English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 987
Total Replies: 243 364
Total Views: 82 948 309
topics: 11 230
replies: 132 894
views: 39 172 329
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Klein karavaan met eilandbed

replies: 25
views: 367
11 Nov 2019 @ 13:02:17 pm
Koos
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 02 Dec 2012

Ons het lekker met Sprite Sport en Gypsey Caravette gekamp, maar die oor mekaar geklimmery as jy in die nag 'n draai wou gaan loop, was niks lekker nie.

Watter  klein karavaan (2 persone) met eiland bed is beskikbaar? Iets wat nie uitmekaar gaan val op grondpad nie. (nie 4x4 roetes)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 15:37:28 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dis een rede hoekom ek die xplorer verkoop het.

Die oormekaar klim met my rug sou nie werk nie.

Toe maar die Jurgens Classique bestel.

Hy is nog in die fabriek.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 15:57:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15627
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sprite Tourer SP kan moontlik vir jou werk?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 17:26:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Daar is een. Het hom die naweek gesien. 

Kan nie sy naam onthou nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 17:43:58 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5759
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Is dit nie die Gypsey nie ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 17:56:41 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5759
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years
Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 18:11:18 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2876
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die twee karavane wat jy noem, is beslis nie geskik vir rowwe paaie nie Koos.  Ek weet nie of jy een van hulle besit nie, maar indien wel, is dit nie te vergesog om die bed te herbou volgens jou behoeftes nie- dit word trouens baie deur karavaan eienaars gedoen.

Die Gypsey Light Impi wat Willem hierbo geplaas het, het 'n dubbelbed maar dis ook net vir die teerpad bedoel.  Ek weet nie wat die geval met waens wat vir swak padtoestande bedoel is nie, maar onthou dat hulle vanweë hulle stewiger bou, baie swaarder is as soortgelyke grootte padwaens en ook baie duurder is.

So terloops, weet enigiemand miskien hoe hoog die Impi is met sy fak platgeslaan?  Ek kry nie die stukkie inligting op internet nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 18:40:01 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dis net hy.

Dink sy dak sonder uit is ook 260m.

Die uit gedeelte kan 300mm by wees.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 19:25:22 pm
Anonymous

Great idea : Build a Sherpa Tiny and just put a door on each side next to the bed....There you have an island bed and the back problems are a thing of the past...... Ha Ha Ha Ha

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 19:38:42 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Great idea : Build a Sherpa Tiny and just put a door on each side next to the bed....There you have an island bed and the back problems are a thing of the past...... Ha Ha Ha Ha

Ou grap gat...........lol

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2019 @ 19:45:34 pm
Anonymous

Ek sien dar is  mense wat nie hou  nie van my idees....tongue-out

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 05:49:35 am
Kurper
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 249
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 36 years

Ek sleep SP Tourer. Het 2 enkelbeddens met toilet en wasbak. Werk nogal goed.

Skrik nie vir grondpad nie.

β€œHe was a wise man who invented beer.” – Plato
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 08:42:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sien dar is  mense wat nie hou  nie van my idees....tongue-out

Any idea is a good idea if it works for you.  The bed in the Classique we had was great.  The Queen size bed in the Sensation is now "Chapperig"

Ons het lekker met Sprite Sport en Gypsey Caravette gekamp, maar die oor mekaar geklimmery as jy in die nag 'n draai wou gaan loop, was niks lekker nie.

Watter  klein karavaan (2 persone) met eiland bed is beskikbaar? Iets wat nie uitmekaar gaan val op grondpad nie. (nie 4x4 roetes)

Ou Jurgens Wimpi het wat jy soek.

Gypsey Rapier of een van die kleiner make het so bed.

Jurgens Expo nuwe modelle het 'n tipe van eiland bed.

Dan Sprite reekse het ook eiland beddens.

 

Die groot ding is jou behoefte aan grondpad ry.

Daar is dit volwaardige Off-road waens of die Sprite Tourer SP en SC reeks as ek reg onthou. En wat betref die eiland bed binne weet ek nie of dit in die modelle beskikbaar is nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 08:52:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dan om Gerd se idee te volg.

Koop 'n Jetstream Tear drop trailer.

Slaan die dome tipe Gazebos bo oor hom op natuurlik met die sykante.  Een van die pote by die haak van die trailer maw soos 'n diamant oor die trailer.

So is die teardrop se bed toeganklik van beide kante, die hele opset van die teardrop is onder die Dome gazebo met sykante vir privaatheid.

Baie belangrik jy kan die Jetstream trailer in 'n Offroad formaat kry, maar die gewone een gaan jou al vêr bring op rowe roetes ook.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 08:59:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

As ek drasties moet afskaal sal dit na die tipe konsep toe wees.  Half moet sfskaal sal ek terug gaan na 'n Classique toe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 09:50:40 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Kyk gerus na die Skipper reeks wat grondpaaie goed hanteer.

Klein, stabiel en reg geprys.

Ek het 'n ou ontmoet in Natal, wat 'n teerdrop karavaantjie het.

Hy parkeer hom binne 'n viekantige tent, dan gebruik hy nog so tent vir sitkamer. Hy sit die twee tente so naby aan mekaar, dat daar nie afskorting tussen die tente is nie, so een groot leef area. Sleep met 'n Duster of Nissan X-trail...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 09:55:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Kyk gerus na die Skipper reeks wat grondpaaie goed hanteer.

Klein, stabiel en reg geprys.

