English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 766
Total Replies: 269 343
Total Views: 83 846 552
topics: 12 294
replies: 149 218
views: 39 661 637
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kanselasies - terugbetalings

replies: 12
views: 376
16 Oct, 2018 @ 06:56:26 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20000
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het onlangs n groeps bespreking behartig. Al die plekke moes ons vooraf betaal. Al die staanplekke is nie geneem nie en ek moes onslae raak van 6x betaalde staanplekke. Volgens oord se reels sou ek % van deposito bedrag verloor en het toe maar besluit om privaat te verkoop. Ek weet dis al voorheen bespreek op die forum, maar ek het nou heeltemaal begrip van n streng kanselasie beleid. As ek sien hoeveel verskillende verskonings ek gekry het nadat ek hierdie 6x plekke adverteer het en mense dit neem en nadie tyd nie meer wil hê nie....geld terug hê ensovoorts. Dit was maar 6x staanplekke vir een week....hoeveel admin en werk is dit dan nie vir n oord wat 100+ staanplekke elke week moet behartig nie? Om daai 6 staanplekke te verkoop kry was ek 3-4 dae kort kort  op internet om details aan te stuur en veranderings maak en weer navrae van kanselasies.

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2018 @ 06:57:53 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20000
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het op die ou einde al 6x staanplekke verkoop gekry en die nuwe huurders se details aan oord gestuur en hulle het dit sonder enige koste aan hulle name oorgedra....wat ek waardeer het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2018 @ 07:14:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16792
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Dit is baie nice dat die oord jou so gehelp het.  Ja en dis verstommend hoe mense jou tyd kan mors en dit wil doen en dat wil hê....................

 

Baie bly jy het reggekom om die laaste staanplekke verhuur te kry.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct, 2018 @ 09:49:53 am
Anonymous

Ja vandag is dit so dat mense lewe baie moeiliker maak as nodig veral met besigheid soos kampe en customisation, moet maar weet wat jy soek en daarby hou as jy commit...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct, 2018 @ 06:36:46 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May, 2007
Experience: 57 years

Tye word swaar mense wil kamp maar die geld word skaars, as jy bespreek is alles nog ok, maar soos ek laasweek Pretoria toe was sit die motor op (speedo cruis) 118km nou is ek veilig, limiet 120 toe n kort 80 dan 120 stop hulle my R2500 119 in n 80 zone. groot geld as jy die pesioen ding doen ,het die bord nie gesien nie.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct, 2018 @ 06:42:06 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20000
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Tye word swaar mense wil kamp maar die geld word skaars, as jy bespreek is alles nog ok, maar soos ek laasweek Pretoria toe was sit die motor op (speedo cruis) 118km nou is ek veilig, limiet 120 toe n kort 80 dan 120 stop hulle my R2500 119 in n 80 zone. groot geld as jy die pesioen ding doen ,het die bord nie gesien nie.

Eina! Dis n rowwe een....hoop jy kan bietjie afslag beding

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct, 2018 @ 06:56:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16792
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Eina dis 'n baie duur "Mis van 'n pad teken" daai.

Wonder wat beloop die algemene boetes nou deesdae.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct, 2018 @ 21:37:07 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Dit neem nogal baie van n mens se tyd.

Jammer Willem.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun, 2022 @ 04:01:09 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20000
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek is nouliks betrokke by 2 oord eienaars....verbasend om te hoor hoe baie mense wil kanseleer as weervoorspelling sê dit gaan reen of dit gaan koud wees soos hierdie naweek....dan verwag hulle volle terugbetaling of krediet. As hul nie terugbetaling of krediet ontvang nie, is klient ongelukkig. Wat sou doel van deposito en terugbetaling reels dan wees as klient by bespreking reels aanvaar, maar as dit by kanselasies kom nie meer wil aanvaar nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun, 2022 @ 08:43:39 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4701
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Dieselfde klieënt sal sy speelgoed uit die bed gooi as die oord-eienaar hom meedeel, dat ten spyte van sy deposito, hy die staanplek aan iemand anders verhuur het en hy kan dit nie meer kry nie.  Oord-eienaars lyk dit my, maak nie groot winste nie, as hulle enigsins gelykbreek, maar mense is geneigd om hulle as welsynsorganisasies te beskou.  Elkeen van ons weet mos wat bedoel word met 'n deposito.  Hulle betaal dit om hue plek te verseker so hulle moet maar dit aanvaar as hulle nie hulle plekke wil opneem nie.  Die oord-eienaar verloor ook die res van die staankoste want as die weer sleg is, is die kans dat iemand anders die plek sal opneem, maar skaars.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun, 2022 @ 12:52:26 pm
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2107
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Ons is in Hartbeeshoek Natuur Reservaat net buite Brits. Ten spyte van die koue die laatste naweek was die oord 100% vol. Die eienaar Mimi, gee krediet as jy met ń gooie reede kanseleer. Jy verloor niks maar sy betaal niks terug nie. Meeste oorde wat ons besoek het werk so.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun, 2022 @ 14:29:35 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20000
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek dink dié wat afgelope lang naweek gekanseleer het oor "koue" wat voorspel was, is nou spyt....dit was op die ou einde n heerlike sonskyn naweek gewees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun, 2022 @ 17:18:38 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4701
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Was maar koud hier in die Kaap en ek verneem in Natal ook waar Gautengers seker wel besoek het as hulle 'n lang naweek gemaak het,  Dis maar altyd 'n risiko as jy in die winter wil uitkamp.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required