English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 108
Total Replies: 227 347
Total Views: 82 264 964
topics: 10 741
replies: 123 287
views: 38 801 458
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Koebaai pensioen....

replies: 40
views: 1530
23 Aug 2019 @ 09:52:01 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Ek hoor die oorlogstromme klop al hoe harder vir ons pensioene en dat dit nou nie meer lank is voor ons almal gaan baklei vir sy straathoekie of verkeerslig met sy karton boodskappie nie.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 10:20:37 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

HKGK👹

Hulle bly krap waar dit nie jeuk nie. 

Moeilikheid gaan hulle kry by hul eie mense, dan gaan die land van ons brand. 

En hulle sal aanhou tot hul sin gekry word.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 13:05:00 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13698
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit lyk glad nie goed nie.  Ek sit nou met twee dinge. My huidige joppie is in gedrang plus die bietjie pensioen van die toekoms.

Ek maar net bid.............

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 13:48:45 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Mens is deesdae so in vertwyfeling dat jy nie weet watter kant toe nie.

Veral die bo 50 sal nou seker die belangrikste besluite van ons lewens nou moet maak in die volgende jaar.foot-in-mouth

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 14:03:02 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3616
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Praat ons net van staatspension of ook mense wat reeds 'n pension trek uit 'n lewende annuiteit? Deel asseblief die bron. Ek kry net ou berigte vanaf 2018.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 14:16:58 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

GEPF en ander pensioene en huidige pensionarisse.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 14:34:53 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3616
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Dankie. Ek lei af dat mense wat annuiteite by instansies soos Momentum/Liberty gekoop het nie geraak word nie

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 14:37:52 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 751
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

My ou pensioengeldjies lê nog by Old Mutual Wealth. Ek hoef dit gelukkig nog nie te gebruik nie, danksy 'n deeltydse "job" sedert aftrede. Maar ek wonder ook of sodanige fondse (wat uit my voorsorgfonds gekom het) ook deur hierdie moontlike 'grype' geaffekteer gaan word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
23 Aug 2019 @ 14:39:35 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Ek probeer die link plaas, maar wet nie hoe nie.

Dit was in vandag se beeld, dit gaan oor alle bates wat geld waarde het omrede die staat voorskryf waar bogenoemde instansies moet bele, hulle noem dit prescibed funds.

MAW as hulle vir al die manne se hulle moet bele in ESKOM, SAA, DENEL, dan moet hulle.

So, annuiteite is ingesluit.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 15:05:44 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3616
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Dankie. Nie 'n Beeld intekenaar nie so ek kan dit nie oopmaak nie. Seker ook die rede waarom jy dit nie kan aflaai nie.

Het egter nou vlugtig op Maroela Media daaroor gelees en dit bevestig wat jy se. Ek glo daar sal nog baie water onder die brug vloei voor hulle sal kan voorskryf waar ouens soos Foord, Allan Grey ens ons geld moet bele. Of is ek verkeerd?

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
23 Aug 2019 @ 17:35:06 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years

Belê van jou pensioen in die buiteland  en hou dit veilig daar    en verdien rente daarop.  Dit kan aan jou kaart in SA gekoppel word  en dan het jy nog steeds gebruik van jou rente.   Jy mag jaarliks R1 miljoen uit die land uit neem en ek wonder wanneer die R1 miljoen oorplasing na die buiteland  ook gestop gaan word of die bedrag baie verminder gaan word want hulle wil in beheer wees van jou geld en nie meer jy nie.   Gaan  asb  na 'n gekrediteerde agent vir hierdie transaksies daar is baie wolwe daar buite 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 17:47:15 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het tot onlangs jaarliks die konferensie van aftreefondse bygewoon en hierdie onderwerp is seker al meer as tien jaar onder bespreking maar niks het nog daarvan gekom nie.  Ek is nie te bekommerd dat dit wel gaan realiseer nie- dit sal hewig teengestaan word, (en ek hoop ek is reg). Al dwing die regering ook pensioenfondse om in staaatskorporasies te belê, sal dit sekerlik ook net 'n sekere persentasie van 'n Fonds se beleggings wees wat beteken dat pensioenfondse swakker sal doen maar darem nie onder sal gaan nie.  Onthou dat een en elke staatsamptenaar ook 'n pensioenfondslid is en die ouens wat die reëls moet uitvoer, sal sekerlik ook na hulle eie belange kyk sodat hulle ook sulke planne kan verongeluk of minstens versag.  Ek vir die lid wat hierbo gesê het dat beleggings by privaat pensioenfondse nie geraak sal word nie- as daar sulke maatreëls kom, sal dit beslis alle pensionfondse raak- myne ook.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 08:41:20 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4157
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Wel dit hang seker af wat die werklike reëls gaan wees AS dit wel ingestel word. Die grootste probleem gaan wees hoe word die kapitaal aangewend en die rekord is maar sleg. Voorgeskrewe bates is niks nuuts nie. In die vorige bedeling was dit ook verpligtende dat 25% in staat skuld in die vorm van effekte belê moes word. Verder is alle pensioenfondse in elk geval verplig om volg Reg 28 minstens 25% in kontant tipe instrumente moet belê. Dus as dit by 25% bly word slegs die huidige vrye keuse van 25% dalk verpligtend gemaak vir die kontant deel.

