English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 402
Total Replies: 232 464
Total Views: 82 431 536
topics: 780
replies: 12 341
views: 4 927 736
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Kant spieels

replies: 53
views: 1184
page 1 of 2
04 Feb 2018 @ 10:51:06 am
Fiefie-Koi
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 01 Feb 2018
Ekskuuk ek gaan net eers toets - het gepost maar ek sien niks - testing 123...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 10:54:24 am
Fiefie-Koi
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 01 Feb 2018
Reg .. sien nou wat ek verkeerd gedoen het ..
So hier is my vraag - ons het nog nie die karavaan gaan haal nie maar wil graag weet of kant spieels verpligtend is? Is daar verskillende soorte beskikbaar?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 11:27:25 am
Antony
Gold Member
59% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 08 Jun 2010
Experience: 31 years
Hi
Yes you do get different types , when you get make sure they fit your mirrors tightly.I have a set that fit my sorento but on my ranger they slide off with the curve profile on the mirror.Google the law about towing and mirrors.
Enjoy the van when you get it and safe towing.
regards
Tony
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 11:58:06 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8198
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Welkom op die forum.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 12:03:49 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8198
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Los die spieëls en sit eerder vir jou n kamera agter op die wa wat jy voor by jou kan sien wat agter die wa aangaan.

Die spieëls klap toe as n groot voertuig verby kom en in sterk wind.

Gaan sleutel in by SOEK. "reverse kamera" En kry meer antw daar.



As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 12:14:30 pm
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years

Hallo Fiefie-Koi die vraag is - kan jy sien wat agter jou karavaan is ? As nie dan moet jy n plan maak- kant spieele of kamera. Daar is verskilende tipe spieele en kameras. Die maakliste en goedkoopste is spieele. Pasop vie die tipe spieele wat aan jou kar se spieele vasgemaak - my probleme was die bakkie se spieele het terug gevou as ek vinniger as 100kph gery of n groot trok verby ry. Ek moes n extra stuk band opsit om dit stop.

Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 12:28:22 pm
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years

Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 12:36:13 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2544
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Sandra, Ek sou sê wag eers en kyk of julle wel ekstra spieëls nodig het want soos jy hierbo sien, hulle het maar probleme.  Ek het voorheen met 'n Kombi 'n Sprite Supersport sport gesleep sonder ekstra spieëls, maar die Kombi is taamlik breed.  Toe het ons die Kombi met die Kuga vervang en ek het steeds nie ekstra spieëls nodig gehad nie hoewel die Kuga smaller as die Kombi is.   As die karavaan dit toelaat kan 'n mens ook die voorste en agterste vensters se gordyne oopskuif en deur die karavaan maklik agter jou sien.  Ek het dit nooit nodig geag nie.  Met ons huidige voertuie waar die karavaan netso breed as die sleepvoertuig is, het ons ook nie ekstra spieëls nodig nie.  Ek stel die spieëls so dat die buitenste rand net verby die karavaan kyk, met ander woorde, ek trek die spieëls nader aan die bakwerk, dan kan jy goed agter jou sien.  Dit het die nadeel dat jy minder sig langs jou het, maar ek kan dit hanteer deur maar links of regs te kyk indien nodig in plaas van om op die spieëls te vertrou.

Terloops, watter sleepvoertuig het julle en watter karavaan het julle gekoop?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 13:03:55 pm
Fiefie-Koi
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 01 Feb 2018
Fred ons het 'n ford ranger 3.2 en het 'n exclusive gekoop..
dankie julle almal vir die terugvoer = ons het gehoor van die kamera - ek dink ons moet maar wag totdat ons hom gaan haal - ek veronderstel ons sal gou genoeg weet as ons hom die dag haak ... ai toggie ek kan nie meer wag nie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 14:01:09 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Sandra

Gaan kyk na hierdie draad, klik net op die skakel.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 16:22:40 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2544
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Sandra, Met so 'n lang en breë karavaan dink ek julle gaan meer as die standaard spieëls nodig kry.   Daar is ook 'n paar mense op hierdie Forum met soortgelyke eenhede- miskien sal hulle hul ondervinding met julle deel- onderandere Willen(Wilsure).  Ons sal graag mettertyd wil hoor hoe julle dit benader het. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 17:12:48 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1333
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years
Met die Ranger behoort jy nie ekstra kant spieels te benodig nie, daai bakkie is breed genoeg
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 17:28:09 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 38 years
Sandra, welkom op die forum
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 19:27:11 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2980
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Sandra, welkom.

