English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 776
Total Replies: 269 593
Total Views: 83 853 946
topics: 12 297
replies: 149 334
views: 39 664 907
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Karavaan Handrem

replies: 9
views: 254
11 Apr, 2022 @ 08:23:23 am
1Pierre2
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 05 Dec, 2018
Experience: 23 years

Dagse almal.

Is dit waar dat 'n karavaan se handrem, wanneer opgetrek, keer dat die wa vorentoe rol, maar nie verhoed dat die wa agtertoe rol nie?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 08:46:11 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Die classique se handrem werk in altwee posisies.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 09:30:35 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Ek het al  "Awol" (en voor dit "Pophuis")  se wiele opgelig met die doel om die wiellaers en remme te toets, en in beide die gevalle het die remme rol vorentoe en agtertoe verhoed. Bygesê dit was wél net met die hand getoets, so die gewig van die k/vaan mog 'n bydrae lewer, maar ek twyfel ......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 09:43:01 am
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2110
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Waneer die woonwa stil staan en jy trek die handrem op verhoed dit net vorentoe roll. Soos waneer jy voorentoe ry en rem (over run brakes). As dit agtertoe rol onkopple die remme. Soos waneer jy die woonwa reverse. As die wiele agtertoe rol onkoppel die remme. As jy dan die hand rem verder optrek rem dit weer in die agtertoe rigting. Dus wees paraat as die woonwa agtertoe will rol sodat jy gou gou die hand rem verder kan op trek.

https://caravanchronicles.files.wordpress.com/2013/03/al-ko-overrun-braking-system-handbook.pdf

Dit kan wees dat die heel nuutste Al-Ko over run stelsels nou werk sonder om die hand rem verder op te trek. My 2015 Exclusive werk soos ek hier bo verduidelik het. Ek het al amper oor my voete geval om gou gou die handrem verder op te trek.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 09:58:07 am
1Pierre2
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 05 Dec, 2018
Experience: 23 years

Waneer die woonwa stil staan en jy trek die handrem op verhoed dit net vorentoe roll. Soos waneer jy voorentoe ry en rem (over run brakes). As dit agtertoe rol onkopple die remme. Soos waneer jy die woonwa reverse. As die wiele agtertoe rol onkoppel die remme. As jy dan die hand rem verder optrek rem dit weer in die agtertoe rigting. Dus wees paraat as die woonwa agtertoe will rol sodat jy gou gou die hand rem verder kan op trek.

https://caravanchronicles.files.wordpress.com/2013/03/al-ko-overrun-braking-system-handbook.pdf

Dit kan wees dat die heel nuutste Al-Ko over run stelsels nou werk sonder om die hand rem verder op te trek. My 2015 Exclusive werk soos ek hier bo verduidelik het. Ek het al amper oor my voete geval om gou gou die handrem verder op te trek.

Dankie Paul.

Ek het al rof geskrik met my 2012 Exclusive wat agtertoe rol met die handrem op. Ek het nie geweet van die 2de keer se optrek wat werk nie, daarom  "engage" ek die movers as ek hulle gaan gebruik.

Ek het by een kamp ook 'n medekamper raak geloop wat vertel het dat hy sy Explorer amper uit sy buurman se jaart moet sleep toe die weghol - met opgetrekte handrem en al.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 10:16:55 am
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2110
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Ek het al die woonwa vorentoe wou skuif met die movers terwyl die handrem per ongeluk op die eerste trek is. Die mover fuses het in die prosess geblaas. Agtertoe move die movers die woonwa met die handrem op die eerste trek.

Ek koppel ook die movers voordat ek aff haak as ek hulle gaan gebruik. Dan rol die woonwa nie vorentoe of agtertoe nit. Klippe voor en agter die wiele is ook n' veilige manier om weghol te voorkom.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 11:06:41 am
RichardJ
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 804
Joined: 02 Sep, 2015
Experience: 54 years

I have the same experience as Paul. Normal about 2 clicks stops forward but then a further high 2 clicks stops backwards. Movers also moved backwards but then refuse or slip/grind the tyres when trying to go forward.

When I tried to set my brakes because of backward movement, I realised that for forward braking they were set correctly ( per George's instructions).

Initially I got the impression that the brakes were braking and holding for reverse.

When ever I move the van on a slope I place bricks as a safety runaway intervention.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 12:00:07 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Petrus, remme werk na ek die bydraes gelees het, nie almal dieselfde nie.  Op ons 1984 Sprite het die handrem net verhoed dat die wa vorentoe beweeg.  Ek het eenmaal amper die karavaan agteruit teen 'n afgrond laat loop omdat ek dit nie toe besef het nie.  Ek het later van hierdie eienskap gebruikgemaak om die karavaan om 'n draai, teen 'n effense opdraende, agteruit te stoot tot in sy garage.  Ek het die handrem opgetrek en dan die disselboom met die hand links en regs beweeg.  Omdat die een wiel slegs agteruit en die alternatiewe wiel nie vorentoe kon beweeeg nie, het dit veroorsaak dat die wa stappie vir stappie agteruit 'gestap' het sonder te veel inspanning van my kant.

Ons huidige wa het 'n AL-KO  koppeling en rem en hy werk heeltemal anders en ek moet erken, ek verstaan hom nie.  As ek die handrem optrek soveel dat hy vorentoe rem en die wa loop agteruit, skuif die handrem verder op sodat die wa ook agteruit rem.  Ek kan dit nie verhoed nie.  Nogtans, as die wa aan die sleeepvoertuig gehak is, rem dit nie as ek agteruit beweeg nie, maar onthou dat die handrem dan nie opgetrek is nie. Ek kan dus nie bogenoemde metode gebruik om die wa agteruit te laat 'stap' nie. 

Ek stel dus voor jy maak seker wat jou wa se remme kan doen en nie kan doen nie, voor jy, soos ek an ander mense hierbo, amper, in 'n groot gemors beland.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 22:23:59 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16818
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Dagse almal.

Is dit waar dat 'n karavaan se handrem, wanneer opgetrek, keer dat die wa vorentoe rol, maar nie verhoed dat die wa agtertoe rol nie?

 

If you did the brake adjustment correctly the hand brake should activate after about 600mm roll to the back.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr, 2022 @ 11:08:52 am
1Pierre2
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 05 Dec, 2018
Experience: 23 years

If you did the brake adjustment correctly the hand brake should activate after about 600mm roll to the back.

Dankie Leon. Daai 600mm is fyn as jy moet inpas in 'n klein staanplek en jy wil naby die boom se stam stop.

Ek sal maar hou daarby om die movers te "engage" wanneer ek afhak en so verhoed dat die wa kan dalk agtertoe rol.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required