English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 573
Total Views: 82 435 501
topics: 135
replies: 2 106
views: 48 094
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Karavaan onderhoud

replies: 42
views: 672
29 Sep 2019 @ 20:19:14 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek aanvaar die meeste van ons sal ons karavaan, boskaravaan, boswa of  sleepwa gereeld diens of laat diens.  Dinge soos wiellaers se versorging en die seël van nate verg gewoonlik spesialiste se aandag, maar daar is tog heelwat take wat eienaars self kan of behoort te doen om te verseker dat 'n kamp- wegbreek of vakansie nie in 'n nagmerrie ontaard nie.  Hier volg 'n klompie goed waarna ek omsien of laat omsien, maar ek sal tog graag wil weet waar ek belangrike instandhouding per ongeluk oorgesien het.

  • Wiellaers en remme : ek is van mening hierdie aspek word onnodig oorbeklemtoon, maar tog vra ek 'n kundige tegnikus om my wiellaers veiligheidshalwe elke 6 jaar te vervang.  Ek versoek ook terselfdertyd dat die remskoene nagegaan word en dat die remme gestel word. Tussen-in gee ek nie verder hieraan aandag nie.
  • Elke 6 jaar laat ek die oorloop-rem-skokbreker vervang en wag nie tot dit my eendag onkant betrap nie.
  • Ek het ook die gebruik om elke 6 jaar 'n kundige te vra om my karavaan volledig te herseël ten spyte daarvan dat my wa in 'n motorhuis geparkeer word.
  • Ek vervang en balanseer ook my wa se bande elke 6 jaar ongeag die goeie loopvlak
  • Elke jaar maak ek die wurm van die vier hoekstutte skoon met terpentyn en spuit/smeer hulle met "bike chain ghries"
  • Elke jaar spuitverf ek die hoekstutte en sleephak asook die raam waarop die lugversorger agterop gemonteer is
  • Eenkeer per jaar politoer ek die veselglas voor-, agterkant en ook die dop oor die A-raam
  • 'n Week voor elke kamp toets ek :-
    • Dat die lugversorger behoorlik werk en maak seker dat die filters in die binne-eenheid skoon en gewas is
    • Dat die "movers" en die battery in 'n werkende toestand is
    • Dat die yskas en eksterne vrieskas op gas,  12V en 220V behoorlik funsioneer
    • Dat die watertenk leeg, skoon en hiëgenies is
    • Dat die  agterligte in werkende toestand is
    • Die tru-kamera se werking
    • Was die karavaan

Wat is daar wat ek vergeet het om te lys ?

Ek besef al te goed dat die werkendes onder ons nie altyd die tyd het om al hierdie take self te verrig nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 20:50:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14176
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Band druk nagaan

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 21:03:21 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3693
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Diens van die Jockeywiel.

Kyk vir slytasie op die kar se haak en vervang indien daar tekens is. Terselfdetyd gaan die woonwa se haak ook na om te verseker die sluit meganisme werk sodat die wa nie per ongeluk afhaak nie. Kyk vir skeure in die rubber skoen. Gries die overrun. (Twee nipples)

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 21:54:44 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 865
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek is maar een van daardie luigatte (wat in elk geval met die spreekwoordelike 10 duime gebore is t.o.v. tegniese dinge) en laat maar alles in die kundiges se hande.

Ek laat elke keer voordat ek die langpad vat (en ek bedoel laaang pad) die wa by die agente diens. Ek sleep nou-al die Caravette 6B vir 21 jaar (die wa is 26 jaar oud) en het nog nooit probleme met enige aspek van die agente se diens ervaar nie.

Ek toets die banddruk voor elke vertrek en het ook voor vanjaar se lang 'trip' banddrukmonitors laat installeer. Ek 'check' die ligte voor elke vertrek. En ek gaan vir die eerste 400 km my wielmoere elke 200 km na, nadat die wiele vir een of ander rede verwyder was.

En die wa word voor elke vakansie gewas en weer as ons terugkom en in sy doelgeboude garage gebêre word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 04:41:19 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1216
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Hoe gereeld moet woonwa gediens word, hetsy deur agente of self.

