English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 529
Total Replies: 252 792
Total Views: 83 248 615
topics: 11 575
replies: 139 216
views: 39 342 628
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Karavaankamp tariewe

replies: 20
views: 410
09 Sep 2020 @ 13:44:17 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Ja nee, hoes en betaal lyk my is ons voorland na dié inperking.

Probeer nou staanplek kry vir Pensionaris week (13 - 18 September) vir 2 karavane. Waar die tariewe in die verlede (so onlangs as Februarie maand!!) gewissel het tussen R600 - R650 vir 2 persone (1 staanplek) vir die 5 nagte, is die tariewe nou tussen R900 - R1200 ses maande later......

Ek besef terdeë dat diesulke kampe probleme ondervind het ensovoorts, maar, dit het immers ons almal sleg beïnvloed. Die een plek erken ruiterlik dat hulle normale naweek tariewe voorheen R250 per nag was, en nou opgegaan het na R350 toe. Waar pensionarisse voorheen vir R125 per nag kon staan in die week, is dit nou R250 per nag en sug sy, "maar wat kan ons maak?"

Tjol Tannie, moenie die hele tydperk probeer terugwin in 'n kwessie van 'n week of twee nie!!!!!

Sommer my lus verloor om 'n ander karavaan te koop .............

Ek weet nie of ons sommer gou gewoond gaan raak aan dié "nuwe normaal" nie. Rente is af, so pensionaris inkomste is af, werkloosheid is aan die toeneem so ..........

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2020 @ 16:30:22 pm
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Ja Nico, dit maak mens naar. Van alle kante af word daar geslaan met die blindesambok. Ons gaan nog meer hoes. Kyk maar wat jy vir nou groceries betaal... maar wat my kwaad maak is uitbuitery. blatante uitbuitery. 

Ek sien jy het jou lus verloor om ander wa te koop....hahahaha.....het jy gesien wat die pryse nou is. ek kyk toevallig vanoggend en sien 'n ongeregistreerde Bush Lapa Gravelroader 4 vir R 621 000. Ek het op my rug geval.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
09 Sep 2020 @ 17:27:16 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek kry die indruk baie van ons ouens wat gelukkig is om nie hulle werk of inkomste gedurende die afgelope paar maade te verloor het nie, het nog nie intellektueel daarby aangepas dat ons land en ons ekonomie in 'n geweldige groot verknorsing is nie.  Dit is eenvoudig nie "business as usual" nie. Dit is 'n geval dat baie minder mense as ses maande gelede die ekonomie aan die gang kan hou en die wat kan, sal maar moet opdok.  Dit sluit my en my vrou in.  Natuurlik sal ek en ons almal dit anders wou hê, maar geen gekla en opstandigheid gaan ons laat terugkeer na 2019 nie.  Wag maar tot die begroting kom en ons met nog meer belasting geslaan word.  Iemand moet vir die groot nasionale skuld betaal, en die 'iemande' is ek en jy en elkeen wat nog 'n inkomste het. 

Die beste is maar om realisties te bly en die omstandighede te aanvaar en ook te aanvaar dat nog skokke kom en dat die vorige normaal ver in die toekoms lê, indien ooit.   Ons het vir jare in 'n paradys gewoon en dit nie besef nie.  Ek is een van die sogenaamde "baby boomers" wat eintlik 'n baie gladde paadjie geloop het. Dit is nie normaal in die geskiedenis van die wêreld nie.   Die vorige geslag het 'n oorlog of twee deurgegaan.  Dink ook so 'n honderd na tweehonderd jaar terug in ons eie geskiedenis en jy sal besef dit is waar. As jy in Europe was, het jy in 1945 klippe gekou.  As jou huis nog gestaan het en jy het nog jou familie gehad, het jy gebars om net aan die lewe te bly en klere aan jou bas te hê.  Dit was die tyd toe groot getalle Europeërs na ons land toe geïmigreer het omdat hulle nie meer 'n bestaan in hulle eie lande kon maak nie.

 Ek weet daar sal weer stemme opgaan oor staatsgeld wat gesteel is en dis 'n realiteit, maar vergeet nou maar daarvan en kyk vorentoe.,  Ek of jy kan dit nie regstel nie.