Sou so iets in plek gewees het sou elke pensioen fonds beter opbrengste gelewer het die laaste 5jr want staat skuld se rentekoerse is 8-9% en merkbaar meer as die laer risiko omgewing vir hierdie 25%. Pensioen fondse het maar 4-5% opgelewer weens die vrot prestasie v d ander 75% weens die swak ekonomie.

Alhoewel negatief dat fondse nie self kan besluit en verplig word is dit niks nuut nie. 

Soos Fred noem is dit al lank in gedrag en die bedryf sal wel insae gee hieroor. Of daar geluister gaan word weet mens nie. Sou mens slapelose nagte gehad het toe dit vir die 1e keer genoem is uit vrese sou mens onnodig slp verloor het oor die 10jr. Die beste sal wees om op te tree sodra 'n probleem ontstaan as om bekommerd te wees voor die tyd. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 10:01:44 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Danie, Ja dit sou goed wees as daar vroeg gereageer is, maar daar was nie juis iets op die tafel nie.  Mense soos Dr Blade Nzimande het dit bepleit maar dit was nog nie eers ANC beleid nie- nou ook nie- so op grond waarvan moes gereageer word?  Ek is of was in geen posisie om 'n bydrae te lewer nie, maar ek bekommer my nie te veel nie.  Soms lyk die bobbejaan gevaarliker as wat hy uiteindelik is terwyl hy nog agter die berg is, so los hom maar daar glo ek.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 15:41:12 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 863
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Belê van jou pensioen in die buiteland  en hou dit veilig daar    en verdien rente daarop.  Dit kan aan jou kaart in SA gekoppel word  en dan het jy nog steeds gebruik van jou rente.   Jy mag jaarliks R1 miljoen uit die land uit neem en ek wonder wanneer die R1 miljoen oorplasing na die buiteland  ook gestop gaan word of die bedrag baie verminder gaan word want hulle wil in beheer wees van jou geld en nie meer jy nie.   Gaan  asb  na 'n gekrediteerde agent vir hierdie transaksies daar is baie wolwe daar buite 

Dit is nie so maklik om jou geld uit jou pensioenfonds te trek nie. Sou jy skielik al jou geldjies onttrek gaan jy ‘n moviese lot beladting betaal.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 20:09:00 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years

Dit is nie so maklik om jou geld uit jou pensioenfonds te trek nie. Sou jy skielik al jou geldjies onttrek gaan jy ‘n moviese lot beladting betaal.

jip belading betaal maar geld is in my beheer en oorgeplaas na die buiteland   Toe ek nog in SA was.  Ek  praat van pensioen geld wat uitbetaal is toe ek met pensioen is ek weet nie  of 'n mens wel pensioen geld kan onttrek terwyl jy nog werk nie , mits jy dalk n lening  op jou eie geld wil aangaan   As ek reg onthou was daar iemand op Jacaranda wat altyd raad gegee het  (Magnus Heystek? ).  Nie seker van die naam nie maar die persoon het altyd goeie advies gegee     Altyd  goed om jou huiswerk  te doen en dan jou besluit te neem  Volgens  my eie opinie wil ek nie iemand anders  in beheer is van my geld hê nie.    Jy sal,dalk in n ry moet staan vir jou eie pensioen geld en net voordat jou beurt is , is die persoon net voor  jou  meegedeel  dat hy  maar  volgende maand moet terug  kom want die geld is op.  ( ek sê nie dis wat gaan gebeur nie  , he he ). 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 21:58:06 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4157
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Sover ek weet is dit slegs as jy 'n voorsorg fonds as jou pensioen het wat die lomp som uitbetaal word of jy kies dan waarheen dit uitbetaal word om 'n pensioen daar te stel. Dis die huidige tendens want in n voorsorg fonds loop jy die risiko van opbrengste. Sou mens annuïteite hê of doe die tradisionele pensioen fonds dan kan jy maks een derde laat uitbetaal en die res ontvang jy dan 'n maandelikse pensioen na aftrede. 

