Blykbaar is daar n toename in die steel van motorfietse, bote en karavane wat opheindig in Mozambique.
Wie van julle maak gebruik van hierdie (of soortgelyke) toestelle om dit bietjie moeiliker te maak om jou karavaan te steel?
Lyk na Oulike ding
By my huis het ek 'n kar bal teen die muur gesit en sluit hoom daar aan vas
Die ou is reg vir as jy op die pad is
Ek het só 'n toestel. Ek het dit nog nooit op die karavaan gebruik nie, maar wel op my sleepwaentjie. Dit werk baie gemaklik en ek reken dit is effektief. Ek het dit etlike jare gelede by Cara-Camp in Somerset-Wes gekoop.
Ek het so 'n bal. Ek dink egter die grootste risiko is as ons oppad by 'n winkelsentrum stop met die karavaan op die haak, en dan is die bal van geen nut nie. Ek het voorheen die karavaan met 'n kettang en slot aan die sleepvoertuig geheg, maar het nou 'n beter oplossing. Al-Ko het verskeie soorte slotte vir hulle onderskeie sleephake. Die een wat by my haak pas, druk onder die haak deur twee gaatjies en verhoed dat die hefboom gelig kan word. Die slot is goeie kwaliteit maar die "shackle" is maar dun, so dit sal gebreek kan word as die dief genoeg tyd het, maar jy weet ook dat 'n vasberade dief nie gestop kan word nie. As julle belangstel, laai gerus Al-Ko se katalogus af op hulle webbladsy. Dit het baie interessante goed op waaraan jy nie altyd dink nie.
Ek het so een gebruik, maar tans is my wa op so n moelike plek....dink nie hulle sal hom maklik uitkry daar waar hy nou staan nie, maar andersins is dit goed om te sluit....hulle steel deesdae baie.....ek hoor veral van baie boswaens

Maar dis seker nie beperk tot n sekere wa nie....deesdae steel hulle enige iets.....ek hoor deesdae steel hulle selfs Mazda BT50's....
Ek het só 'n toestel. Ek het dit nog nooit op die karavaan gebruik nie, maar wel op my sleepwaentjie. Dit werk baie gemaklik en ek reken dit is effektief. Ek het dit etlike jare gelede by Cara-Camp in Somerset-Wes gekoop.
Outdoor Warehouse verkoop hulle ook vir R 229....sou iemand anders soek
Ek hou nogals van hierdie een. Ek het saam met my wa gekry....so een soos Piet Ford in sy openings foto het. Ek het hom 1x gebruik {was 2de hands} maar het bietjie gesukkel om hom uit te kry, vandaar nie weer gebruik nie.....ek is bang die slotjie gee probleme op n manier en dan moet jy die gedoente uitboor....kan n gesukkel afgee.
By die huis of Kamp plek stem ek vir so slot....
Maar nie terwyl ek op die pad is, die wa moet kan afhak in n nood sê die voertuig rol.
Of moet hy maar saam kom..... Vra maar net.... Wat sê die wat dit al ondervind of gesien het.
Jy het 'n punt beet Jin. Miskien is dit veiliger om die slot net aan te sien- ek meen nou die een wat ek het- as ek toevallig die kar en karavaan gekoppel onbewaak moet laat en dit weer af te haal voor ons verder ry. . Dit is heel vinnig om te doen. Die slot kan natuurlik ook gebruik word as die karavaan afgehaak is want dit verhoed steeds dat die hefboompie gelig kan word om die haak te koppel.
Dit is skrikwekkend - hier by ons in Wonderboom Montana Pta word elke dag n Toyota gesteel enige plek - winkels hospitaal skole - ook enige model. Raak skoon paranois het laasweek my bestuurslisensie hernu in Akasia maar daar hang soveel ongewenste elemente rond tussen die karre dat jy wonder of jy dalk met n bestuurslisensie gaan sit maar sonder n kar as jy daar uitkom. Dis ongelukkig nou die lewe - my man ry meesal motorfiets werk toe maar as ons uitgaan besluit ons eers waarheen - hoe lyk die area en waar parkeer mens en daarvolgens besluit ons watter voertuig gebruik gaan word vir ingeval. Met versekering ly mens nog altyd aan die kortste end met ongerief en bybetalings ens.

Ek neem aan julle ry NIE met die Toyota as julle die aand uitgaan.
Anders moet julle terug loop.....
Ja, het my lisensie Desember daar gaan haal, daar trek hulle jou kouse uit terwyl jy jou skoene aan het.
Pietersburg is amptelik 'n stad maar teenoor die groot stede, voel dit meer soos 'n dorp. Ons bly nie in die Paradys nie, maar my indruk is dat misdaad nie so erg hier is as in die stad nie. Ons kom gereeld in Pretoria omdat twee van ons kinders daar woon, en ek voel ook maar blootgestel daar. In Pietersburg stap ek in die midestad rond oa na die poskantoor om pos uit te haal, sien maar selde 'n wit gesig, maar ek voel heeltamal veilig. Lede van die publiek, onder andere taxibestuurders, het al hier vrouens te hulp gesnel en grypdiewe aangekeer. Dit voel vir my asof ons meer vir mekaar hier omgee. As ons soggens ons oefenstappie gan doen, groet almal van alle kleure, wat ook oefen, ons ook vriendelik en dit laat 'n mens lekker voel.
Daai slotte kan mens nie gebruik in die ry nie....daars parte binne trek haak holte.
Kan nie oorversigtig wees nie ,n slotmeganisme is goedkoop genoeg teenoor die skade wat jy mag ly
Maar dis seker nie beperk tot n sekere wa nie....deesdae steel hulle enige iets.....ek hoor deesdae steel hulle selfs Mazda BT50's....
Vriend van my se motorfiets was gesteel....gister gevind....plastic krat agter op en besig met aflewering vir n winkelgroep
Vriend van my se motorfiets was gesteel....gister gevind....plastic krat agter op en besig met aflewering vir n winkelgroep
Nou word die fiets gebruik deur 'n vryskut afleweringsdiens.
Ten minste het die dief dit vir besigheid gebruik.......!