English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 505
Total Replies: 234 958
Total Views: 82 558 425
topics: 586
replies: 3 630
views: 3 324 276
Share all those nice recipes with everybody...

Kerrievis

replies: 4
views: 3942
22 Aug 2016 @ 19:08:04 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
sny 5-8 uie in ringe
bottel asyn
water
2 eetlepels kerrie
1 eetlepel borrie
1 koppie suiker
helfte van n blikkie appelkoos konfyt
3 lourie blare
stok vis in stukke gesny nie te groot so twee visse

sout en peper na smaak
koekmeel
olie
Gooi die uie in n kastrol met water nie te veel nie en kook die uie tot lekker sag.amper soos smoor die uie in dei water
voeg die bottel asyn, kerrie, borrie, suiker, lourie blare, n koppie water en gooi n knippie sout en peper by en kook.
Nadat die sous begin kook gooi die appelkoos by en roer tot op gelos en sit die plaat op laag.
Intussen gooi n bietjie sout op die vis stukke en rol in koekmeel
Bak die vis in warm olie tot net gaar draai gedurig die vis om sodat dit nie te bruin word nie.
Vat n lekker groot diep bak wat al die vis sal bevat en dat die sous die vis toe sal maak.
pak die vis in die bak en gooi die warm sous oor die vis en laat afkoel.
Laat staan die vis vir so twee dae buite die yskas gooi n doek oor.
Na twee dae kan jy die vis in die yskas sit en na die derde dag begin eet.
Hierdie is die lekkerste kerrivis vir my nie te suur nie net lekker.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2016 @ 08:21:50 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Herman, ek maak gereeld kerrievis.  Soms maak ek voor ons gaan kamp en dit is baie lekker om saam te neem vir 'n vinnige ete.   Maar ek moet van jou verskil oor iets.  Ek sal nooit vis en uie (al is daar asyn op) vir 2 dae buite die yskas los nie.  Ek dink dit is gevaarlik.  Ek maak altyd my sous heeltemal klaar, dan bak ek die vis.  Dan pak ek die warm vis in lae in 'n bak en soos ek dit bak skep ek die warm sous oor.  Dan los ek dit buite die yskas tot dit heeltemal afgekoel het, maar dan gaan dit dadelik yskas toe.  As dit yskaskoud geword het, is dit gereed om te eet, al is dit nog dieselfde dag.  Sommige mense kook ook die rou vis tot gaar binne in die sous.   Ek sit ook nooit water by my sous nie, net die asyn.  Die water veroorsaak dat die sous na 'n paar dae waterig word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2016 @ 10:07:00 am
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Hallo ColinFreda ek weet daar is baie verskillende maniere wat elkeen maar dooen om n resep te maak soos jy se jy wag totdat dit koud is en dan sit jy dit in die yskas ek het nou al die jare wat ek my kerrievis gemaak het dit buite gelos en nog nooit sleg of gevaarlik gewees nie. Dankie vir die terugvoering en omdat ek eers my kerrievis eers oor drie dae eet is dit dat die kerrie lekker in die vis ingetrek het maar baie mense kan nie wag nie en eet dit sommer al die eerste dag ek hou maar net dat die kerrie eers intrek.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2016 @ 11:32:24 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dit is hoekom sommige mense die rou vis in sous kook, hul sê dan trek die sous beter deur.  Ons hou ook van dit liggies gebak.  Ek glo jou as jy sê dit was nog nooit 'n probleem om die vis buite te los nie.laughing  Ek sal bietjie bang wees om dit te doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2016 @ 17:55:06 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Hallo Colin freda
Ek kook nooit my vis saam met die sous nie dit moet darem gebakword want dan smaak dit vir my lekkerder soos jy ook se lekkerder gebak as amper gekook in die sosus.
n Mens ia maar altyd beitjie skrikkerig vir vis wat te lank buite staan en nie in die yskas is nie..
lekker kerrievis is maar darem lekker so vir n middag ete veral as jy kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required