English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 775
Total Replies: 269 563
Total Views: 83 853 261
topics: 851
replies: 6 939
views: 2 422 219

Karavaan te ruil vir n motorhome

replies: 35
views: 874
04 Aug, 2018 @ 18:17:49 pm
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Weens mediese redes dink ons daaraan om ons karavaan te ruil vir n motorhome.   Dit is n Super Sport Sprite 1996 model in puik toestand.  Het groot yskas en aircon in met n nuwe tent van R35.000.00  Dit het drie afdelings met n add-on room.  Alles nuut van die grondseile pale ens.  Ten volle toegeruste tent.  Tafels, stoele, mikrogolf, stofie, rakke, hangkaste en nog vele meer. 

Motorhome hoef nie nuut te wees nie maar wel 100% betroubaar.  Moet bed bo bestuursplek he asook eethoek agter die kajuit, stort en toilet met n bed wat in twee enkelbeddens kan verander.  Aircon ens.

Weet nie of so iets haalbaar is nie en sal graag van die forum mense hoor wat hul dink.

Baie dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
04 Aug, 2018 @ 20:28:03 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 552
Joined: 16 Jun, 2014
Experience: 47 years

Hallo Ina   Welkom op die forum

Ek is bevrees u sal nie n Motor home kry met al jou behoeftes onder R 500000 nie

Ek het n VW Jurgens Autovilla 1981 model wat nie alles in wat u nodig het ,bvb geen shower , geen aircon ,net n porta potti ens en sy waarde is R 130000  Wil net byvoeg dit is nie te koop nie Wou net vir u inligting gee wat u kan verwag as u n Motor Home wil Koop Hoop u verstaan my afrikaans

N goeie Motor home is nie goedkoop nie

Hoop u kom reg

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug, 2018 @ 15:05:09 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May, 2007
Experience: 57 years

Ek kyk hulle gereeld, +- R100.000 kyk op Face book daar is n paar op.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug, 2018 @ 17:16:03 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Welkom.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug, 2018 @ 18:56:30 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun, 2011
Experience: 41 years

Ina, welkom op die forum

Camping Forever, enjoy
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug, 2018 @ 06:32:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16818
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Groot welkom hier by ons.

Kort weg die waarde van julle Sprite Sport, alhoewel dit 'n gewilde karavaan was, is bietjie min vir 'n gelyke swap tensy daar iemand is wat regtig 'n karavaan wil hê. 

Julle gaan vinniger regkom deur die karavaan te verkoop en dan die geld te gebruik, nog by te las en dan 'n Motorhome te koop.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug, 2018 @ 07:44:27 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek het gehoor die maatskappye wat motorhomes verhuur, gebruik hulle eenhede net tot 'n sekere kilometerafstand.  Hulle diens dit dan volledig en verkoop hulle dan met 'n waarborg. Dit klink vir my na 'n moontlike beter kopie as by 'n privaatpersoon ander andere omdat dit nan nog 'n betreklike nuwe voertuig is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug, 2018 @ 07:55:48 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20049
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek sien onder classifieds dat Kennis karavane n Mitsubushi het vir R109k.....miskien kan hulle vir jou n goeie inruil prys gee op jou karavaan

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug, 2018 @ 09:33:38 am
CaravanParks.com
Administrator
81% Profile Strength
Posts: 2941
Joined: 01 Jan, 1999
Experience: 49 years

Ek sien onder classifieds dat Kennis karavane n Mitsubushi het vir R109k.....miskien kan hulle vir jou n goeie inruil prys gee op jou karavaan

Geert, I was just about to say that Kennis Caravans is the best place to start when looking for a motorhome. 

 

The CaravanParks.com Team
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug, 2018 @ 10:37:43 am
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Baie dankie vir al die antwoorde.   Ek het ook gereken dat daar maar min mense is wat van n motorhome na n karavaan wil terug keer, maar wie nie waag nie wen nie.

Nogmaals dankie julle.