Indien wa min gebruik word deur die jaar, so ongeveer 2000km is dit werklik nodig om hom jaarliks te diens?

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 06:38:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek doen basies wat Lennie doen met die verskil:

  • Dat ek dit self doen
  • Ek kamp elke maand so meeste van die goed word dan nagegaan weens die gebruik daarvan, meeste goed is van die aard as dit werk soos ligte, gas toestelle en dies meer is onderhoud nie nodig nie.
  • Ek herseel elke 3 jaar die wa
  • Vervang bande elke 5 jaar
  • Inloop skokbreker vervang ek slegs as hy tekens van faaling toon.

Het altyd bearings nagegaan voor 'n lang trip. Nuwe wa het geseelde bearings as ek dit wil diens moet dit uitgepres word.  Doen maar net gereelde inspeksie daar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 08:36:14 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Chris L het 'n geldige punt. Deur aan toerusting te peuter wat dit nie nodig het nie, veroorsaak jy dalk net skade.    Om laers en skokbrepers op vasgestelde tye te vervang, klink bietjie oordoen.  Hoe gereeld laat jy jou sleepvoertuig se wiellaers vervang, of selfs herghries?  Hoeveel kilometer ry jy in ses jaar met die karavaan?  Presies wat bedoel jy met "volledig herseël?   As dit net behels om die onderkant oor te spuit het ek nie kritiek nie.  As dit ook die nate aan die bakwerk is, twyfel ek of dit nodig of wys is. Ek stem egter met Lennie saam dat jy na sigbare verweer soos roes moet kyk en dit herstel soos dit voorkom.

Om jou woonwa in 'n goeie toestand te hou, is wat gedoen moet word.  Glasventers is seker  in die vroeë 80-er jare laas gebruik maar ek sien nog so nou en dan 'n karavaan met glasvensters wat lyk of hy pas uit die fabriek gekom het.  Vir so 'n eienaar haal ek my hoed af.  Ek is egter nie so seker vandag se karavane, veral die uit die Jurgens stal, sal nog oor 40 jaar op die pad wees nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 09:01:55 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Leon ek merk op dat jy se dat die Maia geseelde wiellaers het. Ek hou van daardie idee. Kan die geseelde laers op bv my Fleetline aangebring word en indien wel sou dit dan beteken dat wiellaers nie weer gediens hoef te word nie tensy ander ooglopende skade opgedoen word.?

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 09:46:55 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8206
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Doen maar gereëld inspeksie.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 09:47:59 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Wiellaers : Ek het voorheen die karavaan se wiellaers elke twee jaar laat nagaan, skoon was en oorpak met ghries.  Dit was onnodig en nadat ek 'n probleem-wiellaer ervaar het kort na so 'n "diens", het ek besluit om hierdie gebruik te staak.  Ek vat nie aan die wiellaers voor oor 6 jaar wanneer ek hulle eenvoudig vervang met nuwes  -  finish en klaar.

Ek sleep ongeveer 5 500km per jaar waarvan die meeste langafstand is.  In vandag se dae is dit uiters riskant om iewers langs die pad gestrand te wees met breke in jou sleepvoertuig of jou karavaan, veral as jy en jou vrou reeds gevorderd in jare is.

Oorloop-rem-skokbreker : In die verlede het ek gewag tot die skokbreker probleme gee en dit dan eers vervang.  Ongelukkig skop Murphy's Law toe in oppad Kruger Wildtuin toe en net nadat ek Kaapstad verlaat het op 'n Sondag, begin die klap-geluid eensklaps.  Dit was 'n uiters moeilike rit tot in Pretoria waar ek dit laat vervang het.  My geskiedenis het gewys dat myne so 6/7 jaar hou en daarom het ek besluit van nou af word dit elke 6 jaar vervang.

