Dis 'n probleem Andrew. Is dit nie dalk moontlik op jou karavaan se voor en agtervensters se gordyne oop te skuif sodat jy deur die karavaan agtertoe kan sien nie? Dan hoef jy waarskynlik nie jou kantspieëls te verleng nie en kan dit net gebruik om voertuie te sien wat langs jou ry of besig is om verby te steek.
Fred, die Jurgens Classique het nie 'n agter venster nie, dit gaan hom dus niks help nie.
Andrew, al raad wat ek jou kan gee, is om die kamera pad te loop.
Dit is eenmaal 'n uitgawe en jy sal nooit weer daar sonder kan klaar kom nie. Ek het meer geld op spieëls uit gegee as wat die kamera stelsel my gekos het. Jy kyk na so ongeveer R1500.00, afhahangende waar en wat jy koop.
Andrew
Dis n algemene probleem met alle Hilux'e en Fortunes vanaf 2013.
Daar was iemand op die Forum wat n rubber pen gemaak het vanaf spieel tot deur.
Ek het op DC tou binne na deur se skanier gesit. Eintlik poefies vir 1/2milj R kar.
Eenvoudigste oplossing is 'n hout "dowel" of sommer takkie langs die pad afgesny van so 30 cm lengte. Sit so bietjie prestik op elke punt en maak so stut van die punt van die spieël tot teen die rubber onder die venster. Die wind maak dit niks nie.
Soos reeds genoem is dit nou maar 'n probleem op die toyas. Jy het een van drie opsies:
Dis maar vir jou om te besluit.
Hier is 'n foto van die kamera wat ek op my Classique geinstaleer het.
Die verskeie tipes monitors as ook die groote daarvan is eintlik 'n bespreking op sy eie. Sommige bestuurders wil die groot en duidelik hê want hy kyk nie vinnig na wat agter aangaan nie soos vir loer na die gewone truspieel nie. Hy ontleed die voertuie wat agter hom ry. Ander weer soek 'n klein monitor wat net kan wys dat daar wel iets agter jou karavaan is.
Myne en meeste van die forum lede se kamera stelsels werk met kabels.
Die groot rede hiervoor is maar steurings met die BLUE TOOTH sein veral as jy 'n wireless stesel gebruik binne beboude gebiede. So ek wil my verstout om te sê dat almal of 98% van ons wat 'n trukamera gebruik eerder die kabel sal aanbeveel.
Jy kan meer gaan lees as jy by die soek funksie Reverse camera of tru kamera in tik. Daar is baie al oor die onderwerp gesels.
Goeie idee wat jy het om te kyk vir so ekstra AV punt. Ek kan bv vir 'n feit sê dat die Ranger glad nie so punt het nie. Het hom al in die ouer en nuwe modelle gesoek.
Dalk is jy gelukkig op die Toya
Ek moet nog vir my ook die Tru-Kamera op die karavaan installeer, sal maar wag tot dit warmer is en dit dan doen.
As mens nie die kamera roete wil volg nie sal ek met hierdie of ander idees rondspeel. Dit klink asof dit 'n algemene probleem is op genoemde voertuig.
1. Die blokkie op die spieel sal ek die kontoer merk en dan gate boor en met 'n mes die gleuf uitsny en dan met 'n dun spons uitvoer en poog om teen die regte hoek 'n gat te boor vir die dowel stick.
2. Die ander blokkie wat op die magneet vel is kan mens skuur volgens die kontoer v d deur en op die magneetvel vasplak en ook 'n gat boor @ die regte hoek.
3. Hier kan mens klein gaan en 'n 5mm turn buckle gebruik waarvan die punte afgesaag is en gate in die dowel boor en versigtig indraai of indraai en plak met super glue.
4. Dis die magneetvelle wat gebruik word as advertensies op voertuie.
Mens kan dan die turn buckle styf draai selfs in die ry as dit sal lyk asof daar speling is.
Wonder wie is lus vir speel en so iets maak? Baie tyd maar sekerlik beter as om gefrustreer te moet ry met spieels wat toevou.
Danie jou plan is goed maar baie voorbereiding en verskeie dele.
Ek stel volgende voor. As mens na jou skets kyk sien die verduideliking dan as volg:
Nie nodig vir die turnbuckle nie want as alles in plek is druk jy die spieel net effens meer na vore (wind in) en plak die suigplakker teen die kar se deur vas.
Ek het die dit op my Ford Saphire gebruik want die spieels het nou wel nie toe geslaan nie maar vreeslik baie vibreer dat ek amper niks kon sien nie. Het die spieels so verkoop.
Leon my probleem is dat die suigplakker gaan skuif in die ry. Selfs as mens die tipe vir selfoon of GPS gebruik kan dit beweeg daarom wat ek die idee v d turn buckle gebruik om hom net 'n paar draaie te gee sommer in die ry. Die suigplakker kan gevaarlik wees as mens hom weer wil vassit.
Daar is die heeltyd vibrasie op die spieels selfs @ 100km/h. Ek het die vibrasie al probeer wegkry omdat my karavaanspieels veroorsak dat my spieels met tye vibreer. Ek het met GPS suigplakker dit probeer maar sonder die turn buckle.
As jy so deur die lyne lees sal jy sien nie almal sal gate deur die spieel wil boor nie. Meeste mense sal ook nie die bakkie wil koop as daar gate deur die spieels is nie.
Jou idee is baie goed en maklik en eenvoudig. Ek glo daar is mense wat dit virseker gaan doen.
