English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 778
Total Replies: 222 667
Total Views: 82 042 268
topics: 4 283
replies: 28 825
views: 17 287 015
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 427
replies: 95
views: 17 245 344

Klein Paradys - Port Shepstone

replies: 27
views: 6142
22 Nov 2016 @ 11:34:32 am
Dawie7107
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 06 Sep 2015
Good Morning All,

Did anyone camp at Klein Paradys - Portshepstone recently?
Is it a nice camping site, safe and clean?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 11:56:42 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12603
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Welkom op die forum, Dawid. Dis die eerste keer dat ek hoor dat daar n Klein Paradys in Port Shepstone is.....dit wil s daar is 3. Hoop daar is iemand wat daar was en jou antwoorde kan gee.
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 12:44:55 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1057
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Dawie, welkom.   Gert se vraag is relevant.   Ek kry ook nie 'n Klein Paradys (KP) op Port Shepstone of in daardie omgewing nie. 

Daar is 'n KP by Brits (KP Karavaan Park), Nylstroom (KP Gasteplaas) en Parys (Greystoke at Klein Paradys of ook bekend as KP Vakansie-oord).

Jou GPS se kaart is 'n klein bietjie uit laughing.

Groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 12:51:59 pm
Dawie7107
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 06 Sep 2015

Hi Butts en See liefhebber.
Ek weet ook van die een in Brits maar hier onder is die "web adress" vir die een in Port Shepstone. Is dit dalk n nuwe kamp plek of dalk n ou een wat nou naam verander het?
http://kleinparadys.webs.com/directions
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 13:18:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12603
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek sien nou.....baie interesant...sal draad dophou vir terugvoering. 👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 13:22:21 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1057
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Dawid, die plek bestaan wel.  Hulle het tans twee staanplekke oor in Des.   Die vrou wat antwoord praat Afrikaans en haar seun wie mede-eienaar is, is 'n Polisieman in jou dorp !!!

Skakel 039 681 2611.   Webtuiste is  "kleinparadys.webs.com" .   Epos kleinparadys@vodamail.co.za.

Dit kan mens deurmekaar maak want die Nylstroom en Brits KP'e het soortgelyke webtuistes.

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 13:24:53 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1057
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Dawid, as jy na die kaart kyk maak Stephenweg 'n draai binneland toe weg van die R102.  Die plek is daar geleë.   Vir die vrou genoem dat hulle nie op die garmin kaart verskyn nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 13:30:14 pm
Dawie7107
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 06 Sep 2015
Butts, dankie vir die terugvoer. Ons het plek bespreek by hulle vir Desember oor Kersfees. Dit was net vir my snaaks dat n mens nog kan plek kry oor die tyd veral as jy so laat besluit om te gaan. Die feit dat ons kon plek kry het my laat wonder hoekom is die plek nie vol bespreek nie. Dit is wel jammer dat daar nie plek is nader aan die strand nie....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 13:33:23 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7180
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Welkom op die forum..

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 13:39:19 pm
Dawie7107
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 06 Sep 2015
Dankie Chuck Norris.
Ek het altyd net op die forum almal se stories gelees en geniet dit baie.
Vandag moes ek die Forum bietjie "gebruik" om inligting te kry oor nog n "Klein Paradys"(:
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 14:19:28 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Ek kyk nou op Google earth, en sien dat Stephen weg se GPS koordinate is 30 40'26.68"S en 30 30'21.68" is. Dit is waar hy weg draai van af die R102. Die datum van die foto is 28/8/2016, ek dink die ko ords van die park is 30 40'15.45"S en 30 29'51.39". Dit is al plek waar daar iets is wat lyk soos 'n woonwa oord.undecided Dalk is ek heeltemal verkeerd.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 14:32:15 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Heeltemal verkeerd ek was so 1km verder as vat ek moes wees. Op Street view, lyk die ingang bietjie nou vir 'n groot wa. Stephen weg is bietjie van 'n nou straat.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 16:37:45 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 362
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 14 years