Herseël van karavaan : Daarmee bedoel ek die herseël van alle nate, ook rondom die dak-luggate van die Exclusive, luggate agter die yskas en mikrogolf, watertenk-prop, porta-potti-deur en waterprop, rondom die eksterne kragproppe en die buitelig. Die gebruik is net om die ou gom wat uitsteek te verwyder en dit dan weer "toe te smeer".  Dit lyk ook sommer weer netjies want die ou gom begin uitpeul,  verkleur na swart en trek stof aan.  Ander ouens wag dalk tot houtvrot plaasgevind het, maar ek verkies eerder 'n voorkomende optrede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 10:51:07 am

Wiel laers moet mens maar doen soos jy goed dink.  Ek is van opinie as die olierigheid uitkom tot op die rim dan het die olie seel onklaar geraak tyd vir inspeksie.

Die enigste rede waarom ek die inloop skokbreker eers vevang as hy tekens toon van verweer is dat ek dit nog nooit op enige van my karavane vervang het nie.  Eerste karavaan was 7 jaar oud waarvan ek hom 4 jaar gebruik het. Tweede een was 11jaar oud en het ook niks makeer toe ek hom verkoop het nie.  Classique nou wel net 3 jaar oud toe ek die verkoop het en die Maia tans op 3 jaar.  My kamp vriend het wel hulle Classique sin vervang.  Maar ek kan nou nie sê hoe oud die wa was nie, toe hy die tekens van verweer waargeneem het.

Net  soos jy sê die tekens vir die herseel van die wa is as die veterigheid onder die sikaflex uit sweet.  Dit trek die stof aan en is 'n groot "tell tail" dat die seel daar nie meer is wat dit moet wees nie.  Waens wat in 'n garage staan neem baie langer om die veterigheid te toon as een wat net net skaduwee kry in 'n dag as dit gestoor word.  So hoe jou wa gestoor word gaan uiteindelik bepaal hoe gereeld jy hom moet seel.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 17:03:21 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1216
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Doen ook inspeksie dat alles in orde is voor ons weggaan met woonwa. Indien iets voorkom wat ek nie voorheen daar gesien het of ondervind het nie sal ek dit ondersoek en herstel as daar fout is. Anders krap ek nie graag waar dit nie jeuk nie. My probleem is dat ek altyd parte oor het as ek iets herstel het, derhalwe neem ek dit vir die "kundiges" om te herstel.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 19:13:34 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Goeie raad sal jy by al die manne kry. Pasop vir die "kundiges" Moet nie die werk wat gedoen word net aanvaar nou is dit reg. Kyk bietjie hoe kundig en opgelei is die siel wat eientlik aan jou goed werk.

n Goeie voorbeeld. Tyd gelede het ek n splinternuwe Kia  gekoop. Ek het laat Kia sommer sy towbar ook laat installeer om dit nou "factory fitted" te kry. My eerste toetslopie sleep ek my super sport en kom agter iets is nie lekker. Seil onder die kar in en kom ek die towbar se skroewe met die hand los draai. 

Check en check alles wat gedoen word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 10:23:10 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Kyk maar na al die skroefies ens wat in di ehout loskom.

Om jou idee te gee, my yskas was vanaf fabriek nie eers ordentlik van nie. Was geskok toe ek dit moes uithaal en vervang en gelukkig ook, want sou nie lank wees dan sal ek by die kamp kom en yskas uitgeval en dalk erge skade gemaak...

Ek dink mens moet kyk na rubbers van dak ook, son brand dit soms hard ens.

Ek glo ook om te kyk vir roes aan onderstel. Klippies wat dalk opskiet en verf beskadig ens onder en dan kamp mens by see en die roes laat wiel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 13:33:17 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goeie raad sal jy by al die manne kry. Pasop vir die "kundiges" Moet nie die werk wat gedoen word net aanvaar nou is dit reg. Kyk bietjie hoe kundig en opgelei is die siel wat eientlik aan jou goed werk.

n Goeie voorbeeld. Tyd gelede het ek n splinternuwe Kia  gekoop. Ek het laat Kia sommer sy towbar ook laat installeer om dit nou "factory fitted" te kry. My eerste toetslopie sleep ek my super sport en kom agter iets is nie lekker. Seil onder die kar in en kom ek die towbar se skroewe met die hand los draai. 

Check en check alles wat gedoen word.

Ai hierdie is 'n baie belangike punt.  Ek het dit oorgekom toe ek my Ford Saphire se skokbrekers laat vervang het.  Het amper my kar en karavaan gerol.