Ek het 'n ou ontmoet in Natal, wat 'n teerdrop karavaantjie het.

Hy parkeer hom binne 'n viekantige tent, dan gebruik hy nog so tent vir sitkamer. Hy sit die twee tente so naby aan mekaar, dat daar nie afskorting tussen die tente is nie, so een groot leef area. Sleep met 'n Duster of Nissan X-trail...

Mens kan baie planne maak met die toerusting daar buite. 

Dalk so draad begin.  Hoor wat gebruik die mense van verskeie vervaadigers om sy kamp opset te kry wat dit is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 10:23:21 am
Koos
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 02 Dec 2012

Ek het die Sprite sprint, sport en gypsey caravette besit, baie swak gebou,  en het maar redelik uitmekaar geval op grondpad.

Ek sien nie kans vir 'n swaar "off road" nie, ook nie iets waar ek met 'n leer moet opklim nie. Ons kamp tans met tent en sleepwa wat baie goed gewerk het in Kgalagadi maar die ge tent opslanery is nie so lekker nie. Ons hou maar daarvan om stiller dele op te soek, dus probeer ons teerpaaie vermy. Om 'n duur karavaan te he wat van tamatiekas plankies gebou is en dan net paar keer per jaar gebruik word is nie vir my lonend nie.  Daar is paar oorsese vervaardigers wat "carbon fibre" gebruik het, maar dit is baie baie duur. Voordeel, lig en baie sterk. Intussen kamp ons maar met tent en sleepwa tot ek 'n beter opsie kry.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
12 Nov 2019 @ 10:25:45 am
Koos
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 02 Dec 2012

Is dit by Keirivier?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 10:35:48 am
Anonymous

Grondpad is nie gelyk  grondpad .... nie ...Versigtig wees....

Grondpad met zinkplate is doodelik , Grondpad sonder zincplate is ok as jy versigtig ry en net vir kort afstande maar nie vir 50,60 of 100 km.

Grondpad met baie sand ge "sandblasting " probleme met die voorkant van die wa en met die onderkant ook.... 

Ek dink nie, dar is n IDEALE GRONDPAD NIE , miskien n paar km op pad na n oord in Suid Afrika maar as jy grens oorsteek is die grondpaie n avontuur en n road caravan terminator.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 10:42:07 am
Anonymous

I did  the C35 (From Etosha) in Namibia 2014 with a Merc (old A-class) and  Gypsy Caravette 2.

After 10 km zinc plate cupboard doors fell off and also  the  fridge door of my brand new Dometic 3-way fridge with subsequent smashed eggs on the floor, etc etc.cry

The Merc was fine.....laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 16:05:42 pm
Cabs
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 272
Joined: 03 Jul 2013
Experience: 7 years

Look at the Quantum Connect, Island bed and a bathroom too.

This is me, I am who I am!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 17:14:38 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

I did  the C35 (From Etosha) in Namibia 2014 with a Merc (old A-class) and  Gypsy Caravette 2.

After 10 km zinc plate cupboard doors fell off and also  the  fridge door of my brand new Dometic 3-way fridge with subsequent smashed eggs on the floor, etc etc.cry

The Merc was fine.....laughing

Dis waarvoor ek bang is met vandag se vakmanskap en materiaal.

Hulle bou mos om geld te kry, nie vir kwaliteit.

Kyk n 1984 Jugens Sport. Yster van n wa, en hy was ligter.

Vandag Gert se reispapier en twee keer swaarder.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 19:19:41 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 307
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

Look at the Quantum Connect, Island bed and a bathroom too.


This looks a good on road caravan but does not look like it is built as a rough roader caravan. You have one Cabs so could comment
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2019 @ 19:43:02 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2876
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jin, Dankie vir die mates van die Gypsey. Ek het gewonder of dit dalk laag genoeg is vir 'n standaard garage, maar duidelik is dit nie.

Koos, soos met meeste dinge, is daar nie 'n enkele oplosing wat alle probleme dek nie.  'n Karavaan wat rowwe paaie kan hanteer is swaar en duur, en dan volgens drade op hierdie Forum, skud dit ook maar uitmekaar as die pad baie rof is en het dalk nie die uitleg wat jy vereis nie.

Hoe handvaardig is jy- is daar dalk 'n moontlikheid dat jy een vir jou behoeftes kan bou?  Ek sou in so 'n geval een van die ouer CI karavane wat nog kronkelvere en skokbrekers het, se onderstel gebruik.  Of 'n ouer Jurgens met bladvere. Ek is nie seker wanneer die behoorlike veerstelsels laat vaar is nie- waarskynlik in die laat tagtiger jare.  Vir swak paaie sal jy ook skokbrekers in die Jurgens onderstel moet inbou. Jy kan dan 'n stewige bakwerk bou van geskikte materiaal, maar dis 'n groot projek.

Alternatiewelik kan jy ook 'n AL-KO onderstel met bladvere- let wel, nie met rubber asse nie, koop en daarop bou. Dit kan dalk duurder wees as 'n ou ondersel maar dan weer jy begin met 'n kwaliteit basis.  Kyk gerus na die brosjure op AL-KO se webblad as jy belangstel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2019 @ 07:58:01 am
Cabs
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 272
Joined: 03 Jul 2013
Experience: 7 years


This looks a good on road caravan but does not look like it is built as a rough roader caravan. You have one Cabs so could comment

Yes I have one and it is quite sturdy. I have not taken it bundu bashing but it holds its own off road.

This is me, I am who I am!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First