Daar is soveel vorms van aftrede geld dat dit moeilik is om aan te dui wat jy mag en wat nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 08:33:01 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 863
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

My concern is that when it comes to a choice between an IMF bailout ( as predicted by Johan Rupert) and prescribes assets, the ANC will opt for prescribed assets - without the conditions that the IMF will impose. CR says they will act responsibly with pensioners’ savings. About as responsibly as they dealt with taxpayer money...I am concerned. Very concerned. I agree with Adele. Externalise your wealth as much as possible...

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 09:02:22 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Mense wat hulle pensioengeld ten volle wil hê, bedank gewoonlik kort voor aftrtede en ontvang dan hulle volle pensioen in kontant.  Die probleem daarmee is dat die Ontvanger dan jou belas teen as ek reg onthou, jou gemiddelde belastingkoers sonder die pensioen.  Dit kan dus beteken nagenoeg'n derde van jou pensioen gaan verlore as belasting.  Hoe goed jy dit ookal belê kry, ek twyfel of jy ooit die verlies weer gaan opmaak. 

Om oorsee te belê is ook nie altyd die antwoord nie.  Opbrengste op aandele is baiemaal oorsee nie hoog nie, selfs persentasiegewyse laer as by ons en al waarop jy dan gewoonlik kan hoop, is dat die land waar jy belê se geldeenheid stabiler as die Rand gaan bly.  Dit beteken dus nie eintlik dat jy beter verdien nie maar net dat jy die swak verdienste as jy in Rand sou belê, vryspring omdat die Rand- hopelik vir jou-, sou aanhou verswak.  Maar dis nie 'n gegewe nie.  Onthou dat die huidige swak vertoning van ons aandele nie beperk is tot Suid-Afrika nie- dis 'n wêreldwye tendens die afgelope paar jaar.

Daar is goeie redes waarom buitelandse beleggers in Suid-Afrika belê en dit is dat hulle hoop om beter te vaar as in hulle eie lande. Daarom meen ek dis goed om jou belegging te diversifiseer deur ook in die buiteland te belê, maar as jy jou hele pensioen buiteland toe verskuif, loop jy net weer ander risiko's.  As die Suid-Afrikaanse ekonomie kop oplig, wat ek glo 'n redelike kans het, gaan jy waarskynlik slegter daaraan toe wees met al jou geld buite die land.  Ek sal eerder die huidige "storm" uitsit want ek dink dis 'n ding wat sal verbygaan.  Ek hoop ek is reg!

Iets wat onthou moet word, is dat 'n deel van jou belegging waarskynlik reeds in die buiteland opbrengs verdien.  Baie Suid-Afrikaanse maatskappye soos Rembrand filiale, Old Mutual en Perskor reeds groot buielandse beleggings het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 10:56:22 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1037
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ja, mens weet nie watter kant die wind sal of kan draai nie.

In my geval is die geldjies maar verdeel tussen Alexander Forbes, met vaste beleggings by banke en ander instansies, in 'n poging om soveel diversiteit as moontlik te kan hê. 

Het wel by my beleggings adviseurs navraag gedoen omtrent die ANC se dinge en weereens die boodskap gekry dat hulle wel van die fondse na gelang van wetgewing belê, maar dat die geldjies veilig is. 

Hoop en bid maar dat ons sal gaan die dag voordat die laaste Rand gespandeer is!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
25 Aug 2019 @ 11:37:23 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 863
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Laat my laaste cheque hop..😀

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 07:03:49 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

More manne.

Alec Hogg het gister nogal n insigewende artikel geskryf wat goeie stof to nadenke is.

Ongelukkig kry ek nie die link hier gecopy en gepaste nie.

Alles lyk miskien nie so doom en gloom nie, skat ons moet onse oge no Bo begin slaan.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 07:25:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13698
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Frik, alles wat julle noem hoor ek luister ek en neem ek dit in maar ek as individu kan niks daaraan doen nie.

Ek kan myself net elkekeer wend na die Hulp van Bo.  En ek kan net getuig dat in die huidige omstandighede wat ek myself bevind gaan dit fantasties met my en my gesin.  Dit tenspyte wat om my aangaan, tenspyte wat die E-toll gaan maak, tenspyte wat die regering wil maak of gaan maak of wel maak.

