English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 007
Total Replies: 243 745
Total Views: 82 973 674
topics: 11 241
replies: 133 119
views: 39 185 510
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Karavaan neus kas

replies: 22
views: 352
15 Feb 2020 @ 22:56:00 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2893
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek vind ek net my gasbottel,  leeg water Kan en die aircon motor voor in my neus kas het. Daar is nog baie pak plek maar gebruik dit nie.  Hoe vol gepak is jul neus kas en wat sit julle alles daar in

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2020 @ 23:04:12 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Sjoe jy min in daai man se kamp handsak. Myne het 12V kragbron van 220V na 12V. Het nie 'n vaste battery nie. Tent toue in 'n sak. PVC hamer. 2 braai roosters. Sak hout en 2 sakke houtskool. Al my tentpenne. PVC hamer. Byl. 2kg hamer. Stut om die deksel oop te hou. Gasbottel met sy stofie oopgedraai. Lang reguit dik penne. Seker nog so paar ander los items vir in geval ek dit nodig het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 06:34:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15696
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Al my tent penne, spaarwiel, geel leveling ramp, alle krag kabels, paar los buite ligte, hammer, domkrag, tent toue.

Ek wil graag nog plan maak om al my tentpenne elders te vervoer, want dit weeg reeds 16kg. Die rede is om gewig van die neus af te bring. Ek wou laas my neus gewig meet met badkamer skaal wat tot 150kg kan hanteer......hy het al gebreek ver voor ek volle gewig daarop geplaas het.....nou wonder ek wasr trek hy eintlik....amper te bang om die ware syfers te hoor. Brommer het sy Fleetline se neus geweeg toe hy sy hele karavaan leeg gepak het....ek praat  ou onder korreksie, maar dit was reeds 200kg gewees. Hy moet maar reghelp as ek die syfers verkeerd het. Op die einde gaan dit vir my oor wat trekhaak op voertuig kan hanteer. Hier was onlangs n draad wat daai probleem uitgewys het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 10:38:31 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4029
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Al my swaar goed soos penne, hamers, gasbottels en spaarwiel het 'n plek in die kar. Sit ook niks baie swaar onder die bed nie, wat voor is.

Steeds is die neus gewig te swaar.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 11:43:22 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1143
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Ek kan nie namens ander praat nie.   Volgens Jurgens behoort daar nie meer as 25kg in die neuskas van die Swing te wees nie.    Die spaarwiel alleen is 22,5kg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 14:37:01 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2081
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Sjoe julle laat my skrik ek sal myne moet uitpak dalk kry ek al die goed wat ek so soek daar in die hoekies.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 15:11:14 pm
Anonymous

Daar kan nie juis te veel ingaan wat gewig betref want fleetline is leeg reeds op 118kg op die bal..

Ekt my spaarwiel, 2500W inverter, kabels vir die sonpanele, (gasbottel uitgehaal) en die water tenkie.. Verder die jack en die ramps vir die wiele, nood driehoek en die "wielmoersleutel"??? en die hoekstutte se "moersleutel".. Dink dis dit...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 15:39:09 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Eienaardig om te hoor van 'n 200kg op 'n Fleetline. My Scenic se gewig leeg was omtrent 84kg en dit is met 'n Sealy dubbelbed matras aan die voorkant wat ek nie uitgehaal het toe ek dit leeg geweeg het. Al is die gewigte nie reg nie moet ons seker by werklike gewigte bly as om te raai en dinge dalk erger te maak as wat dit alreeds is.

Is hierdie nie dalk 'n Fleetline wat oorlaai is nie:

Hier is my gewigte soos so paar jaar gelede geweeg.

Sit 'n aircon by, 2 x 102Ah batterye,  inverter, sonpanele en die eet en drinkgoed en jy is baie ver oor die GVM.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 16:33:28 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4029
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Destyds toe ek my woonwa "leeg" (met lugreelaar ,movers, 102ah battery en dikker matras) weeg om te bepaal wat kan ek bylaai was dit die syfers.

Gewig op jockey was 140 kg

Gewig op as was 1260 kg.

Dus kan ek net 100 kg bykomend inlaai. Vir die rede gaan swaar items in die kar waar daar heelwat speling is.

