English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 303
Total Replies: 230 590
Total Views: 82 406 418
topics: 10 839
replies: 125 228
views: 38 870 437
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Klei lat

replies: 20
views: 416
29 Jul 2018 @ 09:05:09 am
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Naand mede kampers

Ek sit nou en luister hoe en kyk hoe vol blou kolle die familie lede met die paintballs geskiet is, nou sê ek vir myself, myself, ons ouer neefs kon darem vir ons onder die klei steek met ñ klei lat, met die wat jy so weg hardloop soos ñ Swapo terr as daai klei missiele so woer oor jou kop trek, trek jy sommer jou blaaie ook inmekaar soos jy amper verwag dat die volgende klei missiel jou gaan tref, en dan kry jy nog so koue rilling van lekkerte as jy jou skuiling bereik het sonder om gekwes te word maar een van die ander neefs wel rond rol en nie weet of hy moet tjank, vloek of maak of hy braaf is nie. Dit was darem lekker tye daai, van om jou eie lat te gaan uitsoek, hompe klei langs die spruit uit grou en dan skuiling soek, nee kyk ons het lekker groot geword.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2018 @ 17:38:04 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Toe ons klein was, het ons tot die dood (??!!??) toe die verskillende kleure klei beskerm wat by my Tannie-hulle se plaas naby die Vaalrivier was. Die swartes wou dit kry om hulle hutte ens. te versier en ons het die klei beskerm met kleilat, oorlogskrete, gevegte ens. ........ tot die skoolvakansies oor was en daarna was dit weer oorgelaat aan God's genade .... ja, lekker dae daardie en die herinneringe is/was goed. Die BESTE van alles was dat ons, na die dodelikste gevegte (!!) omtrent die klei, saam gaan voëls jag en gebraai het. Kan goed onthou dat ons op 'n keer 100 (!!) voëls geskiet, skoongemaak en gebraai het. Lekker, lekker tye tydens die skoolvakansies!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2018 @ 18:56:05 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Daai voëls braai laat my altyd dink hoe my jonger boet altyd die vleis dood gegooi het met die sout. Ons kinders dink ons was primatief, maar as ek weer luister hoe my pa die primus stoof moes op pomp en die koffie bone moes maal en die ou lappie moes uit was waardeur die koffie gegooi word en hoe hy daai deel verpes het, dan is ek weer so dankbaar vir hoe maklik dinge vir ons is, ja tye het verander.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2018 @ 18:59:00 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4270
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ons het weer op laerskool "klei" gebruik wat eintlik die kei appel is. Ons het dit skaapappeltjies genoem (skaapvrug) want op die plase waar die bome groei het bokke en skape graag die appeltjies ge-eet. Dis so geel appel met 4 groterige pitte in en 20-25mm in deursnit.

Dalk weet mense waar dit groei maar ek het nog net 1 so boom gesien buiten die area waar ons op die plaas gebly het en die laerskool.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2018 @ 19:02:26 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Ken hulle nie, waar kom dit voor Danie of waar het jy Laerskool by gewoon?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2018 @ 19:04:47 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13860
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek en my vriende het altyd hier in Pretoria by Colbyn vleiland gaan kleilat gooi. Dit was verbasend hoe akuraat ons was. Ons hoof teiken was Spoornet se trein wat daardeur gery het. Ek dink uit 5 gooie was ten minste 3 raak gewees. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2018 @ 19:20:43 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Ek het in Rustenburg groot geword maar dis asof die beste klei vanuit Beestekraal gekom het volgens ons klomp, of dis seker oor op daai plaas ons vrye teuels gehad het en ons onself kon uitleef van Ruiter in swart tot die Skim en ons was vas oortuig dat ons vir Trompie en sy bende sou gas gee, ek dink ons kon daai jare ons verbeelding gebruik en was nie alles ingestop nie en daai jare was common sense nog volop, want by die nuwe generasie en selfs die nuwe vakleerlinge wat ons deesdae kry, gewaar ek glad nie vir ou common sense so baie nie, maar wag, ek is van die voorwerp af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2018 @ 22:15:29 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4270
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ken hulle nie, waar kom dit voor Danie of waar het jy Laerskool by gewoon?

Ek het groot geword in die area wat bekend gestaan het as New Scotland. Dis waar die Skotse settelaars hul gevestig het.

Oos van Lothair en noord van Amsterdam. Al die plek/plaas name was ook Skots. Sowat 10km v d Waverley grenspos na Swaziland.

Ockert hulle se mos altyd as jy dom is is dit nie jou skuld nie - maar as jy nie "common sense" het nie is dit ............

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 06:31:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14145
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ongelukkig was ek 'n stadsjappie. Het net by kleilat uitgekom as ons by vriende gekom het. Kyk ons stadsjappies het maar les op gesê as dit hierby kom.

Het dit steeds geniet.

