English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 999
Total Replies: 243 613
Total Views: 82 966 641
topics: 4 475
replies: 30 407
views: 17 419 797
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 429
replies: 29
views: 17 352 908
topics: 12
replies: 40
views: 1 212
ATKV Klein-Kariba Holiday Resort
Limpopo, Bela-Bela
126
Total Ratings: 126
123   
3
Rated: 07 Jan 2020
Type of Resort:
Family with children: 6
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Klein Kariba

replies: 17
views: 9369
23 Jul 2011 @ 11:11:27 am
Wynand
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 01 Apr 2008

Ek het vir 'n week by Klein Kariba bespreek, vanaf Sondag tot Sondag (buite skoolvakansie) Die aankomstyd is 14:00.  Ons het versoek om teen 11:00 toegelaat te word, wat 'n groot probleem vir die oordbestuur was.  Ek verstaan dat dit in besige tye 'n probleem kan wees - maar stil tye, ek weet darm nie.  My eerste ervaring van Klein Kariba is maar negatief.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2011 @ 20:07:26 pm
Redj
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 39
Joined: 18 Sep 2005

Hi Wynand

Julle gaan Klein Kariba geniet. Wees net ingestel.

Ek dink by kleiner oorde is dit anners, daar maak hulle plan.

Groot plekke het maar routines, skoonmaak rosters ens ens. Werk ook seker daarvolgens en bring die personeel sekere tye en getalle in volgens besprekings om sodoende kostes te bestuur.

Dink ook netnou daaraan park met 300 staanplekke het >100000 staanplekaande om te verkoop. As net 1% of 1000 besoekers per jaar twee ure vroeg is per besoek is dit 2000 ure se Eskom krag, ens, ens meer.

Dink nie hulle wou snaaks wees nie, weet ook nie. Sal nice wees om die Bestuurder se terugvoer te hoor want mens weet nie altyd anner ou se challemges.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2011 @ 23:00:07 pm
Wynand
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 01 Apr 2008
Dankie Redji Ek sal ook graag van bestuur wil hoor. Volgens die persone waarmee ek gepraat het word daar nooit uitsonderings gemaak nie. In so n kompeterende industrie is dit nadelig om slegs rigiede reels na te volg. Om in die behoeftes van kliente te voorsien behoort bo aan die lys te wees. My volgende wegbreek sal eerder na n oord soos Sondela wees waar diens 5 ster is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2011 @ 07:56:26 am
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 815
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 29 years

More julle

Ons het n hele paar jaar by Klein Kariba gekamp en dit regtig baie geniet totdat ons twee kampe na mekaar probleme op getel het die oord bestuur op daardie stadium was on behulpsaam en selfs op briewe wat ons geskryf het geen reaksie gekry nie met die gevolg die laaste 4 jaar geen kampe daar nie. Ek verneem wel dat hulle weer goeie diens lewer so teen die oord self kan ek net goeie dinge uitspreek, ek glo dat mense wat daar kamp dit wel sal geniet.

Kamp Groete

Diederik (Dick)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2011 @ 10:30:59 am
Sandy
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 37
Joined: 11 Feb 2011

We visited Klein Kariba last week. The whole caravan park was empty (there were 4 sites being used) and we were allocated a site. As we arrived on the Sunday after 15h00 we couldn't object and once you're set up, you can't exactly move. They put us on top of each other.  On a positive note the quality of the water in the park is good, the ablusions are very clean and hot water is available.  We didn't like this resort because the workers are so loud and "in your face", if you want to rest this is not the place to be. It also looks like a bush camp everything is brown and dull.  The monkey's are a big problem too.  We tried one of the walking trails and got so lost, the white paint markings seem to stop for sometimes up to 500m.  Very confusing.  The map on the website doesn't mention to take the second Settlers offramp.  As I said not one of our favourite spots.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2011 @ 12:14:51 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek dink die groot rede vir die probleem van vroeër op die staanplek gaan is gedurende normale skool tye kampeer meeste mense maar van Vrydag tot Sondag laat. U is die uitsondering op die reel met die dat U van Sondag tot Sondag daar wil staan. Ek glo die moontlikheid bestaan dat iemand nog op jou staanplek kan wees as gevolg van die kampnaweek buite seisoen.

