English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 440
Total Replies: 251 883
Total Views: 83 201 313
topics: 11 521
replies: 138 684
views: 39 319 279
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Karavaan briek ligte

replies: 20
views: 394
28 Feb 2020 @ 14:10:09 pm
TANYADK
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 04 Sep 2018
Experience: 18 years

Hi daar

Ons Gypsey Rapier se briek lig gedeelte werk nie as jy briek nie, die globes is gecheck en werk 100%, die plug na die kar is gecheck en als lyk reg.Sou daar 'n fuse box wees waar 'n fuse kon geblaas het of sal ons die bedrading moet laat check?

 

Groete

I Can Do All Things Through Christ Who Strengthens Me (Philippians 4:13)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 14:48:37 pm
Anonymous

Kyk of daar krag is op die voertuig se plug met 'n toets lampie of multimeter.

Indien daar krag is, sal jy die bedrading vanaf die karavaan se plug moet ondersoek tot en met die ligte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 16:03:04 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Soek maar die fout, dalk net iets klein.

Sterkte.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 16:39:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar was onlangs n draad wat dieselfde probleem bespreek het....op die ou einde was die probleem daar waar die drade split na die verskillende ligte agter wat probleem gegee het.....swak konneksies. Ek sal kyk of ek daai draad kan opspoor en link hier vir jou plaas

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 16:54:46 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Vat n kort draadjie, Koppel nommer 5 en 7 aanmekaar ( bridge die 2 )

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 19:58:34 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

Greetings, 

If you havn't come right yet take it in steps, are you technically inclined?If no call some one in, if yes go to step 1.

1)  First do your car brake lights work? if no, there could be a fuse problem, check car fuses if yes go to step 2.

2 ) Step two, do you have a test light or Multimeter?  If no, things are about to get a little complicated. Call a friend.  If yes, earth one lead of the tester, get someone to operate the brakes and touch pin number 6 ( in the socket ) with the other, if everything works up to this point the test light  will go on and off as the brakes are operated. If the light does not go on and off , the problem is most likely in the in the socket on your car, remove the socket  and check all connections  inside the socket. Tighten any that  are loose.

3 ) this step sounds  a bit silly, hitch up the van, connect the plug and wiggle it about, this will very often fix the problem with a dirty connection through the plug and socket.

4) Recheck the globes on your van and check whether any voltage is reaching the globe socket when someone operates the brake. If no, then you need to locate the point in the harness on the van where the main cable from the connection to the van splits and goes to the left and right brake lights. Check that these are all still properly connected.

If all is good up to this point and the brake lights still don't work, call a friend or a Sparkey.

Trusting the above in of some use and not too confuseing,  Good luck

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 20:39:27 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Ek het op my Regal ondervind dat die globe nie behoorlik kontak met die koper pennetjies maak nie. Die globe pas in ‘n plastiek fitting wat uitgewerk het, die globe het dus skeef gedruk.

Ek het die plastiek gedeelte met ‘n gesukkel uitgehaal en ‘n ou agterlig wat ‘n metaal fitting het met Pratley putty vas gesit, werk nou sonder probleme.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 20:55:12 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek het op my Regal ondervind dat die globe nie behoorlik kontak met die koper pennetjies maak nie. Die globe pas in ‘n plastiek fitting wat uitgewerk het, die globe het dus skeef gedruk.

Ek het die plastiek gedeelte met ‘n gesukkel uitgehaal en ‘n ou agterlig wat ‘n metaal fitting het met Pratley putty vas gesit, werk nou sonder probleme.

Ek het op my ou super sport sy globes draaitjies aan gesoldeer en aan die geroeste stukkende Koper plaatjies van die lug. Honderd persent gewerk tot ek nuwe ligte Kon in die hande kry

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 22:05:10 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Gegewe die feit dat beide (links en regs) remligte nie werk nie, is my raaiskoot dat die nommer 6 draad op jou karavan se sok uitgetrek het. Die karavaan-sok is die enigste punt wat los hang en wanneer nodig, ingedruk word.

Maak hierdie sok versigtig oop en let op om dit presies op dieselfde manier weer aanmekaar te sit.  Ek is oortuig daarvan die nr. 6 draad gaan los in die prop gevind word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2020 @ 22:39:57 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4820
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Vat n kort draadjie, Koppel nommer 5 en 7 aanmekaar ( bridge die 2 )

Nie altyd 'n goeie idee waar die voertuig aparte sekerings het vir links en regter rem ligte nie. Dit skep 'n risiko vir die voertuig ook wat beteken elke kant se remlig sekering kan nou dubbel die krag trek voor dit sou blaas. Dus kan die voertuig se bedrading warm word.

Dit was 'n maklike en goeie boere raad maar deesdae moet mens maar versigtig wees. VW en LRover maak o.a. gebruik van 'n sekering vir elke kant.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 11:57:15 am
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Sep 2019

Sterkte met die ligte. As daar 'n meganiese probleem is wat jy kan sien is dit maklik om te herstel. Maar met krag sien jy baie keer nie die probleem nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 12:37:10 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4820
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Wat ons nie weet nie is het die ligte voorheen gewerk?

