English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 290
Total Replies: 230 338
Total Views: 82 393 889
topics: 10 833
replies: 125 075
views: 38 864 357
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Koffie en kamp

replies: 43
views: 755
24 Apr 2019 @ 02:41:41 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1533
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Wat se koffie drink jy wanneer jy kamp?

Ons verkies filter koffie (wiener mischung) en gebruik dit gereëld.

Het lank gesoek vir 'n filterkoffie masjien sonder glas dele vir die wa.

Ons hou kitskoffie in die kas vir ingeval kuiergas nie van filterkoffie hou nie of as die filterkoffie klaar raak voor ons betyds aanvul.

In overlanding dae het ons 'n regte "cowboy ketel" gehad wat ons op die vuur of gasstofie met moerkoffiesakkies koffie gemaak het. Altyd hiper lekker as daar oorbly en oornag in die keteltjie staan. More net nog koffiesakkies en water by die oorblyfsel, heerlike goed gebroude koffie.

Vind dit interessant.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 05:57:38 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6408
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Drink die capechino sakkies en ander geure dit werk makliker def, nie goedkoper

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 06:38:49 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years

Ek maak gereeld nog Moerkoffie met materiaal sakkie in ketel op vuur of gasstoof. Het ook 'n klein een koppie dompelpot (plunger) vir die oggend. Hou van 'n lekker sterk koffie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 07:09:58 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 371
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Jacobs Kroning, Douw Egberts, en/of sommer net Ricoffee. Het nie juis 'n gunsteling nie. Hou nie van te sterk koffie nie.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 07:32:11 am
Anonymous

Ek drink gladnie koffie of tee nie, maar my vrou gebruik slegs Nescafè.

Indien filter koffie aangebied word, sal ek op die meeste 2x klein koppies drink met kondensmelk of andersins swart met bietjie suiker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
24 Apr 2019 @ 07:43:02 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13820
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is nie n groot koffie liefhebber nie. By die huis drink ek nooit koffie nie....behalwe as daar gaste is, dan sal ek saam met hul n koppie drink. Tydens kamp sal ek 1x koppie die oggend drink met beskuit. Omdat ek nie groot koffie entoesias is nie, is Ricoffee voldoende.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 08:20:35 am
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 119
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Douw Egbert Mocha Kenya, tuis en by kamp.

Baie lekker met kondensmelk, maar dié sit die rolletjies lekker aan so die kondensmelk snoep ons maar op. 

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 09:28:08 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 321
Joined: 28 Feb 2018

Nobody mention Whaaa coffie, og well will keep it for the hunting weekend 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 09:55:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13820
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

In die KNP by Tshokwane verkoop hulle "Proppie koffie" . Dis moer koffie met n proppie Amarula in....nogals lekker. Ek geniet wel my polisie koffie saans om die braai vuur😎

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 10:01:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14093
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk by ons is Koffie en Kamp sinoniem met mekaar. Veral aan my vrou se kant.  Ek sal nog Koeldrank drink maar MA hou van haar koffietjie.  Ons gebruik nie alkohol drankies nie so koffie gaan jy altyd by ons kry.  Koffie wat ons drink is

  1. Jacobs Kroning (Oor die algemeen)
  2. Perkoleer masjien vir so bietjie sterker koffie en vakansie koffie
  3. Dan het ons 'n Dulce Gusto koffie masjien vir:
    1. Ice Coffee
    2. Cuppocino
    3. Cafe Latte
    4. Chocochino
    5. Vanila latte
    6. Caramel Latte

So ons geniet die koffie ding erg as ons kamp.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 10:04:38 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14093
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Terloops ons het 3 van die Dulce Gusto Koffie masjiene in die gesin.  Een vir die huis die Dulce Gusto Drop,  Een vir die Maia en een wat ek vir my seun gegee het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 10:04:39 am
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 585
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 43 years

Vroegoggend koppie moerkoffie met knertsie J&B in - net om die laaste plaak van die tande af te haal en die tandepasta smaak uit die mond te kry........

