English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 986
Total Replies: 243 346
Total Views: 82 947 422
topics: 191
replies: 3 036
views: 73 979
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Karavaan-vloer probleem

replies: 18
views: 514
27 Sep 2019 @ 20:31:38 pm
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1948
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

My 2005 Exclusive se vloer het op 'n paar (vier om presies te wees) verskillende plekke 'n irritasie ontwikkel.  As jy op die spesifieke plek trap, voel dit soos 'n "bubble" wat jy plat trap en as jy jou voet oplig, spring die" bubble" terug met 'n duidelike "pop"-geluid.  Die "bubble" is gladnie sigbaar op die vloer nie en kan ook nie oor die vloer gevoel word nie.

Ek het verseker enige vorm van houtvrot uitgeskakel, maar interessant is as ek onder die wa lê en die vloer bekyk, is daar 'n taaierige gom wat op sekere plekke tussen die vloer en die onderstel uitpeul en dis net mooi hier waar die vier "bubbles" is.  Dit lyk vir my die vloer beweeg effens (as daarop getrap word) omdat die gom 'n gaping van omtrent 2mm tussen die vloer en die onderstel gelaat het.

Hoe op dees aarde gaan ek weer gom in daardie 2mm gaping gepomp kry en watse gom sal 'n mens gebruik ?

Is hier dalk enigiemand wat 'n soortgelyke problem gehad het ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 06:11:57 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3050
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ek het presies dieselfde probleem met my Swing. By die deur voor die yskas.

Soek ook graag oplossing.

Het gedink aan duk inspuiting te gebruik. Klein gaatjie in die Novilon te maak en gom in te spuit maar weet nie watse gom om te gebruik nie en/of dit sal werk.

Hoop iemand kan on raad gee

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 06:31:59 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 961
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

My vloerprobleem verskil tot 'n mate. My wa se vloer maak 'n kraakgeluid regoor die deur - die area waar sekerlik die meeste beweeg word. Darem dadelik bygesê - net onder my 119 kg en nie onder ma se 59 kg nie.

Cara-camp het reeds verskeie kere aandag aan die probleem gegee. Dit is beter, maar beslis nie opgelos nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 06:52:20 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 380
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 42 years

Lennie, dit sal 'n probleem wees om gom van enige aard in daardie 2mm gaping te kry, tensy jy dalk die gaping effens kan vergroot op een of ander wyse. Ek dink nou aan hierdie spuit-tipe gom in die blikkies, kan moontlik hier werk. Ek sou dit oorweeg, maar sou ook die vloer op hierdie 4 plekke van irritasie van onder af met sterk brass of vlekvrye staal houtskroewe vastrek aan die onderstel. Moontlik sal daar ekstra gaaitjies geboor moet word in die onderstel hiervoor.

Net 'n voorstel...

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 07:39:37 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Die fome wat hulle gebtuik op die gate en slote toe te maak as hulle elect werk doen ek het dit al gebruik om klein woodrod te herstel dit sit uit as dit lug kry dit kom in n kan soos doom.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 09:10:06 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8975
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die fome wat hulle gebtuik op die gate en slote toe te maak as hulle elect werk doen ek het dit al gebruik om klein woodrod te herstel dit sit uit as dit lug kry dit kom in n kan soos doom.

Jy kry hulle in buisies en in soos silicone houers wat met dieselfde metode werk.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 09:22:05 am
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1948
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dankie vir die terugvoer.  Ek gaan soos volg probeer :-

Op die betrokke plekke waar die gom uitgepeul het en waar die 2mm gaping is, het die onderstel gelukkig 'n lippie van omtrent 5mm wat parallel met die vloer loop.  Ek gaan 'n kort plankie sny wat oor die onderstel-lippie gaan en dan die plankie teen die vloer (natuurlik van onder die karavaan) met skroefies vastrek.  Sodoende probeer om die "bubble" van onder af plat te trek. Voor ek die vastrek-storie doen gaan ek die uitgepeulde gom met 'n putty-messie probeer terugdruk om 'n soort van 'n "kussing" binne die gaping te maak. Ek gaan dit net eers op een "bubble" doen.

As dit nie werk nie, moet ek WJ se foam-storie probeer.  Ek weet dis 'n morsige besigheid en die uitdaging gaan wees hoe om die foam wat gewoonlik in groot hoeveelhede uitborrel, by 'n gleufie van 2mm in te pomp.