As ek raad kan gee, kry Kant spieels. Die grotes vir jou bakkie. Ja, ek het ook die probleem gehad met Hilux DC se spieels wat toevou as trok by jou verby kom. Ek het my spieels sommer met n stuk tou vas gemaak. Problem solved!

Voordat jy in n kamera stelsel bele, raak eers gewoond aan sleep met spieels.

Ek het kamera stelsel geinstalleer. Jammer om te se.....dit werk nie vir my nie. Ek dra bril en ek kan nie sien soos met n spieel nie. Glo my, ek is heeldag op die pad, doen so 8000km per maand. Of ek nou sleep of nie, ek wil sien wat aangaan. Het kamera op voertuig se buffer ingesit. Dit werk fantasies as ek my wa hak. Maar my Kant spieels is my "sitplek gordel" van sleep. Altyd daar as ek dit nodig het

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2018 @ 19:52:20 pm
Fiefie-Koi
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 01 Feb 2018
Sjoe baie dankie julle - dis meer raad as wat ek op gehoop het! Ons sal eers die karavaan teen middel Februarie gaan haal maar ek belowe ek sal op 'n stadium kom vertel hoe dit gaan...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 08:13:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14495
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Fred ons het 'n ford ranger 3.2 en het 'n exclusive gekoop..
dankie julle almal vir die terugvoer = ons het gehoor van die kamera - ek dink ons moet maar wag totdat ons hom gaan haal - ek veronderstel ons sal gou genoeg weet as ons hom die dag haak ... ai toggie ek kan nie meer wag nie!

Ek self sleep met 'n Ranger 3.2 en kan jou nou al sê jy sal of spieels moet gebruik of 'n trukamera agter op die wa installeer.

So julle kan nou al begin met navorsing ondersoek wat gaan beste werk vir jou.

Ek kan dit sê,  Ons het vir jare gesleep met spieels en gesukkel met die vibrasie daarvan en hulle het maar hulle beperkinge oor hoe vêr jy na agter kan sien veral met breë Jurgens karavane.  Het toe die try kamera roete gevolg en is nog nooit spyt oor dit nie.  Ek kan jou die versekering gee dat jy sien beter wat agter jou aan gaan as met die verleng spieels.

Daar is verskeie Tru kamera produkte op die mark. Somige teen R4000 ander teen R900.  Ek gebruik nou al meer as 5jaar die R900 produk wat van China afkomstig is. En dit werk puik.

Spieels gaan jou ongeveer R500 uit die sal jaag.  So dis maar vir jou om te besluit.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 09:11:16 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2544
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Man, ek hou van hierdie Forum!  As daar 'n vraag kom, antwoord verskillende mense volgens hulle eie ondervindings en die bydraers is beslis nie ja-broers nie.   Dit gee 'n gebalanseerde stel feite.  Daar is nie net een regte manier om enige probleem op te los nie en die reaksies op vrae toon dit duidelik, maar dit is almal goed oorwoë menings wat uitgespreek word.  Ons hoef nie telkens die wiel uit te vind nie- ander het dit reeds gedoen- ons moet net besluit watter weergawe van die wiel die beste vir ons gaan werk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 09:13:54 am
Anonymous
Net dat jy weet, die spieëls wat toeklap is 'n Hilux/Fortuner ding. Tensy iemand met 'n Ranger vir jou sê hulle sukkel ook.
Met daai dubbelspieël model wat jy kan kry, is die groter binneste een waardeloos as jy ry want hy "zoom in" en vibreer dus te veel. Die kleiner buitenste een help want hy het 'n wye hoek en help jou om die ou wat agter jou ry raak te sien, wat jy nie andersins sal nie totdat hy langs jou karavaan is. So dit help my baie met verby gaan want ek weet waar die agterste hoek van die karavaan is.
Die binneste spieëls gebruik jy as jy reverse of in 'n klein spasie moet in of uit. Sodat jy kan sien hoe naby jy aan jou hek verbyskuur bv. Tru kameras gaan jou nie help met dit nie, so as jy 'n klein spasie by die huis het waar jy moet in, gaan jy dalk in elk geval van hulle moet kry.