Leon my probleem is dat die suigplakker gaan skuif in die ry. Selfs as mens die tipe vir selfoon of GPS gebruik kan dit beweeg daarom wat ek die idee v d turn buckle gebruik om hom net 'n paar draaie te gee sommer in die ry. Die suigplakker kan gevaarlik wees as mens hom weer wil vassit.
Daar is die heeltyd vibrasie op die spieels selfs @ 100km/h. Ek het die vibrasie al probeer wegkry omdat my karavaanspieels veroorsak dat my spieels met tye vibreer. Ek het met GPS suigplakker dit probeer maar sonder die turn buckle.
As jy so deur die lyne lees sal jy sien nie almal sal gate deur die spieel wil boor nie. Meeste mense sal ook nie die bakkie wil koop as daar gate deur die spieels is nie.
Jou idee is baie goed en maklik en eenvoudig. Ek glo daar is mense wat dit virseker gaan doen.
Ek kan jou verseker die suig plakker skuif nie. Ek weet............................. is nie 'n idee net op papier nie, ek het my Penta karavaan van 1997 af tot 2005 so gesleep (8 jaar).
Ek het die "stutte" reeds ingesit vir die vibrasie want ek kon nie mooi sien na agter toe as die karavaan spieel so gebewe het nie. My Saphire se spieels het nie toegeklap nie. Dit was 'n Ford ........ nie 'n Toya nie....... Ha Ha Ha
Die gate word nie geboor nie. Die spilpunt/skêr punt op die karavaan spieel se boutjie word vervang met die threaded rod. Of selfs sommige "kar" Karavaan spieels het reeds die gaatjies adisioneel in. Jy raak nie aan die voertuig se spieel met die rod nie.
Rede waarom ek sê jou "turn buckle" is nie nodig nie. Jy plak net die suig plakker nader aan of eerder meer vorentoe tten die deur vas. Onthou die karavaan spieel is met rekke aan die voertuig spieel vas so daar is baie speeling.
Die ergste wat dit tewee bring is 'n droë spoegmerk teen die kant van die kar as jy die plakker en spieel verwyder na 'n sleep trippie.
Hierdie was tydens 'n noodgeval op pad na Hartenbos. Die wind het gewaai en elke keer as 'n vragmotor van voor af kom, het die spieëls toegeklap. By Bloemfontein is hierdie takkies sommer van 'n boom afgesny en die kinders se Prestik is gegryp. Dit het so goed gewerk dat ek later van "dowels" dieselfde ding, maar netjieser, gemaak het. Dit is lig en eenvoudig en werk.
Hierdie was tydens 'n noodgeval op pad na Hartenbos. Die wind het gewaai en elke keer as 'n vragmotor van voor af kom, het die spieëls toegeklap. By Bloemfontein is hierdie takkies sommer van 'n boom afgesny en die kinders se Prestik is gegryp. Dit het so goed gewerk dat ek later van "dowels" dieselfde ding, maar netjieser, gemaak het. Dit is lig en eenvoudig en werk.
Kyk nou net daai vinnige oplossing. Dis natuurlik as jy prestik byderhand het.
Leon sorry iewers het ek 'n heel ander idee gesien as wat jy gese het. Dis hoekom hulle op skool gese het lees 3 maal - dink 2 maal en skryf 1 maal.
Gelukkig is die goeie idee met prestik darem so dat as mens deur klein dorpies ry jy dit in die hande kan kry.
Naand Danie, Leon en C, en Bossie69
Ek het nou nog my "ou skool" spieels wat ek jare terug op Ford Granada gebruik het: dit werk ongelukkig nie op Mazda nie. Voorruit "corner post" verberg dit.
Gelukkig is die Mazda se standaard spieels baie stewiger - nie swaai-tipe nie en dus swaai my extender spieels nie sommer terug nie. Net effense vibrasie in rowwe wind of ongelyk pad.
Dan het ek ook nog twee ander ou "ou skool" stelle spieels - ongelukkig het die weer maar sy tol geeis op hulle (en een spieel is gebreek) en is die pypwerk en skroewe so effe geroes. Hulle was al oppad "recycle bin" toe
Ongelukkig sukkel ek nog steeds om fotos te laai, so ek sal maar weer probeer sodra ek fotos geneem het.
Johannes dis jammer dat jy nog sukkel. Ek het vir jou 'n epos gestuur.
@Danie - Dankie, ek het epos gekry (wou nog dankie gestuur het ). Ek het dit selfs geprint en stap vir stap probeer - maar heelaas: dit "beat" my nog steeds. Gewoonlik leer ek ander mense met sulke goed op rekenaars, maar hierdie een - huh huh. Dis jammer hierdie een is nie so "gebruiker vriendelik" soos ander webblaaie nie. Ek sal maar weer probeer.
Miskien moet ek jou "misbruik" en van die info vir jou per epos stuur om vir ons op te sit
Jy is baie welkom - stuur dinge soos jy dit wil plaas - onderwerp en teks en fotos dan laai ek dit vir jou.
Verkieslik in .doc of .xls ipv docx en xlsx.
@Danie - dankie
Dèm Johannes die goed is baie oud.
My oorlede Pa het dieselfde tipe gebruik toe hy sy karavaan met 'n Chev SS V8 gesleep het. Van 1976 af tot 1994-5 toe het hy als verkoop.
Baie goed om die ou goed te sien Johannes. Ek is bly jy die fotos reggekry. Dit is maar 'n langerige proses maar dit werk!!!
@Danie - dankie. Ek wou nog komentaar bygesit het, toe sien ek dis klaar "gepost". Ek sal maar net aanhou probeer. Ongelukkig is Internet waar ek in dag is nie so goed nie.