Sedert daai tyd verkies ek om alles self te doen sover dit vir my moontlik is.  Anders staan ek by as hulle die werk doen of gaan maksimum na as ek dit nie kon waarneem nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 13:45:51 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis my houding ook en ek het dit vir seker 50 jaar lank gedoen, alles van engins, ewenaars  en ratkaste herbou tot kleiner paneelklopwerk.  Nou raak die voertuie egter so ingewikkeld dat ek nie meer veel self kan doen nie en ek mis dit. Maar ek raak ook bietjie oud vir die akrobatiese toertjies wat jy soms moet uitvoer en die swaar onderdele wat jy moet hanteer, so dalk is dit ook maar tyd om op te hou.  Ek is telkens ongelukkig as my voertuie tyerugkom, want alles is nie soos ek dit wou hê nie en ek vind telkens boute en skroewe wat nie teruggedraai is nie. Sogenaamde deskundiges het nie meer trots op hulle werk nie.  Ek glo dat, hoewel ek miskien net praktiese kennis het wat ekself verwerf het en nie die opleiding van 'n tegnikus nie, maak my begeerte om my voertuig waarmee ek en my vrou gaan ry, beter versorg is as deur iemand wat geen belang in my veiligheid het nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 13:52:15 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis maar hoekom ek sê "vir so ver dit vir my moontlik is".

Daar gaan seker 'n tyd kom wat ek iemand moet kry om die werk te doen. Maar tot dan spook ek maar ......................laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 15:37:45 pm
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Eisch, het iemand dalk gesê; "moenie krap waar dit nie juk."

Daar is goed wat ek van tyd tot tyd na kyk, maar nie te veel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 16:41:48 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dit is vir my interessant dat sommige mense blykbaar baie meer onderhoud aan hulle karavane doen as aan hulle motors en bakkies.  En dit terwyl probleme op die sleepvoertuig baie ernstiger gevolge kan hê as op die karavaan. Waar het jy al gehoor 'n motor word elke vyf duisend kilos of minder gediens- dit is wat sommige karavane maar in 'n jaar doen.  En van wanneer af herpak jy jou motor se wiellaers of vervang jy dit op 30 duisend kilos, of enigsins- dit word nie eers deur vervaardigers voortgeskryf nie.  Soos Jannie (Diddo) hierbo sê, moet eerder nie krap waar dit nie jeuk nie- jy veroorsaak dalk net probleme wat andersins gladnie sou opduik nie.

Maar dis jou karavaan- maak met hom volgens die lig wat jy ontvang, en ek doen dieselfde.  Neem gerus Bak-oor en Pieter (Brommer) se advies ter harte.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 17:24:36 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5643
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Die inloop skokbreker en woonwa remme is vir my 'n kopseer, hoekom ?

Remme moet reg gestel word en hoe doen jy dit ?

Met die her registrasie met die nuwe gewig van die Exclusive het die ou by die toetsgrond vir my baie sin gemaak nl. dat die remme presies gelyk moet rem anders trek jou wa dwars (nou nie so dat jy dit maklik sal sien nie).  Dit wil sê om jou remme gelyk te stel moet jy dit op daai rollers soos by die toetsgrond  doen en wie het dit ?

Die inloop skokbreker het ek nog nooit met enige van my vorige woonwaens gehad nie, maar wel met die Exclusive.  Ek het een by Roadque gekoop en self in gesit en kort-voor-lank het hy ook begin klap maar nie met die stop nie maar wel met die wegtrek.  Roadque het vir my gesê dit is omrede die remme nie reg gestel is nie maar ek verstaan nie wat het die remme met die wegtrek te doen nie ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 18:18:16 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek vermoed ook die voortdurende "diens" van wiellaers word iewat oordryf, maar in vergelyking met voertuie is karavane en sleepwaens se wiellaers aan groter risikos blootgestel :-

  • In die geval van 'n voertuig ry jy binne-in die voertuig en hoor maklik 'n wiellaer wat se dae getel is. Nie die geval met 'n woonwa of sleepwa nie
  • Voertuie word daagliks gebruik en die wiellaers smeer voortdurend terwyl woonwaens/sleepwaens soms vir lang tye botstil in een posisie staan  -  wiele is ook soms aan wind en weer blootgestel
  • Dit gebeur in meer gevalle dat woonwaens of sleepwaens langs die pad gestrand gesien word met probleem-wiellaers.  In die geval van voertuie gebeur dit nooit nie want 'n waarskuwing word betyds gehoor.

