English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 243
Total Replies: 229 716
Total Views: 82 362 956
topics: 10 816
replies: 124 757
views: 38 850 951
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Karavaan sonder papiere

replies: 7
views: 270
05 Sep 2019 @ 12:49:34 pm
PappaEngel
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 31 Aug 2019

Goeie dag mede kampers.

 

My skoonpa het 'n ou Jurgens karavaan wat geen papiere het nie. Vroulief wil hom oorneem by Skoonpa om mee te gaan kamp. Kyk, vir nou verkies ek die tent-vakansies, maar om dit regverdig te hou teenoor haar; wil ek weet of mens iewers so 'n karavaan kan registreer en op die pad kry.

 

Dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2019 @ 12:54:10 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7803
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dink jy moet by jul plaaslike toets gronde gaan hoor vir die beste raad. 

Welkom op die forum. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2019 @ 13:04:48 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 138
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Die karavaan moes op n stadium geregistreer gewees het. Die eienaar sal moet lisensie kantore toe gaan en aanvra vir n afskrif van die oorpronklike registrasie papier. As hy nog op die pad is dink ek jy gaan die lisensie gelde moet op datum bring (betaal) en jy gaan moontlik ook boete betaal op die agterstallige lisensie gelde. 

Wees ook maar versigtig. Hoekom is daar geen papiere nie.  As jy hom probeer registreer en hy is vir een of ander rede gesteel aangemeld gaan jy probleme he.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2019 @ 13:35:52 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 112
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years

Net die oorspronklike eienaar mag die registrasie sertifikaat aanvra om dit te gebruik vir registrasie op jou of jou vrou se naam het jy die registrasie sertifikaat  nodig.  Alle lisensie gelde moet op datum wees    Die beste is neem die oorspronklike eienaar na die lisensie kantore toe en hulle sal inlig hoe om te werk te gaan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2019 @ 13:45:30 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3660
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Hopelik is die nommerplaat en/of die Vinplaat nog op die wa.

Gaan na die lisensie kantore met Skoonpa, sy ID, die registrasienommer en of Vinnommer om die status te bepaal en hopelik duplikaat registrasiedokumente te kry. Hulle sal dan jou kan raad gee wat om verder te doen.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2019 @ 20:01:44 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years

Doen jou huiswerk deeglik voor jy wa koop sonder papiere sien ander lede klaar raad gegee sterkte

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 08:21:16 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 199
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

As daai lisensie jare terug verval het kan jy jou regmaak vir n steweige bedraggie om hom weer op die pad te kry.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2019 @ 15:42:58 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hopelik is die nommerplaat en/of die Vinplaat nog op die wa.

Gaan na die lisensie kantore met Skoonpa, sy ID, die registrasienommer en of Vinnommer om die status te bepaal en hopelik duplikaat registrasiedokumente te kry. Hulle sal dan jou kan raad gee wat om verder te doen.

 

Dit is maar die beste.  Lisensie kantore sal jou die status van die registrasie kan gee. Dan vat jy dit van daar af.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required