Vandag se paintball is maar net daaityd se kleilat met tegnologie by..... Ha Ha ha ha.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 07:32:26 am
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Danie en Leon, ja dis waar manne.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 08:55:24 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2009
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Na ons verskillende kleilatte probeer het was die beste die kweperlat. Man daai lat kon lekker buig en as jy die kuns bemeester het was dit baie lekker gevegte. Nou onlangs my kleinkinders ook die truuk geleer. 

Wat van slingervel?  Kon dit nooit regtig bemeester nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 09:33:27 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Het ook as kind kleilat gegooi en het jou sitvlak darem nie lekker gebrand as jy na so 'n geveg by die huis aankom en jou Ma sien al die "missiele" se merke op jou klere nie.

Dan was daar nog die verbode "pea shooter" ook. ....veral in die klaskamer gebruik. Dan was daar al die ander dinge soos kennetjie, giffie, rounders ens. waarmee ons ons self vermaak het en om te dink, dit was alles gratis en verniet. 

Danie, jou appeltjies laat dink my aan daar by ons het 'n plant (onkruid) in die veld gegroei wat 'n tipe van vrug met dorings aan gedra het. As die vrug ryp was en jy breek hom oop, was daar redelike groot platterige donker kleurige pitte in. As jy so 'n pit in jou hand met spoeg bedek het, het hy soort van ontplof....oop gebars met 'n klap geluid Soms hulle ook on der die tong gesit. Ons het altyd sommer van skietpitte gepraat.  

 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2018 @ 09:41:44 am
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

My een seun kan daai slingervel laat wiel, dodelik akkuraat, eintlik met alles van kettie tot pyl en boog waar die res van ons weer die klip min of meer in die regte rigting kry, maar dis asof hy met die gooi slag die slingervel so sweep slag klap, mens moet dit sien, maar hy mag maar. Ons het slingervel met ons skool dasse gespeel, die meisies speels op hulle sterre gegooi net sodat ons darem ñ reaksie of ñ sleg kyk van die klomp poppies kon kry, ja wat ñ ou nie sal doen vir daai nasie nie hehehe.

 

 

 

 

,

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2018 @ 15:05:29 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Het op die plaas ook graag met 'n sykous, gevorm soos 'n "slang", die oor die paadjie getrek om swartes die skrik van hulle lewe te gee ..... vandag eintlik skaam as ek dink dat ons op meer as een geleentheid die arme mense so laat skrik het dat hulle hul pakkies meel, suiker ens, laat val het, wat dan uiteraard gebreek het. Daardie tyd was dit 'n groot grap, maar as ek terugdink aan die besliste skade wat ons aangerig het, ja .... dan is ek vandag jammer.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2018 @ 15:12:12 pm
Dolrik
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 59
Joined: 02 Apr 2016
Experience: 34 years

Daai appeltjies, is dit nie Loekwarte nie. Ken nie die regte spelling nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2018 @ 19:45:55 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4270
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Erik ek ken weer nie lukwarte nie maar volgens wiki wys die foto 'n langwerpige vrug. Die skaapvrug wat ek na verwys het ook sulke 50mm lang dorings op die takke. Dalk kan iemand bevestig of lukwarte ook dorings het.

Ek verneem dat dit ook die Kei appel genoem word so dalk groei dit iewers in die Kaap ook.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2018 @ 20:04:24 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Lukwarte is lekker om te eet en het nie dorings nie, lekker groot boom hier in my erf. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2018 @ 22:32:09 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1776
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Op skool het ek en die maters n instelling gemaak om ten minste twee keer n week spruit toe en mekaar gelooi met klei. Arme voels het ook swaar gekry met ons en die haas rek ketties

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2018 @ 12:09:08 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14145
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ken nie die goete wat julle van praat nie. Of dalk het ek dit by iemand al geeet, maar ken nie die naam nie.

Ek het wel kweepers ge-eet. gewoonlik met sout. ons het 'n kweeper laan gehad in die tuin by ons huis in Benoni. Wel die het later plek gemaak vir 'n swembad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2018 @ 09:20:41 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1537
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ons bende 'den' en 'hofsaal' was by die spruit buite die dorp.

Baie kleilat gegooi. Kweperlat vir kort afstande en langer wilgerlat vir langafstande. Ons het elke middag gespeel en kon daardie latte hanteer.

Ken ook die skaapappeltjies. Op my oom se plaas buite Carolina op die Chrissiesmeer pad. Selfde breër area as New Scotland. Dit baie geëet en dit was lekker gerond vir kettie skiet.

Wie was deur hulle ouers toegelaat om in die someraande uit te gaan en gaan vrugte 'steel'?. Dit was groot sports, veral as die polisie betrokke raak. Hulle het egter saamgespeel en ons nie sommer 'gevang' nie.

Vandag se kinders se opvoeding is armer sonder hierdie soort sports.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2018 @ 10:31:58 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4270
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek begin wonder of daai skaapappeltjies nie ook op 'n manier vanaf die Skotte gekom het nie. Op Chrissie/Carolina is van daai bome. Op Lothair en dan ook in die Oshoek en Waverley grensposte omgewing. 1 boom het ek in Germiston gesien en so jammer dat hy later afgekap is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required