PS die goed is nogal duur by Campworld. Kyk maar rond.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 10:00:47 am
Fiefie-Koi
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 01 Feb 2018
julle manne praat my kop deur mekaar! ek het al bietjie raad gaan vra by Mr Google oor die kameras maar kon nie regtig reg kom nie - waar kyk ek vir die kameras?
Leon as ek mag vra watter tipe gebruik jy ( handels naam) - natuurlik wil ons almal bespaar maar ons glo maar aan bietjie meer betaal as 'n ding bietjie beter gaan werk.
skuus vir al die (dom) vrae...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 11:02:31 am
Anonymous

Sandra, eerstens welkom op die forum, geniet dit.

Om jou vraag te beantwoord, die wet sê net jy moet  agter en langs jou gesleepte voertuig kan sien.

Wat die tru kamera / spieëls betref, ek het ook hope spieëls verloor,  of weg gegooi omdat dit of toe vou, of die rekke raak onklaar.

Sedert ek die kamera pad gekies het, het ek nog nooit weer probleme ervaar nie.

My kar se spieëls kyk langsaan verby die karavaan (Penta), maar kan nie agter sien nie, dus kan ek die spieëls gebruik om tussen nou deurgange te gaan.

Die kamera met 'n visie hoek van 170° "sien" 'n voertuig totdat dit in my vaste kant spieëls ook sigbaar is.

Sou my kameras of monitor op pak, koop ek onmiddelik weer een.

Ek het twee kameras, een op die sleepvoertuig vir haak ens, en een op die Penta, jy kan enige een van die twee op jou skerm sien , deur 'n knoppie te druk. 

Sterkte met jou besluit.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 11:09:48 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Sandra

Gaan kyk na hierdie draad, klik net op die skakel.

Sandra

Het jy op die skakel geklik ?

Daar is baie inligting in daai draad, met foto's.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 11:10:37 am
Anonymous

Skuus, wou nog byvoeg maar dit het te lank geraak.

As jy jou tweede stel spieëls koop, kon jy reeds 'n monitor plus een kamera gekoop  het.

Jy het nie werklik twee kameras nodig nie,  daar is wel 'n opsie om 'n tweede een by te voeg, dadelik, of later, net soos jy wil.

Die uiteinde van die sask is; jy het nou albei kante van die saak gesien,  nou kan jy 'n ingeligte besluit neem.👍

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 11:12:09 am
Anonymous

Dankie Willem, weereens kom jy tot hulp.👍

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 11:20:18 am
Fiefie-Koi
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 01 Feb 2018
Wilsur eks besig om daar deur te werk, baie dankie - dit help baie.
Dankie Johann - dit klink vir my na die oplossing .
ek laat weet julle as ek reg gekom het - nogmaals duisende dankies - en as ek mag byvoeg - julle ouens het my baie welkom laat voel - 'n vrou met manne vrae en julle is so geduldig - baie dankie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 11:37:29 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2980
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Sandra

Jy kry die kameras te koop by Montana Traders of enige China Shop. Oppas, daar is mense wat dieselfde goed verkoop teen R3000+.

As jy daardie opsie gaan oppas vir die "draadlose" een. Steurings kan probleme veroorsaak

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 16:48:18 pm
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 268
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Ek stem saam met  Leon en Chuck dat die rearview camera meer doeltreffend is as  die kant spieels.