Ek weet dit 'n treurige prentjie wat ek skilder, maar kom ons wees realisties en aanvaar dit en soek maniere om daarmee saam te leef eerder as onsself ongelukkig te maak oor sake wat ons nie kan verander nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2020 @ 17:40:49 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Nico sê:

Sommer my lus verloor om 'n ander karavaan te koop .............

Ek het myne al 'n paar jaar gelede verloor en vrede gemaak dat ek my 1993-model net eenvoudig sal moet oppas en in tip-top kondisie hou. Ek sleep nog redelik gereeld (bykans jaarliks) die langpad tussen die Boland en die wildtuin en verkyk my aan die nuwer waens en mense se luukse  kampeer "gadgets". Maar - "so what!" Ek geniet dit met my amperse museum-stukkie.

En verder - kamp is nog steeds baie goedkoper as ander akkommodasie. Ek betaal R12 120 vir 42 nagte se kampeerplek in die wildtuin volgende jaar - m.a.w. R288,57 per nag. Eerskomende November se 9 nagte in chalets/bungalows in die wildtuin kos my R11 992.74 - oftewel R1 332,53 per nag.

En boonop slaap ek in my eie bed, met my eie beddegoed en my klere is in die kaste weggepak - geen tasse se ronddraery nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2020 @ 17:54:47 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis die gees Chris!  Wees bly oor wat jy het en nie ongelukkig oor wat jy nie het nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2020 @ 18:24:51 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het nog nie so agtergekom dat pryse styg nie. My Desember bespreking se tariewe is ook nog dieselfde. Ek het nou al 4x na lockdown gekamp en oral was pryse darem nog dieselfde as voor lockdown. Op facebook het iemand n vraag gevra waar mens nog vir R250 n nag kan kampeer oor naweke.....daar het n elle lang lys van oorde se name tevoorskyn gekom. Ek was byvoorbeeld by Klein Paradys in Nylstroom afgelope naweek gewees. Dis n puik oord en tariewe is maar R 270 / nag gewees....R540 vir die hele naweek.....ek dink dis meer as billik.....oord was 100% vol

Ek stem saam, R1200 vir pensioenaris is malligheid....dis nog die meeste wat ek gehoor het wat n oord vir pensioenaris vra....wat is die tarief dan vir gewone naweek kampeerders? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 10:10:20 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Nico.....

So ruk terug het ek dit genoem dat dit gaan gebeur.

 

Daar het jy dit..   

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 10:21:50 am
Axleaddict
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 05 Sep 2020
Experience: 40 years

That's hectic pricing.

Home is where the trailer is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 10:48:43 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Nico of Geert se syfers?foot-in-mouth

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 12:51:22 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ek hoor vannie oorde duurder as normal wat maak ek beweeg aan daar is ander oorde wat bekostigbaar is val in en toets hulle kamp is koning

Haak daai wa kamp bly koning
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 13:13:37 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Ons behoefte om te kamp,maak dat ons spoedig die nuwe pryse aanvaar.Kamp bly koning.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 13:16:22 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Het met mede kampeerders gepraat in Swadini en nou in Skukuza en daar is konsensus dat prysgeld min of meer dieselfde gebly het met 'n paar plekke met goeie afslag.

Wat my opval is dat in Swadini en Skukuza die chalets leeg is en die kampplek vol. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 13:22:09 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Karavane is duur, baie duur.

Ek het n jaar of twee terug by Klien Kariba gekamp. n Jong paartjie het verby my karavaan gestap en begin met al die vrae. Toe hulle die prys hoor het hulle gevra of karavaan van goud gemaak was. Die knapie het gese hy kan vir n hele paar jaar lank elke jaar vakansie gaan hou in n hotel met daardie geld.

Dit is natuurlik waar..... maar ek het vir hom gese dat n hotel is nie vir ons nie / dis nie hoe ons dit wil doen nie (vakansie hou in n hotel) ons kamp eerder 6 keer n jaar vir daardie antal jare waarna hy verwys het.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 13:33:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Karavane is duur, baie duur.

