Vandag Kokoriba vanaf Rustenburg benader: een "stop en go" en die afdraai na hulle in die stuk. Vanaf Brits se kant: 2x oor Krokkodil rivier, dan 3 "stop en go's", afdraai na oord in laaste een. Pad ongelyk maar kan geredelik veilig sleep. Laat ten minste 30min toe by reistyd.
As jy van Pretoria se kant kom kan jy via Klein Paradys se pad kom.....dan mis jy darem 1x STOP/GO.
Lyk dit darem of die padwerke vorder, Estelle?
As jy van Pretoria se kant kom kan jy via Klein Paradys se pad kom.....dan mis jy darem 1x STOP/GO.
Lyk dit darem of die padwerke vorder, Estelle?
Geert die Klein paradys pad kom nou in iewers in die middel op die eerste Ry/Stop. So daar moet jy staan en wag tot dat die verkeer verby jou kom in die rigting wat jy wil gaan. Die werk aan die pad vorder maar dit gaan maar stadig.
Mens kan maar soos Estelle sê 30 min reis tyd by voeg weens die stop/ry beheer punte.
Net baie bly daar word iets gedoen aan die pad. Veral vir die Oorde in daai omgewing se onthalwe.
Darm maak hulle n plan.
Ons het die pad verby Klein Paradys na Thabazimbi pad gedurende Mei maand gery en was heel okay gewees. Afgelope lang naweek het ons weer daai pad gery.....ek kan nie glo hoe agteruit daai pad in hierdie paar maande gegaan het nie. Potholes vir Afrika! Jy kan hulle ook nie mis ry nie, want hulle is die pad vol. Hoop hulle gaan dit gou uitsorteer.
Ek wil weer by Kokoriba gaan inloer....weet iemand of die STOP/GO al iets van die verlede is tussen Brits en Kokoriba?