English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 243
Total Replies: 229 716
Total Views: 82 362 892
topics: 778
replies: 12 474
views: 4 977 713
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Karavaan swaaii na nuwe bande

replies: 28
views: 1378
26 Jun 2017 @ 07:13:32 am
Rassie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 26 Jun 2017
Experience: 27 years
Kan iemand nog help.Na nuwe stel Hankook op FT swaai Penta nou meer tussen 110 en 120km/h.Al met neusdruk en banddruk rondgespeel maar bly selfde.FT 2014 LMT ??sal skokbreker opgradering help?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 08:33:18 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1050
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

1. Maak seker dat jou bande nie een rigting spesifiek is nie. "Uni-directional". Word gewoonlik aangedui deur 'n pyltjie aan die kant wat rigting van rotasie aandui. Kan wees dat die band óf verkeerd op die velling is, óf net van links na regs op die karavaan verskuif moet word.

2. Moenie teen 120 km/u tou nie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 08:52:50 am
Rassie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 26 Jun 2017
Experience: 27 years
Dankie.Ek sleep tussen 100 en 110 maar moet soms hoër gaan as verbysteek.Lorries tandem baie en oral potholes ens.Wil net meer gemoedsrus hê as dit nodig is.Ek gebruik yellow blade,sleep al 30jr en tref alle moontlike voorsorg
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 08:54:06 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Welkom oppie forum. Hiers heelwat kundigheid oppie forum. Gebruik geduld, iemand sal nog redes verskaf.
1. Gebruik jy enige stabiliser
2. Korek gepak... gewigs verspreing.
3. Bande druk. 3 Bar
4. soos bo. Rotasie rigting van bande
5. Spoed
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 09:26:53 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4231
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek het ook al bande op 'n bakkie gekry wat "snaaks" gevoel het in die begin. Na hulle egter ingeloop is was ek heel tevrede. As al die punte soos oom Jeep genoem het reg is sal ek so paar 1000 kilos sleep en kyk of dit nie verbeter nie.

Ons moet maar sekere dinge self nagaan. Ek het 1 band gehad op die Landy wat die verkeerde kant aan die buitekant was. So maak mense wel foute. Ek moet egter se ek kon nie voel dat daar 'n probleem was met die verkeerde deel v d loop vlak aan die buitekant.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 11:01:27 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2689
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Die tegnologie haalons in...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 14:48:53 pm
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years

Miskien met nuwe bande staan die agterkant van jou FT hoer - as die neus van die karavaan te hoog is dan sal dit makliker swaai teen n hoer spoed. Ek het die probleem gehad - die trekstang verlaag het en die probleem so opgelos.

Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2017 @ 06:49:03 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Rassie hoop jy kom reg
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2017 @ 11:32:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hi daar Rassie. Ek vermoed dat als voor die bande verandering nog presies dieselfde is as daarna.

As dit so is en die Penta het nie 'n swaai voor die tyd gehad nie, kan jy tereg net na die bande kyk. Want dit is al wat verander het.  Onthou 'n Penta wat wat gelaai is vir 'n vakansie is 'n baie swaar karavaan ek weet ek het twee van hulle gesleep.

Ek ken nie die bande wat jy gelys het nie FT2014LMT wat is die nommers en syfers ek ken dit nie.  My bande kennis strek nog by die verlede waar iets soos 195/70 HR14 C gebruik word.

195 dui breedte van band aan, 70 is die hoogte van die band (% van die breedte), die HR weet ek nie meer nie, die 14 is die groote van die rim en dan nou baie belangrik die "C" wat commersial aan dui en meer gewig dus kan dra as die gewone kar bande.

Nou ek sien nie die "C" in die letters wat jy gelys het nie. Dus neem ek aan die bande is gewone motor bande wat se wande nie so stewig is nie. Dan as gevolg van jou Penta se gewig rol die band makliker oor die wande.

Deur die band harder te pomp 3Bar + sal help maar nie die probleem uitskakel nie. (Neem die maksimum toelaatbare druk van die band in ag as jy harder pomp).

So my vermoede inkort is jou bande se wande is nie stewig genoeg nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2017 @ 11:42:15 am
Rassie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 26 Jun 2017
Experience: 27 years
Dankie vir raad.Ek gaan raad volg,Penta se bande laat balanseer ,banddruk op Penta en Fortuner op 3 Barr ,en seker maak oor gewigsverspreiding.Gaan oor 2 weke Klein Kariba toe en sal dan maar kyk.Ek het ook yellow blade effe stywer gemaak na 30-35 kg laterale beweging.Hou nou duime vas
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2017 @ 11:48:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Rassie net 'n vraag.