Groetnis

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug, 2018 @ 10:42:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16818
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Dis regso. Hoop julle kry gou een.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug, 2018 @ 10:37:37 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20049
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug, 2018 @ 14:46:51 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16818
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Wel dis nou 'n antwoord op julle behoefte die. Sommer 'n los ryding by die prys ingesluit.

 

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug, 2018 @ 17:36:33 pm
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 18 Apr, 2016
Experience: 52 years

Ina, as julle daaraan dink om die Sprite te verkoop laat my asseblief weet. Dankie. Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug, 2018 @ 13:00:51 pm
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Jammer ek kom nou eers terug na julle toe.  Was weg met baie swak opvangs.  Maurits wat se bedrag het jy ingedagte.  Tweedens ek kry nie die fotos oop nie, kan iemand dalk se hoe.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug, 2018 @ 13:23:27 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16818
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Daai is 'n foto op sy eie van 'n ander web blad afgetrek.  Bel die nommer op die foto vir meer informasie.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug, 2018 @ 13:25:05 pm
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Dankie ek het vir hom n boodskap gestuur. 

Lekker dag verder.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug, 2018 @ 17:38:45 pm
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 18 Apr, 2016
Experience: 52 years

Ina jy sal iemand moet kry wat n prys maak en my dan laat weet asseblief. Watter dorp is julle? Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug, 2018 @ 17:50:44 pm
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Goeie dag. Maurits op die oomblik kyk ons regtig eers na n ruiling opsie.   Sodra ons reg is vir verkoop sal ek jou eerste kontak. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov, 2020 @ 19:27:11 pm
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Dag se aan al die kampeerders.  Uiteindelik het ons besluit om te soek na n baie goeie betroubare motorhome om te koop.  Het deur al die verskillende websites gekyk en daar is redelik baie.  Ek begin maar weer hier.  Weet iemand van n ses bed wat te koop is vir R500.000.00 of minder.  Sodra ons een kry sal ek die karavane weer hier adverteer.  Dalk weet een van julle van iemand wat dringend wil verkoop.

Beste wense 

Ina

Ns.  Kontak my asb by 082 940 3579 met n WhatsUp of inasaved@hotmail.com

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Nov, 2020 @ 16:29:42 pm
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Ons het n motorhome gekry.   Nou moet ons die karavane verkoop.  Ook al die kamptoerusting. Daar is verskeie tente, opblaas staan bed, alles wat in n kombuis gebruik kan word.

Die Sprite Scout is 1994 model en die volgende is aan hom gedoen.Sy neus en onderstel is oorgedoen.  Hy het n nuwe yskas en n nuwe aircon in, voltent en n rally tent.  Seil cover.  Trelliedoors nuut ingesit vir veilighied.  Lisensie is op datum.  Kampgoed ingesluit. R55.000.00 onder handelbaar.

Super Sport Sprite 1996, Sy neus en onderstel oorgedoen, groot yskas, aircon, mediese matrasse, volledige nuwe tent, seile, matte, pale, met drie afdelings asook add-on room, laat maak vir R32.000.00.  Droom vir n groot gesin.  R 75.000.00.  Daar is te veel kamptoerusting om alles te beskryf.  Vir n verder bedrag kan dit ook ingesluit word.  Opgeslaan met al die toerusting is dit net nodig om kos en klere in te laai.

Soos voorheen verduidelik is, verkoop ons weens mediese redes.  Ons het die karavane en toerusting gebruik vir lank staan by die Eiland en in die Wildtuin.  Dis ook die rede waarom dit goed versorg is en so gemaklik moontlik gemaak is.