Ek het die kamera op beide my woonwa, inhuis, asook op die sleep-voertuig en met die druk van 'n knoppie skakel ek oor van die een kamera na die ander en sien presies wat agter my aangaan

KYK GERUS MY INSETSEL : rearviewCamera

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 17:19:22 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
Ek sleep ook met Ford Ranger. Gebruik beide die kantspieël- aan die regterkant- en die kameras. Agter bo die sleephak van die bakkie het ek een met 170° kykhoek en agter op die karavaan een met 120° kykhoek om verder terug te kan sien. Eintlik soek ek daar 'n 90° kykhoek omdat my skermpie maar klein is en die oë ook al swak geword het! My stelsel werk vir my. Ek kan kies watter kamera se beeld ek op die skerm wil hê.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 17:28:22 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3692
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Word Tru-kameras al deur die owerhede aanvaar as 'n wettige alternatief tot kant spieels?

Met ander woorde, is Reg 204 (1) al gewysig?

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 18:38:26 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek sleep ook met Ford Ranger. Gebruik beide die kantspieël- aan die regterkant- en die kameras. Agter bo die sleephak van die bakkie het ek een met 170° kykhoek en agter op die karavaan een met 120° kykhoek om verder terug te kan sien. Eintlik soek ek daar 'n 90° kykhoek omdat my skermpie maar klein is en die oë ook al swak geword het! My stelsel werk vir my. Ek kan kies watter kamera se beeld ek op die skerm wil hê.

Pierre

Gaan kyk op daai skakel van my, ek het die selfde probleem gehad.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2018 @ 18:40:58 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek het by Communica vir my 'n ander kamera gekoop wat nie so wye hoek het nie en hy werk BAIE nice en is oom meer realisties wat afstand betref.

Ek het by hulle 'n nice een gekry, so +- 90° hoek.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 06:58:15 am
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
Dankie Willem, ek sal 'n foto of die naam waardeer. Dit is lekker om te eksperimenteer met die goed, maar kan 'n duur oefening word!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 12:15:02 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Pierre

Gaan kyk op hulle web.

R 520.01

Rearview IP65 HD IR Camera with 600 TVL Resolution and 62.1° Viewing Angle [XY REARVIEW CAM 600MI]

 

Specifications

  • Signal System : PAL
  • Sensor CCD : 1/3” Sony CCD
  • Pixel Effective : 752(H) X 582(V)
  • Horizontal resolution : 600 TV Lines
  • Lens : 3.6 mm
  • Minimum Illumination : 0.5 Lux(IR Off); 0 LUX (IR ON)
  • S/N Ratio : > 52 dB
  • Distance: 15m
  • View Angle: 62.1°
  • LED Wave Length : 18 units: 840 nM
  • Average life : 20000 hours
  • Electronics shutter : 1/50~1/10000, Auto
  • BLC : Off
  • AGC : Auto
  • White balance : ATW
  • Water Resistance : 1P65
  • Video Output : 1Vp-p 75Ω Y/C Separated
  • Connector video : BNC
  • Operating Temperature : -20°C to +50°C
  • Supplied Power : 12VDC (+/-10%):

Additional Information

Image Sensor

1/3" SONY Super CCD

Horizontal Definition (Resolution)

600 TV Lines

Viewing Angle

62.1°

Minimum Illumination

0.5 Lux (IR-LED Off), 0 Lux (IR-LED On)

Lens

3.6mm

Power Supply

12VDC

TV System

PAL

Validity Pixel

500 (H) x 582 (V)

   
   
   
   
   
   
   
   

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 12:22:16 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
Dankie Willem, ek het vermoed dit is die een, was net bekommerd oor die afstand van 15 meter wat daar gelys is. Nogmaals dankie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 13:31:13 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2544
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Willem, net 'n paar vrae:

Kom die kamera saammet 'n skerm vir die motor?