Ek stem saam met die res van die insette U behoort Klein Kariba baie te geniet en die reeling is glo ek om maar die naweek kampeerders buite sesoen te akkomodeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2011 @ 13:38:19 pm
Wynand
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 01 Apr 2008

Hi Sandy You were lucky to have workers "in-your-face" when we arrived they all disappeared. We struggled to get the power going,  we had older people joining us and would have wanted some help with setting up the caravan tent.  The facilities are good, but service and attitude questionable.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2011 @ 13:47:49 pm
Sandy
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 37
Joined: 11 Feb 2011

Hi Wynand,

We go caravanning to get away from the noise, the workers use their noisy leaf blowers the whole day,  we heard them from the mountain when we were hiking, not pleasant.  The maids speak so loud and they're up and down all day you know when the workers are arriving and leaving sometimes 8 - 9 at night.  We have visited many campsites with workers and we understand the need for them but these have NO concept of consideration for the guests that actually pay their salaries at the end of the day.  I must say again the ablusions are immaculate and the water quality is good, but we go away to rest and we are lucky enough to be able to go out of season as our children are grown up now, so this is really unexpected and disappointing.  This was definately our first and last visit to Klein Kariba.  I also don't grasp the concept of check in times as the park is empty and the allocation of sites, I prefer to choose my own site.  We were given a shady site in the cold of winter.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2011 @ 16:16:29 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Ek het daar aangekom om 1 uur en het ek (gana- gana) gehad met die personeel onbeskof ,ons het toe buite gesit tot 2 uur Klein Kariba sien my nie weer

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2011 @ 09:33:49 am
Erich
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 33
Joined: 01 Jan 2007

Wynand dit lyk vir my dit is maar die oord se manier.Ek weet nie of dit nog dieselfde bestuurder is nie maar ek het in 2006 ook 'n probleem met die oord en bestuur gehad.September 2006 se langnaweek het ons daar gekamp en die oord was propvol (uit sy nate gebars)Die Saterdag toe stop daar 18 busse wat elk 80 passasiers vat.Die fasaliteite kon dit gladnie hanteer nie.Oral moes ons in toue staan die swembaddens was 'n disaster ablusie geriewe die winkel restaurant en dit ten koste van ATKV lede wat ledegeld betaal en betaal het om daar te kamp.Die oorvloed dagbesoekers het ons vertrap.Ek het gekla by ATKV oor die aangeleentheid destyds en daar was gesê die oord bestuurder sal my kontak maar hy het dood eenvoudig hom daaraan afgevee.Dit was ook laaste wat die oord my gesien het en sal sien.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2011 @ 09:23:27 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Lyk my dit raak nou 'n algemene probleem, Die swak bestuur van die ATKV oorde. Mense kla netso oor ATKV Buffelspoort.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2011 @ 14:01:12 pm
Hannes
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 02 Aug 2011

Ek was eenmaal (Feb 2010) by Klein Kariba vir 'n naweek.  Ek moet sê my ervaaring was meeste van die reeds genoemde goed.  Van onvriendelike personeel tot raasende werkers met blaas implemente wat mens vol stof blaas terwyl hulle blare die pad afjaag...

Ek het ook die baie dagbesoekers beleef.  Inteendeel, mens moes tussen 'n klom dronk swart dagbesoekers deurloop as mens by die warm onderdak swembad wou uitkom.  Een keer was daar selfs 'n sneedige aanmerking aan ons gemaak toe ons daar deur stap.  Dit kan die oord natuurlik nie voor help nie.  Die ergste was toe ek my (toe 4 maande oue) baba uit die onderdak swembad water lig en die swart kuns hare (invlegsels) wat dieselfde groep aan die buitekant dra, soos toue aan my kind hang.  Dit was effens grillerig...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2011 @ 11:54:21 am
HappiCamper
Gold Member
25% Profile Strength
Posts: 124
Joined: 17 Apr 2007