Dit gaan baie goed met ons.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 07:28:58 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Frik, alles wat julle noem hoor ek luister ek en neem ek dit in maar ek as individu kan niks daaraan doen nie.

Ek kan myself net elkekeer wend na die Hulp van Bo.  En ek kan net getuig dat in die huidige omstandighede wat ek myself bevind gaan dit fantasties met my en my gesin.  Dit tenspyte wat om my aangaan, tenspyte wat die E-toll gaan maak, tenspyte wat die regering wil maak of gaan maak of wel maak.

Dit gaan baie goed met ons.

Ware woorde Leon, ek stem 100% saam met jou, tenspyte van alles gaan dit goed.

 

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 07:50:58 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

 Baie van die kommentaar hierbo laat my dink aan die gedagte dat die wat kommentaar het weet nie, en die wat weet lewer nie kommentaar nie.

Tot in die tagtigs het die vorige regering presies dieselfde gedoen vir die ontwikkeling van kapitaal projekte. Toe het niemand ‘n bohaai opgeskop nie.

Gegewe die opbrengs wat pensioenfondse oor die laaste paar jaar op die beurs gekry het sal hulle op die oomblik dalk nie veel slegter daaraan toe wees deur meer in staatseffekte te plaas nie.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 08:00:43 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

 Baie van die kommentaar hierbo laat my dink aan die gedagte dat die wat kommentaar het weet nie, en die wat weet lewer nie kommentaar nie.

Tot in die tagtigs het die vorige regering presies dieselfde gedoen vir die ontwikkeling van kapitaal projekte. Toe het niemand ‘n bohaai opgeskop nie.

Gegewe die opbrengs wat pensioenfondse oor die laaste paar jaar op die beurs gekry het sal hulle op die oomblik dalk nie veel slegter daaraan toe wees deur meer in staatseffekte te plaas nie.

Ek weet dit, maar, die ESKOM en SAL YSKOR, KRYGKOR van daai tyd het reuse winste gemaak, anders as vandag se SBM's

Jy gaan nie jou opbrengs terugkry met vandag se sukkelde putte sonder einde nie.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 08:03:01 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13395
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

 Baie van die kommentaar hierbo laat my dink aan die gedagte dat die wat kommentaar het weet nie, en die wat weet lewer nie kommentaar nie.

Tot in die tagtigs het die vorige regering presies dieselfde gedoen vir die ontwikkeling van kapitaal projekte. Toe het niemand ‘n bohaai opgeskop nie.

Gegewe die opbrengs wat pensioenfondse oor die laaste paar jaar op die beurs gekry het sal hulle op die oomblik dalk nie veel slegter daaraan toe wees deur meer in staatseffekte te plaas nie.

Gelukkig het ek dan nog nie kommentaar gelewer nie......LOL

 

......bygesê, dis omdat ek nie weet niecool

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 10:50:21 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

'n Ekonoom het gister oor RSG iets genoem waaraan ons nie gedink het nie.  Hy het  gesê  dat een moontlikheid is dat beleggings in staatskorporasies dalk soos staatseffekte(government bonds) hanteer kan word.  Dit beteken dat daar 'n spesifieke rentekoers aangebied kan word wat wel kan wissel soos die belangstelling styg of daal en dat die rentekoers en kapitaal deur die regering gewaarborg word.  Sulke staatseffekte is dan ook vryelik verhandelbaar netsoos aandele.  Staatseffekte word algemeen as baie veilig beskou.  As ons die afgelope drie of vier jaar ook in staatseffekte belê het eerder as in aandele, sou ons heelwat beter daaraan toe gewees het as nou.  Ek praat onder korreksie maar ek dink amper die huidige koers is hier by 9% wat aansienlik beter is as die minder as 1% op die JSE oor die laaste drie jaar.  Ek glo nie die voorgeskrewe beleggings sal in die vorm van aandele kan wees nie want dit sal beteken die besluit is geneem om die instellings te privatiseer en daar is geen aanduidings op hierdie stadium dat dit oorweeg word nie.

