Ek is opsoek na 'n kombuis opvou tafeltjie met so 4 rakkies (sommer materiaal tipe met zips) Ek sien heelwat op die mark, maar party lyk stewiger. Wat is jul ondervinding - watter een moet ek na kyk?
Kyk na een wat maklik opslaan. Ons het al gehad wat so baie tyd neem om op te slaan....neem amper meer tyd as voortent
Watter tipe gebruik jy nou?
Ons het een van Basecamp wat vir my klink presies wat jy soek. Ek het 'n paar jaar gelede gesoek tot ek tevrede was ek het die regte een. Dit het stewige insetsels in die vier rakkies met 'n netdeur voor wat toerits. Die werkoppervlak is van aluminium wat in seksies is en netjies opvou vir berging. Die opslaan is die eerste keer nogal 'n raaisel tot jy die geheim agterkom, dan slaan dit binne 'n minuut of twee op. Ek het ons s'n by ons plaaslike kooperasie gekoop maar dit lyk nie of dit vryelik beskikbaar is nie. Takealot en Agrinet het van hulle produkte maar ek sien nie ons spesifieke kassie nie. Basecamp is 'n Britse maatskappy. Ek sou graag 'n foto wou stuur, maar ons is oppad see toe en die eenheid is tuis.
Kry vir jou van hierdie wat soos n concertina opslaan.....daai met paaltjies en los hoeke is waar fustrasies begin inkom
Dankie julle.