Ek wonder by myself hoeveel karavane word op die pad gestop en geweeg. Gebeur dit gereeld? Was jy al afgetrek en jou karavaan geweeg?
Nee, ek wil nie daaraan dink nie. Hoe se hulle "let sleeping dogs..........".
Never seen anyone stopped, ever.
Hulle fokus op die groot geld en beskou karavane as doppe wat leeg is. Moet egter nie gaan oorlaai nie. As ouens onwettig sleep en die owerhede kom dit agter, trek hulle ons almal af. Dan gaan sit ons by elke weegbrug in die ry van vragmotors wat geweeg moet word.
Willem hierbo is reg; moenie slapende honde wakker maak nie!
I was told of 2 occasions where the van was taken to the weigh-bridge,
Sleep al 50 jaar en nog nooi probleeme gehad nie
Hulle fokus op die groot geld en beskou karavane as doppe wat leeg is. Moet egter nie gaan oorlaai nie. As ouens onwettig sleep en die owerhede kom dit agter, trek hulle ons almal af. Dan gaan sit ons by elke weegbrug in die ry van vragmotors wat geweeg moet word.
Willem hierbo is reg; moenie slapende honde wakker maak nie!
Ek stem heeltamal saam.
Shhhh!
GT stem met jou saam totdat daar n uitweg is vir die probleem, want ons weet nie wat omtrend dit te doen nie, ek het myne gesorteer deer n motorhome te koop ,en die sleep voertuig wat ek sleep is maar helfte van die bus se gewig
Ek het op ander draad genoem dat ek vandag met verkeers hoof en snr staats aanklaer gepraat het, sien gerus die draad "Final GVM"
Ek kan net noem dat ek so tussen die lyne, niks ampteliks' kon aflui, die volgende:
1. Enige geregsdienaar mag enige voertuig aftrek.
2. Die karavaan sleper sal grootliks bepaal of hy af getrek word,
3. Die owerhede sien hoe jy op die pad vertoon,
ou wat haastig lyk het goeie kans dat hulle hom gaan stop,
ou wie se kombinasie "onveilig" oorgewig lyk gaan ook maklik gestop word.
Die kombinasie wat rustig vertoon, skep die indruk dat dit veiligheids bewuste mense is.
Ek herhaal, hierdie is net 'n afluiding wat ek gemaak het, dit is NIE amptelik aan my gestel nie.
GT hierbo is heeltemal korrek. Hoewel ons nog nooit afgetrek is nie en ek nog nooit gesien het dat hulle 'n woonwa aftrek om te weeg nie, gaan dit nog gebeur.
As jy gevang word, word jy beboet en moet aflaai voordat jy verder mag ry. Dit sal enige vakansie goed opfoeter.
Erger nog is die gevaar van 'n ongeluk en die versekering wat nie uitbetaal nie. Pyn, ellende en vervolging is dan jou voorland. Dink net wat kos dit om aanspreeklik gehou te word vir 'n verlamde persoon se versorging. Die versekering gaan nie uitbetaal vir jou sleepkar, wa en die ander ou se voertuig nie. Omtrent die enigste troos, as daar troos te vind is in so situasie, is dat die agtergeblewenes die inhoud van die wa so sal stroop dat daar nie veel vir die owerhede sal wees om te weeg na 'n botsing nie! Dan weer, as jy nie oorlaai was nie, was daar waarskynlik nie 'n ongeluk in die eerste plek nie. Dit is waarskynlik dieselfde ouens wat oorlaai wat so jaag ook. Spoed bring jou vinniger by die ongelukstoneel en die gewig maak dat jy nie kan stop nie!
As jy kyk wat party ouens aflaai op hul kampterrein as hulle vir 'n lang vakansie aankom, is daar geen manier wat hulle wettig kan wees nie.
Dit kos net 'n paar vrot appels wat afgetrek word, dan staan on almal tou by elke weegbrug op die roete. As ek by elke weegbrug moet toustaan op pad see toe, sal ek ernstig besin of 'n woonwa die moeite werd is.
Ons kan maar spog oor die oorlaai, of ons kan gegin verantwoordelik wees.. maar hoe weet jy elkgeval wat jou wa weeg?
Hans, julle is so reg, vir my gaan dit premér oor my gesin se veiligheid, dan ander pad verbruikers en dan die vervangbare.
NB ek hou van die uitdrukking '...spoed bring jou vinneger by die ongeluk, en gewig maak dat jy nie kan stop nie..."
Hans, julle is so reg, vir my gaan dit premér oor my gesin se veiligheid, dan ander pad verbruikers en dan die vervangbare.
NB ek hou van die uitdrukking '...spoed bring jou vinneger by die ongeluk, en gewig maak dat jy nie kan stop nie..."
Dis baie waar johann.
Weet nie van karavane wat afgetrek is nie. Maar wel van Kamp/Offroad Sleepwaens wat nie toegerus is met inloop remme nie. Meeste van hulle word by Makro verkoop.
Groot maat van my werk by die weegbrug tussen Witbank en Middelburg. Onthou die "Offroad S/wa" wat nie inloop remme het nie se maksimum BVM mag nie 750kg oorskry nie, en daai roof top tent is ongelukkig klaar 'n gewiggie. Dan die spaarwiel, dan die gas, dan die 60L yskas, dan die, dan die, dan die......... Oppas mense ek weet vir 'n feit Middelburg se weegbrug weeg die sleep waentjies. Hy het nog niks gepraat van karavane weeg nie. Seker maar omrede hy self 'n karavaan het.
Johann,
Dit is werklik so - ek was af getrek by Zuurbekom robot op die N12 waar hulle gereeld oorlaaides af trek.
Verkeersman begin onmiddelik sê die karavaan is te swaar vir die kar, tot ek die gewigte kwoteer.Hy het slegs op die karavaan skyfie gekyk en aanvaar ek ken my storie en het my toegelaat om verder te ry - het nie eers die kar se Tarra gekyk nie..
Ek dink dis steeds belangrik om 'n tuis weigh pad te kon he om die karavaan se wiele te weeg sowel as jou voertuig na jy gepak het...
Mens kan dit met loadscells doen, ekt net nie die tyd nie...............
Rigter Scale in Pretoria wes kan mens help met so iets.
Ons het in 2005 tot 2006 die hele land plat gery en al die uitrusting wat 'n militere eenheid op 'n Kwe 100 vrag voertuig laai met 'n soortgelyke stelsel geweeg.
Ons het die skaal oral saam geneem soos ons gewerk het.
Ag hel gisteraand gedroom ek word afgetrek en geweeg..............
Tickets... Tickets... Tickets....