Kontak my indien jy eninge vrae het.  Die karavane is onmiddelik beskikbaar. Ina Holtzhausen.  0829403578 kan gerus WhatsUp of email inasaved@hotmail.com

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Nov, 2020 @ 22:06:47 pm
LEEN
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 249
Joined: 14 Oct, 2016
Experience: 12 years

INA - Laai ook onder "classifieds"  op hierdie selfde forum.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov, 2020 @ 06:13:43 am
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Baie dankie. Sal dit doen.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov, 2020 @ 10:59:47 am
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

 Hier is fotos van die SuperSport Sprite R75.000.00 en die Sprite Scout R55.000.00

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2020 @ 12:52:19 pm
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Hier is fotos van die SuperSport Sprite

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov, 2020 @ 12:57:10 pm
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Hier is die fotos wat ek belowe het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov, 2020 @ 08:04:40 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Beide regtig netjiese waens.  Julle het sekerlik gemaklik daarmee gekamp. Net 'n vraag: Dit lyk soos 'n standaard matras in die Supersport wat nogal; swaar kan wees.   Saammet die groot yskas en lugreëlaar, stoot dit nie dalk die gewig van die wa bietjie hoog op nie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov, 2020 @ 11:28:06 am
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Dit is heelwaarskynlik waar ons kamp al jare so.  Jy kan reg wees.  Sou nooit verkoop het nie. Was baie lief vir die wa.  En met daai groot tent was dit soos n huis vir 4 maande se staan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov, 2020 @ 11:34:33 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Vir lank staan het 'n mens sekerlik soveel dinge nodig as wat prakties is.  Ek raai maar net want ons doen dit nie en het dit ook nie gedopen nie. Deesdae is dit net kort trippies van nie meer as so tien dae nie en dan is die baie klein maklik sleepbare Skipper heeltemal voldoende.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov, 2020 @ 12:49:05 pm
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Ek dink mens oordoen dinge.  Wil he alles moet gemaklik wees. Moet eerlik wees dit gelyk soos Makro.  En ons het elke oomblik geniet.  Maar nou is dit tyd!!!   Ouderdom bepaal dikwels mens se besluite ne.  
Terwyl ek gesels het iemand dalk vir ons raad.  Ons wil graag Stream, het smart tv vir dit maar moet data koop.  Ons wil graag Once off data kry vir wanneer ons gaan kamp.  Waar sal ons die beste kan kry. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov, 2020 @ 09:27:27 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Net om n spanner in die works te gooi Ina, ek doen dit tog so ongemaklik. Ha ha ha.

Wat het julle laat besluit op n motorhome? Ek weet dit was al n topic op ons forum, dit sal lekker wees om jou redes te hoor. Ek het al met motorhome-eienaars gesels en daar is maar altyd n paar vrae wat nie be-antwoord sal word nie.

Ek sien by die Wille Kruger dat motorhome-eienaars n groot grondseil en stoele en n tafel en somtyds n braaidrom op hulle perseel los wanneer hulle met die motorhome uitry, sodat hulle nie hulle staanplek verloor nie. Ek het ook al gesien hoe onbedagsame mense dan bloot eenvoudig die kampgoed wegskuif, tot groot onaangenaamheid.

Vir die motorhome mense : Wat doen julle in so n geval?

Motorhome lyk vir MY altyd lekker, dalk eindig ek en Bekkie Bokkie Baby ook eendag daarmee. Dit sal n vraag wees of dit n groot Evico 4x4 gaan wees of n pad-wa.

En dan wonder ek of die finansies nie beter gaan werk as ek bloot een huur vir n week of drie nie. Twee van my vriende het dit (voor Covit) in Australië gedoen en die diens was uitstekend. Na twee weke op pad ruil jy die motorhome in by die naaste agent vir n nuut-gedienste ene.  Dit mag dalk heelwat minder kos as R600D en jy hoef nie n ekstra-groot staanplek by die huis te verskaf nie.      

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov, 2020 @ 10:46:31 am
Hennie Botha
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1460
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

Net om n spanner in die works te gooi Ina, ek doen dit tog so ongemaklik. Ha ha ha.