Maar ek stem saam, ons oordryf hierdie aspek teveel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 18:40:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14176
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek vermoed ook die voortdurende "diens" van wiellaers word iewat oordryf, maar in vergelyking met voertuie is karavane en sleepwaens se wiellaers aan groter risikos blootgestel :-

  • In die geval van 'n voertuig ry jy binne-in die voertuig en hoor maklik 'n wiellaer wat se dae getel is. Nie die geval met 'n woonwa of sleepwa nie
  • Voertuie word daagliks gebruik en die wiellaers smeer voortdurend terwyl woonwaens/sleepwaens soms vir lang tye botstil in een posisie staan  -  wiele is ook soms aan wind en weer blootgestel
  • Dit gebeur in meer gevalle dat woonwaens of sleepwaens langs die pad gestrand gesien word met probleem-wiellaers.  In die geval van voertuie gebeur dit nooit nie want 'n waarskuwing word betyds gehoor.

Maar ek stem saam, ons oordryf hierdie aspek teveel.

Jou laaste punt.....wonder hoeveel wiellaers regtig faal en hoeveel mense sit gestrand met wiellaers wat afgelope 100-200km terug gediens is.....werkswinkel fout. Ek het laasjaar op fb talle mense gesien wat foto's wys van wiellaers wat gefaal het.....as ek dit nie mis het nie was omtrent 90% van hulle wat "gediens" was voor die vakansie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 18:59:17 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1867
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dit is vir my interessant dat sommige mense blykbaar baie meer onderhoud aan hulle karavane doen as aan hulle motors en bakkies.  En dit terwyl probleme op die sleepvoertuig baie ernstiger gevolge kan hê as op die karavaan. Waar het jy al gehoor 'n motor word elke vyf duisend kilos of minder gediens- dit is wat sommige karavane maar in 'n jaar doen.  En van wanneer af herpak jy jou motor se wiellaers of vervang jy dit op 30 duisend kilos, of enigsins- dit word nie eers deur vervaardigers voortgeskryf nie.  Soos Jannie (Diddo) hierbo sê, moet eerder nie krap waar dit nie jeuk nie- jy veroorsaak dalk net probleme wat andersins gladnie sou opduik nie.

Maar dis jou karavaan- maak met hom volgens die lig wat jy ontvang, en ek doen dieselfde.  Neem gerus Bak-oor en Pieter (Brommer) se advies ter harte.

Ek dink n Karavaan nodig baie meer aandag want die vakmanskap is by vêr nie van die beste of naasteby wat jy in voertuig kry. Ek moet na elke kamp iets aan my wa doen of net weer paar skroewe vastrek al pas ek my wa soos n baby op.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 19:49:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14176
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Jou laaste punt.....wonder hoeveel wiellaers regtig faal en hoeveel mense sit gestrand met wiellaers wat afgelope 100-200km terug gediens is.....werkswinkel fout. Ek het laasjaar op fb talle mense gesien wat foto's wys van wiellaers wat gefaal het.....as ek dit nie mis het nie was omtrent 90% van hulle wat "gediens" was voor die vakansie. 

Hiermee wil ek nie sê dat dit beter is om nie wielleaer te diens nie, vir my is dit persoonlik n moelike keuse wie om te kies om die werk wel te doen aangesien ek nie kennis het om dit self te doen nie. Van die plekke wat al genoem is wat se kliente se wiellaers faal na 100-200km is van jou mees bekende handelaars. Dìt laat my worry.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 10:46:30 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek dink dit hang af van persoon tot persoon van hoe jy jou wa diens of laat diens en hoe gereeld jy dit laat doen.

Rede hoekom ek so sê is dat elke ou gebruik sy wa verskillend in die opsig die een ry elke week met hom (Toer), die ander kamp eenkeer 'n maand en sommige haak die wa eenkeer 'n jaar.