 

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 16:46:51 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Pieter is 'n 1400kg vir die Fleetline leeg nie alreeds bokant die GVM nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 16:56:58 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4029
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Pieter is 'n 1400kg vir die Fleetline leeg nie alreeds bokant die GVM nie?

Ek vermoed jy bedoel my Danie.

Het vergeet om te se dis 'n Classique. GVM is 1490 kg.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 18:20:30 pm
Anonymous

Eienaardig om te hoor van 'n 200kg op 'n Fleetline. My Scenic se gewig leeg was omtrent 84kg en dit is met 'n Sealy dubbelbed matras aan die voorkant wat ek nie uitgehaal het toe ek dit leeg geweeg het. Al is die gewigte nie reg nie moet ons seker by werklike gewigte bly as om te raai en dinge dalk erger te maak as wat dit alreeds is.

Is hierdie nie dalk 'n Fleetline wat oorlaai is nie:

Hier is my gewigte soos so paar jaar gelede geweeg.

Sit 'n aircon by, 2 x 102Ah batterye,  inverter, sonpanele en die eet en drinkgoed en jy is baie ver oor die GVM.

Dis geweeg.. NIE GERAAI NIE.... Leeg is die jockey gewig gemeet 118kg...

1714kg GVM geweeg, In my opinie volgens die plaatjie lankal oorgewig, maar die AS gewig was onder die as se spesifikasie.. As dit oor die spesifikasie gegaan het, sou ek defnitief iets moes uithaal en tuis los.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 18:22:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15696
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis geweeg.. NIE GERAAI NIE.... Leeg is die jockey gewig gemeet 118kg...

1714kg GVM geweeg, In my opinie volgens die plaatjie lankal oorgewig, maar die AS gewig was onder die as se spesifikasie.. As dit oor die spesifikasie gegaan het, sou ek defnitief iets moes uithaal en tuis los.

Skuus...dan was my info van 200kg leeg hierbo foutief.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 18:22:14 pm
Anonymous

Pieter is 'n 1400kg vir die Fleetline leeg nie alreeds bokant die GVM nie?

Volgense plaatjie ja

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 18:40:15 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 327
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

There have been several items relating to your question on this forum over the passed several months and they have proven very helpful to myself. Although the query is not always the same they all relate back to the same subject, " loading the caravan".

Usually the questions relate to,  Caravan nose weight.................Caravan sway............Fishtailing ........safe maximum speed..........Loading and  G.V.M.

There  is one area I have not seen mentioned before which I came across while looking at this matter of loading.  "The owners handbook" for the motor vehicle (Renault Duster) gives the maximum weight  Downward, that can be loaded onto the tow hitch is clearly stated. In the case of the Renault Duster this is 50Kg.  This is Half of the van manufacturer's stated maximum, and twice their minimum. 

At first this seemed rather low, but after some thought it started to possibly account for one of the problems I had had on more than one occasion, wheel spin, ie. lack of traction on an incline on sand roads. That's right the Duster is a front wheel drive.

Another Area that I have altered is loading the motor vehicle with the weight concentrated between the two axles for traveling on dirt roads in order to improve towing vehicle stability. This tip I picked from an article in CARAVAN and OUTDOORS dealing with mounting passes.

Both of the above made a difference.

Finally There is the old sore point of Van manufacturers understating their vans GVM to make the van suitable for lighter and smaller cars, but at the same time short changing the larger cars on the vans carrying capacity.

The moral of the story, Be very careful of how you load you van.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 19:20:29 pm
Anonymous

Skuus...dan was my info van 200kg leeg hierbo foutief.

Leeg was 118kg ja, dit was verstommend hoog alreeds..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 19:51:01 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9006
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

So min as moontlik voor in. Tans is die spaarwiel daar en gasbottel.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 20:38:10 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2893
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Rede hoekom ek minimaal goed in my neus kas het. Ek voel as mens begin te veel goed daar inprop sal dit lelik begin wear binne in. Dan ook is dit altyd moeilik om spanners , levels en goed daar uit te grou

Ek sit Al daai goete in n box en laai dit agter op my bakkie. Ook as my wa storage toe gaan bere ek die Los goed innie garage

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 08:31:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15829
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek is baie gelukkig om 'n neus kas en 'n "Boot" te hê.  