Het die Penta reeds skokbrekers op dat jy vra of die opgradering daarvan sal help?

Dan siende dat die bande nuut is kry die mening van 'n ander verskaffer rakende die "C" gradering van die wat tans op is. Soos ek genoem het as die vorige bande geen swaai tewee gebring het met normale bandruk nie. Dan is die bande regtig nie op dieselfde standaard as jou vorige bande nie.

Ek sou byvoorbeeld nie my Penta se waarde op sulke bande gewaag het nie. Dis maar vir jou om te besluit. Onthou as die Penta swaai is dit nie net die Penta wat in gevaar is nie.....

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2017 @ 12:28:38 pm
Rassie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 26 Jun 2017
Experience: 27 years
Penta het nie skokbrekers nie maar ek het gewonder of opgradering van Fortuner s'n nie sal help nie.Penta se bande is reg en nou 3jr oud--nuut 2013 hom met hulle gekoop.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2017 @ 13:42:34 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nee okay. Nou kom ek eers by. Die bande is op die FT (Fortuner) 'n 2014 model gesit.

Na wat ek kan onthou was daar mos 'n stabiliteits storie met die FT. Toyota het gesê die agter bande moet tot 3 Bar gepomp word.

Ek weet nie watse modelle dit was nie, ook nie seker van die tipe bande nie. Jy sal maar hier rond moet soek want daar was voorheen hier daaroor gepraat.  Jy kan op die 4x4 forum ook gaan soek, daar is 'n klomp goed wat die mense genoem en gedoen het.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2017 @ 15:06:37 pm
Rassie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 26 Jun 2017
Experience: 27 years
Jammer.Ek was miskien vaag.Niks verkeerd met Penta nie.Is 2013 model en word goed instand gehou met dienste
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2017 @ 16:20:22 pm
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years
Standard yellowblade lateral tension is 35 kg.
I wonder if the "MT" mentioned before stands for "Mud Terrain" tyres. If so, the sidewall will be softer.
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2017 @ 18:50:31 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4231
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

FT 2014 LMT - Hierdie shorthand het almal aan die raai. Gelukkig weet ons darem die FT staan vir Toyota :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2017 @ 20:07:28 pm
Rassie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 26 Jun 2017
Experience: 27 years
Fortuner 2014 model Limited Edition
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 07:02:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hi Rassie. Dis meestal ou hande wat hier met een vinger tik. Alhoewel baie met hulle kinders whats-up is almal nog nie op die "Ball" wanneer dit kom by SMS taal nie. So om verwarring te voorkom moet jy maar vir ons die langpad volg en die woorde uitskryf.

As ek praat van "ONS" dan is dit seker maar ek tensy daar ander is wat hul self met my sal ver eenselwig.

Net so terloops wie het uit die staanspoor geweet dat FT2014LMT staan vir Fortuner 2014 Limited Edition.

Jammer ek is dan vêr agter wat sms taal betref.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 07:30:52 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 520
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years
Ek het darem vir myself uitgewerk dat FT staan vir Fortuner, maar die LMT het my gegooi.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 08:23:23 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1050
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ai ai, na al hierdie raad en aanwysings vir bande op die Penta, en nou dit ...... ai, ai!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 08:52:35 am
Rassie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 26 Jun 2017
Experience: 27 years
Jammer vir verwarring.Al sleep ek al lank waardeer ek al die raad en het dit my weer na paar dinge laat kyk wat mens later vergeet om te doen.Ek dink mens raak later te tegnies en vergeet die "basics"--amper soos met rugby
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 09:04:23 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 746
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek GLADNIE......