Wat het julle laat besluit op n motorhome? Ek weet dit was al n topic op ons forum, dit sal lekker wees om jou redes te hoor. Ek het al met motorhome-eienaars gesels en daar is maar altyd n paar vrae wat nie be-antwoord sal word nie.

Ek sien by die Wille Kruger dat motorhome-eienaars n groot grondseil en stoele en n tafel en somtyds n braaidrom op hulle perseel los wanneer hulle met die motorhome uitry, sodat hulle nie hulle staanplek verloor nie. Ek het ook al gesien hoe onbedagsame mense dan bloot eenvoudig die kampgoed wegskuif, tot groot onaangenaamheid.

Vir die motorhome mense : Wat doen julle in so n geval?

Motorhome lyk vir MY altyd lekker, dalk eindig ek en Bekkie Bokkie Baby ook eendag daarmee. Dit sal n vraag wees of dit n groot Evico 4x4 gaan wees of n pad-wa.

En dan wonder ek of die finansies nie beter gaan werk as ek bloot een huur vir n week of drie nie. Twee van my vriende het dit (voor Covit) in Australië gedoen en die diens was uitstekend. Na twee weke op pad ruil jy die motorhome in by die naaste agent vir n nuut-gedienste ene.  Dit mag dalk heelwat minder kos as R600D en jy hoef nie n ekstra-groot staanplek by die huis te verskaf nie.      

En dan nog die versekerings premie maandeliks.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov, 2020 @ 11:17:44 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ina, in die lig van wat Danie hierbo sê, wonder ek of dit nie dalk raadsaam sal wees vir julle om eers 'n motor home te huur en op die proef te stel voor julle van julle bekende en goed ingerigte karavane ontslae raak nie.  Dit sal werklik 'n ramp wees as julle die karavane verkoop, 'n motorhome aanskaf en vind hy werk nie vir julle nie.  Daar is ook nog die kwessie van hoe julle gaan rondry as julle op 'n plek kampeer.  Gaan jule bv met die motoorhome inkopies doen af gaan julle 'n klein voertuig saamsleep?  Dis nog aansienlike ekstra koste.  Jammer vir die verdere spanner in die words!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov, 2020 @ 12:21:40 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Ek stem heel saam met Fred, huur eers ene.

Ons sien deesdae heelwat klein Jimny-karretjies agter 'n motorhome. Daar is baie pro's en baie con's aan die gedagte. Om agteruit te ry met 'n motorhome is seker nie so maklik nie, 'n motor op tou daarby sal dit dalk heelwat moeiliker maak. 'n One night stand terwyl jy op toer is met 'n tou-motor beteken jy moet maar altyd hoop jy kry 'n 15 meter lange staanplek want jy gaan nie elke keer die karretjie afhaak nie.  Omdat jy nie 'n klein tou-motortjie kan sien uit die motorhome nie gaan 'n kamera 'n noodsaaklikheid word. EN jy sal bande-monitors op die tou-motortjie MOET hê.

Maar ek is nie teen n motorhome nie, ek is opgewonde oor die idee.   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov, 2020 @ 17:12:19 pm
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Baie lekker gelees aan alles wat julle se.  Ons het in Aus en NZ in motorhomes getoer en hier met Bobo sin.  Omdat dit regtig n groot storie is met die pakkery en opslaan het dit moeilik geword weens mediese redes. 
Hoe ons ons staanplek gaan behou weet ons ook nog nie. Hoop hier gaan wonderlike idees na vore kom. Veral in die Wildtuin.  
Ons gaan ons groot tent mis maar dis nou n nuwe era in ons lewens.  Dankie vir die lekker gesels. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov, 2020 @ 14:19:07 pm
Ina
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 02 Oct, 2011
Experience: 54 years

Dag se. Baie dankie vir al die raad. Ons Scout is verkoop.  Nou nog net die SuperSport Sprite. Ek sien dit nie op Classifieds om sold te se nie. 

Maurits jy het seker al lankal n karavaan gekoop ons Sprite is nog beskikbaar

Lekker dag. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required