Nuwe woonwa of nuwe sleep voertuig?

So kan ons die moontlikhede beperk.

Soos genoem lyk die sok reg. Dis tog moontlik dat dit reg lyk maar slegs as daar getoets word kan mens weet of die drade op die regte plekke gekoppel is soos die standaard wat Kosie geplaas het. So kan daar ook met 'n multimeter getoets word of daar wel 'n verbinding is deur tussen die negatief op die sok op die karavaan se prop en elkeen van die funksies na die ligte toe. Verder kan mens ook 'n los battery gebruik om op die karavaan se sok elke funksie van krag te voorsien en kyk of die ligte wel werk. Sou dit wel so wees dan kan mens na die voertuig se kant begin soek of elke funksie reg gekoppel is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 18:46:23 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Hi daar

Ons Gypsey Rapier se briek lig gedeelte werk nie as jy briek nie, die globes is gecheck en werk 100%, die plug na die kar is gecheck en als lyk reg.Sou daar 'n fuse box wees waar 'n fuse kon geblaas het of sal ons die bedrading moet laat check?

 

Groete

In die vorige draad oor die onderwerp is die probleem ook bespreek. In my geval (Fleetline L, '95 model) het die wa agter onder by die chassis 'n choc blok waar die multi-kern kabel wat van voor af kom gekoppel word aan die drade wat na die verskillende gloeilampe toe gaan. My remligte se skroefie was los (fabrieksfout?) en oor tyd met korrosie en vuiligheid het die nie meer kontak gemaak nie. Bietjie contact cleaner opgespuit en al die choc blok se skroefies weer vasgedraai...voila!

Ek het ook belê in 'n toetser wat jy by Roadque (www.roadque.co.za) in Silverton kan koop, die het 'n stel LEDs wat al die ligte aandui....as jy die gedoente in die wa se sok inprop behoort al die LEDs aan te kom as alles OK is, as bv die remligte s'n dood is bevestig dit die probleem is by die wa, ander kant van die toetser kan ook in die voertuig ingeprop word en dan wys hy of alles wel is aan die voertuig se kant. Was die paar honderd rand wat die ding gekos het oor en oor werd. (En soos reeds hier genoem maak maar die wa se prop oop en kyk of al die drade behoorlik vas is op die regte plekke...en spuit sommer die spul ook met contact cleaner (Communica in Samrand hou die doepa aan) If all else fails kan jy die remligte se pen op die wa se prop terug "loop" met 'n langerige stuk elektriese draad en op die Ohm verstelling op 'n multimeter seker maak of die rem drade  nie erens af is nie. 

Indien jou ligte voorheen almal gewerk het met dieselfde voertuig sou ek raai dat of die remligte se draad is af/uitgetrek by die wa se prop, of waar die multi-kern kabel gekoppel word aan die ligte is iets of los of af, en laastens dat die gloeilampe nie behoorlik kontak maak in hulle sokke nie gewoonlik agv korrosie binne die "light clusters" agter.

As jy die probleem gekry het laat weet asb...die soort inligting is goud werd vir iemand anders wat dalk met dieslfde probleem sukkel...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 06:57:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hier is goeie insetsel hierbo gegee.  Volg dit of probeer net die volgende.  Die hoof oorsaak is maar aanpaksel en roes of meer algemene terme "Korosie".

Die punte binne die "male" plug op die karavaan en die "Female" plug op die voertuig is van brass of koper gemaak.

Wanneer dit punte nie gereeld gebruik word nie pak dit soos met enige kopper of brass oppervlaktes aan.  Ek vat 'n klein stukkie skuurpapier rol dit baie klein op met die skuurvlak na buite.  Dit druk ek sommer by elke  puntjie wat indivudieel soos 'n pypie lyk in en draai dit en skuur die binnekant.  Dan rol ek die selfde stukkie skuur papier met die skuur vlak na binne en skuur die punte wat lyk soos pennetjies in elke plug.  Op die manier verwyder jy die korosie binne die pyppie punte en buite die pennetjies.

Laastens sal jy sien die pennetjies is of in kwarte of in die helfte gesplit.  So jy kan hulle effens oop buig deur 'n mat mes se lemmetjie tussen die gesplete gedeeltes in te druk.  Dit sal maak dat die pennetjies stywer in die pypies pas.  PASOP Net effens oop maak want teveel dan gaan die pennetjie punte glad nie in die pyppie punte in nie.

As jy die onderhoud gedoen het sal jy vind dat die S/wa plugs ook nou baie stewiger inmekaar pas.  Soos die van 'n nuwe.

Laastens as die ander ligte op die karavaan soos  flikkers en gewone ligte werk aan elke kant beteken dit die aard draad (3) (White) is 100% reg en lê die fout eintlik maar by Punt no 6 (Rooi).