Die bottom line is dus myns insiens, moenie opgewonde raak nie- wag tot ons meer weet en neem dan sinvolle besluite.  Enige besluite wat nou geneem word, is skote in die donker op 'n teiken wat dalk gladnie bestaan nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 16:15:34 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Fred, bogenoemde is wat ek noem 'n wel deurdenkte en sinvolle inset.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 09:32:07 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

My makelaar kom my vandag sien, julle het my bekommerd hier bo. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 12:25:38 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1683
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dankie. Ek lei af dat mense wat annuiteite by instansies soos Momentum/Liberty gekoop het nie geraak word nie

Ek is nie so seker nie. Daardie pensioenprodukte word steeds gereguleer deur die Pensioenfondswet en ook Regulasie 28 wat bepaal waar/hoe jou pensioen belê mag/moet word. Normaalweg sal jy dan jou pensioen in verskillende effektetrusts binne Momentum ens. belê. Die probleem is natuurlik dat ook die gewone man se gewone belegging daarin belê kan word, wat beteken dat hulle sodanige "verpligte belegging in staatseffekte" buite so beleggingsproduk kan doen. Die pensioenfondsbedryf het egter nog geen kommunikasie hieroor ontvang nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2019 @ 21:20:15 pm
Sisi
New Member
37% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 31 Aug 2019

Naand almal,  ek wil nie oor al die beleggings praat nie maar wil graag die volgende uitvind.  Weet nie of dit nou op die regte plek is nie.

Ek het einde Maart 2019 afgetree en ons wil bietjie toer met karavaan - ons is nog in ons "babaskoene".laughing

Wil graag uitvind watter oorde het pensionaris afslag en watter kan mens klein hondjies saamneem indien moontlik.

Hoop jul kan help.

Dankie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2019 @ 21:33:26 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Naand almal,  ek wil nie oor al die beleggings praat nie maar wil graag die volgende uitvind.  Weet nie of dit nou op die regte plek is nie.

Ek het einde Maart 2019 afgetree en ons wil bietjie toer met karavaan - ons is nog in ons "babaskoene".laughing

Wil graag uitvind watter oorde het pensionaris afslag en watter kan mens klein hondjies saamneem indien moontlik.

Hoop jul kan help.

Dankie.

 

Lees by soek in waar a jy soek en jy kry n antwoord. 

Daar is so baie om hier te noem. 

Welkom ook op die forum. 

Beste is begin n nuwe topic en jy gaan vinnig gehelp word. 

Sterkte. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 06:26:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13395
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Naand almal,  ek wil nie oor al die beleggings praat nie maar wil graag die volgende uitvind.  Weet nie of dit nou op die regte plek is nie.

Ek het einde Maart 2019 afgetree en ons wil bietjie toer met karavaan - ons is nog in ons "babaskoene".laughing

Wil graag uitvind watter oorde het pensionaris afslag en watter kan mens klein hondjies saamneem indien moontlik.

Hoop jul kan help.

Dankie.

 

Jy kan ook gaan loer op www.flipentilla.com ....daar behoort jy ook info te kry wat jou moontlik gaan help

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 09:57:56 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Om terug te keer na die pensioen-kwessie:  Regulasie 28 is net van toepassing op pensioenfondse buite die staatsdiens.  Die GEPF (Government Empoyees Pension Fund) en moontlik ander is nie daaraan onderworpe nie.  Staatskorporasies s'n, soos die SABC, is wel daaraan onderworpe.  Die beteken sulke fondse word streng beheer oor waar en hoeveel geld hulle kan belê, terwyl die staatsdiensfonds eintlik maar kan maak soos hulle wil, of soos die regering aan hulle opdrag gee.  Dis hoekom hulle instaat was om snaakse beleggings te maak soos in E-Tol.  Die regering het dus nie eers nodig om wette te verander om hulle te dwing om in statskorporasies te belê nie.  Maar soos hierbo genoem is dit dalk ook nie so sleg nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 12:03:54 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Daar was gister aand op Carte Blanche weer n opvolg van so rukkie terug. 

Het so stukkie gesien, net lieg stories. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 15:04:41 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Middag vriende, twee punte van belang.

Eerstens, Kanneman, jy is n wannabee finansielle kenner van formaat, jy moet eerstens leer lees en tweedend verstaan wat jy lees, dit is baie belangrik.

Tweedens, daar is nie gese dit het al begin nie, "oorlogstromme" beteken gerugte in die toekoms in...

Dit is dan ook waarom Carte Blance gister die insetsel gehad het, daar is gerugte dat die regering dit wil doen en ons almal ken ons regering.

Kanneman, weet jy iets wat ons nie weet nie.....

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 16:28:44 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Middag vriende, twee punte van belang.

Eerstens, Kanneman, jy is n wannabee finansielle kenner van formaat, jy moet eerstens leer lees en tweedend verstaan wat jy lees, dit is baie belangrik.