Ons was self lanklaas by Klein Kariba weens dat ons nou nie meer in Gauteng bly nie, maar al was ons daar, sou ek verby gehou het. Ons laaste kamp daar het ek ook besluit dit was die laaste, nie oor die redes hierbo nie, maar omdat seker mense word drank se slaaf by so 'n naweek. My dogter was redelik seer gemaak deur 'n onnoselle vent wat gesuip was en binne in haar vas gegly by die super tub. Toe ek die vent gekonfronteer het, was al sy ewe gesuipte maats daar om verskoning aan te bied. Klag by bestuur ingedien - aksie teen die mense = GEEN.

Dit was vir my 'n jammerte want dit was 'n lekker plek om heen te gang om te kamp

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2011 @ 09:57:02 am
Tommie
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 03 Aug 2011

Goeie dag aan almal en ook aangename kennis. Ek praat so bietjie saam namens myself as nuwe oordbestuurder sedert 1 Junie 2011 van Buffelspoort, asook Wim De Wet as oordbestuurder van Klein Kariba sedert 15 Aug 2008. Klein Kariba se datalynne is gesteel en daarom het ek en hy gesels dat ek namens ons altwee antwoord. 

Uit navorsing wat Wim-hulle gedoen het onder hulle gereelde kliënte, het dit duidelik geblyk dat naweek gaste voel dat hulle gewoonlik op `n Vrydag laat aankom, en dan moet hulle op `n Sondag weer @ 11h00 ontruim, wat hulle kuier tyd baie kort maak. As jy as karavaner eers opgepak het, wil jy maar eerder ry. Omdat week besetting in die karavaanpark laag is, is daar ook die promosies waar jy van Sondag tot Vrydagoggend kan staan @R400 vir die week. Hierdie promosie het baie goed by hulle gedoen, en verder druk op die aankomstyd geplaas. Die naweek groep wil laat uitgaan en die weekgroep wil vroeg inkom.

Vandaar die besluit deur die Klein Kariba bestuur om die aankoms tye streng te bestuur na 14h00. Hulle het ook intussen die promosie verander van Maandag tot Vrydagoggend, sodat die weekgroep nie op Sondae aankom nie. Dit is seker ook so dat hulle nie elke naweek so besig is dat al die staanplekke nie vroeër beskikbaar is nie, maar dit veroorsaak `n administratiewe nagmerrie as jy begin skuif aan staanplekke op aankomsdag. Die personeel is later so deurmekaar met wat gedoen en toegelaat moet en mag word, dat jy eintlik slegter af is, en meer gaste ontstel en kwaad maak.

Ten opsigte van die die ander sake soos die skoonmakers wat so raas ens, is verseker nie aanvaarbaar nie, en sal ons verseker die nodige aksies neem om te kyk hoe ons dit kan uitskakel, en tog steeds seker maak dat die ablusieblokke ten alle tye skoon bly. Die kultuur van die werkers is so dat hulle raserig is, maar ons weet dit is ons probleem en gaan hard daaraan werk. Wees verseker ons gaan dit hanteer. Ten opsigte van die blaasmasjiene en die geraas wat hulle veroorsaak, is ons besig om alternatiewe te ondersoek (roadsweepers soos deur Sun City gebruik word).

Van Buffelspoort se kant wil ek julle uitnooi om te kom kuier en gerus met my te kom praat. Ek is besig om die vloei en werking van alles binne die oord na te gaan, en sodoende te bepaal wat is goed en wat kan mootlik verbeter. Ek kan julle verseker dat die bestuur van die ATKV oorde nie agteruit sal gaan nie, en ook na my mening nie reeds het nie, maar dat ons sal moet sorg dat ons tred hou met ons gaste se behoeftes en soos dit oor jare verander. Hierdie sake waarna julle verwys is na my mening behoeftes waarvan ons kennis moet neem en sorg dat ons daaraan voldoen om gelukkige gaste te hê. Dit gaan jaarliks heel moontlik verander, maar moet ons ook aanvaar dat ons nie alles vir almal sal kan wees nie, en gefokus sal moet wees op die mark wat ons bedien naamlik die gesinsmark. Klein Kariba het juis ook `n boskamp vir karavane begin vir die gaste wat in die stiller omgewing wil wees waar die geraas en besige kamp vermy kan word.

