English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 424
Total Replies: 232 915
Total Views: 82 453 263
topics: 8
replies: 111
views: 2 789
In this section we share and discuss visiting multiple resorts and let fellow campers know about your tour that you and your family have enjoyed.

Kamp plekke of ?????

replies: 11
views: 385
16 Mar 2019 @ 15:35:44 pm
Engeltjie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 15 Oct 2018
Experience: 10 years

Goeiemiddag aan al ons medekampers vertrou almal is wel en gelukkig.Toe ek aangesluit het was dit uit nuuskierigheid min wetend ek kan met eerlikheid kla as dit sou nodig wees dankie dat ek as vrou vandag my punt kan stel.Miskien is ek naief of my verwagtinge is te groot soos julle weet is Izak my man en ek moet se hy het moeite gedoen met die beplanning van ons verlof en plekke wat ons gaan besoek het.Ons eerste plek was by voetplaatpark of soos hulle nou genoem word Untu palms park Wow wat n belewenis pure boere  lekkerte gasvry vriendelik behulpsaam noem maar op en jy voel lekker om met untu geassosieer te word. 2de plek chelmsford dam o genade mense ek kan net se bly weg.Die leokop soos my seun se cool grap verdwaal ek in badkamers wat onversorg is en smerig. Sanford skoon tot mense gekom wat toelaat dat die kinders die vloergebruik vir toilette ai nee man waars die mammas se trots ek het my man mooi gevra dat ons moet verder  ewige optimis wat hy is troos hy maar se dis nog net een slapie dan gn ons wagendrift dam toe hiep hiep hoera skoon badkamers skoon opwaskamer behalwe vir die oorsese dame wat besluit het sy gaan haar sagte goedjies in die skottelgoed opwasbak was 🙊Gelukkig was papierborde vir ons goed genoeg.

Daarna hallo noordkaap upington toe die park pragtig ek praat nou van die eiland oord maar o wee die badkamers se stortkoppe was weg baddens vuil ag man mens kry eintlik trane in jou oe so verwaarloos die blou apies vat oor en ou bachelor die gemmerkat n regte ligpunt te dierbaar.as ek sou kon het ek hom saam bring huis toe.volgende stop Citrus creek wat n stukkie verborge goud mense 

Maak en plan en gaan Citrusdal toe en besoek die plek asemrowend so ook wagon wheel in beaufortwes skoon pragtig en heerlik om te oornag sekuriteit fantasies. Dankie dat ek kon praat of liewer skryf die hele toer was fantasies. Was lekker om weer op my kinderspore te kon gaan stap waar my ouers ons as kinders heen geneem het .Dan aan my beterste helfte my lief jy was en is fantasies maar net so uit jou vrou se hart DANKIE vir n belewenis wat nie in woorde gese kan word.

Leave foot prints treasure you memories
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2019 @ 18:07:03 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4356
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dankie vir al die inligting Anette. Lekker gelees en dankie vir die naam verandering. Ek hoop julle het ook Orcas besoek. Ons pas gewoonlik 'n kuier daar in vir verversings as ons daar verby ry. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2019 @ 20:47:02 pm
Anonymous

Dit was nou regtig baie lekker om die ervarings te lees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2019 @ 08:24:26 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1312
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

Congratulations Annette on being the first post in the 'Tours' category!

I'm sure this info is of use to the members.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2019 @ 12:40:58 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8239
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dankie. So met die geluk ook ongeluk wat kampe aanbetref. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2019 @ 17:36:10 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Annette

Dankie vir die beskrywing.

Sal jy omgee om asb die oorde wat julle besoek het te gradeer volgens die graderi gs eganisme op hierdie forum?

Dit dien dan as rekord vir almal wat vorentoe wil weet.

Dankie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2019 @ 16:09:25 pm
Izak
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 190
Joined: 16 Sep 2014
Experience: 9 years

Gradering is gedoen en ja wat 'n stel om af te trap met plekke wat so moes lyk en ja Upington was in 'n vloed gewees en daar is nie veel gedoen met die stort geriewe nie. Jy staan in donker water onderwyl stort en dit was nie aanvaar baar nie in die man's blok. Die water loop stadiger as ooit en verder was die parke raad se plekke in Newcastle ook nie van die beste nie net Wagendrift was die park wat aanvaarbaar was behalwe vir die uit lander wat die verkeerd en wasbakke gebruik het was dit darem skoon en lekker.

Citrus Creek was soos my beterhelfte gestel het 'n juweel in die Kaap provinsie en is regtig die plek om te gaan staan en die area te besoek en besigtig. Die berg pas het baie mooi natuur tonele en kamp/piekniek plekke tot bo en af die ander kant toe.

Maak tyd en beleef dit self.

Die plek is nie op die rate nie.

Hi there fellow camper, enjoy camping.
When you leave just leave your foot prints and nothing other than a clean site as you found it.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2019 @ 20:42:58 pm
Engeltjie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 15 Oct 2018
Experience: 10 years

Ons het by Orcas gaan eet en die kos was heerlik dankie.Weet julle wat was die lekkerste van alles geen TV geen radio.Ons was net aangewese op mekaar absoluut weer kersfees lekker aandjie vir al ons medekampers 

Leave foot prints treasure you memories
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2019 @ 20:45:50 pm
Engeltjie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 15 Oct 2018
Experience: 10 years

O ja die pas waarvan izak praat is die piekenierspas hits el hoop ek spel die naam reg😒🙂

Leave foot prints treasure you memories
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Apr 2019 @ 17:50:11 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ons het by Orcas gaan eet en die kos was heerlik dankie.Weet julle wat was die lekkerste van alles geen TV geen radio.Ons was net aangewese op mekaar absoluut weer kersfees lekker aandjie vir al ons medekampers 

By watter dorp of park of plek is Orcas?

Stem saam oor geen tv en radio. Mens ontdek weer jou eie storie en hou jou nie besig met ander se snert nie.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2019 @ 01:49:02 am
Engeltjie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 15 Oct 2018
Experience: 10 years

Skuus ek reageer nou eers proffie Orcas is n restaurant/kroeg so hanetree en n bietjie van untu/palm woonwapark lekker aand verder vir almal die winter kom en die koud begin te gesels

Leave foot prints treasure you memories
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2019 @ 21:28:29 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Skuus ek reageer nou eers proffie Orcas is n restaurant/kroeg so hanetree en n bietjie van untu/palm woonwapark lekker aand verder vir almal die winter kom en die koud begin te gesels

Ek bly in Malelane. Ken ongelukkig nie al die kampplekke nie.

By watter dorp is die kampplek untu/palm waar Orcas naby is?

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required