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 10:03:50 am
viv
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 27 Jan 2014
Experience: 33 years
Volgens die ou slepers is dit n ou problem met n penta as jy vinniger as 100km/h sleep? Het dit al 'n paar keer oppad wiltuin toe vanaf die kaap gesien hoe 'n penta sit en speel agter 'n sleepvoertuig."Side wall van 'n band kan 'n rol speel, maar gewigsverpsreiding in die karavaan is soms die groot sondebok.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 11:37:38 am
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 268
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years
Ek het etlike jare gelede 'n Sprite Sunway (dubbel-as) gesleep met 'n 3.0L Kombi, met Goodyear G800 bande op die Kombi. Moes twee bande vervang op die Kombi en besluit toe op General R280 bande. Wat 'n tragedie want toe ek weer sleep swaai die Sunway so erg dat ek REGTIG twee bane op die snelweg deur, swaai. Laat weer die sporing ens op die Kombi toets maar alles is nog binne spesifikasie. Toe wys die meganikus my op die fout: Goodyear het 'n plat-tipe loopvlak en die General het 'n ronde-tipe loopvlak. Vervang weer bande sodat alvier dieselfde tipe is en daar sleep ek sonder enige pyn en sweet want so 'n swaai is erger as erg.
Groete van hier langs die see vakansie. aan al die 'sleepers en kampeerders.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 12:17:57 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2458
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Hannes, As ek reg onthou was General R280 kruislaagbande?  Ons (destydse) jong manne het op 'n stadium aan die bande geglo, maar hulle was nie heeltamal rond nie en was geneig om 'n kar te laat vibreer teen 'n hoërige spoed. As dit so is, glo ek die probleem was erg- baie erger as wat mens met straallaagbande kan ondervind aangesien die kruislaagbande erg kon verwring en sywaarts meegee- meer as straallaagbande.  Ek kan my ook voorstel die verskille in loopvlak van die bande kan die gedrag op die pad baie beïnvloed. Ek stem met Vivian saam dat hoe die karavaan gelaai is, waarskynlik die hoofoorsaak van onstabiliteit is.  Te veel gewig agter in die karavaan kan dit byna onbeheerbaar maak.  Die onderwerp is al verskeie kere op hierdie Forum behandel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 18:07:08 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1889
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Dankie Leon ek ly dan ook maar aan dieselfde gebrek as jy. My kleinkinders het opgehou om daardie SMSe vir my te stuur want ek antwoord hulle nie....hulle vra hoekom antwoord oupa ons nie....my antwoord is dat ek nie daardie taal uit ons taal skatkis verstaan nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2017 @ 07:10:35 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Vivian ek sou nie sê dit is 'n Penta ding dat hulle swaai nie eerder die verkeerde gewig verspreiding aan die binne kant.  Ek self het twee Pentas oor 'n tydperk van 15jaar gesleep en net eenkeer lelike swaai gehad weens die feit dat nuwe skokbrekers wat ek drie dae voor die sleep laat opsit het glad nie eers deeglik vasgemaak was nie. 

En dan is daar die Palma selfde vloer oppervlak en Fleetline net kleiner wat beide ook bed agter in die wa het wat ook nie swaai as hul reggepak is nie. 

Dis soos Fred sê, swaai van die wa is meestal te wyte aan verkeerde gewig verspreiding wat al baie hier bespreek is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2017 @ 07:12:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Rassie jy moet maar laat weet of die harder bande die probleem opgelos het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2017 @ 11:48:24 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4231
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hannes, As ek reg onthou was General R280 kruislaagbande?  Ons (destydse) jong manne het op 'n stadium aan die bande geglo, maar hulle was nie heeltamal rond nie en was geneig om 'n kar te laat vibreer teen 'n hoërige spoed. As dit so is, glo ek die probleem was erg- baie erger as wat mens met straallaagbande kan ondervind aangesien die kruislaagbande erg kon verwring en sywaarts meegee- meer as straallaagbande.  Ek kan my ook voorstel die verskille in loopvlak van die bande kan die gedrag op die pad baie beïnvloed. Ek stem met Vivian saam dat hoe die karavaan gelaai is, waarskynlik die hoofoorsaak van onstabiliteit is.  Te veel gewig agter in die karavaan kan dit byna onbeheerbaar maak.  Die onderwerp is al verskeie kere op hierdie Forum behandel.

Fred die General R280 bande was straallaag bande. Dit was my gunsteling bande vir kilos en ek het nooit enige negatiewe effekte gehad nie. Daarna het General die R370 uitgebring wat 'n lae profiel was. Het van hulle op my 1e nuwe kar gehad. Ja ek stem saam die G800 was 'n baie goeie band vir padgedrag soos Hannes genoem het en kom uit dieselfde era as die R280.

Ons oues van dae sal hierdie advertensie nog onthou.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required