English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 445
Total Replies: 251 936
Total Views: 83 203 668
topics: 11 524
replies: 138 714
views: 39 320 607
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Karavan Pannelle (chipboard)

replies: 9
views: 212
21 Jan 2020 @ 14:04:39 pm
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

Middag manne, my Sprite Splash the binneste pannelle (chipboard) die dun afwerking is besig om los te kom van die chipboard af, ek reken dis seker maar as gevolg van die hitte. Watter tipe gom kan ek gebruik om daai afwerking weer vas te plak, is daar n spesiale gom daarvoor?

Johan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 14:55:48 pm
Anonymous

''Gemken'' kan dalk werk, maar persoonlik sou ek eerder ''Panel Pins'' probeer gesamentlik met 'n ''Woodfiller'' wat dieselfde kleur as die paneel is om die sigbaarheid van die panel pins te voorkom.

Baie verskeie kleure is beskibaar in die ''Wood Filler''.

Die tipe ''Wood Fillers'' is bekombaar by Builders teen R 30-00/houer. Een houer sal meer as genoeg wees vir die doel omrede die filler nie dik aangewend word op die panel pins nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 16:29:36 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Daar is baie produkte by Builders jy moet hulle vra.

Sterkte.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 20:39:47 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Johan maak seker dat jy toets vir vog ook. Daai lagie is gewoonlik opgeplak so die gom mak dalk loskom van temp maar vog bly 'n moontlikheid. Jy kan self met 'n multimeter op die ohm skaal toets na jy 2 kopspelde so 4cm van mekaar net deur die dekoratiewe lagie gedruk het. Die lesing moet hoog wees in waarde soos 1megohm as daar geen vog is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 06:21:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

As ek reg verstaan praat jy van die "Plak Papier/ Vinal" wat los trek?????

Dit is verseker as gevolg van hitte en kom meer gereeld voor by karavane wat met seile oor, in die son staan.  Dan raak dit soos 'n oond daar binne.  Kerse het gesmelt in my broer se karavaan.  Het ook gevind dat dit algemeen voorkom by 1998 tot 2002 modelle.  Dink maar dis die gom of iets wat deur die vervaardiger daai jare gebruik is.

Genkem werk baie goed vir dit.  Ek het dit as volg reggemaak.

  1. Hou die gom reg.
  2. Ek het die Vinal al langs die paneel rante los gesny en afgetrek.  Trek baie stadig, want die Vinal rek as jy dit so trek.  Trek tot dat jy by plek kom waar dit losgekom het.
  3. Vat 'n breë kwas en smeer die Genkem BAIE DUN teen die muur EN as die Vinal se plak kant nog taai is van die ou gom is dit nie nodig om daar te smeer nie dalk net BAIE DUN op die rante langs.
  4. Wag totdat gom so droog is, as jy daaraan raak is dit taai maar sit nie aan jou hand vas nie.
  5. Vryf nou die Vinal met 'n lap terug teen die muur.  Jy sal nou sien dat die Vinal effe gerek het en is dit bietjie groter as die area waar op jy dit wil terug plak.  Met ander woorde dit strek nou so 1 of 2mm oor die rante van waar jy dit aanvanklik los gesny het.
  6. Vryf dit netjies plat veral in die hoekies en op die rante.

LOS DIT NOU NET SO! ! ! ! ! !

So oor ongeveer twee na drie weke, sal jy sien die Vinal het weer effe gekrimp weens die warm/koud temperature in die wa.  Vryf weer die rante met 'n lap plat en NOU kan jy die orige gerekte Vinal weer trim sodat dit netjies pas.

Ek gebruik gewoonlik 'n Mediese messie daarvoor.  Die lem is baie dun en los dus nie 'n dik sny gaping by die paneel se rant nie.

Hoop jy kom reg as dit die fout is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 07:24:20 am
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

Baie dankie Leon dis presies wat gebeur het, is daar n spesifike gom wat ek daarvoor moet gebruik of kan ek gewoone Gemken daarvoor gebruik?

Dankie vir jou raad

Johan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 13:16:06 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die Genkem werk puik.  Jy moet dit net vinnig aanwend dat dit so dun as moontlik is anders kan dit self kreukels veroorsaak.

Jy kry by die Arts &Crafts plekke gom wat jy aanspuit uit 'n aerosol kannetjie maar hoe goed dit nou werk weet ek nie.  Die wat ek met die Genkem gedoen het, het nie weer losgekom nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 14:19:00 pm
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

Thanks Leon ek gaan dit probeer en hopenlik werk dit, ek dink dis maar van hitte binne in die karavaan wanneer hy toe staan. :-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 14:26:40 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Thanks Leon ek gaan dit probeer en hopenlik werk dit, ek dink dis maar van hitte binne in die karavaan wanneer hy toe staan. :-)

Dit is verseker die hitte binne die wa wanneer hy toe staan.  Maar by gesê ek het dit gevind onder karavane van tydperk 1998 tot so 2002.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 15:31:26 pm
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

Okay dan is myne een van daardie want myne is n 2002 :-) maar dankie vir jou hulp en sal wel n plan maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za