Die webpage wys karavaan staan plekke ook eerste keer dat ek hoor van die plek

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 17:37:30 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Nou toe nou. Ek woon 12km van Port Shepstone af en ken nie so n oord nie. Sal interresant wees om meer oor hom te hoor.
Julle moet ook nie van Flip De Wet se Fairhills karavaanpark in Ramsgate (net suid van Margate,so 2 of 3km)) vergeet nie.Flip het reuse opknappingswerk daar gedoen. Ek het nie onlangs met Flip gepraat nie en weet nie of hy nog plek het vir Desember nie. Miskien kan hy sommer hier antwoord.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 18:06:09 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 38 years
Dawie, welkom op die forum.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 20:14:27 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2668
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Welkom op die forum.
So leer ons maar almal.
Miskien kan Pit vir ons daar gaan loer en terrugvoering oor die Park gee. Dit sal seker baie waardeer word...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 20:58:51 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12603
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Miskien net seker maak hul stands is groot genoeg vir n karavaan, want op hul website praat hulle net van tent staanplekke wat beskikbaar is....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 21:06:26 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Ek sal probeer oor die naweek daar gaan loer en dan terugvoer gee.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2016 @ 17:04:17 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Dit is vandag taamlik reenerig hier by ons en toe besluit ek dit is n goeie tyd om te gaan kyk hoe lyk Klein Paradys. Dit is gelee so 10km vanaf Port Shepstone in Durban se rigting. Die paadjie vanaf die hek tot by die kampterrein is nie lank nie maar nou, met n baie kort draai waar jy die kamp terrein ingaan. Dit sal maar neuk met n groterige wa. Elke staanplek is op gras en het sy eie badkamer. Die badkamer is baie basies. Ek kan nie onthou of die mure geteel is nie maar die vloer is net sement. Dit het n toilet , wasbak en stort. Ek glo na n goeie skoonmaak sal dit beter lyk. Die paadjie terug is nogal steil uit die kampterrein uit. Alhoewel dit nat was het my Fortuner "gespin" om daar uit te kom.
Elkeen moet vir homself besluit wat hy as aanvaarbaar vind en wat nie. Ons as ouer persone sal nie gemaklik voel om daar te kamp nie. Besluit egter maar self of vra nog iemand om te gaan kyk. Ek hoop dit help.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2016 @ 20:57:41 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2668
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Dankie vir daai terrugvoering Piet...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2016 @ 21:03:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12603
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
PietG....dankie dat jy gaan kyk het en vir die terugvoering👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 14:13:58 pm
Dawie7107
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 06 Sep 2015
Baie Dankie PietG vir die terugvoering en vir jou tyd om te gaan kyk.
Ons het toe plek bespreek en bevestig. Ek sal weer terugvoering gee as ons terug is.

Dankie aan almal wat hier komentaar gelewer het.

Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 20:20:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12603
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Hoe ver is die kamp vanaf strand? Is daar n veilige swemstrand naby?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 20:55:36 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Geert die kampterrein is aan die "verkeerde" kant van baie besige hoofpad. Loop strand toe sal ek nie aanbeveel nie. Dit is ook n hele entjie. As jy sou ry is daar in die omgewing veilige swemstrande.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2016 @ 05:49:39 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12603
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Geert die kampterrein is aan die "verkeerde" kant van baie besige hoofpad. Loop strand toe sal ek nie aanbeveel nie. Dit is ook n hele entjie. As jy sou ry is daar in die omgewing veilige swemstrande.

Dankie vir terugvoering...waardeer👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2017 @ 16:28:26 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Dawie was julle toe by Klein Paradys en hoe het julle dit daar gevind?
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2017 @ 17:35:38 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Dawie is julle al terug by die huis?
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2017 @ 18:46:00 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Dawie ek is baie geintereseerd om te hoor hoe julle Klein Paradys,Port Shepstone gevind het?
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First