ek sou gedink het dat alle karavaan handelaars werklik aangevuur is om besigheid te doe na die afgelope maande se konsternasie in ons land. ek was vanoggend vir sowat 30 minute by bogenoemde handelaar op soek na 'n gebruikte karavaan vir my seun. Ek het regdeur al die karavane, nuwes en gebruiktes gestap sowel as hulle winkel. In die 30 minute het geen persoon aangebied om te help nie en niemand het gevra hof hulle van hulp kan wees nie.
Nodeloos om te se hulle sien my nie weer nie en ek sal hulle aan niemand aanbeveel nie. Heel duidelik het hulle genoeg kliente
seems like not much has changed, we encountered the same at the same place some years ago when looking to buy our first van.
Dit is jammer dat julle beide sulke diens ervaar het. Ons was al baie keer by Kennis woonwaens en ook die een in Randburg, en het nog altyd puik diens ontvang.
Ek dink baie keer het verkoops personeel dit maar moeilik, as hulle te vinnig op jou afstorm wanneer jy inkom is dit vir party kliente te veel en loop hulle of deel verkoops personeel mee hulle sal hom roep wanneer benodig.
Ander kliente wil weer dadelik aandag he. Kan ook nie almal tevrede stel nie.Ek bekyk eers alles en sal dan vir hulp vra indien nodig.
Glo nie geld speel n rol by Randburg nie, het al soos n bedelaar gelyk as ek daar aankom en is flink gehelp. Seker maar om my vinnig weg te kry.
Ja, so verskil ons maar.
My ervaring By Kennis was soortgelyk in die verlede
Ek was baie tevrede met Loftus karevane se diens
My experiences the opposite.
When we anxiously phoned ahead from Bloem re my broken windows, Loftus sounded uninterested in helping me whereas Kennis shared my angst, and competently sorted me out.
Persoonlik haat ek dit as 'n verkoopsman al agter my aanloop en oor my skouer loer. Dink hy ek gaan iets steel? Dit mag dalk by sommige plekke soos tweedehandse karavaanhandelaars, die geval wees dat mense klein onderdele vir hulle karavaan kom steel - jy kry snaakse mense- so 'n mens moet dit seker maar aanvaar. Ek wil egter hulp hê as ek dit versoek en dit kry ek gewoonlik ook vinnig. Ek bedoel by enige handelaar of winkel. Ek stem saam, dis moeilik vir die verkoopsmanne om te weet wat 'n besondere klieënt se behoeftes is. Dis miskien die beste om die klieënt te nader en hom te verseker hy is beskikbaar indien die klieënt hulp benodig.
Ek self hou daarvan om op my eie te loer, maar daar moet dan darem iemand beskikbaar wees as ek vrae het. Verkoops mense kan soms lastig raak, maar dis gewoonlik bestuur wat hulle instruksies gee om dit te doen....as daai verkoops persoon jou nie kom "lastig" val nie, kry hy weer raas van sy baas af....so lyk my hy bly maar aan verloor kant
Ek het dieselfde ondervinding gehad by hulle. Wou in Januarie my Xcape verkoop en hulle gebel. Iemand sou my terugel vir meer inligting en ek wag nounog. Gelukkig het ek goeie diens by Comet Caravans gekry en my wa is in lockdown verkoop. Dis net jammer die mense vir wie hierdie kommentaar bedoel is lees dit nie en kom nie by hulle uit nie. Dan wonder mense soms hoekom besighede vou of mense moet afbetaal.
My Swaer het 'n groot bloutjie geloop met Kennis verlede jaar, Hy is ongelukkig nie op die vorum nie, maar sal 'n lang opstel kan skryf oor sy wedervarings.
Ten slotte het Hy begine van die jaar vir die verkoops persoon gese dat Kennis nooit weer van Hom sal hoor nie, en die kommentaar van die verkoops persoon was. " Ek neem jou nie kwalik nie"
Dit is met gemengde gevoelens dat ek oor hierdie onderwerp kommentaar lewer. Ek was vir bykans 30 jaar aan die Wes Rand gestasioneer en het al daardie jare met Kennis Karavane besigheid gedoen. Nooit het ek nodig gehad om n ander handelaar te gaan opsoek nie. Allan Vos (handelaarshoof) het uit sy pad gegaan om die beste diens te lewer. Later van jare het Elmien die diensafdeling behartig en ook daar was ek altyd vriendelik ontvang en die beste diens denkbaar ontvang. By verkope was daar destyds ou Sydney wat ook uit sy pad gegaan het om te help. Nou is dit so dat ek 10 jaar daar weg is na my aftrede. Ek kan nie instaan vir hoe dit huidiglik bestuur word nie, maar as dieselfde bestuur nog in beheer is kan ek amper nie glo wat ek hier lees nie. Dalk het die Covit situasie ook maar daar sy invloed laat geld onder die personeel.........ek weet nie maar ek hoop die situasie word gou herstel.
Handelaars waar ek wegbly is die wat laasjaar "bankrot" gespeel het en vinnig weer besigheid begin doen het deur net die top voorraad terug te neem en junk op n balju veiling te verkoop. Grappe oor die "bankrot skap" op hulle persoonlike facebook blaaie maak terwyl onskuldige skuld eisers finansieel daaronder ly. Dan ondersteun ek liewer iemand anders....al ervaar sommige swak diens