld in banke moet le nie, ek bele maar in besigheid, maar erens moet jy winste kan stoor, en laat aanhou groei.. jammer vir die vraag, dit val my by toe ek deur state gaan jyt gepraat van 8.5%..

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jun 2015 @ 21:39:13 pm
Anonymous

johann, waar kry jy 8.5% as ek mag vra so toevallig, jammer vir die draadkaping, ek kry tans net 6% op n redelike bedrag, wat skaars werklik inflasie demp.. ek weet so ruk terug was rentekoerse lekker by 12%, maar nou weet ek nie meer of geld in banke moet le nie, ek bele maar in besigheid, maar erens moet jy winste kan stoor, en laat aanhou groei.. jammer vir die vraag, dit val my by toe ek deur state gaan jyt gepraat van 8.5%..

 

Pieter, jammer vir die laat antwoord, ek het nie follow topic aan nie, en sien nou eers jou vraag.

OK, by Capitec bank op 36 maande beleggings bo sekere bedrag, jy kan ook by Sanlam en Old Mutual onderhandel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 23:45:51 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2019 @ 10:46:13 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek los dit maar vir die plaas en klein hoewe manne.  Ek gaan kamp eerder dan is my krag verbruik oor daai naweek elkgeval kleiner as wat ek by die huis is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required