Is die verbinding met 'n draad of radiosein?

Hoe maklik is dit om af te haal, maw te steel?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 14:06:32 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Fred

Ek het 'n 7" skerm gehad wat ek destyds saam met die wye hoek kamera gekoop het (inligting is op my skakel draad)

My kamera (dié een wat 'n klein hoek het) is baie maklik om af te haal aangesien ek hom uit skuif as ons kamp want ek haak 'n rakkie dan daar, maar het nog nooit eers daaraan geink dat hulle hom sal steel nie.

Ek het die eerste een draadloos gegaan maar kry te veel storings en het toe soos op my draad besluit om eerder met die draad te gaan.

Die een wat ek nou het is ook soos dié een vas.

  

Op daai draad skakel van my het Johann foto's gesit van die koppeling wat ek ook nou gebruik.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 14:11:58 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Hier is dit.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 14:24:55 pm
Anonymous
Dankie Willem, ek het vermoed dit is die een, was net bekommerd oor die afstand van 15 meter wat daar gelys is. Nogmaals dankie!


Jy moet jouself nie te veel steur aan die "distance" nie. Dis oor dit eintlik 'n cctv kamera is met infrarooi liggies. Dit moet eintlik sê "night vision range". So die ding kan 15m vêr sien in die stikdonker nag, want dit is hoe sterk sy liggies is. 15m is redelik standaard, party kan 20m doen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 14:42:22 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
Dankie Chris, dit maak sin.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 15:39:19 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2544
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Baie dankie Willem.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 18:05:56 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14495
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

julle manne praat my kop deur mekaar! ek het al bietjie raad gaan vra by Mr Google oor die kameras maar kon nie regtig reg kom nie - waar kyk ek vir die kameras?
Leon as ek mag vra watter tipe gebruik jy ( handels naam) - natuurlik wil ons almal bespaar maar ons glo maar aan bietjie meer betaal as 'n ding bietjie beter gaan werk.
skuus vir al die (dom) vrae...

Ek sal foto laai.  Dis bekombaar by die Vlooimark (Groen dakkies) langs (Oostekant) Kolonade winkelsentrum.

Daar kan jy verskeie monitors koop en verskeie kameras. Laasgenoemde met of sonder die stadia lyne.

Die monitor knipvas aan die middel spieel van jou sleepvoertuig. Dis tog die plek waar jy normaal weg kyk as jy na agter wil sien.  Die kamera het 'n nag vermoë uitkenbaar aan die 4 liggies op die hoeke teenwoordig.

Neem kennis dat die stel op die foto bv net voorsiening maak vir bedrading vanaf die Dashboard tot by die haak van jou voertuig.  Jy moet ekstra kabel koop ook by vlooimark beskikbaar wat van daar strek tot by die agterkant van jou wa.

Die spesifieke stel het ek gebring van Dubai af goed koper daar.

Jammer vir eers is my besoeke na Dubai klaar.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 18:28:06 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4343
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Word Tru-kameras al deur die owerhede aanvaar as 'n wettige alternatief tot kant spieels?

Met ander woorde, is Reg 204 (1) al gewysig?

Behalwe as ek dit mis gelees het lyk dit alle raad draai om die lekker en praktiese kant van kameras.

Geen bespreking of antwoord of die wet wel verander het wat dit nie verpligtend maak om langs enige sleepwa/woonwa te kan sien selfs as 'n fiets teenaan die woonwa sou ry soos in die dorp. Verder bepaal die wet dat as jy nie met die binne spieel agter jou kan sien soos met meeste nuwe woonwaens dat daar buite spieels moet wees.

Soos ek dit lees as jou voertuig nie wyd genoeg is dat jy langs die woonwa kan sien nie dan moet jy ekstra spieels opsit.

