English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 442
Total Replies: 251 903
Total Views: 83 202 643
topics: 11 523
replies: 138 699
views: 39 320 026
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Koop van gebruikte woonwa

replies: 21
views: 5610
24 Nov 2015 @ 14:30:18 pm
fredfg
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 09 Jun 2015
Ek stel belang in ‘n gebruikte karavaan (1989 model) in Krugersdorp wat verkoop word deur Charisma Karavane. Ons woon in Port Elizabeth en ek wonder of daar iemand is in die Krugersdorp omgewing wat kans sien om daarna te kyk voordat ek die koste aangaan om soontoe te ry.
As iemand bereid is om dit te doen kan hy my kontak op 083 560 8230 of epos fredsearle@gmail.com.
Baie dankie.Fred

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2015 @ 14:46:33 pm
Anonymous

Fred, welkom. Ek neem aan jy verwys na die 1989 Sprite Swift. Ek het my karavaan gekoop by Charisma Karavane en moet meedeel wat hulle vir jou op die advertensie notuleer, waar is.

Benewens moet ek ook byvoeg dat ek nog nie eendag spyt is dat ek my karavaan by hulle gekoop het nie.

Jy mag ook vir Admin vra vir Warren (Sitnievasnie) se kontak besonderhede omrede hy redelik ondervinding het met Charisma karavane en dat hy ook in daardie omgewing werksaam is.

Vertrou dat bogenoemd jou gerus stel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2015 @ 14:50:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Kom julle help die man, ek is lekker by Rhemardo.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2015 @ 14:54:29 pm
Anonymous


Kom julle help die man, ek is lekker by Rhemardo.
Jin, is dit nodig om dit so in te vryf dat jy by Rhemardo islaughing, daarby sit jy seker met een hengse koue in die hand.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2015 @ 15:02:12 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

Chrisma....

Mmmmmmmmmmmmmmmmm....... Yes..... Good guys.....

Derick & Tikkie...... Bought through them before....

Opreg en eerlik need I say more... (011) 955 2115 or 083 776 6852

Probibly one of the last dealer's still selling the older vans..

Sal nie n pap-lemoen koop of verkoop......

Glad nie.......

Derick ken sy ding... Sal ook service voor oorhandig, en die service word gedoen, (nie net gese dis gedoen)

He will however charge you roadworthy / registration fees.....

 Sal moet reel vir n Sondag middag as ekkies terug van Brits kom.... Ons is vrek besig (24H, & shifts) kanie afkry.....

 

 

 

 

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2015 @ 15:20:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

DK.......

Was die naweek by Doorndraaidam.
Nou by Rhemardo, gaan more Golf speel op Naboom, ry Vrydag na Sterkrivier.
Sal netnou met n koue in die hand sit al is dit darm nie so warm hier nie..
Groete
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2015 @ 15:29:07 pm
Anonymous


DK.......

Was die naweek by Doorndraaidam.
Nou by Rhemardo, gaan more Golf speel op Naboom, ry Vrydag na Sterkrivier.
Sal netnou met n koue in die hand sit al is dit darm nie so warm hier nie..
Groete
Klink lekker. Die golf sal ek maar 'n ''Skip'' gee omrede ons Hotkloue sukkel met daardie tipe game.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2015 @ 17:25:35 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5807
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years


DK.......

Was die naweek by Doorndraaidam.
Nou by Rhemardo, gaan more Golf speel op Naboom, ry Vrydag na Sterkrivier.
Sal netnou met n koue in die hand sit al is dit darm nie so warm hier nie..
Groete

Ek dog jy gaan die ou help en kyk na die karavaan.

 

Skies Fred, weet nie van iemand wat daar woon nie, niemand in my groep nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2015 @ 17:49:53 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 39 years
Fred, welkom op die forum
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 04:48:30 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4718
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Fred welkomop die forum
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 05:57:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Fred ek sal jou help maar gaan die naweek kamp. Dus as daar niemand anders is wat vir jou 'n ogie kan gaan gooi teen volgende naweek nie sal ek deur ry en vir jou gaan kyk.

Dis nie moeite nie want my vrou sal die kuier by ons dogter in elk geval geniet. In tussen as jy haastig is kan ek vir haar en haar verloofde vra om 'n draai te gaan maak. Die terugvoer wat jy dan gaan kry is nie tegnies nie maar net info oor algemene "looks" en eerste indrukke.

