English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 460
Total Replies: 252 131
Total Views: 83 212 381
topics: 11 534
replies: 138 826
views: 39 325 200
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kosi Bay Palm Tree Lodge

replies: 2
views: 117
26 Nov 2019 @ 10:29:08 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 387
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

More. Ek het plek (kampplek) gekry oor Desember by Kosi Bay Palm Tree Lodge. Hulle is nogal duur per dag.

Is daar van julle wat al hier gekamp het? Sal julle dit aanbeveel? Wat was julle ondervinding met die plek? 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2019 @ 12:15:06 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Herman, ons was 'n paar jaar laas daar.

Die plek was baie netjies gewees en nog nuut met goeie ablusies.

Daar is 'n swembad, want dit is 2-3 km vanaf die see.

Die kamp was sommer op die vlak gewees.

Daar is kragpunte en 'n paar skaduwee bome.

In die noorde kant was daar 'n skool, maar geen probleme nie.

Die voetverkeer was oos/wes verby die kamp aan die noorde kant.

Ek glo dit sal warm in die somer wees, met min wind skuiling.

Neem windskerms saam vir moontlike winde.

Maak seker die Bush Lapa en awning het silver seil vir die son...

 

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2019 @ 18:11:22 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9710
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Daar is baie plekke.

Dis net die grond pad wat so sinkplaat is wat my afsit.

Dan die visse met die skerp vin in die water wat jy nie kan sien nie, en op hul trap is dood sake.....

Gaan nog my draai daar maak in die winter..

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za