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 11:27:17 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years

Daai een met die knertsie - ons roep hom Renosterkoffie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 13:08:53 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14093
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die vakansie koffie wat my vrou en kinders drink is Lekker moer koffie van die perkoleerder met Amarula in en dan 'n eetlepel kondensmelk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 20:24:36 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1762
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ricoffee bly maar lekker vir my. As ek kamp hou ek daarvan om water op die gas stoof of vuur te kook in my lelike blik ketel. Wag langer maar goeie dinge kom met tyd. Ek het geweldig afgeskaal met koffie. Op n tyd het ek so twee liter koffie gedrink van 5 uur die middag tot slaap tyd, wil nie eens praat van deur die dag. Koffie drink as ek kamp bring ook goeie herinneringe van die army dae. Koue winter nagte as ons wag staan het n koffie regtig sy ding gedoen. Liters koffie deur die nag gedrink.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 00:00:04 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1533
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek het nou lekker gelees aan hierdie posts.

Prys gaan aan renosterkoffie.

Ons gebruik ook nie sterk drank nie, so sal hom nie probeer nie, masr die naam is nou regtig oorspronklik.

Willem,

Lees net bietjie wat alles in daai cappucino sakkies is. Klomp chemikalïe.

Ons het dit ook gedrink want dit is nogal lekker. Toe lees ek bietjie.

Wat my dogter my geleer het as ons bv Jacobs K kitskoffie gebruik, is om 1/3 pakkie van daai cappucino by te gooi. Dis nou lekker en die duur cappucino hou langer!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 06:34:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14093
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het nou lekker gelees aan hierdie posts.

Prys gaan aan renosterkoffie.

Ons gebruik ook nie sterk drank nie, so sal hom nie probeer nie, masr die naam is nou regtig oorspronklik.

Willem,

Lees net bietjie wat alles in daai cappucino sakkies is. Klomp chemikalïe.

Ons het dit ook gedrink want dit is nogal lekker. Toe lees ek bietjie.

Wat my dogter my geleer het as ons bv Jacobs K kitskoffie gebruik, is om 1/3 pakkie van daai cappucino by te gooi. Dis nou lekker en die duur cappucino hou langer!

Vergeet om te noem ons sal die pakkie Cappucinos ook koop.  Moet dalk weer 'n houer Cremora koop saam met die Jacob's.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 09:24:38 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 321
Joined: 28 Feb 2018

Cremora is pur chemicals, that why it states on packet, "this is not baby food" but if you can make a Cremora pie, (Googly it), man what taste, to hell with them chimicals give me more, by the way \at my age i can use al the preservatives i can get

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 11:52:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14093
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Cremora is pur chemicals, that why it states on packet, "this is not baby food" but if you can make a Cremora pie, (Googly it), man what taste, to hell with them chimicals give me more, by the way \at my age i can use al the preservatives i can get

Ek het nog nooit geworry oor die klomp chemicals wat op die verpakking gelys is nie. My Oupa het dit ge-eet, my Pa het dit ge-eet. Hulle vrouens ook. Almal van hulle het gerook daarby en 'n sopie gevat. En hulle het goed oud geword.

So word die een ding afgekraak as gif vir jou lyf die een dag en dan weer opgehef as gesond die ander dag.

Gee my maar die koffie, cuppocino's, latte's, koeldranke en Cremora. Tenminste hoop ek om so oud soos hulle te word.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 15:04:02 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1716
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Wat sal ek dan nou sê van al hierdie koffies wat julle maak. Ek neem so tussen tien en vyftien koppies koffie per dag en ek waardeer 'n lekker sterk koffie. Al hierdie "grend" goed frustreer my omdat dit net te lank neem om te maak. Ek is mal daaroor maar dit moet nie te melkerig wees nie. Ek erken dat ek verslaaf is aan Jacobs. Nou by Checkers paar hervullings teen R75 gekoop. Sal my rukkie besig hou.

