Ek het begin soek na 'n kamp plek wat genoeg bied vir Wijan wat die petrol prys laat dit nie toe om see toe te gaan nie. Tydperk waarna ek kyk is 15 Desember tot net na nuwe jaar.
Dinokeng Resort het nie meer plek vir die volle tydperk nie. ☹
ATKV Eiland Spa het wel maar teen amper R18k is dit nie do goedkoop nie want daar is steeds net oor die 400km vir petrol ook nodig.
Weesgerus ? maar jy moet betaal vir meeste fan die goed ☹
Bosveld Oase ? R770 per dag.
Het jy al Leeupoort vakansie dorp probeer?
Hulle is tussen Bela-Bela en Thabazimbi naby Mabalingwe.
Hier by Klipspringer sal jy plek kry, maar min om te doen vir die kleinspan en slegs koue swembaddens, maar moet byvoeg dat dit mooi en rustig hier is.
Geraasgatte word nie geduld nie en word summier gevra om te trek sodra hulle oorboord gaan.
"Hier by Klipspringer sal jy plek kry, maar min om te doen vir die kleinspan"
Dit met warm swembad is juis wat ek soek.
Probeer maroela oasis by bela bels
Was nou net daar vir n maand en kan dit aanbeveel.
Baie om te doen vir almal, en persoonlike diens van eienaar.
Wat van Badplaas? Ongeveer 260 km.
Behalwe vir al die water ritte bied hulle ook vermaak vir die jongspan oor die vakansietyd.
Thaba Morula hou die kinders baaaaaie besig
Wat van Badplaas? Ongeveer 260 km.
Behalwe vir al die water ritte bied hulle ook vermaak vir die jongspan oor die vakansietyd.
R220 p/p/n = R660 + R200 stand /d =R860 / nag.
Volgens my ondervinding en gehoor, sal ek nie Maroela aanbeveel nie.
Soggens staan jy op en kyk in buurman vas, saans met braai weet bure presies wat jy braai???
Probeer Kokoriba ook.
Hulle het baie dinge vir kinder vermaaklikheid:- Warm swembad, Koue Swembaddens, Quad bikes of fietse vir wild uitkyke, groot winkel met alles, restaunte ens..
Gedurende seisoen het hulle groepe vir vermaaklikheid vir jonk en oud.
Dit hang seker maar van elke kampeerder af wat hulle soek of nie.
Ons persoonlik verkies stilte en rustigheid.
Ons het plek geboek by Dube. Hulle het nog heelwat staanplekke oop...die nice staanplekke alreeds gevat maar jy sal iets kry.
Devoetpadkloof het ook heelwat vir kinders te doen, maar betaal ook ekstra as jy wil supertube ensovoorts
Ek verkies Dube bo DeVoetpad kloof, alhoewel DeVoetpad kloof ook baie mooi is, maar "Pricy".
Wawiel Park in Orkney is ń ander opsie, maar jy betaal jou "Ore van jou Kop af"/staanplek en daarby gedurende Kersdag, die 26ste en Nuwejaars dag het jy niks van jou vakansie nie agv dag besoekers.
Devoetpadkloof het ook heelwat vir kinders te doen, maar betaal ook ekstra as jy wil supertube ensovoorts
Hulle kinder entertainment is anders ...meer plaas georienteerd. Hulle vat byvoorbeeld kinders vir kleilat gooi, trekker met sleepwa wildsritte, hindernis bane in die veld, selfgemaakte waterslide, foefie slide tot in plaasdam, groot swing en val in dam. Saans doen hulle items soos stokbrode braai, lantern bekruip ensovoorts.

Klompie fotos op hierdie draad
Nog n plek waarna jy kan loer wat ek weet se tariewe oor Desember baie billik is, is Konka in Magaliesburg. Laas Augustes toe ons daar was, was hul baie besig met opgraderings o.a. nuwe staanplekke en klomp items vir die kinders

Die enigste ding wat hulle nognie het, is die warm swembad wat Willem soek.
Devoetpadkloof het ook heelwat vir kinders te doen, maar betaal ook ekstra as jy wil supertube ensovoorts
Hulle het plek maar dan moet ek in die tyd skuif.
👍
Ek het met Coleen van Dinokeng Resort gepraat, dink ek gaan regkom daar. 🙏
Ek het paar dae daar oor kers tydperk