Baie dankie vir julle ondersteuning aan ons oorde, glo my ons weet ons kan dit nooit as vanselfprekend aanvaar nie. Baie dankie ook dat julle julle mening uitspreek en hoop dat julle ons die geleentheid sal gee om te reageer in woord maar ook in daad waar ons na die klein jakkalsies sal kyk en regstel.

Lekker naweek vir julle almal en kom groet gerus as julle by die oord is.

Groete

Tommie & Wim

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2011 @ 11:34:47 am
Hannes
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 02 Aug 2011

Dankie Tommie en Wim.  Dis goed om te weet julle luister tog na van die klagtes.  Soos jy sê, mens kan nie almal tevrede stel nie...  Jule biede bestuur sulke goeie oorde.  Dit sou sleg wees as julle nie na die besoekers se behoeftes luister nie. 

Jy het niks gesê ivm die baie dagbesoekers by bv Klein Kariba nie.  Ek kannie saamgesels oor dagbesoekers by Buffelspoort nie, skies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2011 @ 12:27:58 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Tommy ek is baie beindruk met die feit dat jy hier saam met ons op die forum kom gesels. Dit sê baie van jou en Wim se uitgangs punt. Dus vertrou ek dat als net kan verbeter. Ek self is 'n ATKV lid en het lanklaas van my lidmaatskap gebruik gemaak om by die ATKV oorde te gaan staan meestal maar Buffelspoort. Laas was ek een van die ongelukkiges wat besteel was in die oord en dan ook die besprekings beleid daar. Mens kan nie vroeg by die werk wegkom nie en as jy meer as een karavaan is wat soontoe wil gaan is die kanse dat die vriende vêr uit mekaar gaan staan eintlik 'n gegewe. Waar as ek per staan plek kon bespreek verseker is dat ons by mekaar staan.

Ek moet sê ek weet nie of die beleid al intussen verander het nie. Ek sien dat jy kennis geneem het van die dinge wat Wegsleep forum lede genoem het. Weereens dink ek dis puik van jou om betrokke te raak op die manier.

Sterkte met die uitdaging, ek glo vas saam kan mens als net verbeter.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2011 @ 23:37:37 pm
Wynand
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 17
Joined: 01 Apr 2008

Dankie Tommie

Dit is goed om van bestuur se kant af te hoor. 

Ek wil steeds beaam dat dit nodig is om buigbaar te wees om sodoende in kliënte se behoeftes te voldoen.  In ons geval was daar nie iemand op die staanplek nie, sou dus geen effek op administrasie gehad het nie.  Natuurlik kan kampers nie net aaneem dat hulle enige tyd kan opdaag nie, maar as daar vooraf 'n reëling getref word, veral buite seisoen, moet hierdie sake individueel hanteer word. Nie net 'n "nee en klaar" nie.

Ek wil verder sê, na die debakel met bestuur en aankomstye, het ons die res van die 7 dae geniet.  Die fasiliteite is netjies en gerieflik. Ons sal weer terugkeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug 2011 @ 09:01:17 am
Vissie
New Member
22% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 09 Aug 2011

Jammer om u mee te deel, maar ek het juis my lidmaatskap by ATKV gekanseleer a.g.v. hierdie probleme by Klein Kariba. 

Daar word niks genoem oor die dagbesoekers wat werklik NIKS te make het met my taal of kultuur nie. Ek was juis n lid van hierdie organisasie omdat my kultuur hier bevorder en beskerm word. Die teendeel het gebeur.

Ander groepe word hier ingery ten koste van LEDE ! 

Wat die geraas betref : Ek kampeer deesdae liewer by minder luukse oorde, maar waar dissipline ge-handhaaf word. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za