Hier is die regulasies wat ek wel kon kry rondom spieels.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 21:19:59 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3692
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Dankie Danie. Dit behoort Sandra se eerste vraag te beantwoord.wink

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2018 @ 21:54:47 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4343
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hendrik dis goed dat jy dit opgehaal het want ek het gesien die draad het begin handel rondom kameras en nie juis die vraag nie. Ek het dit dopgehou en gehoop iemand wil noem WAT SE DIE REG :)

Ek persoonlik sou eers die wa by die huis kry en bepaal of die sleepvoertuig dalk wyd genoeg is sonder ekstra spieels en kameras en dan eers besluit wat om te doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Feb 2018 @ 08:21:29 am
Fiefie-Koi
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 01 Feb 2018
nogmaals baie dankie vir die groot belangstelling en al die raad - dis presies wat ons gaan doen - net eers die woonwa veilig by die huis kry en dan rustig besluit hoe wat en waar - ek sal julle laat weet sodra ons hom het en ons besluit het watter kant toe - baie dankie vir die inligitng oor die wettige aspek - nou weet ons wat van ons verwag word ..
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2018 @ 20:02:13 pm
Fiefie-Koi
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 01 Feb 2018
Hallo julle - ons het toe ons wa gaan haal en met die sleep terug huis toe het dit goed gegaan maar my man het ongemaklik bestuur omdat hy nie agter die wa kan sien nie - dus was die kamera nou nie meer n kwessie van wonder nie maar eerder n moet. Ons het n advertensie op een van die gesiggieboekie bladsye gesien - die verkoper geskakel - baie hulp en inligtng gekry - die kamera bestel en toe deur n plaaslike maatskappy laat installeer - Maar hy werk nie!!☹️
Ons het die verkoper gekontak, hy het nie raad nie..
Die probleem is dat die beeld kort-kort flikker - terug na installasie maaskappy - nee hulle het ook nie raad nie - stel voor ons koop hulle produk @ 6 x die prys - nie n opsie nie! Nou het ons die keuse om met die geflikker saam te ry of om die installasie kostes te verloor, ( dit was nogal n paar rand) n nuwe produk te koop en weer die installasie kostes betaal.
Net om weer te verfris dis n exclusive en n ford ranger 3.2
Wat nou?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2018 @ 21:35:52 pm
Anonymous
Is die kamera draadloos?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2018 @ 23:59:52 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4343
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years
Goeie vraag Chris.

My vraag sal wees is die flikker selfs as mens net stil staan of as jy bv rem trap, flikker aansit of enige krag v d battery af gebruik soos die waaier aansit?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 05:30:07 am
Fiefie-Koi
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 01 Feb 2018
Nee..
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 05:40:08 am
Fiefie-Koi
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 01 Feb 2018
Maak nie saak of die enjin draai of nie - hy flikker ... dit is nie n geval van flikker as daar net sekere funksies uitgevoer word nie - hy flikker sodra daar krag is.:
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 06:15:03 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14495
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Word Tru-kameras al deur die owerhede aanvaar as 'n wettige alternatief tot kant spieels?

Met ander woorde, is Reg 204 (1) al gewysig?

Nee die regulasie is nog nie gewysig nie.  Ek bevestig die regulasie praat van kant spieels van jou voertuig en verwys nie spesifiek na ekstra verleng spieels nie.

Dus

  1. My voertuig het die spieels op soos gespesifiseer in die regulasie.
  2. Nou kan mens iets doen om die onverhinderde sig na agter te verbeter. Die regulasie spesifiseer nie wat jy moet doen nie.
    1. Jy kan verleng spieels gebruik
    2. Jy kan kamera gebruik

Ek dink dat as jy kan bewys dat jy onverhinderde sig na agter het, jy in die basiese doel van die regulasie geslaag het.

Ek sal net die verkeers beampte vra om op voertuig volg afstand agter die karavaan te staan en iets te doen dan sal ek kan bewys ek kan sien wat hy maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 12:12:34 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years
Sandra. Trek die kamera krag van die karavaanligte? My kamera krag was eers op die agterligte gekoppel en probleme gehad. Toe die kamera se krag van die prop agter op die Ranger se bak gekoppel en probleem was weg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2