Ek stem saam met jou Pottie.......................daardie renoster een met 'n knertsie van "die beste van Ierland" kan nogal die ding doen. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 16:18:24 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

Ek het in my kort lewetjie n hele paar sakke koffie uitgedrink.Koop die groen pitte per sak 50-60kilo brand[rooster] self, maal met n hand meul en werk die gemaalde koffie deur die linnesakkie.Wat n plesier.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 16:27:40 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1716
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek het in my kort lewetjie n hele paar sakke koffie uitgedrink.Koop die groen pitte per sak 50-60kilo brand[rooster] self, maal met n hand meul en werk die gemaalde koffie deur die linnesakkie.Wat n plesier.

My dogter wat net hier om die draai van ons woon voer bone (per sak) in van Hawaii en Etiopië dan laat meng en rooster sy dit hier in Hillcrest. Dit is stokpertjie en sy noem dit Boston koffie. Baie lekker........................

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 19:09:52 pm
Anonymous

My dogter wat net hier om die draai van ons woon voer bone (per sak) in van Hawaii en Etiopië dan laat meng en rooster sy dit hier in Hillcrest. Dit is stokpertjie en sy noem dit Boston koffie. Baie lekker........................

 

ń Klient van my se vrou hardloop ook so stokperdjie en moet sê, die koffie is baie lekker.

Moontlik sal jou dogter haar ken, die eienaar van Supreme Heat Treatment naby Germiston golfbaan.

Haar besigheid se naam: Supreme Coffee.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 07:02:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14093
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wat sal ek dan nou sê van al hierdie koffies wat julle maak. Ek neem so tussen tien en vyftien koppies koffie per dag en ek waardeer 'n lekker sterk koffie. Al hierdie "grend" goed frustreer my omdat dit net te lank neem om te maak. Ek is mal daaroor maar dit moet nie te melkerig wees nie. Ek erken dat ek verslaaf is aan Jacobs. Nou by Checkers paar hervullings teen R75 gekoop. Sal my rukkie besig hou.

Ek stem saam met jou Pottie.......................daardie renoster een met 'n knertsie van "die beste van Ierland" kan nogal die ding doen. 

Shoe jy en my vrou sal goed oor die weg kom.  Kyk sy kan net so die koppies koffie in ryg. Darem is dit klein koppies op 'n slag.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 17:41:43 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7861
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ricoffee as ek haastig is of moer koffie. 

Slaap tyd as ons Kamp n renostertjie 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 01:42:16 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1533
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ricoffee as ek haastig is of moer koffie. 

Slaap tyd as ons Kamp n renostertjie 

 

Die renoster voor slaaptyd klink of dit net die regte ding kan wees.

Ek hou net nie renoster water aan nie, so vat die koffetjie maar skoon, sonder ys.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 15:21:46 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5024
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek verneem koffie is baie belanrik as jy kamp....

Ek moes nou onlangs wilde stelsels doen net dat die koffie masjiene sonder eskom moet kan loop........


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 17:37:46 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

Ons koffiedrinkers kan ons eie gulde stig,iets soos "die koffie afhanklikes" of soos die meerderheid lede besluit.foot-in-mouth

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 10:01:02 am
Karin*
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 20 Feb 2012
Experience: 15 years

Het 'n Nespresso koffie maker is die karavaan. Die geseelde pods stoor baie goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 10:42:26 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1716
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek verneem koffie is baie belanrik as jy kamp....

Ek moes nou onlangs wilde stelsels doen net dat die koffie masjiene sonder eskom moet kan loop........

Die beste een is daardie alluminium Hart ketel wat sommer so op die hardekool kole gesit word. Dit is 'n moet dat hy aan die buitekant so swart gebrand moet wees. Dan is sy koffie lekker. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 11:28:38 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5024
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Die beste een is daardie alluminium Hart ketel wat sommer so op die hardekool kole gesit word. Dit is 'n moet dat hy aan die buitekant so swart gebrand moet wees. Dan is sy koffie lekker. 

 

Ja wel ek is nie groot op koffie nie, maar ekt nou al so 13 kliente wat almal oor R50k spandeer ekstra net om die koffiemasjiene te laat loop by die kamp, koffie is dus seker baie belangrik ;-)


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 21:08:53 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1762
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

n Koffie ervaring wat ek nie kan vergeet.