Kontak my as jy nie regkom nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 07:27:11 am
fredfg
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 09 Jun 2015
Sjoe! ek is verbaas dat daar so gou reaksie op my versoek was. Baie dankie aan al die manne wat geantwoord het, ek waardeer dit.

Die twee goeie verwysings van Derik by Charisma karavane is vir my genoeg gerusstelling, ek dink nie dis nog nodig vir iemand om nog daarna te kyk nie. Dis 'n ou van en 'n mens kan nie verwag dat dit sonder "wear en tear" sal wees nie. Solank dit struktureel goed is.
Nogmaals dankie Fred
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 08:06:18 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Wilsur....
Weet jy wat het DOG gedoen?
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 10:31:45 am
Anonymous

Fred, is dit die 1989 model waarna jy verwys by Charisma? Moet sê dat hy nog goed lyk vir sy ouderdom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 10:35:09 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5807
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Al wat ek nie van daai modelle hou nie is die klein dakkie, jy stamp altyd jou kop daar bo.

 


Wilsur....
Weet jy wat het DOG gedoen?

Jip.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 10:49:36 am
Anonymous

Al wat ek nie van daai modelle hou nie is die klein dakkie, jy stamp altyd jou kop daar bo.

 

Jip.

Vra my, ek het gedurig myne teen my Caravette 4 gestamp. Wat ek nou wel opgelet het van hierdie karavaan, is dat die Microwave nie ge-mount is nie, maar staan tussen die 2x agter banke. Die prys teen R 32000-00 glo ek nie is te versmaai nie. jy kan heelmoontlik privaat koop teen goedkoper, maar dan is dit weer on-eindige hoofpyne.

Hulle het 'n nuwe Roof serounding opgesit, gediens en geseel.

Ek het belanggestel in die Gypsey Raven, maar hy het slegs 'n Rally met geen sytent asook die yskas is te klein.

Die Palma wat hulle het, lyk nogals goed, maar ek vermoed my tipper gaan so bietjie lig in die gat wees vir hom.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 12:15:43 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 62 years
Fred, het jy reggekom? Ek moet more Krugersdorp toegaan.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 12:25:55 pm
fredfg
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 09 Jun 2015
Hi Andre

Ongelukkig is die Swift verkoop. Daar is 'n 1983 sprint, maar ek dink dit gaan bietjie klein wees. Dankie vir jou aanbod.
fred
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 12:27:16 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 62 years
ok
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 12:54:36 pm
Anonymous

Hi Andre

Ongelukkig is die Swift verkoop. Daar is 'n 1983 sprint, maar ek dink dit gaan bietjie klein wees. Dankie vir jou aanbod.
fred
Jammer om dit te hoor Fred. Ja die Sprint is bietjie klein afhagende hoe groot jou gesin is. Hoekom gaan jy nie vir die 1995 Gypsey Romany nie, hy lyk ook nogals in goeie kondisie en gaan vir R 49000-00.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 13:34:09 pm
fredfg
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 09 Jun 2015
Ek gaan nou aftree, ons gesin is net twee. Die Romany is ook al verkoop, dit was my tweede keuse. Lyk my 'n mens moet vinnig spring om een te kry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2015 @ 13:59:09 pm
Anonymous

Ek gaan nou aftree, ons gesin is net twee. Die Romany is ook al verkoop, dit was my tweede keuse. Lyk my 'n mens moet vinnig spring om een te kry.
Fred, ek wil nie persoonlik raak nie, maar in watter prysklas kyk jy en na watter tipe karavaan? Ek kyk maar gereeld rond. Ek sien tans by Comet in Boksburg staan daar 'n 1994 CI Escape wat ook goed toegerus is vir 2-persone.

Ja dit is so met Charisma, as jy nie spring nie, verloor jy. Ek het destyds my Swift by hulle gekoop. Ek het ge-google op Gumtree en toe kom ek op hulle af. Ek het dadelik die Maandag deur gery en gaan kyk. Met my aankoms toe besluit ek dat ek gaan hom vat, maar sit met R100 in my beursielaughing, betaal sommer R100 holding deposit en reguit bank toe om die verskil te transfer. Voor dit het ek nog onderhandel ook met hulle en R5000 minder betaal as wat hulle wou hê omrede ek genoem het dat ek self die padwaardigheid en registrasie sal doen en dan soek ek nog bietjie afslag vir onmiddelikke kontant betalinglaughing.

Ek het jou nommer wat jy geplaas het. Jy kan my ook e-pos na: dennisk@surtees.co.za

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za