Wat belangrik is, is dat jy onderhoud doen volgens hoe jy jou wa gebruik.  My ondervinding met meganiese goete is dat, behalwe vir gewone "consumables", die een wat werk hou basies langer.

Vir wiel  laers is daar "tell tail signs" wat wys dat iets on klaar geraak het.  Geluid wat dit gemaak word. Wel moeilik om te hoor op die karavaan.  Olie of ghries merke op die rim dui op 'n olie seel wat gegroet het of teveel ghries binne die "HUB".  Laasgenoemde ook maar iets wat aandag nodig het.

Al die karavane wat hier in SA gemaak was kan ek nou vir jou sê gaan die een of ander fout op hê want almal weet Jurgens se kwaliteit versekering het vir 'n paar jaar voor bankrotskap al vir 'n loop gegaan.

So as jou wa tans mooi loop en jy doen geen onderhoud nie, vir hoelank dink jy gaan hy nog mooi loop?  Onthou enige onderhoud is voorkommings onderhoud.  As die werk reggedoen word weet jy dat daai item weer vorentoe gaan reg werk. MAW jy weet wat is sy stand huidiglik. Sonder die onderhoud dink jy jy weet wat is sy stand huidiglik.

Dit is iets waarmee jy op jou se eie moet saam leef.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 10:58:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kom ons wees eerlik met mekaar.  Wat op jou karavaan gaan maak dat jy langs die pad gestrand staan.

'n Inloop skokbreker............................. nee want ek druk 'n stok langs die pad in tussen die sleep haak en jokkey wiel en ry verder versigtig net met die voertuig se remme. Steering lock kan ook vir dit gebruik word.

Tru ligte wat nie werk nie ............................. nee ek ry verder tot ek 'n gloeilamp kan koop of die plug kan reg maak. Dalk met 'n boetetjie in die sak.

Wiel wat gebars het .................................. ja maar dan sit jy ook met R30000 se skade aan jou wa. So maak seker daai bande is nie te oud nie. Vervang vroegtydig al lyk die loopvlak nog mooi.

Wiel laers wat gevaal het ............................ja hier vervang jy nie die laer soos 'n spaarwiel nie.  jy sit en wag tot iemand jou kom help of jou wa op 'n trok gelaai word.

My slotsom is  die enigste werklike faaling op jou wa wat jou gestrand kan laat langs die pad is iets op die wiele.  Sorg dat dit reg is............... ook in jou gemoed................ en jy gaan darem 'n vakansie hê.

Daai besluit lê by jou .................. maak nie saak wat wie hier op die forum kwyt raak nie.

Sou jy daaraan laat werk maak seker die ou wat dit doen KEN SY WERK anders het jy maar net jou gemoed gesus.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 11:03:34 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Wanneer jy 'n wiellaer op jou sleepvoertuig hoor, is dit reeds te laat om iets daaraan te doen, dan sit jy.  Wanneer die laer begin ingee, met ander woorde wanneer die probleem nog klein en hanteerbaar is- wat in elkgeval selde op 'n kar of bakkie gebeur, sal nie hoorbaar wees nie.  Ander geluide is heelwat harder.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 11:27:28 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Hiermee wil ek nie sê dat dit beter is om nie wielleaer te diens nie, vir my is dit persoonlik n moelike keuse wie om te kies om die werk wel te doen aangesien ek nie kennis het om dit self te doen nie. Van die plekke wat al genoem is wat se kliente se wiellaers faal na 100-200km is van jou mees bekende handelaars. Dìt laat my worry.....

En hulle is nou nie jou "backyard mechanics" nie.... Wel...

