English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 243
Total Replies: 229 719
Total Views: 82 363 345
topics: 4 377
replies: 29 365
views: 17 329 734
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 397
replies: 192
views: 11 700
topics: 13
replies: 46
views: 59 740
Klein Paradys Caravan Park
North-West, Brits
79
Total Ratings: 79
79   
0
Rated: 07 Oct 2019
Type of Resort:
Family with children: 2
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Klein Paradys - Brits

replies: 3
views: 9718
10 Mar 2009 @ 14:03:20 pm
Neill
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 13 May 2008
Ons het Vry, Sat en Son (6-9 Mrt 09) by Klein Paradys net buite Brits gaan kamp (luukse staanplekke no 107 & 108). Dit was onbeskryflik! Ons almal het eenparig besluitdat ons nou ons "final camping destination" bereik het. Die natuurskoon is onbeskryflik, die Tuin van Eden 'n belewenis en die roeibootjies op die dam 'n avontuur! Ons kinders het langs die treinspoor gestaan en vir die treindrywer gewaai tot hy daai trompetter van 'n toeter blaas, elke drie keer wat hy op 'n dag daar verbykom. In die aande het die kinders langs die water gehardloop om vuurvliegies te vang! Deur die dag het hulle op die dik lowergroen grasperke gespeel en die eendjies ou brood gevoer! Eindelik het ons Sondag eers tussen die rus deur tyd gekry om vir 'n paar minute in die heerlike warm swembad anderkant die wal te gaan dobber. Dit was die rustigste kamp wat ek nog beleef het! Wanneer ons teen 22h00 nog om die kampvuur sit en gesels voel dit of die hele kamp al gaan slaap het! O ja, die beste van als is dat GEEN musiek toegelaat word nie! Daar word jy gewaarborg dat jy nie 'n doef-doef-innie-boot buurman sal h nie! Ek moet s, Klein Paradys Brits stel die "bench mark" waarby die ander nog moet kom of kersvashou. Van nou af sal enige oord deur die Venters gemeet word aan Klein Paradys Brits. Dankie aan die eienaars en die bestuur vir 'n fantastiese naweek! Sien julle beslis weer! Kampgroete, Neill.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2009 @ 07:27:27 am
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 812
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 28 years
Neil stem saam oor die doef doef musiek en dat dit daar baie rustig is kamp redilk baie daar die afgelope 4 jaar al en wat verder nice is, is om ontwikkeling in n oord te sien dieselfde met Drie Berge. Ons het by die tuin van eden gewoonlik n mandjie gepak en dan daar gaan peikniek hou so rustig en ontspanend. Kamp Groete Diederik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2009 @ 19:24:32 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6405
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years
Neil het julle die gps kordinante ver die plek wil gaan draai.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2009 @ 15:31:52 pm
Neill
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 13 May 2008
Jammer ek reageer nou eers! Hier's die koordinate! Gps Co-Ordinates: 25 30.474, E 027 44.023 Groete, Neill
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required