Ek besoek n kliënt in Malelane. Die Oubaas is vandag nie meer met ons. Met aankoms vra hy "John gaan ons koffie drink". Ek dank hom en sê dit sal mos nou vorentoe smaak. Stap toe in die werkswinkel in en hy skakel n earn aan wat ek jare terug al sou weg gooi. Trek toe die koffie en suiker nader. Ek sien hy grou in die wasbak en haal twee geroeste blikkies uit ek glo dit was seker lank terug gebruik vir bake beans

Dit was ons koffie bekers. Glo my ek sal dit nie maklik vergeet, lekker was die koffie beslis en ek en die oom het hand aan sand op twee paint dromme binne sy werks winkel gesels. By gesê die man was baie goed geseënd as dit by persoonlike finansies kom maar net n plat op die aarde mens wat ook gereeld sy land Rover vat en in die Serengeti gaan rond rits. Beslis n onvergeetlike beker koffie

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 May 2019 @ 14:15:11 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14093
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nou is dit nie meer net die koffie nie.  Maar die koffie kuiertjie.

So met 'n kuiertjie kan daar groot woorde gesels wore.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 13:52:58 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1716
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ja wel ek is nie groot op koffie nie, maar ekt nou al so 13 kliente wat almal oor R50k spandeer ekstra net om die koffiemasjiene te laat loop by die kamp, koffie is dus seker baie belangrik ;-)

Koffie was groot. Nou is dit "craft" bier en gin (jenewer). Eersdaag ry die manne seker met mikro distelleerders in hul karavane rond. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 16:10:35 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5024
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Koffie was groot. Nou is dit "craft" bier en gin (jenewer). Eersdaag ry die manne seker met mikro distelleerders in hul karavane rond. 

 

Die dinge wat mense gebruik as hul kamp verstom my.. Veral as hul sonder eskom gaan kamp en wat hul wil he moet steeds als werk, ok, ek was in dieselfde situasie maar vir my het ek net gesorg dat ek genoeg het.. As koffie dit vir jou doen, wie is ek om te oordeel? ;-)

Ekt weer ander goed wat my plesier by kampe gee en dan trek ander weer hul oë op


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2019 @ 06:52:52 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13820
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2019 @ 06:20:23 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13820
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2019 @ 09:07:13 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4127
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Geert that looks like a handy machine. Has anyone here got one of these?

We take the plunger and ground beans with for coffee, next time the Nespresso machine is going with as well. 

 

Wife only drinks Jacobs or Nescafe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2019 @ 09:11:27 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4127
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Here is one in action. I will just stick to my plunger or Nespresso machine instead.

link

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2019 @ 09:20:00 am
Wetkit
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 85
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 39 years

Ek hou baie van my espresso ketel, maar dit is net vir die oggende wanner jy n bietjie extra oompf nodig het.

Het laas jaar n 2000W invertor ingebou sodat ek die nespresso en mikrogolf kan loop :) raak nou amper meer glamping...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 14:30:19 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14093
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Smaak my die komende kamp naweek gaan 'n koffie naweek raak.

Sommige dalk met so 'n ou ekstratjie in........................laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 20:04:51 pm
Badger
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 88
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

I always thought that the "AA" was for people with a drinking problem............

    But now I'm starting to understand that there are other people with a similar but different problem, perhaps someone should start a "C K A". ( Campers Koffieholics Anonomous ),  It looks like we need it.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 21:05:39 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1762
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Koffie, melk, elektriese ketel, Hart blik ketel met koffie sak en versoeters. Eerste op my check list.

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2019 @ 17:14:45 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1533
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

I always thought that the "AA" was for people with a drinking problem............

    But now I'm starting to understand that there are other people with a similar but different problem, perhaps someone should start a "C K A". ( Campers Koffieholics Anonomous ),  It looks like we need it.

Maybe stay with the AA. Then you have to abstain and replace with coffee. Good coffee, strong ans sometimes fortified, but good coffee.

As alternative we can name it 'Alacoffee Anonymous' and keep having coffee anonamously under that brand name!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required