
04 Mar 2008 @ 07:15:53 am
As julle nou regtig n mooi en rustige plek soek om te rus kan julle regtig die plek besoek. Die badkamer geriewe is van uitstaande gehalte. Staanpleke is fantasties. Dit is op die selfde pad na Mbisi toe, net n paar kilos verby.Daar is n speelpark vir die kinders en n lekker swembad om in af te koel. Die stukkie grondpad na die kamp toe is n sandpad en baie mooi, geen gate of sinkplaat nie.Julle kan Leonie skakel by 082-908-4448.