Voor in die neus laai ek:

  • Spaarwiel
  • 1 x Gas bottel
  • 20m tuinslang
  • Grond seil
  • Rally tent pale
  • Rally dak en twee sy kante
  • 9 x haak tent penne en 6 x grondseil penne
  • Hammer
  • wasgoed droog rak

Daar is nog baie plek om nog goed in te laai maar oor die algemeen is dit beperk tot dit.

Agter in die "Boot" laai ek:

  • 2 x 3 rakkie kamp kaste
  • Twee klein tafeltjies
  • 2 x kamp stoele
  • 6 x plastiek blokke vir hoek stutte en jacks
  • Elektriese koord

Battery en tools is onder bunk binne die karavaan.

Ek moet noem dat met die Pentas wat ek gehad het was die neuskas baie vol en verseker baie oorlaai.  Dis nou vir die as ek dit nodig het goete.  Met die jare se kamp het ek dit goed uitgesorteer gekry en het dit baie minder geword.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 09:50:02 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 522
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years
  1. Waterkan - leeg
  2. tentpenne en tent toue
  3. gasbottel
  4. gasstoof
  5. rubber hammers x 3
  6. ligte
  7. ekstra krag verleng kabel
  8. waterpas
  9. asblikkie
  10. nog n paar los goedjies.
As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 13:38:52 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 963
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 25 years

Ons kamp vir n' maand of langer en party keer ver van winkels. Ek is dus is ek oortuig daarvan dat ek die GVM van my Exclusive oorskry. Ek het dit nog nie geweeg nie maar net my berekenings en gut feel wys vir my die oor belasting.

Die pay load van die Exclusive, volgens die plaatjie, is 296Kg. Die aircon in die neuskas weeg 24Kg en die indoor unit weeg 9Kg = 33Kg. Die grooter 105Ah battery weeg 24Kg. Die vier movers weeg 2 x 25Kg = 50Kg. Die spaar wiel 18Kg. Nou trek ons al by 125Kg. Ek vervoer my vol tent en ys machien en NL Weekender agter in die kar.

My neus kas dra alles wat op die grond raak. Grond seile en skadu nette, tent en storm strap penne en springs, grond seil penne/spykers met washers, 2 x 4lb staal hamers, tent toue, elekt cabels, roosters, mover controler en spanner, 2 x 20m tuin slange, steady spanner, hout blocke, een 4 Kg gas bottletjie. Net agter die neuskas is die paale kas. Daar is al my tent paale, tuin graaf, DSTV tuin vurk, gras en plastiek besem, plastiek hark en blou 220V plug adapter. Onder die voorste dubble bed is all die kamp tavels (4), stoele (2), buite hang rakke (2), 4kg gas bottlejie, 2 plaat 220V stoofie, Oztrail voet/sy tafeltjies (3).

Ons het ook party borde en kopies wat ge-glasuur is en glas glase (6). 6 Sit plek staal messe en vurke. Ons vat 6 plek saam anders was jy die hele tyd skottle goed. Ook twee cast iron potte en een pan. Opskep leepels en aartapel masher en induksie plaat. Die wasgoed machjientjie weeg 12Kg en reis in die stort met kussings om hom. Die klere droog rakkie is ook in die badkamer met die gorrel afvoer pype. All die spices, sout en smeere en ander kosse gaan ook saam. Ons probeer om so na moontelik aan die besteming die vinaale bulk kos aan te koope en dan in die kar te hou tot daar.

Julle moet onhou ons kamp vir lang periodes. Nou hou vas!, my vrou het 4 klein plastiek plant potte met vygies en kaktusies (en een pynappel) daar in, en n' klomp lug vaarings. Hulle reis ook in die badkamer in n' krat op die vloer. Ons vat tot n' gras sprinkler saam vir die plantjies. Ek moet se dit gee vir haar baia genot en dit gee n' huislike gevoel. Ons is nou tuis vir n' paar maande en die plantjies staan op die stoep...

Daar is nog twee om die draai.

Kan mens n' roof rack op n' Exclusive sit of dan ten minste n' trailer agter aan ha ha ha.

 

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 08:35:18 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15829
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Paul....................... hoe sê hulle..................... "What ever floats your boat..........."

Gaan vir goud en gaan groot.  Solank julle dit geniet.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 13:16:14 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 963
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 25 years

Lekker Leon, ek hoop ons kamp mekaar een of ander tyd weer raak :) :)

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za