Hi
Ek en Ouma gaan oor 'n jaar of so aftree. Sy is in 'n rolstoel, so behalwe vir 'n "mobilodge", wat ons nie kan bekostig nie, sien ons nie 'n opsie vir 'n karavaan of 'n Camper nie. Daarom het ek nou 'n Kombi gekoop en is ek besig om 'n hyser by die sydeur in te bou en om 'n "6 way" rotasiebasis sisteem onder die passasier sitplek te installeer. Dit sal beteken dat sy in die bus ingehys kan word (as ons die eerste ry sitplekke verwyder) en dan ooorgeskuif kan word tot op diepassasiersitplek. Dan is daar baie plek agter in die bus vir bagasie en commodes ens en ons kan nog 'n bagasiewaentjie ook haak indien nodig.
Die probleem is, as ons bv bietjie Kaap toe wil gaan bv, moet ons iewers so 3 nagte oorslaap, so ons kyk na die goedkoopste opsies. Hotelle is gewoonlik rolstoelvriendelik maar duur, so ons dink aan staanplekke met chalets wat rolstoelvriendelik is op die roete tussen Gauteng en die Wes Kaap. Met rolstoelvriendelik bedoel ek daar moenie trappe wees nie en indien moontlik moet die stort 'n inry stort wees, maar ek sal nog kan regkom op ander maniere om haar te bad. As ons net in die chalet kan kom en in haar in en uit die bed kan kry, sal ons fine wees Hoe kan ek uitvind waar op die roete daar sulke plekke is?
As jy onder resorts loer op hierdie website, is daar aanduiding by baie van die oorde waarin jy belang stel of hulle rolstoel vriendelik is of nie.
As jy onder resorts loer op hierdie website, is daar aanduiding by baie van die oorde waarin jy belang stel of hulle rolstoel vriendelik is of nie.
Dit word so aangedui....maar ongelukkig nie by almal nie
Kan ook die Kamp en Leef gratis aflaai waar meer info sal wees....kliek op link
Dankie!!