Hier gaan dit seker weer oor geld.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 17:30:09 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

En by die mees bekende handelaars wat die laers moet diens werk deesdae ook maar net die BBBBBBEEEEEEE manne. Niemand kan werklik elke minuut dopgehou word nie en jy as klient ry daar weg net met goeie geloof,want jy het mos nou jou kant gebring. Kan ek nog n klip in die bos gooi.........is hier nog regtig gesoute manne wat wiel laers kan pak? Vir dekades al loop voertuie nou met geseelde laers en daarom het daardie "kuns" om dit reg te doen ook maar vervaag. Die ou hande wat daardie takie verfyn het en met sorg kon doen bestaan nie meer nie. Net my mening.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 17:36:11 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis presies my vrese en waarom ek verkies om sulke takies self te doen want ek weet hoe.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 22:17:16 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

En by die mees bekende handelaars wat die laers moet diens werk deesdae ook maar net die BBBBBBEEEEEEE manne. Niemand kan werklik elke minuut dopgehou word nie en jy as klient ry daar weg net met goeie geloof,want jy het mos nou jou kant gebring. Kan ek nog n klip in die bos gooi.........is hier nog regtig gesoute manne wat wiel laers kan pak? Vir dekades al loop voertuie nou met geseelde laers en daarom het daardie "kuns" om dit reg te doen ook maar vervaag. Die ou hande wat daardie takie verfyn het en met sorg kon doen bestaan nie meer nie. Net my mening.

O nee hulle bestaan, hulle werk privaat en verdien groot geld... Glo my, ek weet ;-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 09:02:08 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Piet jy is heeltemal reg en ek deel jou sentimente. Ek verwys egter na ons gewone ouens wat dink jy doen jou plig om jou wa na die geakrediteerde handelaar te neem en daarna jou gewete tevrede te hou dat jy mos jou plig gedoen het.

My 22jarige Bantam bakkie word by so n private werktuigkundige gedoen. Hy is tans daar vir sy 150000km diens,en hy het my so pas gebel om te se die verkoeler toon nou tekens van verweer en hy sou aanbeveel ek moet dit vervang. Ek waardeer ou Gary se eerlikheid en goeie werk en daarom versorg hy my bakkie reeds vir jare sonder probleme.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 09:44:55 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5102
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Piet jy is heeltemal reg en ek deel jou sentimente. Ek verwys egter na ons gewone ouens wat dink jy doen jou plig om jou wa na die geakrediteerde handelaar te neem en daarna jou gewete tevrede te hou dat jy mos jou plig gedoen het.

My 22jarige Bantam bakkie word by so n private werktuigkundige gedoen. Hy is tans daar vir sy 150000km diens,en hy het my so pas gebel om te se die verkoeler toon nou tekens van verweer en hy sou aanbeveel ek moet dit vervang. Ek waardeer ou Gary se eerlikheid en goeie werk en daarom versorg hy my bakkie reeds vir jare sonder probleme.

Dis hoekom ek sê, hiers manne wat neerkyk op mense wat tuis werk of privaat werk (noem hulle back-yard mechanics) sonder die red tape en nonsens van die mark, hulle doen beter werk as die groot handelsname wat baie beperk is eintlik tot minimum loon kennis en minimale salaris.

As die betaling goed is, en dis waarvoor jy moet werk, en jou performance bepaal jou inkomste, dan is die motivering baie groter as iemand wat net salaris trek n 'n workshop op die hoofstraat...

Daars manne wat uit hul privaat wonings die beste werk doen bo enige ander werkswinkel se vermoë en maar sy geld daarvoor vra, en die suiniges hoef nie na hulle e kom nie want die wat werklik verstaan en begrip het kom na daardie ouens en gee vir hulle 'n goeie bestaan.

Ek self ondersteun eerder ook so persoon. Het nou die dag klomp stainless penne by so persoon gekoop wat ook van sy huis af werk, al kon ek dit ook self maak, was ek bereid om sy prys te betaal want hy het my tyd gespaar

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 10:01:45 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5643
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

"Leon - Wiel laers moet mens maar doen soos jy goed dink.  Ek is van opinie as die olierigheid uitkom tot op die rim dan het die olie seel onklaar geraak tyd vir inspeksie."

Gewoonlik as dit gebeur kort na 'n diens is dit duidelik dat teveel ghries in geprop was.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 12:02:24 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

As jy in Kaapstad of omgewing is, weet ek van twee woonwa werkswinkels waar die eienaars puik werk self doen vanuit hulle werkwinkels by hulle huise :-

  • Western Cape Caravan Movers, Joostenbergvlakte (Pine Joubert)
  • JK Woonwaens, Bellville (Joos Knipe)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 06:20:03 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

"Leon - Wiel laers moet mens maar doen soos jy goed dink.  Ek is van opinie as die olierigheid uitkom tot op die rim dan het die olie seel onklaar geraak tyd vir inspeksie."