Tweedens, daar is nie gese dit het al begin nie, "oorlogstromme" beteken gerugte in die toekoms in...

Dit is dan ook waarom Carte Blance gister die insetsel gehad het, daar is gerugte dat die regering dit wil doen en ons almal ken ons regering.

Kanneman, weet jy iets wat ons nie weet nie.....

Frikadel, jou oordeel is dat ek 'n "wannabee finansielle kenner van formaat" is, dat ek eerstens moet leer lees, en dat dit baie belangrik is dat ek moet verstaan wat ek lees.  

Jy vra of ek iets weet wat jy nie weet nie. Aangesien ek en jy waarskynlik toegang het tot dieselfde nuusbronne wil dit vir my voorkom asof ek hier êrens 'n begripstoets gedop het.

Aangesien ek blykbaar nie in staat is om behoorlik te lees nie, en dan boonop nie verstaan wat ek lees nie neem ek die vrymoedigheid om vriendelik vir jou te vra om asseblief vir my 'n beknopte oorsig van die onderstaande twee tersaaklike berigte se pertinente punte te gee, sodat ek kan verifieer of ek 'n begrip het waarvan daar gepraat word.

https://www.netwerk24.com/Sake/Energie/wereldwyd-koop-beleggers-steeds-eskom-effekte-20190902

https://www.netwerk24.com/Sake/Energie/Eskom-aandele-kan-veilige-opbrengs-bied-kenners-20150524

Ek sien daarna uit om jou interpretasie van bogenoemde te lees.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 18:11:54 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Jy lees weer nie, gerugte, dis wat ek gesê het, gerugte. Elke ou kan mos maar gaan kyk waar is die vuurtjie want daar is ń rokie. 

Maar, jy kan gerus belê as jy wil. 

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 18:23:09 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Askuus, wou bysê, as jy mooi lees sal jy sien dat beleggers nie worry oor hulle belegging nie want SA sal Eskom nooit ten gronde laat gaan nie want hulle gaan onder ander pensioen gebruik om hom te laat bestaan. Met so ń kolateraal sal ek ook belê ten koste van mense se pensioene. 

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 20:30:39 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Frikadel - ek neem aan die naam is 'n samevoeging van twee persone se name, soos bv. Frik en Adel, nie 'n gerolde bondeltjie vleis soos in frikkadel nie.

Ek vind dit vreemd dat jy nie op die man af op my vriendelike versoek reageer nie. Maar dit daar gelaat - ek het kennis geneem.

Jy beskuldig my daarvan dat ek weer nie lees nie. "Jy lees weer nie, gerugte, dis wat ek gesê het, gerugte." 

Vroeër sê jy: "oorlogstromme" beteken gerugte in die toekoms in..." Ek verneem graag watter bron jy gebruik het vir hierdie definisie. Ek vra want ek begryp alweer nie, sien, my verstaan van oorlogstromme is toevallig anders, soos waar Zoeloe krygers opgesweep word vir 'n veldslag. Terloops, my 2010 weergawe van Pharos verwys glad nie na die woord "oorlogstromme" nie, asof dit in die heendendaagse omgewing in onbruik verval het. 

Ek was destyds geleer dat goeie kommunikasie nie noodwendig gaan oor wat gesê word nie, maar oor wat verstaan word.

Graag verduidelik ek wat my verstaan is van "Baie van die kommentaar hierbo laat my dink aan die gedagte dat die wat kommentaar het weet nie, en die wat weet lewer nie kommentaar nie." Om te parafraseer - daar kan kommentaar gelewer word na aanleiding van gebrekkige inligting - die "weet nie", terwyl persone wat wel die antwoorde het dit nie noodwendig kan of wil bevestig of ontken nie. Ek wil my half en half herinner dat ons Staatspresident hom onlangs daaraan skuldig gemaak het t.o.v. die onderwerp onder bespreking.

Wat die pensioene onderwerp betref, ek het nie veel van 'n bekommernis daaroor nie. Wat my meer bekommer is dat die huidige regerende party gedurende die vorige bedeling hulle ondersteuners aangemoedig het tot ongehoorsaamheid, wandade, beskadiging van eiendom en wetteloosheid. Nou gaan dieselfde mense voort met dit wat hulle geleer het, en daar is blykbaar geen manier waarvolgens die staat dit aan bande kan lê nie. Vanaand se nuus wys waar plunderaars in van Johannesburg se voorstede ingevaar het. Dit is vir my baie meer rede tot kommer as oor waar pensioenfondse belê.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required