Vat n kort draadjie, Koppel nommer 5 en 7 aanmekaar ( bridge die 2 )

Hierdie is 'n oplossing as die gewone tail lights nie gewerk het nie.  Sal nie help vir die remme se ligte nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 08:31:42 am
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 44 years

Die oorspronklike skrywe in hierdie draad het gespesifiseer dat die remligte foutief is, dus sien ek nie die sin daarin om nommers 5 en 7 te toets of te brug nie?? Nommer 6 is vir remligte.

Hierdie is 'n baie handige stukkie toetsgereedskap, toets beide 'male' en 'female'  sokke op voertuig en sleepding! 

Kos <R200 by plekke soos Midas, Autozone ens... of bestel 'online'.

https://www.google.com/search?rlz=1C1CAFB_enZA626ZA670&q=caravan+plug+tester&tbm=isch&source=univ&sa=X&ved=2ahUKEwiOyJGtk_vnAhVHrxoKHSapB-gQ7Al6BAgKED4&biw=1396&bih=693

(Kry nie 'image' gelaai nie, my onkunde)

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 09:21:35 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Die oorspronklike skrywe in hierdie draad het gespesifiseer dat die remligte foutief is, dus sien ek nie die sin daarin om nommers 5 en 7 te toets of te brug nie?? Nommer 6 is vir remligte.

Hierdie is 'n baie handige stukkie toetsgereedskap, toets beide 'male' en 'female'  sokke op voertuig en sleepding! 

Kos <R200 by plekke soos Midas, Autozone ens... of bestel 'online'.

https://www.google.com/search?rlz=1C1CAFB_enZA626ZA670&q=caravan+plug+tester&tbm=isch&source=univ&sa=X&ved=2ahUKEwiOyJGtk_vnAhVHrxoKHSapB-gQ7Al6BAgKED4&biw=1396&bih=693

(Kry nie 'image' gelaai nie, my onkunde)

 

 

Dis presies dieselfde toets magafter wat Roadque verkoop en waarna ek hierbo verwys. Myne is permanent in die wa. Beste magafter wat ek nog aangeskaf het!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 10:59:08 am
TANYADK
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 04 Sep 2018
Experience: 18 years

Hallo julle almal.

 

Baie dankie vir al die raad, my manlief wat heelwat meer tegnies aangele is as ek het dit toe reg gekry. Ek is nie 100% seker waar die fout gele het nie maar dit klink my dit was 'n draadjie wat los gegeaan het. Nou is ons reg om te gaan kamp oor twee weke. Kan nie wag nie wat ek het al ontrekkings simptome :-)

 

Hoop julle almal het 'n heerlike dag.

I Can Do All Things Through Christ Who Strengthens Me (Philippians 4:13)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 13:19:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hallo julle almal.

 

Baie dankie vir al die raad, my manlief wat heelwat meer tegnies aangele is as ek het dit toe reg gekry. Ek is nie 100% seker waar die fout gele het nie maar dit klink my dit was 'n draadjie wat los gegeaan het. Nou is ons reg om te gaan kamp oor twee weke. Kan nie wag nie wat ek het al ontrekkings simptome :-)

 

Hoop julle almal het 'n heerlike dag.

Ag...eks bly dis eenvoudige probleempie gewees. Geniet jul kamp!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 14:59:48 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3423
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die apparratjie wat Jorg (Hurricane) voorstel, is 'n baie goeie idee want jy is eerstens nie seker of die fout by die sleepvoertuig of die karavaan lê nie.  As jy dit eers vasgestel het, is mjy oor die hond se rug en die oplossing van die probleem is dan gewoonlik maklik.

Ek het jare gelede vir myself een gemaak wat eintlik uit twee dele bestaan: een vir die sleepvoertuigkant en een vir die karavaankant.  Dis nie so gesofistikeerd soos die gekooptes nie, maar dit werk goed en het my al heelwat frustrasie gespaar.  Ek dink nie daar was  sulke apparate op die mark toe ek myne gemaak het nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 19:49:56 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Jammer ons weet nie presies wat die fout was nie.  Ek wonder of my raaiskoot van 28/2 nie dalk reg was nie ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 08:50:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Daar is verskeie gadgets op die mark wat mens vandag kan help met die fout na sporing.  Toeka se tye was jy aangewese op jou eie plan maak soos Ferd noem of jy moes maar aansukkel tot jy hom uitgesorteer het.

iets wat my baie help vandag is 'n toets lampie wat ek 'n skerp naald deur die plastiek om hulse van 'n draad druk en sodoende kan toets watter draad is die lewendige een sonder om die plastiek omhulsel te beskadig of oop te maak.

Hy wys ook automaties groen of rooi as die polariteit op die toets lampie omgedraai is.

Toeka se tye het jy jou eie toets lampie gemaak met 'n gloeilampie en drade.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za