English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 292
Total Replies: 230 386
Total Views: 82 395 534
topics: 4 394
replies: 29 497
views: 17 336 444
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 398
replies: 197
views: 12 088
topics: 13
replies: 46
views: 59 759
Klein Paradys Caravan Park
North-West, Brits
79
Total Ratings: 79
79   
0
Rated: 07 Oct 2019
Type of Resort:
Family with children: 2
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Klein Paradys Caravan Park: Brits

replies: 8
views: 10013
04 Apr 2008 @ 12:26:51 pm
Gerda
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 03 Mar 2008
Ek was sopas vir die langnaweek by die kampterrein, en ek kan dit regtig aanbeveel. Skoon ablusieblokke, geen geraas - heerlike stilte en net lekker naby Gauteng om sommer op 'n Vrydagmiddag na werk soontoe te ry vir die langnaweek. Heerlike groot groen grasperke met die meer en kano's. Oproerige tienderjariges sal nie hier aard nie, vandaar die heerlike rusplek. Geluk aan die eienaars. Hulle geriewe vir dagboesoekers lyk ook lekker vir 'n Saterdag of Sondag. http://www.kleinparadys.com/
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr 2008 @ 13:57:06 pm
Willem
Platinum Member
14% Profile Strength
Posts: 271
Joined: 01 Jan 2007
Gerda, op watter staanplekke het julle gestaan? Die aan die swembad se kant of die aan die anderkant van die dam?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr 2008 @ 14:47:28 pm
Gerda
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 03 Mar 2008
Al 3 kere aan swembad se kant gestaan, maar moet se dit lyk ook baie lekker aan die ander kant van die wal waar die "private" kampplekke is. Was jy al daar?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr 2008 @ 18:43:40 pm
Willem
Platinum Member
14% Profile Strength
Posts: 271
Joined: 01 Jan 2007
Gerda ons het met 'n saamtrek oorkant die dam gestaan. Baie lekker en rustig. Ons het 'n fees daar gehad met min steurnis van die ander kampeerders. Gaan staan een ker op die luukse plekke, baie lekker daar. Is net ver van die swembad af, maar met die watervervoer is dit nie 'n probleem nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2008 @ 10:34:07 am
Gerda
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 03 Mar 2008
Willem Dankie volgende keer met 'n familiefees gaan ons beslis die oorkantste wal probeer. Dit lyk baie lekker en mooi daar. Gerda
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2008 @ 22:20:46 pm
rika
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 07 Sep 2007
Hallo Almal, ons was die naweek weer by Klein Paradys, Brits en het op die luukse staanplekke gestaan - 'n "treat" voorwaar! Het ongelukkig 'n potjie geloop met kampeerders wat dink die swembad is 'n drinkplek en rugbyveld. Na 'n vreeslike gevloek en geskel van hulle kant af het Emile hard gepraat en het die moeilikheidmakers die aftog geblaas. Jammer dat daar steeds mense is wat geen respek vir ander kampeerders het nie en vir wie oormatige drankverbruik sinoniem met kamp is. Geen wonder dat ons deesdae met probleemkinders sit nie - dis die voorbeeld wat die ouers stel. Dankie Emile vir jou hulp en ondersteuining!! Alles verder pragtig en baie skoon. Sal oor-en-oor soontoe gaan, die moeilikheidmakers ten spyt. Wat dink julle ouens? Hoe kan ons parkeienaars soortgelyke probleme hokslaan?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2008 @ 15:29:35 pm
Jacques
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 14 May 2007
Hi Gerda, Willem, Rika, Ons gaan die naweek vir die eerste keer by Klein Paradys kamp. Het 'n kansellasie gekry en staan op no 71 (skadunet). Kan julle my vertel of die staanplek naby/ver van die dam/swembad is, asb? Ons het ook 2 jong kinders, so kan ons fietse saamvat of is daar nie eintlik plek om te ry nie? Baie dankie Jacques
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2008 @ 20:30:35 pm
Pierre
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 25 Jun 2007
Hi Jacques, jy is aan die kant waar die swembaddens is & jy is redelik naby aan alles. Vat gerus fietse saam dis altyd 'n wenner met kinders. Jy sal hierdie kampplek baie geniet & beslis weer terugkom - vra my ek weet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2008 @ 11:34:33 am
Jacques
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 14 May 2007
Dankie vir die terugvoer Pierre. Ons sien baie uit daarna. Het al baie gehoor en gelees van die oord, almal se kommentaar is baie positief. Ek het intussien ook op hul webwerf 'n oordplan raakgeloop en kon mooi sien waar staanplek 71 is. Gelukkig is dit nie naby die dam nie, want met klein kinders sal ons senuwees dit nie hou om hulle heeltyd dop te hou nie. Al wat nou moet gebeur is dat die naweek moet aanbreek! Groete, Jacques
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required