Gewoonlik as dit gebeur kort na 'n diens is dit duidelik dat teveel ghries in geprop was.

Dit is waar Willem en net nog 'n rede om dit reg te stel.  verkieslik nie weer by dieselfde ou nie want hy weet dan nie wat hy doen nie.

Terloops daar moet geen ghries in bv die laer doppie wees nie want hy is daar om die bietjie oormatige ghries op te vang sonder dat dit uit lek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 07:34:55 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

En nog meer belangrik, om stof en water weg te hou van die laers.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 08:33:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14522
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

En nog meer belangrik, om stof en water weg te hou van die laers.

Soos jy sê Fred want dit is die dood van 'n laer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 20:10:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14176
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Band druk nagaan

Laas naweek oppad oord toe kry ek een van ons groep langs die pad met n gebarsde band. Eerstens sorg dat jy iets soos n "scissor jack" by jou het....bottle jack wou nie onder die as pas nie. Toe ons spaarwiel opsit was hy so pap,  hy sou skade optel binne die volgende 500m. Ek was oppad om spaarwiel na naaste garage te neem om op te pomp toe n ander man daar stop met n compressor. So op my kersfees lys is nou compressor en my kampvriend n compressor en n scissor jack

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 08:47:57 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Weereens 'n aanduiding hoe noodsaaklik 'n banddrukmonitor-stelsel is. Die band op die karavaan was waarskynlik al pap toe die man vertrek het, maar hy het dit nie geweet nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 09:32:35 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Dit het my ook al oorgekom dat die bottel jack nie onder die as wou in na n pap wiel nie. Ek het toe die pap wiel met die bakkie op my "geel blok" getrek. Wolla die bottel jack gaan toe in. Lig die wiel op. Haal die geel blok uit. Sit spaar op en laat sak en daar gaan ons.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 09:15:09 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2024
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Op hierdie forum het ek vir die eerste keer gehoor dat bande na 5 jaar vervang moet word. 

Voor ons toer na Kaapstad hierdie jaar was dit 'n moelike besluit vir my om die bande wat nog baie goed gelyk het te vervang. Gevoel of dit onnodige geld mors is. 

Het toe maar vervang grootliks omdat ek deur die Transkei gereis het. Nou moet ek erken dat as ek nie die bande vervang het nie sou dit die hele vakansie in my agterkop gemaal het. 

Net die gemoedsrus was die moeite werd en was toe bly ek het dit gedoen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 09:54:34 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis nie 'n vaste reël dat bande na vyf jaar vervang moet word nie. Daar is aanbevelings dat dit vanaf vyf jaar gereeld ondersoek moet word en na tien jaar vervang moet word, dis nou as dit nie al vroeër soveel afgeloop is dat dit vervang is nie. As die voertuig so te sê permanent in die skadu staan sodat die son se ultra violet nie die rubber bykom nie, sal bande beslis langer hou.  Ek het met ons Ventertjie vanaf Pietersburg na die Suidkaap gery met 'n volvrag toe die bande, -nog kruislaag- reeds meer as dertig jaar oud was.  Dis miskien bietjie van 'n waagstuk, maar daar was nog geen duidelike agteruitgang in die rubber  nie behalwe dat dit redelik hard geword het. Die sleepwa was altyd onderdak as dit nie gebruik was nie.  Bande bars in elkgeval nie juis meer soos die ou bande wat 'n binneband ingehad het nie- dit word stadig pap as dit 'n spyker of iets in kry.  As dit deur 'n skerp klip of so-iets 'n groot gat in kry, sou dit in elkgeval gebeur het selfs al was die band splinternuut, trouens die ouer harder band sou dalk die aanslag beter weerstaan het.  Met bandmonitors op, sien jy vinnig daar is 'n probleem en kan jy die spaarwiel op sit en ernstige skade aan jou band en moontlik aan die voertuig, vermy.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required