Hierdie gaan nou 'n joppie wees vir 'n outoppie vir volgende week, maar die Exclusive se een kant is reeds lekker opgelig  -  die twee linkerwiele is reeds bo-op twee geel-blokke getrek, die mover se rollers is vas teen die bande gelaat, handrem vasgetrek en die vier stutte lekker stewig gesak. My effense gesakte borskas het dus heelwat spasie onder die wa.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 09:37:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15622
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die skuim wat ek ken dink ek nie gaan werk nie. Hy vul wel die area, maar as jy daarop gaan trap, gaan daai skuim verkrummel. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 12:45:22 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3050
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ek het daardie foam op die myne verkoop. Dit het vog nodig om te set. Die "nozzle" is 5mm wat n bietjie te groot is.

Behoort jare te hou want daar is nie direkte son (uv strale) op dit nie. Dit word ook nie kliphard nie en dit "expand" tot meer as dubbel sy groote. 

Ek oorweeg dit nie eers op my wa nie.

Ek oorweeg al klein skroefies deur die novilon maar dit lyk nie goed nie.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 15:12:54 pm
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1948
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Probleem opgelos !

Ek het die joppie vanmiddag getakel en die probleem opgelos !  Ek het besluit om alluminium hoekyster 40x40mm ("angle iron") wat hier rondgelê het, in stukke van 100mm te sny.  Ek het die binneste hoek lekker dik met gom gesmeer en die horisontale kant met 'n hamer in die 2mm gaping ingeslaan.  Die vertikale kant van die hoekyster is netjies, plat teen die onderstel gegom en sal keer dat dit nie uitskuif nie.  Ek het maar gom gebruik en wou nie gate in die onderstel boor nie.

Al vier "bubbles" is weg !

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 16:06:27 pm
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1948
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Hier is 'n foto wat aandui hoe die vertikale been van die hoekyster teen die onderstel vas is.

Die horisontale deel is met 'n hamer ingeslaan tussen die onderstel en die vloer, presies waar gom uitgepeul het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 17:01:01 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 961
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Maar die outoppie is nog op sy kop om so onder 'n wa in te kruip. My pens is te groot daarvoor.

Ek moet seker ook maar een of ander tyd die moed bymekaar skraap, my wa uittrek, ordentlik oplig en self daaronder inkruip.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 18:49:05 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2073
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Uitstekende praktiese plan Lennie. Ek gaan dit hier in my hardeskyf bere(as daar nog plek is) om te gebruik as ek dit nodig mag he. Die boeremanier werk steeds die beste.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 06:37:43 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 380
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 42 years

Baie bly jy't toe reggekom Lennie! Jou plan is geniaal en dit lyk baie netjies.

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 08:00:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

So basies het jy net die 2mm gaping gevul met die aliminium wat jy ingeslaan het.

Slim plan met die vas gom, dan kan dit nie weer uit skuif nie en gom is makliker as gate boor en boute of skroefies in sit.

Werk puik vir die doel wat dit moet dien.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 11:10:45 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 518
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek sit ook met n vloer wat kraak op n sekere plek!

Every day may not be good, but there something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 11:20:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Frik dit lyk my deur iets solied onder tussen die staal en hout in te druk kan mens die kraak geluid uitsorteer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 17:09:36 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1300
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

My vloerprobleem verskil tot 'n mate. My wa se vloer maak 'n kraakgeluid regoor die deur - die area waar sekerlik die meeste beweeg word. Darem dadelik bygesê - net onder my 119 kg en nie onder ma se 59 kg nie.

Cara-camp het reeds verskeie kere aandag aan die probleem gegee. Dit is beter, maar beslis nie opgelos nie. 

Het n Gypsey Raven gehad wat so gekraak het. Kennis woonwaens het dit reggemaak deur die vloer vaster te trek teen staal aan onderkant. Boute en skroewe raak los en het dit nodig om weer vas gedraai te word volgens tegnikus.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 13:55:26 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het opgemerk dat die ou wat boomhuise bou in Amerika smeer eers 'n bietjie silicone op die dwars stutte voordat hy die plak vloer daarop vas sit.

Hy het genoem dat dit daai squeeky geluide verhoed.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First