Ek het n jaar of twee terug by Klien Kariba gekamp. n Jong paartjie het verby my karavaan gestap en begin met al die vrae. Toe hulle die prys hoor het hulle gevra of karavaan van goud gemaak was. Die knapie het gese hy kan vir n hele paar jaar lank elke jaar vakansie gaan hou in n hotel met daardie geld.

Dit is natuurlik waar..... maar ek het vir hom gese dat n hotel is nie vir ons nie / dis nie hoe ons dit wil doen nie (vakansie hou in n hotel) ons kamp eerder 6 keer n jaar vir daardie antal jare waarna hy verwys het.   

Dis waar.....geld kan nie daai kamp ervaring koop nie. Ons was onlangs by n plekkie gewees waar daar "vuilerige" mense in n chalet gebly het.....ek dink toe by myself, gelukkig hoef ek nie in daai bed te klim waar hy in was nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 13:43:21 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Dis waar.....geld kan nie daai kamp ervaring koop nie. Ons was onlangs by n plekkie gewees waar daar "vuilerige" mense in n chalet gebly het.....ek dink toe by myself, gelukkig hoef ek nie in daai bed te klim waar hy in was nie

Ek reis redelik baie vir my werk en dit is presies waaroor ek altyd bekommer is. As jy daardie bed so oopmaak en die lakens is nie glad gestruik nie wonder jy dadelik. Of daar is hare tussen die lakens of op die kussings. Dit gebuer, moes al n paarkeer in n hotel vra om die bedegoed te kom omruil.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 14:24:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Kyk ek was B&B Se Koning, het in 28 x Beddens geslaap in 3 x maande.

Bo dit verlies ek nog steeds my karavaan.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2020 @ 23:29:18 pm
Harv
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 367
Joined: 23 Oct 2008
Experience: 22 years

Yeah. Called it too a couple of months back. Fortunately there are still reasonably priced resorts out there. We just have to compromise and shop more wisely...

Soet wees!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2020 @ 09:47:33 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

I believe you are right Ian: Just shop around and you will find what you are looking for at a price you are willing to pay. 

But I must also say, I do nor blame parks that try to recoup their losses over the last five or six months, or perhaps a small part of it.  Why should they not?  Do we expect of them to just go bankrupt without trying to salvage something?  They have invested money in an undertaking that at the moment is worth far less than before and they will not be able to sell at anything near it reasonable price and probably will still owe the bank.  Also, if they go under, a lot of people and their families are going to be out of an income. 

People tend to proclaim their love for their neighbor, whether is is out of Christianity or some other motivation, but is this not a time where we should demonstrate this by being willing to lend a helping hand?  And if this is by way of going camping and paying a little bit more, why not? 

On a purely egocentric note, if many parks close, the remaining ones are going to be more and more in a monopolistic situation and will be willing to raise their prices as they wish.  Do we want that?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2020 @ 10:02:41 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het nog nie so agtergekom dat pryse styg nie. My Desember bespreking se tariewe is ook nog dieselfde. Ek het nou al 4x na lockdown gekamp en oral was pryse darem nog dieselfde as voor lockdown. Op facebook het iemand n vraag gevra waar mens nog vir R250 n nag kan kampeer oor naweke.....daar het n elle lang lys van oorde se name tevoorskyn gekom. Ek was byvoorbeeld by Klein Paradys in Nylstroom afgelope naweek gewees. Dis n puik oord en tariewe is maar R 270 / nag gewees....R540 vir die hele naweek.....ek dink dis meer as billik.....oord was 100% vol

Ek stem saam, R1200 vir pensioenaris is malligheid....dis nog die meeste wat ek gehoor het wat n oord vir pensioenaris vra....wat is die tarief dan vir gewone naweek kampeerders? 

Skuus, ek sien ek het verkeerd gelees. Ek het gedog daar staan R900-R1200 per nag, maar dis vir 5 dae. R180/nag

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2020 @ 10:21:59 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis mos 'n heel billike prys en niks om oor te kla nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2020 @ 10:24:43 am
Harv
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 367
Joined: 23 Oct 2008
Experience: 22 years

Fred: agree there are two sides to this coin and both are valid arguments. It's up to the individual whether he/she is willing to display charity or look after no. 1.

Soet wees!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za