English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 531
Total Replies: 252 826
Total Views: 83 250 274
topics: 11 577
replies: 139 237
views: 39 343 373
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Karavaan park vir die winter

replies: 7
views: 6431
13 Apr 2004
Anonymous
Ek is opsoek na 'n park vir Junie of Julie om vir drie weke weg tebreek.Ons is maar sku vir die koue,en met twee klein woelwaters is dit vir my 'n probleem.As iemand voorstelle vir parke het sal ons dit op reg waardeur.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2004
Anonymous
Gaan kyk gerus by ATLANTA. Die park is so 54 Km buite Brits, in die hartjie van die bosveld. Daar is n warmwater swembad en die klimaat is puik in die winter. n Speelpark, wildsritte en uitstekende ablusies is op die lys. Kontak nommer is 0122772479 (Adele)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2004
Tina
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 126
Joined: 17 Apr 2007
Renier, 'n plek wat jy kan probeer is Tshepise net buite Musina. Dit is/was 'n Aventura oord. Omdat daar 'n warmbron is, het jy die voordeel van 'n 'indoor' swembad. Ons was al in die winter daar en het dit baie geniet.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2004
Anonymous
Kyk maar gerus na die Kruger Wildtuin. Dit is heerlik warm gedurende die winter ook, en het genoeg koelte. Jy kan van onder in die Suide tot reg bo in die Noorde gaan. Sal nie spyt wees nie.

Die Bosveld van Warmbad af tot by die groot Limpopo is ook lekker. Daar is baie oorde, kyk maar net in die Caravan & Outdoor tydskrif.

Lekker kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2004
Anonymous
Tussen Tzaneen en Palaborwa is die Eiland, dit was ook 'n Aventura oord. Daar is die wintermaande ook baie aangenaam. Hulle het warm en koue swembaddens en het ook 'n onderdak warmbron.

Dit sal alles afhang van hoe ver jy wil ry.

Karen
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2004
AWOD
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 115
Joined: 13 Sep 2004
MY PERSOONLIKE GUNSTELING IS DIE OOG WARMBRON VAN RONDALIA NNABY NABOOM SPRUIT. DIE KLIMAAT IS GOED EN DIE WATER IS HEERLIK WARM. DAAR IS IETS VAN ALS INSLUITENDE WILD. DAAR IS OOK KROKODIL PLAAS NABY. ANDER OORDE IS LEKKERRUS EN LIBERTAS EN SO AAN MAAR HULLE IS OUD EN DIE WATER BAIE WARM. AWOD (ANDRIES)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2004
Anonymous
Wat van Namibia of is dit te ver. Deur botswana is dit nie te ver nie.
Kontak my gerus sou jy meer inligting wil he.
Luanda
porra@iway.na
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2004
NicoBo
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 220
Joined: 04 Jul 2007
Hi daar

Die winter = die noorde, enige iets bo Pretoria Noord. In die winter was ek al by Klein Kariba (lekker warm binnehuis swembad en baie vir kinders om te doen), Weesgerus (baie lekker vir gesinne, ok warm water en elke ding, even die super tube is verhit).

Geniet en lekker kamp die winter
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za